Nuusbrief-header
21 Februarie 2020

Belangrike Datums



>> Besoek die volledige kalender op die webtuiste <<
Edit this

Belangrike Sake

  • Die UK se Wiskunde Olimpiade vind op 22 April plaas. U moet asseblief egter reeds die toestemmingsvorm invul en terugstuur. Sien die reëlings en vorm by hierdie skakel.
  • Ons Opedag vind eerskomende Dinsdag plaas. Baie van ons leerders is by die dag betrokke en hulle sal van sportoefeninge verskoon word. Leerders wat nie aan die Opedagprogram deelneem nie, sal steeds met die gewone sportoefeninge en -wedstryde voortgaan.
  • Maandag se laatbus sal weer om 17:00 vetrek, om koorlede kans te gee om goed voor te berei vir Dinsdag se optrede by Opedag.
  • Koshuisleerders moet asseblief nie op Sondagaande Uber Eats of ander wegneemetes bestel nie, maar kospakkies van die huis af bring. Baie van die leerders is onseker hoe dié slimfoontoepassing werk en dit het finansiële implikasies vir die koshuispersoneel.
  • LW Die koshuis se uitnaweek is van 6-8 Maart. Tref asseblief betyds alle reëlings.
  • As gevolg van die Opedag vind graad 9 Wiskunde-intervensie nie op Dinsdag 25 Februarie plaas nie.

Sport

  • Die Interskole 7's vind môre plaas. Registrasie vir die spanne begin om 07:30 en die eerste wedstryde skop om 8:00 af. Finale bepalings van die wedstryde sal eers môre gefinaliseer kan word, want die hoeveelheid spanne wat deelneem is nog nie vasgestel nie. Hierdie bepalings is die maatstaf waarvolgens ons sal werk. Almal is baie welkom om die dag saam met ons te kom geniet, dit beloof om heerlik te wees! Dankie aan die OOV wat weer sorg vir verversings.
  • Die beplande hokkiekliniek van Saterdag vind nié die naweek plaas nie. Let wel op die volgende inligting: Proewe vind op 27 Februarie van 14:20-15:40 plaas en die eerste oefeninge is op 3 en 5 Maart van 14:20-15:40.
  • Daar vind op 29 Februarie van 07:30-12:00 'n netbalkliniek by die skool plaas. Die koste beloop R50 per leerder en verversings sal verskaf word. U kan op Karri die betaling maak. Navrae kan aan me Lin Olivier gerig word.
  • Leerders wat aan die WP-atletiekkampioenskappe deelneem, sal voor die einde van die dag 'n brief met inligting by mnr Jan Henning ontvang.
  • Sportaktiwiteite word op die webwerf se kalender aangedui en kan daar gevind word.

Kultuur

  • Daar is Maandag van 14:30-17:00 weer 'n verlengde kooroefening. Dit is baie belangrik dat die leerders die oefening bywoon, want dit is ter voorbereiding van die Opedagoptrede.
  • Kultuuraktiwiteite word op die webwerf se kalender aangedui en kan daar gevind word.

Vakature: Skoolhoof

Ons skoolhoof, mnr André Franken, tree einde Maart uit die onderwys. Deel gerus die advertensie met enige belangstellendes en potensiële kandidate.

Lees verder

Radio-onderhoud met mnr Geruan Geldenhuys

Mnr Geruan Geldenhuys is 'n wonderlike ambassadeur vir ons skool. Luister gerus by die onderstaande skakel na 'n onderhoud wat hy op Perron FM gevoer het.

https://www.youtube.com/watch?v=jUcOaSmZU9o

Lees verder

Leierskapskemerkelkie

Die leierskapskemerkelkie van 2020 was ‘n heerlike geleentheid vir die skool se leiers om bymekaar te kom, mekaar beter te leer ken en saam te droom. Die Matriekraad se leuse, LEGO, is uit die oogpunt van die verteenwoordigers van elke graad bespreek. Dit was ‘n wonderlike aand met lekker peuselhappies. Dankie aan die organiseerders!

Lees verder
facebook instagram custom 
MailPoet