|
|
|
|
|
|
Giulia Nel in graad 11 is ’n baie talentvolle digter met ook ’n paar werke wat in vanjaar se uitgawe van Poort gepubliseer word. Lees gerus vier van haar gedigte hieronder.
|
Sy is saam met Mari Swanepoel uitgenooi om gedurende die Junie-skoolvakansie ’n skryfskool by te woon waar die toppresteerders hul skryfvaardighede nog verder kan slyp. Ons is baie trots op jou, Giulia!
|
my tong wil nie kan nie wil nie
|
ek hoor jou onderwaterstem wat
|
van agter die oorverdowende wit klank
|
vir die woorde wat ek skryf -
|
waarsonder ek sou wou gaan.
|
word gevoelens en gedagtes…
|
Dit word alles wat my wese behels.
|
Ek skryf ’n storie by kerslig
|
Woorde val uit die pen op verwelkte papier.
|
Daar’s reën wat buite val
|
en donderweer wat jou sou laat roer.
|
Jy was bang vir harde geluide
|
Ek kan jou hart hoor klop
|
Van die anderkant van die kamer
|
Die doef van die mure soos jy asem haal
|
Naby maar nie naby genoeg nie
|
Al wat oorbly is die koue rillings
|
Wat Ek nie geskuif het nie
|
By kerslig in die middel van die nag
|
Die kerslig wat nou jou tuiste is
|
sou ek skryf tot die punt van versmoring
|
tot in senuwee-ineenstortings in tot
|
by manuskripte wat soos tentakels
|
Ek nooi baie graag al ons ouers/voogde en vriende van ons skool uit na ons Vrydagfeestafel op Welgemeend se stoep! Hierdie heerlike middagete vind volgende Vrydag, 27 Mei om 13:00 plaas.
|
Kom smul saam aan Ouma se kos en lekker koffie/tee en iets soets teen R200 per persoon. U is welkom om u eie wyn saam te bring. Kliek gerus hier om na die spyskaart te kyk.
|
Bespreek u sitplek(ke) teen Woensdag, 25 Mei op Quicket: https://qkt.io/gufmqY Sitplekke is beperk tot 50.
|
Nooi ook gerus u vriende en kom geniet die middagete hier op ons pragtige kampus.
|
Ons is baie dankbaar dat me. Marelise Snijders die afgelope klompie jare as voorsitter van ons OOV opgetree het. Hoewel Marelise steeds baie aktief betrokke gaan bly by ons OOV en skool, voel sy dit het tyd geword om aan iemand anders die geleentheid te bied vir voorstap.
|
Indien u moontlik sou belangstel in die geleentheid om nog meer by ons OOV betrokke te raak of wil uitvind wat so ’n voorsitterposisie sou behels, maak gerus kontak met my by skoolhoof@janvanriebeeck.co.za om verder hieroor te gesels.
|
Ons jaarlikse glans aanlyn veiling vind vanjaar op 25 en 26 Augustus plaas.
|
Ons nader graag weer ons gemeenskap om uit te vind of u bereid is om spesiale items, kuns, ervarings of etes vir hierdie geleentheid te skenk.
|
Die veiling is ons grootste fondsinsamelingsprojek van die jaar en die fondse word aangewend om leerders te ondersteun en geleentehede te gun wat andersins nie moontlik sal wees nie. Ons waardeer die volgehoue ondersteuning.
|
Enige navrae in die verband kan aan Karien Zulch gerig word by
|
MARISA SMIT SE FONDSINSAMELINGSKONSERT BY WELGEMEEND
|
Marisa Smit, wat in 2007 by Jan van Riebeeck gematrikuleer het met ’n onderskeiding in Ballet as vak, en daarna gekies is om by die bekende Joffrey Ballet in New York te dans, is mej. Dowe Suid-Afrika en sy bied volgende Sondag ’n fondsinsamelingskonsert hier by Welgemeend aan. Dit is haar finale welwillendheidskonsert ten behoewe van Atlantic Hope, Kaapstad Kinderhuis, Huis van Heerde op Moorreesburg en behoeftige dowe skole.
|
Die konsert word ook verfilm om vertoon te word by die mej Wereld-kompetisie in Praag later vanjaar waar Marisa meeding om die kroon.
|
Kliek ook hier vir meer inligting oor die fondsinsamelingskonsert en kontak gerus vir Annemarie Smit vir besprekings: annemarie.home@gmail.com.
|
Ons beplan om vanjaar nog twee uitgawes van die Onze Jan-skoolkoerant te publiseer.
|
Ons redaksie is hard aan die werk onder die bekwame leiding van ons redakteur, Mila Fourie in graad 12. Hulle gaan verseker dat hierdie uitgawes aktueel en vars bly en belangrike en positiewe insae het tot ons huidige omgewing.
|
Ons benodig egter adverteerders om publikasiekoste vir die Onze Jan te dek en het die volgende advertensiegeleenthede om te bied:
|
Formaat: A4 gedruk in kleur
|
Verspreiding: 450 kopieë, waarvan die oudste en enigste van ons 420 leerders ʼn kopie sal ontvang. Die verdere verspreiding sluit in besighede rondom die skoolgebou asook omliggende- en voederlaerskole. Die uitgawes sal ook digitaal beskikbaar wees.
|
Advertensiekoste per uitgawe:
|
- Voor binneblad, volblad, kleur: R 5000
- Agter binneblad, volblad, kleur: R 4000
- Agterblad: R 7000
- Volblad, kleur: R 2000
- Halfblad, kleur: R 1000
- Kwartblad, kleur: R 500
- Bladsyborg (besigheidsnaam/klasgroep onder aan die bladsy): R 250 per bladsy Die uitgawe word net voor die vakansie gepubliseer en versprei.
Kontak gerus vir Karien Zulch by karien.zulch@janvanriebeeck.co.za so spoedig moontlik indien u belangstel om te adverteer in die opwindende Onze Jan-skoolkoerant. Advertensies vir die tweede kwartaal moet ons teen 3 Junie 2022 bereik.
|
By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning!
|
SA-SENDINGMUSEUMKOMPETISIE VIR ENGELS EAT-SPREKERS
|
Ons is uitgenooi om aan die SA-Sendingmuseum se kompetisie vir Engels Addisionele Taalsprekers, ter ere van Nasionale Museumdag (18 Mei), deel te neem.
|
Jamie Nel, Giulia Nel, en Nina Crouse in graad 11 sal die skool more by die eerste ronde van hierdie spoggeleentheid verteenwoordig. Sterkte!
|
'n Opwindende inleidende kursus oor the Internet van Dinge word aangebied by Hoërskool Jan van Riebeeck in die laaste week van die tweede kwartaal.
|
Indien u kind enigsins in programmering of ingenieurswese belangstel, is hierdie ‘n wonderlike geleentheid om te sien of sy/hy daarvan gaan hou of nie; asook om belangrike vaardighede in die algemeen te ontwikkel.
|
Die WKOD beoog om aan die einde van die eksamen oueropleiding by ons skool aan te bied. Die onderwerp van die praatjie is: Die impak van gesinsgeweld op kinders en tieners en die hantering van trauma. Dit word deur kenners op hierdie terrein aangebied en is 'n gulde geleentheid vir ouers en voogde om hulself met hierdie kennis toe te rus en uit te vind hoe om sulke situasies op die korrekte wyse te hanteer en aan kinders of tieners die nodige ondersteuning te gee.
|
Datum: Saterdag, 18 Junie 2022
|
Plek: Jan van Riebeeck-skoolsaal
|
Vul asseblief die onderstaande vorm in as u sou belangstel om die praatjie by te woon:
|
Vier Jan van Riebeeckers maak ons baie trots in Sarie se Nuwe Gesig-kompetisie! Ons hou hul deelname met groot belangstelling dop! Deel gerus hul inskrywings op sosiale media en ondersteun so wyd as moontlik!
|
Kwartaal 2 se eksamen vir graad 8 tot 12 skop eerskomende Woensdag, 25 Mei af. Kliek gerus hier om die rooster af te laai. Neem asseblief kennis dat die skryftye vir graad 8 en 9 English HL, graad 11-LO en graad 12-Besigheidstudies verander het. Die graad 8 English FAL-leerders skryf nou ook slegs een vraestel wat op 7 Junie geskryf word.
|
Die skool begin om 07:40 met 'n registerperiode en daarna sal leerders na hulle spesifieke skryflokale gaan. Die skool kom daagliks om 12:10 uit en busse vertrek om 12:25.
|
Bestudeer asb. ook ons eksamenreëls hier en herinner u kind om dit te gehoorsaam. Dit sal ook weer Maandag tydens ons saalbyeenkoms met die leerders bespreek word.
|
Neem asseblief kennis dat ons sportbepalings op Saterdae in die eksamen voortgaan. Ons sal ook verpligte sportoefeninge vir alle spansporte op die volgende dae in die eksamen hê:
|
Donderdag, 26 Mei – 12:30 tot 13:45
|
Dinsdag, 31 Mei – 12:30 tot 13:45
|
Donderdag, 9 Junie – 12:30 tot 13:45
|
Maandag, 13 Junie – 12:30 tot 13:45
|
Die tweede bus sal op hierdie dae om 14:00 vertrek.
|
Kooroefeninge gedurende die eksamen:
|
Maandag, 30 Mei – 12:30 tot 13:45
|
Maandag, 6 Junie – 12:30 tot 13:45
|
Woensdag, 22 Junie – 8:00 tot 11:00
|
Ouers word daaraan herinner dat hul die akademiese hoof, me. Serrao, dadelik moet kontak by liza.serrao@janvanriebeeck.co.za indien u kind die dag nie ’n eksamen kan aflê nie. Ouers moet so gou as moontlik ‘n mediese sertifikaat by me. Eygelaar indien. Enige ander navrae rondom die eksamen kan ook aan me. Serrao gerig word.
|
Leerders bly op die dae wat hul nie eksamen skryf nie, tuis om te studeer.
|
Inskrywings het reeds gesluit, maar die laaste inskrywings sal nog eerskomende Maandag aanvaar word. Indien leerders enige onsekerhede rondom die program het, moet hul me. Meyer by sonet.meyer@janvanriebeeck.co.za kontak. Die program sal reeds tydens die eksamen afskop.
|
Junior Afrikaansolimpiade
|
Alle graad 8- en 9-leerders word uitgenooi om dié olimpiade te skryf. Die sluitingsdatum is eerskomende Maandag, 23 Mei 2022. Betaling kan op Karri gemaak word.
|
Leerders word uitgenooi om vir die volgende beurse van die Universiteit van die Vrystaat aansoek te doen:
|
Geen sportoefeninge eerskomende Dinsdag, 24 Mei
|
Daar sal geen sportoefeninge eerskomende Dinsdag wees nie aangesien die hele personeel by ’n personeelontwikkelingsessie betrokke is.
|
Kliek gerus hier om die sportprogram vir 20 tot 24 Mei af te laai en hier om die program vir 28 Mei af te laai.
|
- JvR se 0/15,0/17 en senior rugbyspanne speel mộre, 21 Mei (weg) teen Tygerberg RFC.
- Wedstrydtye vir Satetrdag, 21 Mei:
- Florida park https://maps.app.goo.gl/9L8BMnqwnQyq2pEJ9
Busse vertrek moreoggend om 7:15 vanaf die skool en sal terug arriveer teen 13:00.
|
- Uitslae vs. Somerset College: 0/15 wen 31-0, 0/17 verloor 19-15, Eerstespan verloor 21-19
- JvR se uitslae vs. Wynberg Girls:
- Die beplande netbalwedstryde teen St Cypians is uitgestel na 25 Julie.
- Lameez Booysen word ingesluit in die WP se Cape Town Schools' Netball Team en Leila Lonte word gekies vir die Wes-Kaap netbalspan. Baie geluk, Jan van Riebeeckers!
Ons wens die volgende spanne alle sterkte toe met hul wedstryde hierdie naweek:
|
- Die o/16- en o/19-seuns speel teen Vishoek (weg).
- Die o/16- en o/19-dogters speel teen Monument Park (tuis).
- Almal word vriendelik uitgenooi om ons seuns en dogters te kom ondersteun.
- Ons wens ook die o/16-dogterspan baie geluk met hulle oortuigende wen van 2-0 teen Hoërskool Eben Dönges.
- Uitslae vs Wynberg: 0/16-seuns verloor 3-0, 0/19-seuns verloor 3-1
- Die seunsspan verloor teen JG Meiring.
- Die seuns- en dogterspanne speel op 24 Mei teen Vishoek, Brackenfell en Pinelands. Sterkte!
- Tennisoefeninge begin eers weer in die derde kwartaal.
- Die laaste JanBrander-uitstappie vir die kwartaal vind vandag vanaf 14:45 tot 17:00 plaas. Geniet dit!
- Ons skaakspan speel vandag (tuis) teen Bonteheuwel.
- Sterkte aan die JvR-landlopers wat vandag aan nog ’n ligabyeenkoms by SACS deelneem.
- Leoné Miljo (gr. 8) het die afgelope naweek die 4de plek by die Suid-Afrikaanse skopbokskampioenskappe behaal. Sy het ook 'n borgskap losgeslaan en sal voortaan vir haar deelname in die sport geborg word. Baie geluk, Leoné!
Daar sal geen koor-of orkesoefeninge volgende week wees nie.
|
Baie sterkte aan ons skoolkoor wat eerskomende Sondag, 22 Mei, by die Choral Network Foundation-geleentheid in die Kaapse stadsaal optree. Ons sien uit daarna!
|
Koorlede moet asb 12:15 voor die stadsaal bymekaarkom. Hul het dan 'n klanktoets en daarna 'n werkswinkel saam met al die ander kore.
|
Na afloop van die werkswinkel verdaag hul na 'n lokaal waar hul sal wag vir die optrede om 15:30. Die leerdres sal 16:00 klaar wees en is welkom om dan te verdaag.
|
Bring asseblief iets saam om te eet en te drink.
|
Die koshuisleerders vertrek om 12:00 met ’n bus vanaf die koshuis.
|
Inskrywings het geopen en sluit Vrydag, 3 Junie. Meer inligting is by me. Vrey beskikbaar.
|
Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Kuns
|
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 24 Junie. Meer inligting is beskikbaar by me. Vrey.
|
Nasionale Toneelkompetisie 2022
|
Caylee Ray en Darren Cloete het gister aan die semi-finale ronde van die Nasionale Toneelspelkompetisie by die Artscape Teater deelgeneem. Ons hou duimvas vir mooi uitslae - en is baie trots op jul!
|
Baie geluk aan Mienke Herbst wat deurgedring het na die nasionale halfuitronde van dié kompetisie. Mienke het Dinsdag teen die beste sprekers in die Wes-Kaap meegeding. Ons is trots op jou, Mienke!
|
Ons is baie trots op Seth Louw wat aangewys is as een van die Top 26-deelnemers in die nuwe seisoen van Die Kontrak! Mentor, Refentse, het Seth as een van sy 6-finaliste gekies. Ons hou jou vordering met groot belangstelling dop, Seth! Wel gedaan!
|
Ons eerste Omgeeweek verlede week is afgesluit met ons eerste Oumatee hier in ons skoolsaal. Dit was omtrent 'n spesiale kuiermiddag vir oumas, ma's en dogters en ons gasspreker, die bekende vermaaklikheidpersoonlikheid, Lindie Strydom, het verdere glans aan die geleentheid verleen. Haar natuurlike praataanslag en persoonlikheid spreek van opregtheid en omgee.
|
Ons Jan van Riebeeckers het ook die oumas vermaak. Dankie aan al ons leerders en ouers was gasvrou gespeel het en gesorg het vir die mooi tafelversierings en heerlike eetgoed.
|
Die skoolwinkel is volgende week Maandag vanaf 13:30 tot 14:30 en Woensdag vanaf 12:00 tot 13:00 oop.
|
Ek vertrou dat daar heelwat studietyd die naweek gaan wees. Sterkte aan almal met jul voorbereiding vir die eksamen wat Woensdag afskop - ook vir die ondersteuningspan by die huis...
|
|
|
|
|
|
|