|
|
|
|
|
|
|
Die nuwe leerderleiers vir 2022/2023 is hierdie week aangekondig.
|
Baie geluk aan hierdie Jan van Riebeeckers wat nou die leiding gaan neem - ons is trots op julle. Sterkte met hierdie groot taak en verantwoordelikheid!
|
Daar is ook nog heelwat ander leierskapgeleenthede vir ons leerders wat nie tot hierdie strukture verkies is nie: matriekkomitee, huiskomitees van die koshuise, huisprefekte, busprefekte en deur ons verrykingsprogram kry leerders die geleentheid om as voorsitters of komiteelede van die talle klubs en verenigings in die skool op te tree.
|
"As jou optrede ander inspireer om meer te droom, meer te leer, meer te doen en meer te word, is jy 'n leier." President John Quincy Adams
|
“Die eerste verantwoordelikheid van 'n leier is om die werklikheid te definieer. Die laaste is om dankie te sê. Tussendeur is die leier ’n dienaar.” Max De Pree
|
***************************************************************************************************
|
JvR-COLOUR RUN: MORE, 10 SEPTEMBER
|
Ons bied moreoggend ’n heerlike pretdraf vir oud en jonk aan as deel van ons poging om ons skoolgebou te verf!
|
Die Colour Run sluit dus aan by ons gedagte om die gebou WIT te verf en daarom moet almal wat deelneem asseblief iets wit dra - al is dit jou tekkies!
|
Ons spring om 8:15 by die hoofingang in Kloof-/Hofmeyrstraat weg en registrasie is vanaf 7:30 tot 8:10.
|
Heerlike ontbytbroodjies en goeie koffie sal te koop wees en die roete om en deur die kampus behoort 30 tot 45 minute te neem om te voltooi. Almal is ook welkom om te stap.
|
Ons benodig in totaal 850 liter wit verf (Dulux PVA) om die hele gebou te verf. Enige donasie - hoe klein of groot ookal - sal as inskrywingsfooi dien vir dié pretdraf.
|
Die volgende betaalopsies sal op Karri gelaai word: eie bedrag; 1 liter verf: R260; 5 liter verf: R750; 20 liter verf: R2350. Enige donasie sal u hele gesin (ook die wat nie tans in ons skool is nie - byvoorbeeld ’n jonger of ouer broer of suster) in staat stel om deel te neem.
|
Nooi asseblief ook vriende en familie om saam te kom hardloop/stap en hul kan by registrasie ’n kontantdonasie maak of van ons kaartfasiliteit gebruik maak vir betalings.
|
By voorbaat dankie vir almal se ondersteuning van hierdie inisiatief. Ons studentepleinprojek is binnekort afgehandel en ons sal dan so gou moontlik ons skoolverfprojek ook wil afskop.
|
PRYSUITDELING: AANSOEK OM MERIETE
|
Die aansoeke om meriete vir aktiwiteite buite skoolverband het vandeesweek geopen en sluit op Vrydag, 18 September. Indien u kind enige prestasies buite skoolverband behaal het, bestudeer asseblief die merietebeleid en vul die onderstaande skakel voor 18/09/2022 in om aansoek te doen vir meriete: https://forms.gle/sxFYEoVwyqKoYX876
|
Die skool se merietebeleid is beskikbaar op die skoolwebtuiste (www.janvanriebeeck.co.za) onder Ouers > Beleide bo regs op die tuisblad.
|
Kontak gerus me. Annelie Nimmo of me. Lin Olivier vir enige verdere navrae.
|
FLANEUR-OPWIPMARK BY WELGEMEEND
|
’n Opwindende opwipmark by Welgemeend wag op Kapenaars aan die einde van die maand. Daar gaan werklik iets vir elke smaak wees: van mooigoed tot plaasprodukte. Die opwipmark skop op 28 September met ’n aandmark af en is op 29 en 30 September deur die dag oop. Kliek gerus hier vir die besonderhede en kom kuier saam!
|
Ons bied op 28 Oktober weer die JvR-gholfdag aan en nooi alle belangstellendes om so gou as moontlik ’n vierbal vir dié dag in te skryf. Ons het ook heerlike opsies vir borgskappe en bemarking. Kliek gerus hier vir al die inligitng en kontak vir Sampie Griessel by sampie.griessel@janvanriebeeck.co.za vir verdere inligting en besprekings.
|
Ek rig weer ’n versoek dat u sal toesien dat alle leerders betyds is vir skool - daar is ongelukkig steeds te veel leerders wat na 7:40 by die skool opdaag.
|
Alle ingange word nou om 7:40 gesluit en daarom kan leerders na 7:40 slegs by die deur by ontvangs inkom om die laatkommerboek te teken. Leerders wat herhaaldelik laatkom vir skool, verdien strafpunte hiervoor.
|
Die hek by die hoofingang word vanaf Maandag soggens om 7:45 toegemaak en u sal dan asseblief by sekuriteit moet inteken voordat u die kampus binnekom.
|
Baie dankie vir u samewerking in die verband.
|
Die toetsreeks vir ons graad 8-11-leerders skop op Maandag, 19 September af en eindig Vrydag, 23 September. Kliek gerus hier om die rooster af te laai.
|
Alle leerders wat verdere akademiese ondersteuning benodig, word aangemoedig om die intervensieklasse by te woon. Kliek gerus hier om die skedule te bestudeer.
|
Alle graad 12-leerders word uitgenooi om gedurende die Oktober-skoolvakansie ’n lenteskool hier by Jan van Riebeeck by te woon. Kliek gerus hier vir al die nodige inligting. Moedig asb. u kind aan om van hierdie geleentheid gebruik te maak.
|
Dankie ook aan ons personeel wat bereid is om gedurende hul vakansie hierdie ekstra ondersteuning te bied.
|
Baie sterkte aan die volgende Jan van Riebeeckers wat ons skool more by die provinsiale ronde van die WOW-spelkompetisie in Stellenbosch verteenwoordig:
|
Die program is hier aangeheg. Ons hou duimvas vir mooi uitslae!
|
Indien graag 12-leerders 'n motor/motorfiets op die skoolterrein wil parkeer, moet die volgende inligting aan die graadhoof deurgegee word:
|
- Bewys van lisensie
- Brief vanaf ouer/voog dat hy/sy toestemming gee dat die leerder die motor/motorfiets mag bestuur
Daarna sal die graadhoof 'n parkeerskyfie vir die leerder gee om op die voorruit van die voertuig aan te bring. Geen leerder mag sonder toestemming op die skoolterrein parkeer nie.
|
Kliek gerus hier om die somersportoefenprogram af te laai. Dankie aan almal wat getrou hul oefeninge bywoon. Onthou asseblief om ten minste 24 uur voor die oefening die kontakonderwyser in kennis te stel indien u kind nie ’n oefening kan bywoon nie:
|
Atletiek: hans-peter.klink@janvanriebeeck.co.za
|
Krieket: sampie.griessel@janvanriebeeck.co.za
|
Tennis: milandre.bezuidenhout@janvanriebeeck.co.za
|
Tafeltennis: jacques.vanderwesthuizen@janvanriebeeck.co.za
|
Swem & Bergfiets: jan.henning@janvanriebeeck.co.za
|
Stap: huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za
|
Rotsklim: mccoyconfection@gmail.com (Shane Jansen van Vuuren)
|
Skaak: werner.cronje@janvanriebeeck.co.za
|
Koor: Slegs Woensdag 07:10
|
Orkes: Maandag en Donderdag 07:10
|
Die volgende musiekkonsert in dié konsertreeks, Farewell to Music, vind op 21 September om 19:30 by Welgemeend plaas.
|
Die klavierwerke van die Suid-Afrikaansgebore Britse klassieke komponis, John Simon, word uitgevoer deur die bekroonde Suid-Afrikaanse pianis, Grethe Nothling.
|
Prof. Stefanus Muller, skrywer en musikoloog, bied ook ’n lesing aan oor die musikaliteit, konsepte en bepaalde insigte rondom dié werke.
|
Kaartjies vir dié besondere geleentheid is teen R150 per persoon op Quicket beskikbaar: https://qkt.io/HEZypn.
|
Die skoolwinkel is volgende week Woensdag vanaf 13:30 tot 14:30 oop.
|
|
|
|
|
|
|