|
|
|
|
|
|
Dit was die afgelope week AFRIKAANSWEEK by Hoërskool Jan van Riebeeck - en me. Roosmaryn Schwartz en haar span het omtrent ’n feesweek vol groot hoogtepunte aangebied!
|
Dit was vir ons 'n reusevoorreg om Maandagoggend die bekende vermaaklikheidster (en oudonderhoofdogter van ons skool!), Elsabé Daneel, by ons skool te verwelkom! Elsabé het met die Jan van Riebeeckers gesels oor effektiewe kommunikasie en het aan die leerders wonderlike wenke gegee hoe om jou in énige situasie deur middel van behoorlike kommunikasie te laat geld!
|
Ons Afrikaansweek se aandprogram is die aand op 'n hoë noot afgeskop met talentvolle debatteerders, indrukwekkende redenaars... en toe ons puik graad 8-konsert!
|
Die juniors het Dinsdagoggend die voorreg gehad om na skrywer, Eldridge Jason, te luister. Eldridge, wat oorspronklik van die Weskus af kom, is die skrywer van ”Gerook", die graad 8's se voorgeskrewe boek. Hy het sy wysheid oor die lewe, tienerwees en skryf met die jongklomp gedeel.
|
Dinsdagaand is ons eerste JvR-blokraaikampioen gekroon! Baie geluk aan me. Senta Fouché wat die ander spelers met haar woordvernuf uitgestof het... maar ons eie me. Lizette Visser was net-net tweede: wel gedaan!
|
Gerard Snijders het ook beïndruk en koninggekraai onder die leerders. Die groot verrassing van die aand was egter ons eie JvR-'band'! Manne, ons is trots - hier wag groot dinge op jul! Ons gasvrou, Liza Best, het gesorg dat als seepglad verloop.
|
Die atmosfeer in die JvR-skoolsaal Woensdagoggend was só aansteeklik! Kaapse digters, Ashwin Arendse en André Trantraal, het hul ervarings en wysheid met ons Jan van Riebeeckers gedeel. Die graad 10- tot 12-leerders was behoorlik gemesmeraais met hul eerlikheid en praatgedigte. Dis min dat 'n digtersoggend kinders só kan inspireer.
|
2 Maart 2022 sal vir nog baie lank onthou word as een van Hoërskool Jan van Riebeeck se mooiste Afrikaansstories...
|
Ons het vier oudleerders wat 'n bydrae tot Afrikaans in Suid-Afrika gelewer het, by 'n spoggeleentheid hier in die skoolsaal vereer.
|
Dit was 'n reusevoorreg om Cobus Rossouw (akteur), Elsabé Daneel (aktrise en vermaaklikheidster), Marko van der Colff (akteur en stemkunstenaar) en Le Roux Schoeman (joernalis en redakteur van die kerkbode) by hul alma mater te kon terugverwelkom: elkeen 'n JvR-grootgees in eie reg!
|
Ons gaskunstenaars, 'The Generation Gaps', was niks minder as fenomenaal nie. Hul het hul Afrikaans en Nederlands met soveel musikaliteit en passie met ons gaste gedeel. Dit was voorwaar 'n hoogtepunt op ons Afrikaansweekprogram!
|
Gisteraand se kaas-en-wynaand in ons pronkgalery was net so ’n groot hoogtepunt! Ons eie me. Sanet Taljaard en stemkunstenaar, Johan Nel, het ons leerders se werk voorgelees. Hoendervleisoomblikke! Die kuns en musiekitems, gelewer deur ons Jan van Riebeeckers, was besonders.
|
Vanoggend kon die Jan van Riebeeckers die verskeidenheidkonsert in die skoolsaal geniet. Ons leerders het beïndruk met sang en dans - en die JvR-gees was aansteeklik.
|
Baie dankie aan ons Afrikaansdepartement vir ’n puik week! Ek is ongelooflik trots op dit wat hierdie week by Hoërskool Jan van Riebeeck gebeur het.
|
FOTO'S: VALENTYNSBAL EN SKOOLFOTO'S
|
Valentynsbalfoto’s kan by me. Vrey se klas besigtig word en via Karri of Eft betaal word. Die sluitingsdatum vir bestellings is eerskomende Maandag, 7 Maart. Alle koeverte met bestellings en die bewys van betaling moet by me. Vrey ingehandig word.
|
Die koeverte vir die fotobestellings van die individuele skoolfoto's is reeds aan die leerders uitgedeel en u kan nou fotobestellings via Karri of Eft betaal. Die sluitingsdatum vir hierdie betalings is ook 7 Maart.
|
Ons mnr. en mej. Jan van Riebeeck-kompetisie vind eerskomende Dinsdag, 8 Maart, plaas. Kom sluit by ons aan vir ’n aand van styl, mode en liefdadigheid. Hierdie jaar word alle fondse ten bate van die HOOP-projek ingesamel.
|
Ons beoordelaars is Charlene Kallis, Alette Winckler, dr. Jan Nel, Wilhelm van der Walt en ’n baie spesiale 'geheime beoordelaar'. Die pragtige Cintaine Schutte is ons seremoniemeester vir die aand.
|
Die skemerkelkie vir ouers/voogde sal vanaf 17:30 in die skaakplein plaasvind en is ingesluit by die kaartjieprys.
|
Bespreek gerus op Quicket:
|
Moenie hierdie spoggeleentheid misloop nie!
|
Ons beplan om vanjaar drie uitgawes van die Onze Jan-skoolkoerant te publiseer.
|
Ons redaksie is hard aan die werk onder die bekwame leiding van ons redakteur, Mila Fourie in graad 12. Hulle gaan verseker dat hierdie uitgawes aktueel en vars bly en belangrike en positiewe insae het tot ons huidige omgewing.
|
Ons benodig egter adverteerders om publikasiekoste vir die Onze Jan te dek en het die volgende advertensiegeleenthede om te bied:
|
Formaat: A4 gedruk in kleur
|
Verspreiding: 450 kopieë, waarvan die oudste en enigste van ons 420 leerders ʼn kopie sal ontvang. Die verdere verspreiding sluit in besighede rondom die skoolgebou asook omliggende- en voederlaerskole. Die uitgawes sal eers aan die einde van die jaar digitaal beskikbaar wees.
|
Advertensiekoste per uitgawe:
|
- Voor binneblad, volblad, kleur: R 5000
- Agter binneblad, volblad, kleur: R 4000
- Agterblad: R 7000
- Volblad, kleur: R 2000
- Halfblad, kleur: R 1000
- Kwartblad, kleur: R 500
- Bladsyborg (besigheidsnaam/klasgroep onder aan die bladsy): R 250 per bladsy
Die uitgawe word net voor die vakansie gepubliseer en versprei.
|
Kontak gerus vir Karien Zulch by karien.zulch@janvanriebeeck.co.za so spoedig moontlik indien u belangstel om te adverteer in die opwindende Onze Jan-skoolkoerant van 2022.
|
By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning!
|
Die toetsreeks vir ons graad 8 tot 12-leerders skop volgende Vrydag, 11 Maart af.
|
Die skool begin Vrydag om 07:45 met 'n registerperiode en leerders verdaag om 13:10. Die busse vertrek om 13:25.
|
Vanaf 14 tot 18 Maart begin die skool om 07:45 en leerders verdaag om 12:10. Die busse vertrek om 12:25.
|
Baie sterkte aan al ons leerders - jou harde werk sal beloon word!
|
Jan van Riebeeck High School is seeking qualified and experienced Cambridge Tutors for high school learners. The position is based in Cape Town, Western Cape.
|
Teaching will start early May.
|
JOB DESCRIPTION – IGSCE / AS Level / A2 level Tutor in one or more of the following subjects: Mathematics / Physics / Biology / English
|
Valid Code 08 driver’s license / own reliable transport.
|
English speaking person (must be able to read / write / speak English competently).
|
Strong computer skills (online learning to continue if required).
|
Teacher / Tutor will be required to teach a group of 5 - 10 learners for a minimum of 2 hours per week in a subject.
|
Package offered: - (CTC) (negotiable)
|
ONLY SUITABLE CANDIDATES WILL BE CONTACTED.
|
PLEASE APPLY FOR THIS POSITION BY SENDING THROUGH YOUR CV to The Principal at skoolhoof@janvanriebeeck.co.za by 15 March 2022.
|
Matriekdans: Donderdag, 7 April
|
Daar sal vanjaar weer ʼn BBP-area by die matriekdans, wat op 7 April plaasvind, wees. Dit is slegs vir ons matriekouers en -voogde en is heeltemal gratis. Hoewel daar geen koste aan verbonde is nie, moet u egter nog u plek bespreek.
|
Dit sluit ’n staanplek, gratis toegang tot die terrein asook saalbesigtiging (vanaf 16:00 tot 18:00) in. Daar sal ook ’n kontantkroeg beskikbaar wees. Meer inligting oor die bespreking hiervoor volg nader aan die tyd.
|
Ons is ook baie opgewonde om ons matrieks se uitnodigings eerskomende Dinsdag amptelik aan hul te oorhandig.
|
Matrikulante word vriendelik daaraan herinner om hul betalings so gou as moontlik af te handel en op hulle graad se Google Classroom alle inligting rondom die matriekafskeid te voltooi. Betalings kan op Karri of by Finansies gemaak word. Die tafelbesprekings kan by me. Erna du Toit gedoen word.
|
Baie dankie aan me. Huibrecht Steyn en haar graad 11-span wat hard aan die werk is om vir ons matrieks ’n pragtige funksie te reël.
|
Sport volgende Dinsdag (8 Maart) en Donderdag (10 Maart)
|
Let asseblief daarop dat sportoefeninge op hierdie twee dae volgende week vanaf 15:00 tot 16:00 sal plaasvind as gevolg van die Jan Styl-kompetisie Dinsdagaand en die toetsreeks wat Vrydag afskop.
|
Sportbedrywighede gerdurende die toetsreeks
|
Slegs die rugbyspanne wat aan die Wynbergfees deelneem en die eerste netbalspangroep wat gaan toer, sal gedurende die toetsreeks oefen.
|
Ons swemmers sal ook nie op 17 Maart van die Vishoekgala verskoon word nie.
|
Baie geluk aan Jan Karsten wat aangewys is as die beste junior speler by die Westelike Provinsie Ope Skaakkampioenskappe wat verlede naweek plaasgevind het - ons is baie trots op jou, Jan!
|
Baie geluk aan Mienke Herbst, Stephan Griesel en Mia Nortjé wat ingesluit is in die WP-Tweekampspan wat op 1 en 2 Maart aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Gqeberha deelneem. Ons is baie trots op jul, Jan van Riebeeckers!
|
Baie geluk aan die volgende atlete wat gekwalifiseer het vir die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe wat vandag en more op Dal Josofat in die Paarl plaasvind: Damian Boch, Carla van den Berg, Mari Swanepoel, Paul Schultz en Scarlett van der Merwe. Ons is baie trots op julle en sien uit na mooi uitslae!
|
Ons dogters speel vandag (tuis) teen Westerford en die seuns eerskomende Maandag (tuis) teen Wynberg.
|
Ons eerstespan toer vanaf 19 tot 22 Maart en dogters wat deel is van dié toergroep, sal deur die loop van die toetsweek netbaloefeninge moet bywoon. Verseker asseblief dat studieroosters behoorlik beplan word.
|
JvR se 0/15 en senior rugbyspanne neem vanaf 18 tot 21 Maart deel aan die Wynberg Rugbyfees. Die kostes per seun vir hierdie fees beloop R650 00 en is betaalbaar via Karri.
|
Die seuns wat deelneem aan die rugbyfees sal dwarsdeur die toetsreeks moet oefen, so verseker asseblief dat studieroosters behoorlik beplan word.
|
Die JvR-hokkiedag vind more plaas. Ons begin om 08:00 by St. Michael's-velde en eindig om 14:00 by St. Cyprians se astrobaan.
|
Leerders moet asseblief die volgende saambring: middagete, peuselhappies, 'n hoed, hokkietoerusting... en hope gees!
|
Daar is nie volgende week hokkie-oefeninge nie.
|
Baie geluk aan elke leerder wat die noodhulp vlak 1-kursus geslaag het:
|
Andrea Brand, Edmund Van Rooyen, Toby De Ruiter, Daniel Loots, Roelf van der Merwe, Amy Jacobs, Loché Mong, Mia van den Berg, Cayden Pekeur, Keena Humphreys en Lumarié Fourie.
|
Baie geluk aan Kian Eksteen, Kianna-Gro Liversage and Christiaan Viljoen (almal in gr.9) wat die afgelope naweek uitstekend presteer het in die Westelike Provinsie Lewensreddingkampioenskappe! Hul verteenwoordig die provinsie nou aan die einde van Maart by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in. Ons is trots op julle!
|
Baie geluk aan ons swemspan wat gister by die Springfield-gala uitstekend presteer het. Beide ons seun- en dogterspan eindig tweede ten spyte van strawwe kompetisie van Springfield, Vishoek, St. Cyprian's, Generations en Rondebosch Boys' High School. Ons is trots op jul!
|
Daar is nog twee galas waaraan ons Jan van Riebeeckers hierdie kwartaal deelneem:
|
Koor: Maandag 16:00 tot 17:30 en Woensdag 7:10-8:20
|
Orkes: Maandag 7:10-8:40 en Donderdag 7:10-8:20
|
Spesifieke rolle sal in kennis gestel word van wie by watter repetisies moet wees. Leerders en ouers moet asb. die Hairspray Google Classroom en Whatsapp-groep dophou.
|
Die seniors oefen Woensdag 7:00 tot 7:45 en die juniors Donderdag vanaf 7:00 tot 7:45.
|
|
#JanGROEN en #JanSEE-strandskoonmaak
|
Sluit hierdie komende Saterdag aan by Cape Town Beach Clean Up se strandskoonmaak by Kite Beach in Bloubergstrand!
|
Plek: Mireille Santillan (oorkant die KFC Table View - Kite Beach)
|
‘n Sak en handskoene word verskaf.
|
Ons herinner ook almal aan ons plastiekherwinningsprojek! Bring ’n sak vol herwinbare plastiek terug skool toe op 22 Maart! Elke vol sak verseker R2.00 inkomste vir die skool wat ons kan gebruik om ‘n herwinningstasie aan te skaf.
|
Elke Jan van Riebeecker kan hul deel doen, HERWIN en wees GROEN!
|
Ons eerste brakstap vind volgende Saterdag, 12 Maart om 9:00 op die nuwe bergfietsroete by die Buysveld plaas. Bring gerus ’n piekniekmandjie en jou vierbeen vriend vir ‘n oggendstappie onder Tafelberg.
|
Koste: R50 vir volwassenes en R30 vir kinders. Alle fondse word aan Stellenbosch-Dierebeskermingsvereniging geskenk.
|
Honde moet asseblief te alle tye op leiband wees. Daar sal ook pryse vir die hondjies met die oulikste uitrustings wees.
|
Jan van Riebeeckers, kom geniet die uur of wat saam met #JanBRAK voor jul voor die boeke inskuif vir die Maandag se toetse.
|
Tydens Donderdagmiddag se #JanSEE-uitstappie het ons Jan van Riebeeckers weer eens waardevolle kennis opgedoen. SANCCOB (Wes-Kaap), wat al vir baie jare lank in Table View werksaam is, het oor die jare heen sinoniem geword met die bewaring van die bedreigde Afrika-pikkewyn en is 'n leier op die gebied van rehabilitasie van seevoëls, kuikenteel, veeartsenykundige sorg en dra by tot baanbreker navorsing.
|
SANCCOB het vanaf sy beskeie begin byna 55 jaar gelede ontwikkel tot 'n organisasie wat reageer op elke oliestorting langs die hele suidelike Afrika-kuslyn. SANCCOB-Table View is een van drie sentrums wat jaarliks ongeveer 2 500 geoliede, siek, beseerde of verlate seevoëls behandel, waarvan meer as die helfte Afrika-pikkewyne is.
|
Dit was 'n besondere geleentheid vir ons leerders om hier te kon besoek aflê.
|
Die klerewinkel sal volgende week Dinsdag en Donderdag tussen 14:00 en 15:00 oop wees.
|
Alle erekleurebaadjies wat ingehandig is, sal oor ongeveer twee weke gereed wees om by me. Van Loggerenberg afgehaal te word.
|
Graad 8's moet daarop let dat hul nuwe skooltasse gedurende die vakansie ingeneem sal word vir die borduur van hul name.
|
ADVERTENSIE: POS BESKIKBAAR: Skriba, Drieankerbaai
|
NG Kerk Drieankerbaai is ’n stadsgemeente met ongeveer 340 lidmate. Hul fokus is om ’n tuiste te bied vir almal wat bely dat hulle in Christus glo en wat saam met hulle wil ontdek wat dit beteken om as volgelinge van Christus te leef.
|
Die skriba speel ’n uiters wesenlike rol in die lewe van die gemeente. Die geskikte kandidaat moet oor die volgende beskik: goeie menseverhoudings, bewese kommunikasie-, taal- en rekenaarvaardighede, kennis in die hantering van sosiale media, goeie organisatoriese vermoë en noukeurige hantering van geld.
|
|
|
|
|
|
|