Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die finale Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamenrooster bevestig. Hiermee die finale rooster met alle amptelike vakke asook ‘n opgesomde rooster met die vakke wat die skool aanbied. Let asseblief op die volgende op:

  • Die NSS-eksamen sal op Maandag, 21 Oktober begin en op Donderdag, 28 November eindig.
  • Alhoewel die eksamen op Donderdag, 28 November eindig moet kandidate tot die laaste dag van die skoolkwartaal (13 Desember) beskikbaar wees ingeval dit om enige rede nodig sou wees om ‘n spesifieke vak/vraestel te herskeduleer.

Alle ander inligting m.b.t. die NSS-eksamen sal mettertyd deur me. Steyn gekommunikeer word.

4 Shares
X