|
|
|
|
|
|
|
Baie dankie aan almal in ons skoolgemeenskap wat verlede week ons aanlyn fondsinsamelingpoging ondersteun het.
|
Ons is baie dankbaar en trots op die skitterende bedrag wat ingesamel is - dit stel ons in staat om soveel meer te kan doen vir ons leerders en op ons kampus.
|
U ondersteuning word werklik hoog op prys gestel!
|
Baie sterkte aan ons matrieks wat Maandag met hul belangrike rekordeksamen begin. Harde werk word altyd beloon, Jan van Riebeeckers! Na ’n besige matriekjaar is dit nou tyd om gefokus te werk sodat jy jou beste moontlike resultate kan behaal. Vasbyt - ook aan die ondersteuningspan tuis!
|
Dis ook vir my aangenaam om me. Marina Pienaar terug te verwelkom by Jan van Riebeeck. Me. Pienaar is vanaf gister op haar pos by ontvangs en sy is ook my en me. Steyn se regterhand nadat me. Lindia Fritz ons aan die einde van Augustus verlaat het. Me. Fritz het ’n nuwe geleentheid in die korporatiewe sektor aanvaar.
|
Ons is dankbaar dat me. Pienaar ingestem het om in te staan totdat ons ’n nuwe aanstelling in dié pos gefinaliseer het.
|
***************************************************************************************************
|
JvR-COLOUR RUN: SATERDAG, 10 SEPTEMBER
|
Ons bied volgende Saterdagoggend ’n heerlike pretdrag vir oud en jonk aan as deel van ons poging om ons skoolgebou te verf!
|
Die Colour Run sluit dus aan by ons gedagte om die gebou WIT te verf en daarom moet almal wat deelneem asseblief iets wit dra - al is dit jou tekkies!
|
Ons spring om 8:15 by die hoofingang in Kloof-/Hofmeyrstraat weg en registrasie is vanaf 7:30 tot 8:10.
|
Heerlike ontbytbroodjies en goeie koffie sal te koop wees en die roete om en deur die kampus behoort 30 tot 45 minute te neem om te voltooi. Almal is ook welkom om te stap.
|
Ons benodig in totaal 850 liter wit verf (Dulux PVA) om die hele gebou te verf. Enige donasie - hoe klein of groot ookal - sal as inskrywingsfooi dien vir dié pretdraf volgende Saterdagoggend.
|
Die volgende betaalopsies sal op Karri gelaai word: eie bedrag; 1 liter verf: R260; 5 liter verf: R750; 20 liter verf: R2350. Enige donasie sal u hele gesin (ook die wat nie tans in ons skool is nie - byvoorbeeld ’n jonger of ouer broer of suster) in staat stel om deel te neem.
|
Nooi asseblief ook vriende en familie om saam te kom hardloop/stap en hul kan by registrasie ’n kontantdonasie maak of van ons kaartfasiliteit gebruik maak vir betalings.
|
By voorbaat dankie vir almal se ondersteuning van hierdie inisiatief. Ons studentepleinprojek is binnekort afgehandel en ons sal dan so gou moontlik ons skoolverfprojek ook wil afskop.
|
ELEVATE EDUCATION-STUDIEHULP
|
Ons wil graag hande vat met Elevate Education om aan Jan van Riebeeckers verdere ondersteuning te bied rondom studiemetodes asook wenke oor hoe om eksamens suksesvol aan te pak.
|
Drie van ons personeellede het onlangs ’n aanbieding oor Elevate Education se werksaamhede bygewoon en kan getuig van die goeie gehalte van hul ondersteuning en materiaal. Hul het ook reeds met groot sukses by talle ander skole hul dienste verskaf.
|
Ons wil graag eers ’n behoeftebepaling doen en vra u asseblief om aan te dui of u sou belangstel dat u kind(ers) by so ’n studiehulpprogram betrokke raak.
|
PRYSUITDELING: AANSOEK OM MERIETE
|
Die aansoeke om meriete vir aktiwiteite buite skoolverband het vandeesweek geopen en sluit op Vrydag, 18 September. Indien u kind enige prestasies buite skoolverband behaal het, bestudeer asseblief die merietebeleid en vul die onderstaande skakel voor 18/09/2022 in om aansoek te doen vir meriete: https://forms.gle/sxFYEoVwyqKoYX876
|
Die skool se merietebeleid is beskikbaar op die skoolwebtuiste (www.janvanriebeeck.co.za) onder Ouers > Beleide bo regs op die tuisblad.
|
Kontak gerus me. Annelie Nimmo of me. Lin Olivier vir enige verdere navrae.
|
Ons sien uit na die ouer-lentedans vanaand! Die geselligehdi begin om 18:00 in die skoolsaal. Almal is welkom: u kan by die deur ook nog u R20 betaal. Bring asb. u eie eet- en drinkgoed saam. Daar sal ook wyn te koop beskikbaar wees.
|
Ons bied more ons pretsportdag aan waartydens ons Jan van Riebeeckers in spanne teen en saam met die alumni en ouers sport speel. Almal word uitgenooi om deel te neem aan hokkie, raakrugby, netbal, landloop en skaak.
|
Ons sien uit na ’n pretdag en heerlike samesyn in die klubhuis vanaf 11:30!
|
FLANEUR-OPWIPMARK BY WELGEMEEND
|
’n Opwindende opwipmark by Welgemeend wag op Kapenaars aan die einde van die maand. Daar gaan werklik iets vir elke smaak wees: van mooigoed tot plaasprodukte. Die opwipmark skop op 28 September met ’n aandmark af en is op 29 en 30 September deur die dag oop. Kliek gerus hier vir die besonderhede en kom kuier saam!
|
Ons bied op 28 Oktober weer die JvR-gholfdag aan en nooi alle belangstellendes om so gou as moontlik ’n vierbal vir dié dag in te skryf. Ons het ook heerlike opsies vir borgskappe en bemarking. Kliek gerus hier vir al die inligitng en kontak vir Sampie Griessel by sampie.griessel@janvanriebeeck.co.za vir verdere inligting en besprekings.
|
Die rekordeksamen vir ons graad 12's skop eerskomende Maandag, 5 September af.
|
Leerders tree om 07:40 op die matriekplein aan en leerders mag direk na die skryf van die vraestel verdaag. Leerders moet asseblief hul eie vervoerreëlings tref. Indien leerders op die skoolterrein wil parkeer, moet hul amptelik aansoek doen by die graadhoof.
|
Die eksamenrooster weer hier aangeheg. Neem kennis dat die skryftye vir graad 12- Engels EAT-vraestel 2 verander het.
|
Ouers word daaraan herinner dat hul die akademiese hoof, me. Serrao, dadelik moet kontak by liza.serrao@janvanriebeeck.co.za indien hul kind die dag nie ’n eksamen kan aflê nie. Ouers moet ook dan so gou as moontlik ’n mediese sertifikaat by me. Eygelaar indien. Dit kan per e-pos gestuur word na admin@janvanriebeeck.co.za.
|
By voorbaat dankie vir u samewerking.
|
Die toetsreeks vir ons graad 8-11-leerders skop op Maandag, 19 September af en eindig Vrydag, 23 September. Kliek gerus hier om die rooster af te laai. Elke leerders het ook gister ’n harde kopie van die rooster ontvang.
|
Graad 8- en 9-leerders skryf eerskomende Woensdagmiddag, 7 September, die jaarlikse NW-olimpiade. Hul is uitgenooi na ’n spesiale Google Classroom met ’n vorige vraestel wat hul kan deurwerk.
|
Tyd: 14:10 – 17:10 (leerders skryf egter dikwels korter as 3 uur)
|
Plek: Mev. Turkstra se klas
|
Die leerders wat betrokke is, is :
|
Finale ronde van die Graad 11 FW-kompetisie
|
Datum : Woensdag, 7 September 2020
|
Plek : RTT-lokaaal, onder toesig van mnr. Cronje
|
Die leerders wat betrokke is, is Daniël Grutter, Gerard Snijders, Adrian Huysamen en Stefan Turkstra. Voorspoed, Jan van Riebeeckers!
|
Junior Afrikaans-olimpiade
|
Die volgende leerders skryf volgende Donderdag, 8 September, vanaf 14:30 tot 16:30 die Junior Afrikaans-olimpiade: Hendrik Bredenkamp, Stephan de Kock, Stefan du Preez, Vida Engels, Mia Fouché, Kate Heyns, Jan Karsten, Tiaan Luyt, Alexander Rau, Mia Schreuder, Carla Snijders, Mia van den Berg, Alexa van der Merwe, Daniel Wasserman, Nayla Walker en Luca Zulch. Baie sterkte, Jan van Riebeeckers!
|
Alle leerders wat verdere akademiese ondersteuning benodig, word aangemoedig om die intervensieklasse by te woon. Kliek gerus hier om die skedule te bestudeer.
|
Kliek gerus hier om die somersportoefenprogram af te laai. Dankie aan almal wat getrou hul oefeninge bywoon. Onthou asseblief om ten minste 24 uur voor die oefening die kontakonderwyser in kennis te stel indien u kind nie ’n oefening kan bywoon nie:
|
Atletiek: hans-peter.klink@janvanriebeeck.co.za
|
Krieket: sampie.griessel@janvanriebeeck.co.za
|
Tennis: milandre.bezuidenhout@janvanriebeeck.co.za
|
Tafeltennis: jacques.vanderwesthuizen@janvanriebeeck.co.za
|
Swem & Bergfiets: jan.henning@janvanriebeeck.co.za
|
Stap: huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za
|
Rotsklim: mccoyconfection@gmail.com (Shane Jansen van Vuuren)
|
Skaak: werner.cronje@janvanriebeeck.co.za
|
Baie sterkte aan ons o.19B-, o.15A- en o.15B-spanne wat more aan die ligafinaal deelneem - ons hou styf duimvas vir mooi uitslae!
|
Koor: Maandag 16:00 en Woensdag 07:10
|
Orkes: Maandag en Donderdag 07:10
|
Die skoolwinkel is volgende week Woensdag vanaf 13:30 tot 14:30 oop.
|
|
|
|
|
|
|