Nuusbrief-header
14 April 2022
facebook instagram custom 
Geagte Ouers / Voogde

Nog ’n bedrywige, maar genotvolle JvR-week, is verby. Baie dankie aan al ons leerders wat entoesiasties deelgeneem het aan die talle skoolaktiwiteite: die akademiese-, sport- en kultuurprogram, is nou in volle swang. Hier is werklik iets vir almal, so moedig u kind aan om betrokke te raak indien hy/sy nog nie is nie.

Dit was besonder heerlik om Dinsdagmiddag die leerders en personeel van Hoërskool Overberg hier by ons te kom verwelkom vir ’n sportmiddag. Ons hoop om in die toekoms weer kragte te meet - en die kultuurprogram ook dan in te sluit.

Baie dankie aan al ons ouers/voogde vir jul ondersteuning van die matriekmodeparade gisteraand. Ons matrieks het behoorlik geskitter op die loopplank. Die leerders het dit ook baie geniet om die matrieks tydens die verrykingperiode vandag op die verhoog te sien. Dankie aan me. Elize Gouws en haar span vir dié inisiatief!

Die Jan van Riebeeck-paashase het vanoggend die Huppellanders en toe die graad 1's by ons laerskool gaan verras. Ons seerower was ook daar.
Baie dankie ook aan almal wat bygedra het tot ons paaseierinsameling: ons kon die hele laerskool en hoërskool daarmee bederf!

Paasfees is ’n wonderlike geleentheid om weer in verhouding te tree met mekaar. Dié spesiale tyd simboliseer ook liefde, nederigheid en diensbaarheid. Mag elkeen rondom hul tafels die naweek die geleentheid kry om ook stil te word in egte verhouding met mekaar en hul Skepper.

Op ’n hartseer noot, groet ons ons adjunkhoof, me. Lizette Visser, aan die einde van die kwartaal. Me. Visser is vanaf 1 Julie aangestel as skoolhoof van Gordon High School in Somerset-Wes!
Ons is saam met haar baie bly en trots oor die bevorderinggeleentheid - Gordon High kan met reg opgewonde wees oor die juweel van ’n onderwysmens wat hul ryker word. Ons weet dat sy haar nuwe skool met passie, groot kundigheid en sterk leierskap tot groot sukses en hoogtes sal lei. Baie sterkte met die nuwe hoofstuk, me. Visser - JvR gaan jou geweldig mis!

JvR BESOEK NAMIBIë
Ek en ons beheerliggaamvoorsitter, Kees Snijders, gaan op 26 en 27 April in Windhoek kuier en ’n praatjie oor ons skool aanbied. Alle oudleerders word ook uitgenooi om te kom saamkuier!

Indien u enige kontakte in Namibië het, deel asseblief hierdie nuus met hul. Kliek ook gerus hier om die uitnodiging af te laai.

REüNIENAWEEK 2022: 6-8 MEI
Ons vier Hoërskool Jan van Riebeeck se 96 jaar van uitnemendheid en trots met ’n heerlike feesnaweek vir ons ouers, oudleerders en vriende van die skool.
Kliek gerus hier vir die volledige program. Ons sien daarna uit om u almal hierdie naweek by die skool te verwelkom!

Saterdag, 7 Mei, se sportdag teen Camps Bay High School, sal ook ’n karnavalformaat aanneem. Kom geniet hierdie lekker dag saam met ons!

JvR-TENNISOPE 2022
Kom speel in ons TENNISOPE op 27 April 2022 vanaf 09:00 tot 12:00 en kuier verder saam tot en met die VERTOONWEDSTRYD wat van 13:00 tot 15:00 sal plaasvind!

Almal word genooi om sosiaal rondom die tennisbaan te verkeer op hierdie Vryheidsdag.
Daar sal braaivleisvure brand en worsbroodjies en sosaties sal verkoop word.
Daar sal ook 'n snoepie en kontantkroeg beskikbaar wees.

Toernooiformaat - sosiale dubbelspel-tennistoernooi (slegs groenbal)
Punteformaat - tydgebaseerde toernooi

Spaninskrywings vir die sosiale toernooi beloop R300 per dubbelspan.
Die vertoonwedstryd begin om 13:00.

Program
09:00 - 12:00 Sosiale toernooi
12:00 - 13:00 Middagete
13:00 - 15:00 Vertoonwedstryd
Toegang: R20

Toernooispelers se toegangsfooi is ingesluit in die inskrywingsfooi. Kom kuier gerus saam met ons rondom die tennisbaan!
Kaartjies is op Quicket beskikbaar: https://qkt.io/Tennisope2022

SELFIES, SEKSKLETS & SLIMFONE... SKOOLPRAATJIES
Ons nooi ook baie graag al ons ouers/voogde uit na hierdie baie insiggewende sosiale media-praatjie. Bespreek gerus u sitplekke via Karri.
Leerders woon die praatjie gratis tydens skoolure by; wanneer u op Karri betaal, is dit vir die aand om 18:00 en slegs vir volwassenes. Kliek gerus hier vir al die inligting.

AKADEMIE
Intervensieklasse
Leerders wat ekstra ondersteuning verlang, kan gerus hul vakonderwysers nader vir intervensieklasse. Die tye waarop onderwysers vir klasse beskikbaar is tydens die tweede kwartaal, is hier beskikbaar.

U kind moet asseblief die dag voor die tyd vir die onderwyser aandui dat hul die intervensieklas gaan bywoon sodat onderwysers die nodige voorbereiding kan doen. Graad 12’s wat onderpresteer het in ‘n spesifieke vak, word sterk aangemoedig om die klasse by te woon.

Onthou ook asseblief dat intervensieklasse van min waarde is as u kind slegs die week voor die eksamen vir die klas opdaag. Selfvertroue en vaardigheid in ‘n vak word deurlopend opgebou.

Indien u enige vrae of kwelling het, kontak gerus vir me. Liza Serrao by liza.serrao@janvanriebeeck.co.za.

AKADEMIESE TOP 20: KWARTAAL 1
Baie geluk aan die TOP 20-akademiese presteerders na afloop van die eerste kwartaal. Ons is baie trots op jul, Jan van Riebeeckers!

Graad 8
1. Luca Zulch - 91,78% 2. Mia Symington 3. Xena du Toit 4. Mia Fouché 5. Carla Snijders 6. Fredrich Erasmus 7. Jan Karsten 8. Lily le Roux 9. Loché Mong 10. Vida Engels 11. Nayla Walker 12. Abigail Els 13. Elle Nortje 14. Hendrik Bredenkamp 15. Famke Schwartz 16. Kate Heyns 18. Lumarie Fourie 18. Bea Orffer 19. Sebastian Maree 20. Andrea Brand 20. Mia van den Berg

Graad 9
1. Stella Malan - 93,78% 2. Lara-Lisa Senekal3. Emma Bartel4. Christian Viljoen 5. Zaheer Marney 6. Catherine Shaw 7. Carla van den Berg 8. Keira Heyns 9. Liela Simpson 10. Anja Liebenberg 11. Pierre Becker 12. Klara von Lieres 13. Alexander de Jong 15. Amuran Bester 15. Ruben Fourie 16. Scarlett van der Merwe 17. Kristy Stipp 18. Herchelle Christians 19. Roelf van der Merwe 20. Nicole de Bruyn

Graad 10
Mari Swanepoel - 93,00% 2. Layla Erasmus 3. Peet Karsten 4. Andrée van Zyl 6. Mienke Herbst 6. Zazzie Henderson 7. Marianne Nel 8. Amber Roberts 9. Liezel Snijders 10. Leila Lonte 11. Jeanette Groenewald 12. Owen van der Linde 13. Charise Grobbelaar 14. Toby de Ruiter 15. Daniella Coetzee 16. Mia Nortje 17. Lisa Schoeman 18. Matilda Loubscher 19. Annie Basson 20. Karla de Villiers

Graad 11
1. Jenna Kohler - 96,86% 2. Adrian Huysamen 3. Stefan Turkstra 4. Cara Beyer 5. Daniela Nikoforos 6. Hanli Theron 7. Annabel de Jager 8. Albert Matthee 9. Nikolaas Bergh 10. Timoné Joubert 11. Johann Jordaan 12. Daniël Grutter 13. Zia Meintjies14. Stephan Marais 16. Ethan Stevens 16. Lesley-Ann van Schalkwyk 18. Gerard Snijders 18. Willem van As 19. Nina Crouse 20. Stef Mostert

Graad 12
1. Cavan McKeown - 93,57% 2. Dawid Agenbag 3. Phillip Herbst 4. Ella Basson 5. Thea de Lange 6. Lené Vorster 7. Arno van der Merwe 8. Edmund van Rooyen 9. Mia Holmes 10. Joshua Harvey 11. Kayla Smit 12. Emma Ray 13. Mila Fourie 14. Christiaan Pretorius 15. Elmarie Combrinck 16. Ryan-Will Pretorius 17. Linelle du Toit 18. Obed Bam 19. Lucas Wildenboer 20. Andrea Venter

Graad 12-Toerisme
Alle graad 12-leerders landwyd lê hul Toersime-PAT (Praktiese Assesseringstaak) op 22 en 23 Junie (na die Junie-eksamen) af. Dit is dus verpligtend dat leerders skool bywoon op hierdie twee dae en geen ander afsprake skeduleer nie. Indien die taak nie voltooi word nie, ontvang die leerder ’n onvoltooid op sy/haar nasionale senior sertifikaat. Ons maak staat op u samewerking om te verseker dat alle leerders teenwoordig is.

MATRIEKRAAD
Sportleiers 2022
Sport gee hoop, inspireer, motiveer, bring eenheid, snoer nuwe vriendskappe en het die mag om die wêreld te verander.
Vroegoggend met Tafelberg in die agtergrond het on kapteine opleiding gisteroggend afgeskop onder die leiding van ons matriekraadsportportefeulje (Elmarie Combrink en Simamukele Ngwenya).

Die waarde en ervaring van leierskap op sportgebied is so belangrik en is vaardighede wat jou reeds op skoolvlak goed toerus vir die toekomstige loopbane.

Baie, baie geluk aan al die nuut verkose kapteine van 2022 en baie sterkte met die winterseisoen! Mag julle onderskeie spanne hierdie seisoen onder julle leierskap nuwe hoogtes bereik.

"Dis die mooi sportstories. Ons speel altyd om goed te wen, ja, maar ons speel veral altyd om dit te geniet en karakter te bou."

Kapteine 2022
Netbal
0/14A- Elle Nortje
0/15A- Catherine Shaw
0/15 B- Simonay Jacobs
0/16A- Joslyne Hales
0/19A- Sima Ngewenya
0/19B- Cara Beyer

Tafeltennis
0/19A- Darius de Klerk (seuns)
0/19A- Ankia Erasmus (dogters)

Rugby
0/15A- Jordan Thomas & Stephan Griessel
0/19A- Daniël Strydom

Tennis
Eerstespan-dogters - Caylee Ray
Eerstespan-seuns - Joshua Harvey

Hokkie
0/19A- Ryan-Will Pretorius (seuns)
0/19A- Danielle Brand (dogters)
0/16A- Faylene van Rooyen (dogters)
0/16A- Stef van Duivenboden (seuns)

Skaak
Eerstespan- Gerard Snijders

Landloop
Johann Jordaan

Atletiek
Johann Jordaan
Mari Swanepoel

Krieket
0/19A- Gerard Snijders

Kapteine-aand 2022
Donderdag, 21 April by die JvR - Klubhuis (19:00 – 20:30)
(Boshoff-sportveld, De Hoopstraat)
Alle Sportkapteine & 0/19A-spanne ontvang ’n uitnodiging na dié spesiale funksie.
Kom kuier saam met ons sportleiers om die winterseisoen af te skop.

"Goeie sportmanskap kan 'n skool verenig, nie deur blote vaardigheid of bekwaamheid nie, maar deur deursettingsvermoë, passie en 'n behoefte om te doen wat reg en eerbaar is."

R.S.V.P: Elmarie Combrink: elmarie.combrink@janvanriebeeck.org
Drag: Deftig-informeel
Motiveringspreker: Imgard Krugman (Oudleerder - 2008)
Gashere: Matriekraad - Elmarie Combrink & Simamukele Ngwenya
SPORTSAKE
Sportoefenprogram: Kwartaal 2
Kliek gerus hier vir die wintersport-oefenprogram vir die tweede kwartaal.

Rugby
Baie geluk aan ons rugbymanne met puik uitslae teen Hoërskool Bergvliet verlede Saterdag! Die O/15's wen 110-0 en die eerstespan wen 53-5.

Ons behaal ook goeie uitslae teen Hoërskool Overberg eergister: 0/15A wen 34-0 en ons eerstespan (vs Overberg 0/19B) wen 68-12.

    Die eerste rondeproewe vir WP-rugby het gedurende die week plaasgevind.
    Paul Schultz, Joss Dietrich en Obi Ramadann het aan die 0/19-proewe deelgeneem.
    Jordan Thomas, Benjamin Shaw en Elridge Dick was ook by proewe vir die junior spanne.

    JvR se spanne speel volgende Saterdag, 23 April, teen Curro Langebaan (weg).
    Ons nooi graag alle ouers en toeskouers om saam te gaan. Na afloop van die wedstryde word daar ’n heerlike snoekbraai vir die seuns gehou.

    Ons beplan om losies rondom die rugbyveld te verkoop tydens ons karnavaldag op 7 Mei teen Kampsbaai. U as toeskouer kry ’n spasie van 5m x 5m om heerlik te ontspan saam met u vriende en rugby te kyk. ONDERSTEUN ASB!
    Skakel met mnr. Griessel in die verband: sampie.griessel@janvanriebeeck.co.za.
    Daar sal ook ’n beperkte aantal JvR-rugbyballe en ou truie te koop.

    Netbal
    JvR se netbalspanne het ook tydens die sportdag by Hoerskool Bellville waardevolle wedstrydoefening en ondervinding opgedoen teen sterk opponente.

    Geluk aan die spanne wat gewen het teen Hërskool Overberg: 0/15A en B en ons eerstespan behaal ’n pragtige 33-16-oorwinning.

    Die eerste ronde netbalproewe vind by Hoërskool Bellville plaas op die volgende datums:
    0/18 19 April
    0/17 20 April
    0/16 21 April
    0/15 22 April
    0/14 25 April

    Let daarop dat geen toeskouers toegelaat word by die netbalproewe nie.
    Baie sterkte aan ons netbalspeelsters wat aan die proewe deelneem!

    Hokkie
    JvR se seunspan klop Bloubergrant 2-0.
    JvR se dogterspan klop Overberg 2-0.

    JvR se seunsspan speel 23 April teen Parklands (weg).

    Hokkie-oefeninge:
    Maandae en Woensdae by St. Michaels velde, tensy anders gekommunikeer.
    Enige verskonings moet asseblief 24 uur vooraf aan mnr. Kastoor (wilburkastoor@janvanriebeeck.co.za) gekommunikeer word.

    Die ligabepalings sal deurgegeee word sodra alle bepalings vasgestel is. Alle seuns en dogters moet op Saterdae vir ligawedstryde beskikbaar wees.

    Tafeltennis
    Die eerste seunspan klop Settlers se tweede span.

    Die drie seunspanne speel op 19 April (weg) teen Vishoek, Edgemead en Rosendaal.
    Ons dogterspan speel op 19 April (weg) teen Pinelands.

    Tennis
    Tennisoefening is soos volg:
    Dinsdae spanoefening en Donderdae individuele afrigting

    Branderplank
    Branderplank/Jan Brander vind op Vrydae vanaf 14:45 tot 17:00 plaas.
    #JanBrander-uitstappies vir die kwartaal: 22 April, 6 Mei, 13 Mei en 20 Mei

    KULTUUR
    Hairspray-musiekblyspel
    Ek wil u nou reeds uitnooi en aanmoedig om kaartjies te koop vir ons musiekblyspel, Hairspray, wat vanaf 4 tot 7 Mei in die Baxter Teater aangebied word. Ons leerders en personeel werk ongelooflik hard om 'n trefferproduksie te verseker. Kaartjies is by webtickets beskikbaar: https://www.webtickets.co.za/event.aspx?itemid=1513298366
    Moenie hierdie spesiale kultuurervaring misloop nie!

    Drama
    Ons is baie trots op Darren Cloete en Caylee Ray wat deurgedring het na die tweede ronde van die Nasionale Toneelkompetisie! 85 van die land se beste akteurs gaan nou hier in Kaapstad sake op die kultuurverhoog uitspook. Geniet dit en baie sterkte!

    Redenaars
    Die ATKV-span is baie opgewonde om aan die eertse ronde van die ATKV-Nasionale Redenaarsuitdunne, wat volgende week by Hoërskool Bellville plaasvind, deel te neem.
    Die graad 8 en 9 leerders sal Woensdag, 20 April aan die voorbereid- en onvoorbereidafdeling deelneem.
    Die seniors in graad 10 tot 12 ding Donderdag, 21 April mee in dieselfde twee afdelings.
    Baie sterkte, Jan van Riebeeckers!

    Debat
    Ons senior debatspan het gister aan die Paul Roos-debatliga deelgeneem.
    Dit was 'n onvoorbereide debat en het flink dink en senuwees van staal van die deelnemers geverg.
    Die onderwerp was Gemorskos advertensies behoort verban te word.
    Die span van Jan van Riebeeck was inleidend en die span van Parel Vallei was opponerend.
    Na 'n vurige debat oor die voor- en nadele van gemorskos, is Parel Vallei as die wenners aangekondig.
    Ons junior en seniorspanne neem weer op 11 Mei aan die finale ronde van hierdie kompetisie deel en ons wens hulle alle sterkte toe.

    OEFENTYE
    • Drama-eisteddfoefening: Elke Woensdag: 14:45 - 15:45
    • Orkesoefeninge: Donderdag 7:10
    • Koor: Woensdag 7:10 tot 8:20.
    • Hairspray: soos op die finale skedule wat die week uitgedeel is.
    Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Kuns
    Die sluitingsdatum vir inskrywings is 24 Junie. Meer inligting is beskikbaar by me. Vrey.

    Young Artists - ArtSA
    Biennale Arte 2022. Enter Online is one of the world’s most celebrated art exhibitions, and is starting shortly in Venice, Italy. As part of our national activities around the Biennale, we are running a nationwide competition called mzansiart@Venice for young artists. Winning entries may be displayed at the South African national exhibition in Venice.
    www.artsa-venicebiennale.org
    Mzanziart@Venice Young Artist Competition-
    https://www.artsa-venicebiennale.org/young-artists/?fbclid=IwAR2c_K_RRP-kvX4msfG2cUNU0XfZlbk1inlGplW7tAjRkbG5pGTGswhZqqo

    • Sterrejag: Ons jaarlikse talentkompetisie word van 28 April na 1 Augustus uitgestel. Hou asseblief die nuusbrief dop vir verdere inligting aangaande inskrywings en kaartjieverkope.
    SKOOLWINKEL
    Die skoolwinkel is volgende week Dinsdag en Woensdag vanaf 14:00 tot 15:00 oop.
    Ons doen ’n dringende beroep op ouers om u kinders aan te moedig om nie kledingstukke of enige goedere te laat rondlê nie. Hoewel ons leerders altyd aanmoedig om items wat rondlê by ontvangs te kom inhandig, kan die skool nie verantwoordelikheid aanvaar wanneer goedere verlore raak as leerders dit op plekke vergeet nie.

    Ek hoop dat u ’n heerlike Paasnaweek saam met u kinders en geliefdes sal geniet!

    Vriendelike JvR-groete
    Pieter Rademeyer
    Skoolhoof
    facebook instagram custom 
    Email Marketing Powered by MailPoet