|
|
|
|
|
|
HAIRSPRAY - DIE MUSIEKBLYSPEL
|
Na maande van baie harde werk en lang ure oefen, is ons Jan van Riebeeckers opgewonde om die naweek in die Baxter Teater in te trek sodat hul gereed is vir die openingsaand eerskomende Woensdag, 4 Mei. Die produksie is volgende week vanaf Woensdag tot Saterdag op die planke en begin saans om 19:00.
|
Ondersteun asseblief hierdie wonderlike kultuurinisiatief!
|
Ons is baie trots op al ons leerders, onderwysers en ouers wat by hierdie ongelooflike (en reuse!)projek betrokke is - mag volgende week ’n ware hoogtepunt vir elkeen van jul wees!
|
REüNIENAWEEK 2022: 6-8 MEI
|
Ons vier volgende week Hoërskool Jan van Riebeeck se 96 jaar van uitnemendheid en trots met ’n heerlike feesnaweek vir ons ouers, oudleerders en vriende van die skool.
|
Kliek gerus hier vir die volledige program. Ons sien daarna uit om u almal volgende naweek by die skool te verwelkom!
|
Let asseblief daarop dat die skooldag volgende Vrydag, 6 Mei, na afloop van ons Stigtersdagseremonie om 13:15 eindig. Die kultuurprogram skop direk na skool af en talle leerders is ook betrokke by die verrykingsprogram vanaf 15:00 tot 17:00.
|
Volgende Saterdag, 7 Mei, se sportdag teen Camps Bay High School, sal ook ’n karnavalformaat aanneem. Kom geniet hierdie lekker dag saam met ons! Nooi gerus u vriende om saam te kom kuier.
|
BESPREEK ’N LOSIE BY ONS KARNAVALNAWEEK
|
Losies sal langs die veld beskikbaar wees gedurende ons karnavaldag teen Camps Bay High volgende Saterdag.
|
Elke 4m by 4m-losie bestaan uit 'n gazebo met 6 stoele, waar u 'n eie atmosfeer kan skep en heerlik kan kuier.
|
’n Tou sal voor elke losie gespan word sodat u nooit verder as 5 meter van die aksie af is nie. Alle ander toeskouers moet van die pawiljoen gebruik maak.
|
Die losies sal aan die oorkant van die pawiljoen, reg langs die kuiertent begin en sal strek tot by die rugbypale aan die suidekant.( sien illustrasie)
|
Elke losie kos R300.00 en sal genommer wees, sodat u die beste sitplek vir u kuier kan kies. Dit sal ook na die heerlike kuier opgeruim word.
|
U is welkom om versnaperings in u losie te geniet, so ons vra dat u ook asseblief die kuiertent en kosstalletjies sal ondersteun.
|
Besprekings moet asb. op Quicket (Losies langs die veld JVR vs Camps Bay) gedoen word. Skakel gerus met mnr. Sampie Griessel vir enige navrae: sampie.griessel@janvanriebeeck.co.za.
|
Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan die meningpeiling omtrent die skooltye. Die meerderheid ouers/voogde het vir die opsie gestem om die skooldag vroeër te laat begin en vroeër te eindig.
|
Die volgende reëling tree dus eerskomende Dinsdag, 3 Mei 2022, in werking:
|
Die skooldag begin daagliks om 7:40 en eindig om 14:05. Sport/Kultuur begin om 14:30 en eindig om 15:45. Uitsonderings sal met die onderskeie spanne/groepe gekommunikeer word. Die intervensieklasse soggens (7:00-8:00) sal ook met die betrokke leerders bespreek word.
|
Leerders mag ook vanaf Dinsdag gedurende tweede pouse hul JvR-sportdrag aantrek om gereed te wees om stiptelik om 14:05 na die sportvelde te vertrek sodat ons nie later as 14:30 begin oefen nie. Baie dankie vir almal se samewerking in die verband.
|
Alle leerders moet vanaf eerskomende Dinsdag, 3 Mei, volledige wintersdrag dra.
|
Met ons nuwe kleredrag wat ingefaseer word, die volgende reëling vir die winter:
|
* Die nuwe roomkleurige romp word met vlootblou sykouse of die lang kniekous gedra.
|
Die vlootblou sykouse is by die JvR-skoolwinkel beskikbaar.
|
* Die vlootblou romp word ook nou met vlootblou sykouse (en nie meer swart sykouse nie) gedra. Hierdie vlootblou sykouse is by die JvR-skoolwinkel beskikbaar.
|
* Dogters mag ook die vlootblou langbroek met sykouse of die nuwe kniekous dra. Ons
|
sal u in kennis stel wanneer die roomkleurige langbroeke beskikbaar is.
|
* Seuns mag in die winter kort- of langbroeke dra (grys of roomkleurig) en die nuwe
|
vlootblou sokkies saam met die roomkleurige broek of grys sokkies saam met die
|
Skakel gerus met me. Sanette van Loggerenberg indien u enige verdere navrae het: sanette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za. Baie dankie vir u samewerking!
|
Poort is 'n platform wat geskep is deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns waar gr. 10 tot 12-leerders van oor die hele land hul poësie en prosa-bydraes kan instuur vir evaluering.
|
Hierdie jaar is ons besonder trots om te kan aankondig dat nie minder nie as vyf Jan van Riebeeckers se bydraes in die Poort uitgawe ingesluit word. Twee leerders se poësiestukke is onder die Top 10 uit alle bydraes in Suid-Afrika geplaas: Mari Swanepoel (6de) en Giulia Nel (7de). Ons is besonder trots dat ons die skool met die meeste gekeurde poësiebydraes in die land is.
|
Henri Malan en Marcelle van der Merwe se gedigte word ook geplaas, sowel as 'n prosawerk deur ons hoofdogter, Lené Vorster.
|
Me. Maritha Strydom neem die verantwoordelikheid om leerders se bydraes ten volle te redigeer voordat dit ingestuur kan word vir evaluering.
|
Baie geluk, Jan van Riebeeckers - ons bars van trots!
|
SARIE is op soek na ’n treffende gesig, ’n inspirerende storie en ’n hoërskoolmeisie in graad 10,11 of 12 wat op die voorblad van SARIE kan skitter. Ons Jan van Riebeeckers het in die verlede al baie goed gevaar in hierdie kompetisie - ons hou duimvas dat dit vanjaar weer so sal wees! Kliek gerus hier vir meer inligting.
|
SELFIES, SEKSKLETS & SLIMFONE... SKOOLPRAATJIES
|
Ons nooi ook baie graag al ons ouers/voogde uit na hierdie baie insiggewende sosiale media-praatjie. Bespreek gerus u sitplekke via Karri.
|
Leerders woon die praatjie gratis tydens skoolure by; wanneer u op Karri betaal, is dit vir die aand om 18:00 en slegs vir volwassenes. Kliek gerus hier vir al die inligting.
|
Daar is vandag uitnodigings aan alle graad 9- en 10-leerders gestuur wat kwalifiseer vir die IGCSE-Wiskundeprogram asook die A Level-program in die onderskeie vakke.
|
Dit is aan leerders gestuur wat 'n 75%+ gemiddeld ontvang het tydens kwartaal 1 vir die onderskeie vakke.
|
Inskrywings vir die program wat deur die skool aanbied word, sluit 16 Mei. Indien daar enige navrae is, kontak gerus vir me. Sonet Meyer by sonet.meyer@janvanriebeeck.co.za.
|
Alle ouers/voogde moet verseker dat die skool die nuutste inligting t.o.v. u kind se konsessies het. Alle dokumente moet asseblief teen 13 Mei aan me. Annelie Nimmo by annelie.nimmo@janvanriebeeck.co.za gestuur word.
|
Onderwêreld op die planke!
|
Ons graad 12’s word genooi om op Karri te betaal vir ‘n opvoering van hul roman, Onderwêreld.
|
Datum: Woensdag, 11 Mei 2022
|
Plek: Hoërskool Tygerberg in Belville
|
Tyd: 12:00 (Ons sal om 11:00 vanaf die skool vertrek)
|
Sluitingsdatum vir die betaling is Vrydag, 6 Mei 2022
|
Dit was vir ons matriekraad en VRL heerlik om vanoggend die leerderleiers van Paul Roos, Paarl Girls' High, Parel Valei, Durbanville en Dirkie Uys hier by ons skool te verwelkom vir ons heel eerste leierskapontbyt. Ons hoop om hierdie geleentheid nou jaarliks aan te bied.
|
Die leerders het in Welgemeend 'n heerlike ontbyt geniet terwyl ons gasspreker, die bekroonde joernalis, Ivor Price, die leiers uitgedaag het om hul plig en verantwoordelikheid ten opsigte van geslagsgelykheid en leierskap te besef - dit was voorwaar insiggewend!
|
Die leiers kon ook gedagtes uitruil oor inisiatiewe wat by hul onderskeie skole geslaagd is.
|
Sportprogram vs Camps Bay High, 7 Mei 2022
|
Kliek gerus hier om volgende Saterdag se sportprogram af te laai.
|
Ons sien uit na die ondersteuning van die hele skool langs die velde en bane!
|
- JvR se 0/15- en senior rugbyspanne het Saterdag, 23 April teen Curro Langebaan gespeel en gemengde sukses behaal. Die 0/15's klop Curro 36-10 en die eerstespan verloor 44-12.
- Ons gaan met drie spanne deelneem teen Camps Bay High, nl. 0/15, 0/17 en die eerstespan. Sterkte, Manne!
Uitskende uitslae teen Springfield High
|
Netbaloefening volgende week
|
Alle spanne oefen Donderdag, 5 Mei om 14:30 tot 15:45.
|
Die o/19’s oefen Dinsdag, Woensdag en Donderdag vanaf 14:30 tot 15:45.
|
Baie geluk en sterkte aan die volgende leerders wat deurdring na die tweede ronde van die Wes-Kaapse proewe wat volgende Dinsdag, 3 Mei plaasvind: Neena Lonte, Leila Lonte, Lameez Booysen en Stella Malan.
|
Die leerders moet asb. van eie vervoer gebruik maak. Sterkte; ons is trots op jul!
|
- Die o/16-seuns speel Vrydag, 6 Mei (weg) teen Elkanah House.
- Die dogters speel Saterdag, 7 Mei teen Camps Bay High op die St. Michael's- velde. Sien die sportprogram vir tye.
- Aangepaste hokkietye vir hierdie komende week: Woensdag en Donderdag (14:30 tot 15:45) by die St. Michael's-velde.
- Enige verskonings moet asseblief ten minste 24 uur vooraf aan mnr. Kastoor (wilbur.kastoor@janvanriebeeck.co.za) gekommunikeer word.
- Ligabepalings sal deurgegeee word sodra alle ligabepalings vasgestel is. Alle seuns en dogters moet op Saterdae vir ligawedstryde beskikbaar wees.
- Die eerste seunsspan speel gelykop teen Curro Century City.
- Die drie seunspanne speel Dinsdag, 3 Mei (weg) by Brackenfell teen Brackenfell, Edgemead en Bloubergrant.
- Die dogterspan speel voorlopig op Dinsdag, 3 Mei (weg) by Settlers. Finale reelings sal bevestig word.
- Taffeltennisoefeninge vind op Donderdae vanaf 14:30 tot 15:45 plaas.
- Tennisoefening is soos volg:
Dinsdae: spanoefening en Donderdae: individuele afrigting (14:30-15:45)
|
Ons JvR-tennisope die afgelope Woensdag kon nie op 'n meer perfekte sonnige Kaapse wintersdag plaasvind nie.
|
Entoesiastiese spanne het deelgeneem aan dié sosiale tennistoernooi en na 'n tydgebaseerde rondomtalie, waar almal teen mekaar kon speel, het ons graad 8-gemengde span, Fredrich Erasmus en Mia Symington, met die louere weggestap, gevolg deur pa-en-dogter-dubbelsspan, Meyer en Stella Lamprecht.
|
Die geesspan was vir seker ons onderwyserspan, Liza Serrao, Jan Henning en Elize Gouws.
|
Die vertoonwedstryd het gevolg waar die 0/18-nommer 1-tennisspeler van 2021, William Zulch en sy dubbelsvennoot, Erick vir Peet Karsten en Yurich Daniels, ons skool se nr. 1-tennisspeler en afrigterspan, met 6-3; 7-5 geklop het.
|
Dit was 'n perfekte dag van tennis onder die skouspelagtige berg wat vir seker haar beste baadjie aangetrek het vir dié vertonings.
|
- #JanBrander vind op Vrydag, 6 Mei, 13 Mei en 20 Mei vanaf 14:15 tot 17:00 plaas.
- Nicholas de Jongh en Cuthan Winter neem op 6 en 7 Mei in die geslote Wes-Kaapse skaakkompetisie op Mosselbaai deel - baie sterkte! Gerard Snijders en Jan Karsten is ook uitgenooi, maar hul verteenwoordig die skool teen Camps Bay High School.
- Die eerstespan het Rhodes High School oortuigend geklop in ons eerste ligawedstryd van die jaar. Almal in die span — Jan Karsten, Gerard Snijders (k), Nicholas de Jong, Cuthan Winter, DJ Smit en Daniël Grutter — het hul wedstryde gewen. Ons is trots, manne en hou jul skuiwe dop!
- Ons skaakspan speel Vrydag, 6 Mei ook teen Herzlia (weg).
Ons is baie trots op Johanette du Toit wat die afgelope week haar Top Rope Belay-lisensie verwerf het.
|
Alexander de Jong het sy Lead-lisensie verwerf - 'n baie trotse oomblik. Dinge gaan nou behoorlik opwindend (en uitdagend!) raak vir hierdie jongman. Wel gedaan!
|
Ons is nog sterk aan die onderhandel om ’n program aan te bied wat meer bekostigbaar en haalbaar sal wees vir almal. Daar is 'n paar opwindende voorstelle op die tafel - ons hou u op hoogte van sake.
|
Die swembad se temperatuur stadig maar seker besig om kouer te word, maar ons het steeds 'n klein groepie parate swemmers wat twee maal per week swem.
|
Indien u dalk 'n ou swem-wetsuit het wat u dalk nie meer gebruik nie, kan daar dalk 'n jongeling wees wat dit sal waardeer om ’n bietjie warmer te swem. Stuur dit gerus skool toe vir mnr. Jan Henning se aandag. Dankie vir u ondersteuning!
|
Let asb. op die volgende reëlings rondom stap (as sportaktiwiteit) op ’n Dinsdag:
|
* Registrasie vind eerste pouse op ’n Dinsdag in me. Steyn se klas (Lab. 213) plaas.
|
* Leerders verklee tweede pouse in korrekte JvR-sportdrag.
|
* Die bussie vertrek direk na skool vanaf die Huis Jordaan-koshuis (aan die agterkant van die gebou). Tasse kan ook in die bussie gelaai word.
|
Ons stap Dinsdag, 3 Mei die Tafelberg-brandpad/kontoerpad.
|
Stap 30 min. uit en 30 min. terug (+/- 4-5km)
|
Leerders sal om 16:00 terug wees by die skool. Onthou ’n waterbottel, sonskerm, ens.
|
Kom geniet die lekker geselskap, vars lug en natuurskoon!
|
- Drama-eisteddfoefening: Elke Woensdag: 14:45 - 15:45
- Orkesoefeninge: Geen orkesoefening volgende week nie, a.g.v. Hairspray-betrokkenheid
- Koor: Geen kooroefening volgende week nie, a.g.v. Hairspray-betrokkenheid.
Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Kuns
|
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 24 Junie. Meer inligting is beskikbaar by me. Vrey.
|
GMMDC National MathArt competition: Sluitingsdatum is 30 April. Werke word aanlyn ingestuur. Inligting op die webtuiste: www.mathart.co.za
|
|
Biennale Arte 2022. Enter Online is one of the world’s most celebrated art exhibitions, and is starting shortly in Venice, Italy. As part of our national activities around the Biennale, we are running a nationwide competition called mzansiart@Venice for young artists. Winning entries may be displayed at the South African national exhibition in Venice.
|
|
Mzanziart@Venice Young Artist Competition:
|
Hoërskool Jan van Riebeeck se omgee-vereniging, #JanOMGEE bied die eerste jaarlikse oumatee aan!
|
Kom geniet hierdie gratis bederfmiddag saam met die Jan van Riebeeckers met heerlike tee en koek en ons talentvolle kinders en 'n gasspreker sal ook vir vermaak sorg.
|
Stuur gerus 'n e-pos aan janet.lotriet@janvanriebeeck.co.za indien u die geleentheid wil bywoon of enige oumas wil nooi om saam te kuier. #JvRGeeOm #JvRTrots
|
Die eerste JvR-omgeeweek vind vanaf 9 tot 13 Mei plaas.
|
Leerders kan R30 betaal vir die hele week se verrigtinge en inisiatiewe en elke dag 'n vorm van sivvies aantrek. Die program lyk so:
|
Maandag, 9 Mei: alles behalwe 'n skooltas-dag
|
Dinsdag, 10 Mei: alles behalwe skoolskoene-dag
|
Woensdag, 11 Mei: gewone skooldrag
|
Donderdag, 12 Mei: dra 'n hoed wat jou persoonlikheid komplimenteer
|
Vrydag, 13 Mei: Geesdag (meer inligting volg)
|
Daar sal ook deur die loop van die week 'n insameling van wintersklere vir die Helpende Hand-skuiling wees. Leerders kan enige ou wintersklere/komberse in me. Lotriet se klas afgee. Ons maak staat op jul ondersteuning, Jan van Riebeeckers!
|
Die #JanLEES- en #JanSRYF-klubs is ongelooflik opgewonde oor hul beoogde kwartaaluitstappie.
|
Die klub het die inisiatief geneem en besluit dat hul graag by die Franschoek Literêre Fees wil gaan kers opsteek by groot geeste in die Suid-Afrikaanse bedryf, soos Deon Meyer en Marita van der Vyver. Die fees bied skryfwerksinkels, lesings oor illustrasie en boekgesprekke met bekendes aan.
|
Hierdie skryffees vind op Saterdag, 14 Mei plaas en alle Jan van Riebeeckers word uitnooi om teen Woensdag, 4 Mei te bevestig indien hul dié wonderlike geleentheid wil bywoon sodat pakette en kostes gefinaliseer kan word. Gesels gerus met me. Van der Walt om meer hieroor uit te vind. Moenie hierdie geleentheid misloop nie!
|
Ons leerders het gister die voorreg gehad om wysheid in te win by mnr. Daylin Gary Mitchell, Provinsiale Minister van Vervoer en Openbare Werke in die Wes-Kaap.
|
Mnr. Mitchell was destyds onderhoofseun van ons Laerskool Jan van Riebeeck en was tot aan die einde van sy graad agt-jaar in Hoërskool JvR. Hy is ook die jongste persoon wat in die Wes-Kaapse kabinet dien.
|
Die #Juniorleierskapklub het hierdie sessie behartig en ons sien uit na nog opwindende leierskapsgeleenthede in die toekoms!
|
Die @International Hotel School het besoek afgelê by die JvR-Gasvryheidstudiedepartement.
|
Sjef, Lee Thomson, het elke graad meer van die loopbaanmoontlikhede in die bedryf vertel. Die gr.12 en #JanKook-klub het 'n demonstrasie oor bordplassing gekry en baie geleer van tekstuur, vorm en hoogte. Hulle leer ook dat elke bord 'n storie moet vertel... ons sal baie graag in die toekoms sterker bande met IHS wil bou.
|
Die skoolwinkel is volgende week Dinsdag en Woensdag vanaf 14:00 tot 15:00 oop.
|
Daar is nog enkele leerders wat hul balkies moet kom afhaal.
|
Ek hoop dat almal ’n heerlike langnaweek sal geniet. Ons maak staat op almal se ondersteuning van die talle aktiwiteite volgende week.
|
|
|
|
|
|
|