Nuusbrief-header
14 Februarie 2020

Belangrike Datums

April 14, 2020    Sterrejaguitdunne (Onderhewig aan verandering)  

April 14, 2020    Skool heropen (onderhewig aan verandering)  

April 15, 2020    Interhuis Debat (onderhewig aan verandering)  



>> Besoek die volledige kalender op die webtuiste <<

Belangrike Sake

  • Baie dankie aan al die ouers wat gisteraand die Ouerbraai bygewoon het. 'n Spesiale woord van dank aan die graad 11-komitee wat hard gewerk het om die aand spesiaal te maak!
  • Let asseblief daarop dat daar Maandag 'n langer kooroefening gaan plaasvind en dat die laatbus om 17:00 gaan vetrek.
  • Leerders se voorkoms is tans nie na wense nie. Baie van die dogters se rompe is te kort en die seuns is ongeskeer of hulle hare is te lank. Ons wil u vra om asseblief seker te maak dat die leerders na die naweek reg daar uitsien. Daar sal volgende week 'n voorkomsinspeksie gehou word.
  • Koshuisleerders wat Sondagaande terugkom koshuis toe, moet asseblief 'n kospakkie van die huis af saambring vir aandete. Ons kan ongelukkig nie toelaat dat die leerders uitgaan om kos te gaan koop nie.
  • Noudat die atletiek en Valentynsbal verby is, moedig ons leerders aan om van die Intervensieklasse gebruik te maak indien nodig. Sien die rooster vir kwartaal 1 by hierdie skakel.

Sport

  • Ons is dringend opsoek na 'n afrigter vir die eerste netbalspan. Sien hier vir meer inligting.
  • Hokkieproewe begin op 25 en 27 Februarie. 25 Februarie is ook die skool se Opedag, maar ons sal rondom dit beplan.
  • Die hokkiekliniek vir die naweek is uitgestel na 'n latere datum. Ons sal u op hoogte hou van nuwe verwikkelinge.
  • Die eerste jaarlikse Interhuis Rugby 7's vind op Saterdag 22 Februarie op JvR se rugbyveld plaas. Dit is 'n nuwe inisiatief om die rugbyspelers die geleentheid te gee om die seisoen in goeie gees te begin en om die litte lekker los te kry voor die liga afskop.Elke ouderdomsgroep (o.14, o.15, o.16 en o.19) sal verskeie 7's-spanne in huisverband bymekaar sit, wat dan uitspeelwedstryde teen mekaar sal speel. Die Rugby Connect-spelers sal ook hierby betrokke wees sodat daar vier spanne per ouderdomsgroep kan wees. Die o.19-proewe vind nie meer op daardie dag plaas nie agv provinsiale atletiek, maar die senior spelers neem wel deel aan die 7's-wedstryde. Volledige wedstrydbepalings sal vroeg in volgende week bevestig word.

Kultuur

  • Maandag: Kooroefening @14:30-17:00. Daar word 'n laatbus vir 17:00 gereël. Die oefening is baie belangrik, want die leerders moet voorberei vir Opedag.
  • Woendag: Drama Eisteddfod-oefening. Die inskrywings sluit op 21 Februarie.
facebook instagram custom 
MailPoet