Nuusbrief-header
28 Februarie 2020

Belangrike Datums



>> Besoek die volledige kalender op die webtuiste <<

Belangrike Datums

  • Ons neem op Donderdag 19 Maart om 08:00 afskeid van ons skoolhoof, mnr André Franken. U is almal welkom om die spesiale saalbyeenkoms by te woon en na die tyd 'n koppie tee saam met ons te geniet. Ons wil ook baie graag vir mnr Franken bederf met 'n baie spesiale geskenk om sy tyd by JvR te onthou en ons hoop u sal 'n finansiële bydrae kan lewer! Gaan kyk gerus op Karri en maak daar 'n inbetaling.
  • Daar vind eerskomende Maandagaand om 18:00 'n OOV-vergadering in die personeelkamer plaas. Mev Huibrecht Steyn is die skakelpersoon en enige navrae kan aan haar gerig word by huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za
  • Daar sal Maandag 'n laatbus wees wat om 17:00 vertrek om die koor die geleentheid te gee om langer te oefen.
  • Die UK se Wiskunde Olimpiade vind op 22 April plaas. U moet asseblief egter reeds die toestemmingsvorm invul en terugstuur. Sien die reëlings en vorm by hierdie skakel.
  • Die Alpha-kursus is in volle swang. Sien hier vir meer inligting!
  • Die sport- en kultuurinligting is op die webwerf se kalender ingevul. Loer gerus daar om seker te maak u is op hoogte van die week se gebeure.

Koshuis

  • LW Die koshuis se uitnaweek is van 6-8 Maart. Tref asseblief betyds alle reëlings. Indien daar enige koshuisleerders is wat daardie naweek aan die Wes-Kaap Kampioenskappe moet deelneem, sal die koshuis hulle graag akkommodeer.
  • In lig van gebeure wêreldwyd wil ons graag ouers vra om koshuisleerders met virale infeksies eerder tuis te laat bly totdat hulle gesond is. Ander leerders steek aan en dit affekteer die hele skool. Dankie vir u begrip en samewerking in die verband.

JvR - Waar almal net hulleself kan wees!

Kyk gerus na ons splinternuwe bemarkingsvideo wat ons tydens Opedag aan die graad 7's gewys het!

https://www.youtube.com/watch?v=LQuow3l9w6U

Lees verder

Atlete neem deel aan WP-kampioenskappe

Baie sterkte aan al die atlete wat op Vrydag 28 Februarie aan die WP-Kampioenskappe deelneem. Ons hou duimvas vir goeie resultate!

Lees verder

Daniël behaal silwer in Tweekamp

Die WP-kampioenskappe in Tweekamp is op 27 Februarie in Parow gehou en ons leerders het goed presteer. Mienke Herbst (o.15) het met 2094 punte 'n vierde plek in haar ouderdomsgroep behaal, Dylan Keyser (o.19) behaal 1841 punte en Daniël Wiese (o.19, foto regs), palm die silwer medalje in met 'n skitterende 2191 punte. Baie geluk!

Lees verder
facebook instagram custom 
MailPoet