Nuusbrief-header
12 November 2019

Belangrike Datums

November 14, 2019    Begrotingsoueraand  

November 16, 2019    Tweekamp: Liga byeenkoms (HS JVR)  (Bosshoffveld en swembad)



>> Besoek die volledige kalender op die webtuiste <<

Belangrike Sake

  • Enige moontlike eksamennavrae wat u dalk mag hê kan direk aan me Astrid Mauermann gerig word. U kan haar e-pos by astrid.mauermann@janvanrieebeeck.co.za
  • Onthou asseblief om die Begrotingsoueraand op Donderdagaand 14 November om 18:00 in die skoolsaal by te woon. Kontak gerus vir Nicky Hattingh indien u navrae oor die begroting het. (nicky.hattingh@janvanriebeeck.co.za)
  • Ons is hard aan die werk aan ons jaarboek, maar ons het u hulp nodig! Borg asseblief 'n bladsy of maak 'n skenking! Sien meer inligting by hierdie skakel.
  • Die skool verdaag vanaf Maandag 4 November reeds om 12:40 en die busse vetrek om 12:55. Daar sal geen laatbusse wees nie en die matrieks moet ook van die 12:55-bus gebruik maak.
  • Koshuisleerders mag nie tydens die eksamen in die koshuis blok nie, maar sal wel onder toesig in die skool kan studeer. Indien enige koshuisleerder gedurende die week wil huis toe gaan, moet ouers asseblief voortydig toestemming per e-pos aan me Huibrecht Steyn (Huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za) stuur. Let asseblief daarop dat géén leerder die koshuis mag verlaat sonder dat 'n e-pos gestuur is en die dienspersoneellid die ontvangs daarvan bevestig het nie. Dit is die ouer en leerder se verantwoordelikheid om te sorg dat die e-pos betyds gestuur word. Dankie vir u samwerking in die verband.
  • Daar is nie veel aktiwiteite gedurende die eksamen nie, maar van ons sportleerders gaan steeds oefen:

    - Dinsdae en Woensdae van 13:00-14:00 Swem
    - Woensdae van 14:30-15:30 Fiksheidsklasse
    - Donderdae van 13:00-14:00 Landloop/drafroetes by Tafelberg en Leeukop
facebook instagram custom 
MailPoet