Nuusbrief-header
11 Maart 2022
facebook instagram custom 
Geagte Ouers / Voogde

Daar is slegs twee weke van hierdie besige kwartaal oor - al voel dit sommige dae of die kwartaal nou net begin het. Die afgelope twee maande was beslis bedrywig en daar het reeds soveel uitstekende dinge gebeur: ons leerders beïndruk geweldig en ek is trots op die talle verrykingsgeleenthede wat ons Jan van Riebeeckers kon geniet.

Dankie aan elke Jan van Riebeecker wat deelneem en gebruik maak van die geleenthede wat geskep word. Dankie ook aan die lojale ouergemeenskap wat die skool ondersteun.

Vir die volgende paar dae is die fokus veral op assessering en ek moedig almal aan om hul beste te lewer. Dit begin egter by behoorlike voorbereiding. Moenie uitstel nie; gebruik elke oomblik om so goed as moontlik voor te berei vir die toetse wat volgende week afgelê word.

Op ’n persoonlike noot bedank ek en Jana graag almal vir die boodskappe van gelukwense wat ons ontvang het met die geboorte van ons seun, CJ, verlede Vrydag. Die bederfgeskenke van die kinders en die JvR-gemeenskap word baie waardeer!

JvR-ExtravaJANza 2022
Kom sluit die kwartaal op 24 Maart om 18:30 op 'n hoogtepunt af wanneer die baie talentvolle Bottomless Coffee Band en al ons JvR-musiekgroepe en -dansers by ons opelugkonsert in die Welgemeendtuin optree!

Moenie hierdie spesiale musiekbelewenis en kultuurkuier misloop nie!
Kliek gerus hier vir meer inligting.

Bespreek nou op Quicket: https://qkt.io/Kf5NPo

#JAN STYL 2022
Ons jaarlikse mnr. en mej. Jan van Riebeeck het die afgelope week plaasgevind. Tien graad 11-seuns en -meisies het deelgeneem aan hierdie glansgeleentheid met beoordelaars soos Cindy Nell-Roberts, Alettè Winckler, Charlene Kallis, dr. Jan Nel en Wilhelm van der Walt. Die seremoniemeester vir die aand was die pragtige Cintaine Schutte.

Die leerders het op die loopplank verskyn in uitrustings gemaak uit herwinbare materiaal, toe soos karakters uit hul gunstelingflieks, daarna in uitrustings van die HOOP- gemeenskapsprojek en eindelik die formele drag. Ons dogters het in rokke van The Princess Project SA verskyn.

Deelnemers moes ook hul staal wys in die Slim, Slimmer, Slimste-ronde waar hul allerhande vrae gevra is oor die skool, die onderwysers en so ’n paar interessante vrae vanaf die beoordelaars.

'n Hoogtepunt was toe elkeen vertel het van die liefdadigheidwerk wat hul gedoen het.
Die leerders het meer as R10 000 ingesamel vir hul onderskeie NRO’s en ons kon ’n skenking van R7000 aan die HOOP-gemeenskapsprojek in Brackenfell maak, asook ‘n skenking aan die skool vir leerders wat uitdagings beleef om die matriekdanskostes te dek.

Baie geluk aan die nuwe mnr. en mej. Jan van Riebeeck: Gerard Snijders en Tiana van den Berg. Adam Liebenberg en Jenna Kohler het tweede geëindig - mooi so!

Dit was werklik ’n puik aand. Ons is baie trots op ons kinders en ook op me. Janet Lotriet en haar span wat baie hard gewerk het om dié glansaand aan te bied.
Ons is al reeds opgewonde oor #JanStyl 2023!

NSS-UITSLAE: HERNASIEN
Ons is trots op twee van ons matrieks wat, na die hernasien van hul skrifte, selfs beter presteer het.
Stephan Burger slaag nou ook met ’n A-gemiddeld - dit bring die totale A-gemiddeldes vir 2021 op 18 (20,45% van die klas) te staan.

Sophia Pienaar slaag nou ook met ’n gemiddeld van 90,14%, wat beteken dat ons top 3-kandidate almal bo 90% behaal het.

Baie geluk aan beide hierdie leerders!

SNOEPWINKEL
Ouers/Voogde kan vanaf eerskomende Woensdag, 16 Maart, die Taptuck-toepassing aflaai waarop bestellings en betalings vir snoepwinkel items gemaak kan word.
Leerders kan dan daagliks die eet- en drinkgoed by die snoepwinkel afhaal. Die volledige spyskaart is ook op die bestelblad beskikbaar.

Vir enige onduidelikhede, kontak asseblief vir Sanette van Loggerenberg by sannette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za

OOV-VERGADERING
Ouers/Voogde word uitgenooi om eerskomende Dinsdagaand, 15 Maart, om 18:00 in die personeelkamer by ons aan te sluit om oor die funksies en betrokkenheid van Kwartaal 2 te gesels.

JAN VAN RIEBEECKER VAN DIE WEEK
Baie geluk aan Damian Bosch wat die 'Jan van Riebeecker van die week'-toekenning ontvang het!
Damian het verlede naweek stof in sy opponente se oë geskop toe hy 1ste in die seuns 0/17- 400m én 800m geëindig het by die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe.

Ons is trots op dié Jan van Riebeecker wat gekwalifiseer het om die provinsie nou in albei items by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te verteenwoordig!

ONZE JAN-ADVERTENSIES
Ons beplan om vanjaar drie uitgawes van die Onze Jan-skoolkoerant te publiseer.

Ons redaksie is hard aan die werk onder die bekwame leiding van ons redakteur, Mila Fourie in graad 12. Hulle gaan verseker dat hierdie uitgawes aktueel en vars bly en belangrike en positiewe insae het tot ons huidige omgewing.

Ons benodig egter adverteerders om publikasiekoste vir die Onze Jan te dek en het die volgende advertensiegeleenthede om te bied:

Formaat: A4 gedruk in kleur
Verspreiding: 450 kopieë, waarvan die oudste en enigste van ons 420 leerders ʼn kopie sal ontvang. Die verdere verspreiding sluit in besighede rondom die skoolgebou asook omliggende- en voederlaerskole. Die uitgawes sal eers aan die einde van die jaar digitaal beskikbaar wees.

Advertensiekoste per uitgawe:
  • Voor binneblad, volblad, kleur: R 5000
  • Agter binneblad, volblad, kleur: R 4000
  • Agterblad: R 7000
  • Volblad, kleur: R 2000
  • Halfblad, kleur: R 1000
  • Kwartblad, kleur: R 500
  • Bladsyborg (besigheidsnaam/klasgroep onder aan die bladsy): R 250 per bladsy
Die uitgawe word net voor die vakansie gepubliseer en versprei.
Kontak gerus vir Karien Zulch by karien.zulch@janvanriebeeck.co.za so spoedig moontlik indien u belangstel om te adverteer in die opwindende Onze Jan-skoolkoerant van 2022.

By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning!

AKADEMIE
Kwartaal 1-toetsreeks
Die toetsreeks vir ons graad 8 tot 12-leerders het vandag afgeskop.

Vanaf volgende week begin die skool om 07:45 en leerders verdaag om 12:10. Die busse vertrek om 12:25.

Ouers word daaraan herinner dat u die akademiese hoof, me. Serrao, dadelik moet kontak by liza.serrao@janvanriebeeck.co.za indien u kind die dag nie ’n toets kan aflê nie. Ouers moet dan ook so gou as moontlik ’n mediese sertifikaat by me. Eygelaar (brigitte.eygelaar@janvanriebeeck.co.za) indien.

Cambridge Tutors
Jan van Riebeeck High School is seeking qualified and experienced Cambridge Tutors for high school learners. The position is based in Cape Town, Western Cape.
Teaching will start early May.

JOB DESCRIPTION – IGSCE / AS Level / A2 level Tutor in one or more of the following subjects: Mathematics / Physics / Biology / English

Valid Code 08 driver’s license / own reliable transport.
English speaking person (must be able to read / write / speak English competently).
Strong computer skills (online learning to continue if required).
Teacher / Tutor will be required to teach a group of 5 - 10 learners for a minimum of 2 hours per week in a subject.

Package offered: - (CTC) (negotiable)

ONLY SUITABLE CANDIDATES WILL BE CONTACTED.
PLEASE APPLY FOR THIS POSITION BY SENDING THROUGH YOUR CV to The Principal at skoolhoof@janvanriebeeck.co.za by 15 March 2022.
Job Type: Part-time

GRAADSAKE
Graad 12
Matriekdans: Donderdag, 7 April
Daar sal vanjaar weer ʼn BBP-area by die matriekdans, wat op 7 April plaasvind, wees. Dit is slegs vir ons matriekouers en -voogde en is heeltemal gratis. Hoewel daar geen koste aan verbonde is nie, moet u egter nog u plek bespreek.
Dit sluit ’n staanplek, gratis toegang tot die terrein asook saalbesigtiging (vanaf 16:00 tot 18:00) in. Daar sal ook ’n kontantkroeg beskikbaar wees. Meer inligting oor die bespreking hiervoor volg nader aan die tyd.

SPORTSAKE
Sportbedrywighede gedurende die toetsreeks
Slegs die rugbyspanne wat aan die Wynbergfees deelneem en die eerste netbalspangroep wat gaan toer, sal gedurende die toetsreeks oefen.
Ons swemmers sal ook nie op 17 Maart van die Vishoekgala verskoon word nie.

Atletiek
Baie geluk aan ons atlete wat verlede naweek puik presteer het by die Wes-Kaapse Atletiekkampioenskappe:

Damian Bosch: 1ste 400m, 1ste 800m (0/17)
Scarlett vd Merwe: 2de 1500m, 2de 3000m (0/15)
Paul Schultz: 6de spiesgooi (0/17)
Mari Swanepoel: 6de 3000m (0/17)
Carla vd Berg: 3de in haar uitdun vir 90m-hekkies (0/15)

Damian en Scarlett het gekwalifiseer om volgende week in Germiston aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem - ons is trots op jul, Jan van Riebeeckers!

Skaak
Jan Karsten, Cuthan Winter, Nico Botes (almal o/15), Nicholas de Jong en Gerard Snjiders het verlede naweek aan die WP-Sentraaldistrik-individuele uitdunne by Surrey Primary School deelgeneem. Die manne het vanaf 8:30 tot 16:30 gesweet deur die vyf borde skaak.

Nico Botes het baie goed gevaar vir sy eerste keer by so 'n toernooi. Cuthan Winter en Nicholas de Jongh het uitstekend gevaar deur 4 uit 5 wedstryde te wen. \

Gerard Snijders (4/5) het 'n brons medalje verwerf in die o/19-ouderdomsgroep en Jan Karsten was onoorwonne op die dag en het met die goue medalje weggestap in die o/15-kategorie.

Baie geluk aan ons skaakspelers met hierdie puik prestasies!

Tennis
Ons seunspan het vandeesweek gelykop teen Wynberg gespeel en ons dogterspan speel vandag (tuis) teen Vishoek.

Netbal
Ons eerstespan toer vanaf 19 tot 22 Maart en dogters wat deel is van dié toergroep, sal deur die loop van die toetsweek netbaloefeninge moet bywoon.

Rugby
JvR se 0/15 en senior rugbyspanne neem vanaf 18 tot 21 Maart deel aan die Wynberg- rugbyfees. Die kostes per seun vir hierdie fees beloop R650 en is betaalbaar via Karri of by Finansies.
Daar is more vanaf 8:30 tot 12:00 ‘n oefensessie by Gardens-rugbyklub vir al ons seuns wat aan die Wynberg-rugbyfees deelneem.

’n Baie groot en opregte dank aan u wat al ’n skenking of donasie gemaak het vir ons seuns om aan die Wynberg-rugbyfees te kan gaan deelneem. Neem asb. die vrymoedigheid om nog ’n paar seuns se drome te bewaarheid.

Wedstrydbepalings
Saterdag, 19 Maart
10:10
Silverhurst B
vs Vishoek 0/19A
Saterdag, 19 Maart
11:20
Silverhurst B
vs Wynberg 0/15C
Maandag, 21 Maart
11:20
Silverhurst A
vs Wynberg 0/19C
Maandag, 21 Maart
16:20
Silverhurst B
vs Vishoek 0/15A
Algemeen
  • Daar sal elke wedstryddag vir die spelers busvervoer vanaf die skool en terug wees.
  • Alle wedstryde word lewendig gestroom.
  • Foto’s sal beskikbaar wees op die Wynberg Facebook-blad
  • Toeskouers word toegelaat teen R30-00 per motor en R20-00 per persoon.
Sterkte aan ons rugbyspelers - ons sien uit na opwindende rugby volgende naweek!

Rugbyskeidsregterkursus
Die WP-rugbyskeidsregtervereniging nooi alle 14 tot 19-jariges uit om ’n skolerugbyskeidsregterkursus by te woon. Kliek gerus hier vir al die inligting.

Noodhulp
Ons vra dat alle #JanNOODHULP-leerders die skakel voltooi: https://bit.ly/NoodhulpSkakel

Swem
Ons het 'n baie jong span na gister se Herzlia-swemgala geneem en ons het steeds redelik goed presteer. Kianna-Gro Liversage kon daarin slaag om die 100m-vryslag ope te wen. Kianna en Mienke Herbst het ook die o/16-50m-vryslag en -borslag onderskeidelik gewen. Ons dogters het algeheel vierde geëindig en die seuns vyfde. Die deelnemende skole was Vishoek, Herzlia, Duitse skool, Redam Atlantic en Bergfliet.

Ons laaste gala vir die seisoen vind volgende Donderdag,17 Maart by Hoërskool Vishoek plaas. Ons wil graag ons sterkste span neem en ons het die volgende swemmers geïdentifiseer:

Seuns onder 14
Jan Karsten
Daniel Wasserman
Sebastian Maree
Fredrich Erasmus
Reserwe: Janco Eksteen

Dogters onder 14
Nayla Walker
Carla Snijders
Luca Zulch
Mia Symington
Reserwe: Kate Heyns

Seuns onder 16
Benjamin Shaw
Stefan Griesel
Kian Eksteen
Christiaan Viljoen

Dogters onder 16
Kianna-Gro Liversage
Amy-Lee Kotzee
Mienke Herbst
Liezel Snijders
Reserwe: Klara von Lieres

Seuns onder 19
Daniel Strydom
Stef Mostert
Gerard Snijders
Hein Griesel
Reserwe: Philip Herbst

Meisies onder 19
Mia Nortje
Cara Beyer
Lené Vorster
Elmarie Combrinck
Reserwe: Sophia Goosen

Leerders kan na skool onder toesig studeer tot die busse om 14:30 vertrek. Ons hoop om teen 18:30 weer terug by die skool te wees.

KULTUUR
Koor: Maandag- en Woensdagoggend om 7:00 tot 7:45

Hairspray-repetisies
Maandag, 14 Maart
Ensemble: 12:30-14:00
Dynamites 14:15-15:00

Dinsdag, 15 Maart
Ensemble 12:30-14:30
Al die hoofrolle: teks 12:30-14:30

Woensdag, 16 Maart
Corny 12:30-14:30
Dansers 17:30-19:30

Donderdag, 17 Maart
Al die hoofrolle: teks 12:30-14:30

Vrydag, 18 Maart
Seaweed 12:30-14:00
Dynamites 14:00-16:00
Tracy, Penny, Motormouth, Edna, Wilber en Link 16:00-19:00

Maandag, 21 Maart
Corny, Amber, Link, Velma, Tracy, Edna and Wilber 13:30-16:00

Dinsdag, 22 Maart
Almal wat aan die ExtravaJansa deelneem 17:30-19:00

VERRYKINGSPROGRAM
Afrikaansweek
JvR-Afrikaansweek se 'Rap, Sang- en Dansjôl' was 'n groot sukses!

Ons leerders het hulself gate uit geniet en al hulle medeleerders toegejuig.
Akteurs Carla Smith en Beer Adriaanse was die beoordelaars en is gelaat met die moeilike keuse om die wenners aan te kondig.

Eerste plek: Seth Louw (sing "Toe vind ek jou")
Tweede plek: Darren-Lee Botha (dans)
Derde plek: Clarice Strydom (dans)
Die gehoorgunsteling was Ethan Pieterse.

Baie geluk aan al ons talentvolle deelnemers - ons maak weer so!

AKWAPONIKA
Ons awkaponika-klub spog met 'n splinternuwe naam en logo!

Baie geluk aan Lené en Mia Vorster wat onderskeidelik met die nuwe logo en naam vorendag gekom het. Hul het ook elk R1500 prysgeld hiervoor ontvang! Die klub se nuwe naam is AkwaJANika!
Dr. Dina de Bruyn, wat die klub lei, is ook opgewonde oor als wat vir AkwaJANika voorlê.

SKOOLWINKEL
Die skoolwinkel sal volgende week Woensdag tussen 12:00 en 13:00 oop wees.

Alle erekleurebaadjies wat ingehandig is, sal oor ’n week gereed wees om by me. Van Loggerenberg afgehaal te word. Betalings moet asb. vanaf volgende Woensdag via Karri geskied.

Graad 8's moet daarop let dat hul nuwe skooltasse gedurende die vakansie ingeneem sal word vir die borduur van hul name.

Sterkte aan al die Jan van Riebeeckers (en die ondersteuningspan tuis!) wat hierdie naweek agter die skoolboeke gaan deurbring.
Jul harde werk en deeglike voorbereiding vir die toetsreeks volgende week sal beloon word. Vasbyt!

Vriendelike JvR-groete
Pieter Rademeyer
Skoolhoof
facebook instagram custom 
MailPoet