Nuusbrief-header
12 November 2019

Belangrike Datums

November 14, 2019    Begrotingsoueraand  

November 16, 2019    Tweekamp: Liga byeenkoms (HS JVR)  (Bosshoffveld en swembad)



>> Besoek die volledige kalender op die webtuiste <<

Belangrike Sake

  • Die Klerewinkel is weer van 28 November tot 7 Desember oop en sal van 08:30 tot 14:30 vir besigheid beskikbaar wees. Op beide 30 November en 7 Desember sal dit wel reeds om 13:00 sluit. Die winkel maak weer op 13 en 14 Januarie 2020 tussen 08:00-16:00 oop en van 15 tot 31 Januarie is hulle elke dag tot 17:00 beskikbaar, tensy dit later anders vermeld word.
  • U is almal reeds per e-pos uitgenooi na die Begrotingsoueraand op Donderdagaand 14 November om 18:00 in die skoolsaal. Kontak gerus vir Nicky Hatting indien u navrae oor die begroting het. (nicky.hattingh@janvanriebeeck.co.za)
  • Alle leerders het vandag herregistrasievorms ontvang en dit moet asseblief teen Maandag aan die registerpersoneel terugbesorg word (ander reëlings is met kosshuisleerders getref). Maak asseblief doodseker dat alle kontakbesonderhede op die vorms korrek is.
  • Ons is hard aan die werk aan ons jaarboek, maar ons het u hulp nodig! Borg asseblief 'n bladsy of maak 'n skenking! Sien meer inligting by hierdie skakel.
  • Die skool verdaag volgende Vrydag 1 November reeds om 13:00 en die busse vertrek om 13:15. Dieselfde reëling geld dan ook vanaf Maandag 4 November - daar is dus geen laatbusse beskikbaar nie. Enige veranderinge sal betyds aan u gekommunikeer word.
  • Graad 9-ouers wat nog vakkeuses moet maak en die elektroniese vorm (https://bit.ly/2KMK03d) moet invul, onthou asseblief dat u slegs tot 31 Oktober die geleentheid het om dit te doen. Enige navrae kan aan me Liza Serrao (liza.serrao@janvanriebeeck.co.za) gerig word.
  • Koshuisleerders mag nie tydens die eksamen in die koshuis blok nie, maar sal wel onder toesig in die skool kan studeer. Indien enige koshuisleerder gedurende die week wil huis toe gaan, moet ouers asseblief voortydig toestemming per e-pos aan me Huibrecht Steyn (Huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za) stuur.
  • Meeste buitemuurse aktiwiteite vir die jaar is afgehandel, maar sekere sportsoorte oefen nog volgende week. Sien die program onder.

Nuus

Francois Joubert presteer op vele terreine

Baie geluk aan Francois Joubert (graad 10) wat vir die Wes-Kaapse Skole Swemspan verkies is! Hy gaan in die 2de week van Desember aan die SA Skole Swemkampioenskappe in Pretoria deelneem.  Daarbenewens het hy ook tweede beste gevaar (91%) by die Two Oceans Akwarium se Young Biologist-kursus wat hy vroeër vanjaar voltooi het.

Lees verder

Sportprogram 28 Oktober - 2 November

Sien asseblief die week se sportprogram hieronder. Alle sportnavrae kan gerig word aan mnr Ruvan Prinsloo by sport@janvanriebeeck.co.za.

Lees verder
facebook instagram custom 
MailPoet