|
|
|
|
|
|
Na ’n baie bedrywige eerste kwartaal wil ek graag vandag die hele Jan van Riebeeck-familie opreg bedank vir die baie harde werk, lang ure by die skool en ondersteuning van dit wat ons hier doen. ’n Spesiale woord van dank aan die personeel wat binne en buite die klaskamer puik werk verrig het - en meer as die spreekwoordelike ekstra myl vir ons leerders stap. Dankie, Kollegas!
|
Ek is baie trots op ons skoolgemeenskap wat by soveel verskillende projekte en geleenthede betrokke was. Dit was heerlik om te sien hoe entoesiasties ons leerders deelneem aan die wye verskeidenheid verrykingsgeleenthede.
|
Ons leerders het beïndruk met meestal baie goeie uitslae na afloop van ons toetsreeks. Baie geluk aan elke Jan van Riebeecker wat hard gewerk en sy/haar beste gelewer het.
|
Ek moedig u aan om hierdie vakansie rustig saam met u kind deur sy/haar vorderingsverslag te gesels sodat u saam planne kan beraam indien daar intervensie of enige ander hulp benodig word om beter uitslae te verseker.
|
En uitstekende uitslae of vordering moet natuurlik ook behoorlik gevier word!
|
Ek hoop dat u ’n heerlike vakansie sal geniet. Rus goed en geniet die tyd saam met u kinders. Ons gesels weer wanneer die skole op 5 April heropen.
|
Baie geluk aan Mila Fourie en haar redaksie met ’n uitstekende eerste uitgawe van die Onze Jan. Kliek gerus hier om die elektroniese weergawe te lees.
|
Ons nooi u vriendelik uit om afsprake met u kind se vakonderwyser te maak vir die oueraand op Dinsdag, 6 April.
|
Die skakel vir afsprake sal Dinsdag, 5 April, aan ouers en voogde gestuur word.
|
Die afsprake is tussen 17:30 en 19:30.
|
OUERKUIER: WINTERSEISOENAFSKOP
|
Alle ouers en voogde word hartlik uitgenooi om op Vrydag, 8 April vanaf 18:00 in ons klubhuis saam te kom kuier om die wintersportseisoen af te skop. Daar is ’n kontantkroeg beskikbaar en u is welkom om ’n bord eetgoed saam te bring.
|
Ons sal vanaf 5 tot 25 April ’n oorgangtydperk tussen die somer- en winterdrag toelaat. Leerders mag dus enige van die drag dra, maar vanaf Maandag, 25 April is dit volledige winterdrag.
|
Die dogters se nuwe roomkleurige rompe het gearriveer en is nou by die klerewinkel beskikbaar. Die klerewinkel sal op Maandag, 4 April vanaf 13:00 tot 15:00 oop wees indien leerders hul nuwe romp wil aanskaf voor die skool heropen. Die graad 8-dogters kan ook hul nuwe romp afhaal.
|
Met ons nuwe kleredrag wat ingefaseer word, die volgende reëling vir die winter:
|
* Die nuwe roomkleurige romp word met vlootblou sykouse of die lang kniekous
|
gedra. Die vlootblou sykouse is slegs by die JvR-skoolwinkel beskikbaar.
|
* Die vlootblou romp word ook nou met vlootblou sykouse (en nie meer swart
|
sykouse nie) gedra. Hierdie sykouse is slegs by die JvR-skoolwinkel beskikbaar.
|
* Dogters mag ook die vlootblou langbroek met sykouse of die nuwe kniekous
|
dra. Ons sal u in kennis stel wanneer die roomkleurige langbroeke beskikbaar is.
|
* Seuns mag in die winter kort- of langbroeke dra (grys of roomkleurig) en die nuwe
|
vlootblou sokkies saam met die roomkleurige broek of die grys sokkies saam met die
|
Skakel gerus met me. Sanette van Loggerenberg indien u enige verdere navrae het: sanette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za.
|
Ons is baie opgewonde om weer hierdie jaar die Matriekmodeparade aan te bied. By hierdie geleentheid kry elke leerder die geleentheid om te spog met hulle matriekdansuitrusting.
|
Wanneer: 13 April (Slegs vir volwassens)
|
Waar: Hoërskool Jan van Riebeeck-skoolsaal
|
Koste: R600 per tafel vir 8 mense of R75 per persoon; R50 vir 'n galery-kaartjie
|
Eie kosmandjie is welkom of bestel gerus ’n hamburger en uieringe teen R60 per persoon. Verversings en ’n kontantkroeg is ook beskikbaar.
|
Betalings word via Quicket gemaak.
|
Wanneer: 14 April (slegs vir leerders)
|
Tyd: 13:40-14:30 (aan die einde van die skooldag)
|
Koste: R10 (Sluit sivvies vir die dag in)
|
Betalings word via Karri gemaak of by die finansiële kantoor.
|
Karri en Quicket-skakels sal aan die begin van Kwartaal 2 beskikbaar wees.
|
Kom geniet hierdie spesiale geleentheid saam met ons!
|
JvR-VERJAARDAGFEESVIERINGE
|
Trek asseblief solank ’n groot sirkel in u dagboek om die week van 2 tot 7 Mei.
|
Ons musiekblyspel, Hairspray, skop op die 3de in die Baxter Teater af en kaartjies sal vanaf die begin van die tweede kwartaal beskikbaar wees.
|
Vrydag, 6 Mei, vier ons die skool se verjaardag met ’n spesiale stigtersdagseremonie, seniortee en ook ’n oudskoliere-middagete. Die kultuur- en verrykingsprogram vind Vrydagmiddag plaas.
|
Saterdag, 7 Mei is ons karnavaldag wanneer ons ook sport speel teen Camps Bay High. Ons beplan heerlike kosstalletjies en ’n paar ander verrassings bo by ons sportvelde.
|
Ons sien daarna uit om hierdie ’n behoorlike feesnaweek te maak. Dankie by voorbaat vir almal se ondersteuning!
|
Ouers/Voogde kan nou die Taptuck-toepassing aflaai waarop bestellings en betalings vir snoepwinkel items gemaak kan word.
|
Leerders kan dan daagliks die eet- en drinkgoed by die snoepwinkel afhaal. Die volledige spyskaart is ook op die bestelblad beskikbaar.
|
U het vandag u kind se rapport per e-pos ontvang. Indien dit u nie bereik het nie, kontak asseblief vroeg volgende kwartaal vir me. Brigitte Eygelaar by brigitte.eygelaar@janvanriebeeck.co.za.
|
Indien daar ’n punt verkeerd op u kind se rapport aangedui word, moet u kind op die eerste dag van die kwartaal by die graadhoof aanmeld sodat die fout reggestel kan word.
|
Onderwêreld op die planke!
|
Graad 12’s word genooi om op Karri te betaal vir ‘n opvoering van hul roman, Onderwêreld - ’n wonderlike leergeleentheid!
|
Datum: Woensdag, 11 Mei 2022
|
Plek: Hoërskool Tygerberg in Belville
|
Tyd: 12:00 (ons sal 10:40 vertrek vanaf die skool en om 14:30 terug wees.)
|
Sluitingsdatum vir die betaling is Vrydag, 6 Mei.
|
William Shakespeare's Hamlet @ The Artscape Theatre op 23 April
|
Hier is ’n fantastiese geleentheid vir ons leerders om dié klassieke drama te beleef, opgevoer by die bekende Kunstekaap Teater.
|
Alle graad 11 en 12-Engels Huistaalleerders word hartlik uitgenooi om by ons aan te sluit vir n hierdie spesiale aand van teater. Hamlet is ook een van die graad 12-voorgeskrewe werke wat later vanjaar behandel word.
|
Die vertoning vind op Saterdag, 23 April, vanaf 19:00 tot 21:45 plaas. Ons sal teen 18:30 by die hoofingang vergader.
|
Vervoer is beskikbaar vanaf die skool. Bussies sal om 18:15 vertrek en weer teen 23:15 terug wees by die skool. Ouers/Voogde is welkom om alternatiewe vervoerreëlings te tref en dit dan met mnr. Claassen of me. Visser bevestig.
|
Kaartjies is op Karri betaalbaar teen R80 per persoon. Die sluitingsdatum vir besprekings en betalings is Woensdag, 20 April om 15:00.
|
Die graad 12-inskrywings vir die NSS-eksamen is voltooi. Dankie aan elke ouer/voog wat die nodige inligting vir die skool gestuur het.
|
Ons wil tog asb. alle ouers/voogde aanmoedig om te verseker dat alle graad 12-leerders teen 30 September in besit is van 'n ID-kaart.
|
Alle leerders benodig die ID-kaart vir die NSS-eksamen en geboortesertifikate word nie aanvaar nie.
|
Graad 10's word aangemoedig om nou al te begin aansoek doen vir ID-kaarte. ID's word benodig tydens die NSS-eksamen.
|
Leerders word verder versoek om nie skoolure of buitemuurse aktiwiteite-tyd te gebruik vir die ID-aansoekproses nie, maar eerder skoolvakansies.
|
Sportoefenprogram: Kwartaal 2
|
Kliek gerus hier vir die wintersport-oefenprogram vir die tweede kwartaal.
|
Ek herinner graag dat ons leerders in die nuwe JvR-sporthemp met die kraag deelneem teen ander skole.
|
Ons netbal- en hokkiespelers sal ook hierdie T-hemde dra vir wedstryde. Verseker asseblief dat dit betyds aangeskaf word vir die winterseisoenbepalings.
|
Dankie vir u samewerking.
|
Ons is baie trots op Damion Bosch wat ’n 8ste plek tydens 800m-finaal by die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe behaal het. Mooi so, Damian!
|
Baie sterkte aan Mia Nortje wat vanaf 28 Maart tot 2 April aan die SA-streekswem-kampioenskappe in George deelneem.
|
Stefan Griesel en Mienke Herbst neem tydens die vakansie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel. Ons hou duimvas vir goeie uitslae!
|
JvR se 0/15 en senior rugbyspanne het verlede naweek deelgeneem aan die Wynberg Rugbyfees en hul baie goed van hul taak gekwyt.
|
Die 0/15-span wen beide wedstryde teen Wynberg C en Vishoek 0/15 A. Hulle klop Vishoek 40-0.
|
Die eerstespan het groot lof van toeskouers vir hul uitstekende spel ontvang. Hul verloor 24 -17 teen Vishoek nadat hulle rustyd 19-0 agter was. Die eerstespan klop Wynberg 0/19 C gemaklik 29-15 in hul tweede wedstryd.
|
Baie dankie aan al ons borge,ondersteuners en ouers. Die rugbymanne sien uit na ‘n baie goeie seisoen. Hou hul gerus dop!
|
Ons eerste rugbybepaling is reeds die eerste Saterdag (9 April)van die nuwe kwartaal. Al ons spanne speel teen Hoërskool Bergvliet (weg).
|
Ons eerste netbalspan het die afgelope week ’n heerlike spanbou- en oefensessie in Beaufort-Wes bygewoon. Ons wen ook 26-16 teen Hoërskool Sentraal en die tweedespan toon 'n uitstekende eerste vertoning met 9-10.
|
Ons neem op 9 April deel aan die Margaret Pansegrouw Sportdag wat aangebied word deur Hoërskool Bellville.
|
Die volgende spanne is ingeskryf: 0/14A, 0/15A, 0/16A en 0/19A.
|
Die finale spanne word in die eerste week van die tweede kwartaal aangekondig en spelers moet asb. voorbereid wees vir die moontlikheid om deel te neem.
|
Leerders/Kinders (nie in skoolklere): R10
|
Leerders met skoolklere: Gratis
|
Jan van Riebeeck-leerders wat ons netbalspelers kom ondersteun, moet asseblief skooldrag dra.
|
Sien die kaart hier. Busse parkeer in De La Hayelaan. Toeskouers parkeer voor of agter die skool.
|
Kliek hier vir aanwysings vanaf Kaapstad tot by die Hoërskool Bellville.
|
Sien die program vir die sportdag hier.
|
Spanne speel tussen 3 tot 5 wedstryde op die dag. Wedstryde is 8 minute per helfte; 1 minuut rus; 2 minute tussen rondes.
|
NB: Alle netbalspanne oefen op 5 April, 6 April en 7 April.
|
Die 0/19-groep word egter Donderdag, 7 April, verskoon van netbaloefeninge as gevolg van die matriekdans.
|
LET WEL: Alle netbaloefening begin reeds om 14:45.
|
Leone Miljo het tydens die afgelope WP-toernooi ‘n silwer medalje verower en neem in Meimaand aan die SA-kampioenskappe deel. Baie geluk!
|
Let asseblief daarop dat die koor volgende kwartaal op Maandae vanaf 16:45 tot 18:00 oefen.
|
Drakensberg Seunskoor toer na JvR!
|
Ons is baie opgewonde om die Drakensberg Seunskoor aan die begin van die nuwe kwartaal hier by JvR te ontvang vir iets wat beloof om 'n onvergeetlike konsert te wees.
|
Hierdie konsert vorm deel van hul landswye toer en die Drakies sluit die toer by ons af. Kliek gerus hier vir al die inligting.
|
Ons reik dan graag uit na al ons koor- en musiekouers, (of eintlik die hele JvR-gemeenskap!), wat bereid sou wees om uit te help om hierdie merkwaardige groep seuns te huisves vir die aand van Dinsdag, 5 April (die dag waarop die skole heropen).
|
Sien die Google-vorm hier: Drakensbergseunskoor verblyf en vul die besonderhede in soos gevra. Skakel ook gerus vir mnr. Geldenhuys met enige navrae of versoeke.
|
Gisteraand se JvR-ExtravaJANza sal vir lánk nog onthou word as 'n fenomenale musiekbelewenis wat die gaste hier by Hoërskool Jan van Riebeeck kon geniet.
|
Ons gaskunstenaars, Bottomless Coffee Band is in 'n klas van hul eie en dit was 'n reusevoorreg om hul hier op ons verhoog te kom verwelkom.
|
Ons Jan van Riebeeckers het ook die gehoor in vervoering gehad en bewys dat hier hope talent is. Geluk aan ons koor, orkes, Hairspray-geselskap, dansers, die JvR-'band' en soliste: jul was puik!
|
Op 'n groter hoogtepunt kon hierdie kwartaal beslis nie afgesluit word nie!
|
Baie geluk en dankie aan ons direkteur: musiek en kultuur, mnr. Geruan Geldenhuys, vir ’n puik aand!
|
Op Woensdag, 6 April kry die #JanKaapklub die geleentheid om 'n eksklusiewe staptoer in die geskiedenis van die ware Jan van Riebeeck mee te maak.
|
Op 6 April is dit 370 jaar gelede wat Jan van Riebeeck en sy bemanning in Tafelbaai geland het en hier, op die plek wat as Kaap die Goeie Hoop bekend sou staan, ’n verversingspos kom vestig het.
|
Die FAK bied aan leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck ’n eksklusiewe staptoer en vestig weer die aandag op Jan van Riebeeck en ander interessante bakens wat verband hou met hom en die 10 jaar wat hy aan die Kaap was.
|
Die klub bestaan uit 20 leerders van graad 8-12 en hierdie geleentheid gaan beslis verrykend wees! Hierdie klublede het reeds via 'n WhatsApp-boodskap 'n Google-vorm ontvang wat asseblief so gou as moontlik voltooi moet word.
|
Ons skool sien uit na hierdie wonderlike geleentheid.
|
Die skoolwinkel sal op 4 April vanaf 13:00 tot 15:00 oop wees en ook op 5 en 6 April vanaf 14:00 tot 15:30.
|
Alle erekleurebaadjies wat ingehandig is, sal binnekort gereed wees om by me. Van Loggerenberg afgehaal te word. Betalings moet via Karri gedoen word. Betaling moet asb. geskied voordat die baadjies afgehaal word.
|
|
|
|
|
|
|