Nuusbrief-header
6 Mei 2022
facebook instagram custom 
Geagte Ouers / Voogde

"Sjoe, Hairspray is asemrowend. Nog nooit hierdie kwaliteit in ’n hoërskoolproduksie gesien nie; dit is beslis next level."

"Blown away by the talent in the Hairspray show! What a treat of a show... enjoyed it thoroughly. WOW!"

"So beïndruk! Die hele produksie! Die stemme, die orkes die klere en verhoogsets... wow! So talentvol. Ek was mal daaroor. Baie geluk!"

"What a fabulous opening night! Some serious talent about to be discovered!"

"It was phenomenal... Well done, Jannies... I'm super proud of you all..."

"Julle was super... elkeen van julle! Wow wow wow Fantasmagoriese!!! Beyond Excellent!"

"Wow!!!! Well done! Puik produksie! Dit is ongelooflik wat julle op die planke gebring het! Soveel talent! Die set, die dans, die sing en acting... kan nie glo dis skoolkinders nie en dan nog van een skool! Alles was super professioneel en ’n mens kan sien hoe hard hulle gewerk het."

Hierdie is maar slegs enkele van die kommentare en gelukwensings wat ingestroom het nadat ons Jan van Riebeeckers die Baxter Teater sedert Woensdagaand aan die brand sing en dans in ons musiekblyspel, Hairspray!

Ons is baie trots op almal wat by hierdie ongelooflike kultuurprojek betrokke is!

’n Groot geluk en dankie aan ons regisseurs, mee. Regina Malan en Rushney Ferguson, ons direkteur van kultuur en musiek, mnr. Geruan Geldenhuys asook die hele produksiespan vir die puik werk wat hul verrig het om te verseker dat ons ’n trefferproduksie kon aanbied. Ons bars behoorlik van trots!

REüNIENAWEEK 2022: 6-8 MEI
Ons vier more Hoërskool Jan van Riebeeck se 96 jaar van uitnemendheid en trots met ’n heerlike feesnaweek vir ons ouers, oudleerders en vriende van die skool.
Kliek gerus hier vir die volledige program.

More se sportdag teen Camps Bay High School sal ’n karnavalformaat aanneem. Kom geniet hierdie lekker dag saam met ons! Nooi gerus u vriende om saam te kom kuier.
Ons oudleerders het ’n kuiertent wat na afloop van die eersterugbyspan wedstryd sal open. Let asseblief daarop dat geen alkohol op die sportgronde gebring mag word nie. Ondersteun gerus die oudleerders en kuier heerlik saam na afloop van die sportwedstryde! Baie dankie vir u ondersteuning en samewerking!

WINTERSDRAG
Met ons nuwe kleredrag wat ingefaseer word, die volgende reëling vir die winter:
* Die nuwe roomkleurige romp word met vlootblou sykouse of die lang kniekous gedra.
Die vlootblou sykouse is by die JvR-skoolwinkel beskikbaar.
* Die vlootblou romp word ook nou met vlootblou sykouse (en nie meer swart sykouse nie) gedra. Hierdie vlootblou sykouse is by die JvR-skoolwinkel beskikbaar.
* Dogters mag ook die vlootblou langbroek met sykouse of die nuwe kniekous dra. Ons
sal u in kennis stel wanneer die roomkleurige langbroeke beskikbaar is.
* Seuns mag in die winter kort- of langbroeke dra (grys of roomkleurig) en die nuwe
vlootblou sokkies saam met die roomkleurige broek of grys sokkies saam met die
grys broek.

Skakel gerus met me. Sanette van Loggerenberg indien u enige verdere navrae het: sanette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za. Baie dankie vir u samewerking!

SELFIES, SEKSKLETS & SLIMFONE... SKOOLPRAATJIES
Ons nooi ook baie graag al ons ouers/voogde uit na hierdie baie insiggewende sosiale media-praatjie eerskomende Dinsdagaand. Bespreek gerus u sitplekke via Karri.
Leerders woon die praatjie gratis tydens skoolure by; wanneer u op Karri betaal, is dit vir die aand om 18:00 en slegs vir volwassenes. Kliek gerus hier vir al die inligting.

AKADEMIE
Graad 8 – 12 eksamen
Kwartaal 2 se eksamen vir graad 8 tot 12 skop op Woensdag, 25 Mei af. Kliek gerus hier om die rooster af te laai. Let op dat daar tyeaanpassings was by graad 12- Besigheidstudies en graad 8 en 9 se English Home Language. Die verandering is in Bold aangedui.
Verdere reëlings rondom die eksamen sal nader aan die tyd aan u gekommunikeer word. Indien u nou reeds enige navrae het, kan u die akademiese hoof, me. Liza Serrao, by liza.serrao@janvanriebeeck.co.za kontak.

Cambridge-program
Daar is op 29 April uitnodigings gestuur aan alle graad 9- en graad 10-ouers van leerders wat kwalifiseer vir die IGCSE-Wiskundeprogram asook die A Level-program vir onderskeie vakke. Dit is aan leerders gestuur wat 75%+ ontvang het tydens kwartaal 1 vir die onderskeie vakke.

Inskrywings vir die program wat die skool aanbied sluit 16 Mei. Leerders wat privaat vir die program inskryf sal ongelukkig nie die eksamens hier by Hoërskool Jan van Riebeeck kan skryf nie. Indien daar enige navrae is, kontak gerus vir me. Sonet Meyer: sonet.meyer@janvanriebeeck.co.za.

UK-Wiskundekompetisie
Die UK wiskundeolimpiade vind volgende Woensdag,11 Mei, vanaf 16:00 hier by die skool plaas. Gesels gerus met mnr. Hans-Peter Klink vir meer inligting.

SAMF-Wiskundeolimpiade
Die tweede ronde van die SAMF-Wiskundeolimpiade vind eerskomende Donderdag, 12 Mei, vanaf 14:00 tot 16:00 in die skoolsaal plaas. Leerders benodig slegs 'n HB-potlood, ’n liniaal en uitveër. Sakrekenaars en meetkunde-instrumente word nie toegelaat nie. Kliek hier om die naamlys te sien van die leerders wat aan dié ronde deelneem.

GRAADSAKE
Graad 9-Spanboudag
Alle Graad 9-leerders moet solank 20 Mei in hul dagboek onderstreep vir ons spanboudag. Enige graad 9-ouers/voogde wat by die dag se reëlings betrokke wil wees, kan gerus me. Sonet Meyer by sonet.meyer@janvanriebeeck.co.za kontak.

SPORTSAKE
Sportprogram vs Camps Bay High, 7 Mei 2022
Kliek gerus hier om more se sportprogram af te laai.
Ons sien uit na die ondersteuning van die hele skool langs die velde en bane!

Rugby
JvR se 0/15,0/17 en senior rugbyspanne speel volgende Saterdag, 14 Mei (weg) teen Somerset College.

Netbal
Daar is volgende week geen netbalwedstyde nie, maar daar sal wel oefeninge vir almal wees.

Hokkie
Mnr. Kastoor is die nuwe hokkieorganiseerder vir die res van 2022.
Enige navrae rondom hokkie kan aan hom gestuur word by: wilbur.kastoor@janvanriebeeck.co.za.
Me. Meyer sal steeds met entoesiasme en passie teenwoordig wees by die hokkie-velde as die grootste ondersteuner van die spelers en ons hokkie-ouers.

Ons wens die volgende spanne alle sterkte toe met hulle wedstryde hierdie naweek:
  • Die o/16-seuns speel vandag teen Elkanah House (weg) om 17:00.
  • ​Beide ons dogterspanne speel hierdie naweek teen Camps Bay (tuis).
Almal word vriendelik uitgenooi om ons hokkiespanne hierdie naweek te ondersteun.

Wedstryde vir volgende week:
  • Die o/16-dogters speel Woensdag, 11 Mei, (weg) teen Hoërskool Eben Dönges.
  • Die o/19-seuns speel Woensdag, 11 Mei (tuis) teen Hoërskool Bellville Tegnies.
Alle spelers moet asb. seker maak dat hul Maandag stiptelik om 14:20 by die oefening aanmeld.
Enige verskonings moet asseblief ten minste 24 uur vooraf aan mnr. Kastoor: wilbur.kastoor@janvanriebeeck.co.za gekommunikeer word.

Tafeltennis
  • Die eerste seunspan klop Brackenfell, en die 2de en 3de-spanne verloor teen Bloubergrant en Edgmead onderskeidelik.
  • Die dogterspan verloor teen Settlers.
  • Die seuns- en dogterpanne speel Dinsdag, 10 Mei teen Vishoek.
  • Taffeltennisoefeninge vind op Donderdae plaas.
Tennis
  • Tennis oefening is soos volg: Dinsdae - spanoefening en Donderdae - individuele afrigting.
  • Peet Karsten is tans in Windhoek waar hy aan sy eerste International Tennis Federation-toernooi deelneem. Baie sterkte, Peet!
Branderplank
  • Jan Brander vind op Vrydae vanaf 14:45 tot 17:00 plaas. Ons het nog twee sessies hierdie kwartaal:13 Mei en 20 Mei.
Skaak
  • Ons skaakspan speel vandag teen Herzlia en more teen Camps Bay High.
  • Jan Karsten en Cuten Winter neem die naweek aan die WP-proewe deel. Sterkte, manne!
Landloop
  • Ons bied Dinsdag, 10 Mei ‘n ligabyeenkoms hier by JvR aan. Die wedloop begin om 15:45 en toeskouers is baie welkom. Ons verwag baie atlete, so ouers/voogde word versoek om nie op die sportgronde te parkeer nie. Kontak gerus vir mnr. Hans-Peter Klink indien u meer inligting verlang: hans-peter.klink@janvanriebeeck.co.za
Seil
Ons is steeds aan die woeker om te verseker dat hierdie nuwe JvR-bootjie sal seil. Ons het twee goeie voorstelle van die rigting wat ons wil inslaan hiermee. Ouers/Voogde kan gerus vir mnr. Jan Henning ’n e-pos stuur en hy sal die twee voorstelle aan u stuur vir oorweging. Sy e-posadres is jan.henning@janvanriebeeck.co.za.

KULTUUR
Oefentye: Kultuur
  • Orkesoefeninge: Maandag en Donderdag om 7:10
  • Koor: Maandag 16:00 tot 17:30 en Woensdag om 7:10
  • Drama-eisteddfoefening: Elke Woensdag: 14:15 - 15:15 Die eisteddfod vind op 28 Mei om 9:00 by die skool plaas.
Musiekaand
Ons jaarlikse JvR-Musiekaand vind op Dinsdag, 17 Mei om 19:00 plaas. Kom geniet 'n aand van puik musiektalent deur ons vakmusiek- en Welgemeend Skool vir Musiek-leerders.
Kaartjies sal van Maandag, 9 Mei op Quicket beskikbaar wees. Kaartjies beloop R30 per persoon.

Debat
Die junior en senior debatspanne neem volgende Woensdag, 11 Mei aan die Paul Roos Gimnasium-debatliga deel. Baie sterkte!

ATKV-DigiKunskompetisie
Inskrywings het geopen en sluit Vrydag, 3 Junie. Meer inligting is by me. Vrey beskikbaar.

Rotary Debating
Ons Rotary Debating-span neem Dinsdag, 10 Mei, om 16:30 by St. Cyprians deel. Sterkte!

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Kuns
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 24 Junie. Meer inligting is beskikbaar by me. Vrey.

VERRYKINGPROGRAM
Omgeeweek 2022
Die eerste JvR-omgeeweek vind volgende week plaas.
Leerders kan R30 betaal vir die hele week se verrigtinge en inisiatiewe en elke dag 'n vorm van sivvies aantrek. Die program lyk so:

Maandag, 9 Mei: alles behalwe 'n skooltas-dag
Dinsdag, 10 Mei: alles behalwe skoolskoene-dag
Woensdag, 11 Mei: gewone skooldrag
Donderdag, 12 Mei: dra 'n hoed wat jou persoonlikheid komplimenteer
Vrydag, 13 Mei: Geesdag (meer inligting volg)

Daar sal ook deur die loop van die week 'n insameling van wintersklere vir die Helpende Hand-skuiling wees. Leerders kan enige ou wintersklere/komberse in me. Lotriet se klas afgee. Ons maak staat op jul ondersteuning, Jan van Riebeeckers!

#JanOMGEE
Hoërskool Jan van Riebeeck se omgee-vereniging, #JanOMGEE bied volgende Vrydag die eerste jaarlikse oumatee aan!
Kom geniet hierdie gratis bederfmiddag saam met die Jan van Riebeeckers met heerlike tee en koek en ons talentvolle kinders en 'n gasspreker sal ook vir vermaak sorg.

Stuur gerus 'n e-pos aan janet.lotriet@janvanriebeeck.co.za indien u die geleentheid wil bywoon of enige oumas wil nooi om saam te kuier. #JvRGeeOm #JvRTrots

Ons benodig ook nog ’n paar gasvroue vir die tafels. Indien u bereid sal wees om te help, kontak gerus me. Janet Lotriet by janet.lotriet@janvanriebeeck.co.za.

akwaJANika
Alle leerders word genooi om eerskomende Dinsdagoggend, 10 Mei, vanaf 7:00 by die kweekhuis bymekaar te kom vir ’n baie interessante sessie met dr. Dina de Bruyn.
Die hele skool word ook gevra om leë 5-literbottels te skenk om hangmandjies van te maak vir die akwaponikaplaas.

IoT
’n Opwindende inleidende kursus oor the Internet of Things word in die laaste week van die tweede kwartaal hier by die skool aangebied. Enige leerder wat in ingenieurswese of programmering belangstel, word sterk aangemoedig om die kursus by te woon.

Die koste van die kursus (6 sessies teen 2 uur elk) beloop R1500 per persoon met 'n addisionele ongeveer R700 vir toerusting (wat in opvolgkursusse gebruik kan word).

Plekke is beperk. Kontak mnr. Cronje by werner.cronje@janvanriebeeck.co.za vir meer besonderhede. Moenie hierdie wonderlike verrykingsgeleentheid misloop nie!

SKOOLWINKEL
Die skoolwinkel is volgende week Maandag en Woensdag vanaf 13:30 tot 14:30 oop.

Baie dankie by voorbaat vir die ondersteuning van ons karnavalnaweek!

Vriendelike JvR-groete
Pieter Rademeyer
Skoolhoof
facebook instagram custom 
Email Marketing Powered by MailPoet