|
|
|
|
|
|
|
Ek vertrou die toetsweek het vir almal wat getrou gewerk en behoorlik voorberei het, glad verloop - en dat almal na ’n welverdiende kort vakansieweek uitsien.
|
Die graad 12's skryf nog Maandag en Dinsdag hul laaste eksamenvakke, maar die ander grade het tot volgende Donderdag ’n normale skooldag (7:40 tot 14:05).
|
Alle toetsweekskrifte word Maandag nagegaan en daarom is dit baie belangrik dat alle leerders skool getrou bywoon. Die onderwysers gaan volgende week tot Donderdag volstoom werk
|
Die sportprogram gaan ook volgende week soos normaal voort. Dit is ’n verwagting dat leerders sport gerou bywoon. Indien u kind om ’n geldige rede nie ’n oefening of buitemuurse aktiwiteit kan bywoon nie, moet u as ouer/voog asseblief die organiseerder ten minste 24 uur voor die oefening per e-pos daarvan inlig.
|
Dit is ’n baie belangrike waarde wat ons by ons leerders wil tuisbring: dat ’n mens jou verskoon van ’n verpligting indien nodig; ons bly nie net weg nie. Ouers/Voogde, ondersteun ons asseblief hierin.
|
Die skool sluit volgende Vrydag, 30 September om 10:00 en rapporte word deur die loop van die oggend via e-pos aan ouers/voogde gestuur.
|
Die skole heropen weer op Dinsdag, 11 Oktober en leerders dra dan somersdrag.
|
***************************************************************************************************
|
Alle Jan van Riebeeckers word uitgenooi om enige ongebruikte sportklere, -skoene of sporttoerusting (bv. ’n ou hokkiestok) skool toe te bring en te skenk aan leerders in minderbevoorregte omstandighede.
|
#JanOMGEE beplan om hierdeur uit te reik na die verskeie organisasies waar ons vanjaar betrokke is om aan belowende sportleerders ook so ondersteuning te bied.
|
Allle items moet asseblief in ’n netjiese en bruikbare toestand wees. Ons sal dit baie waardeer indien die klere en items gewas kan wees en in ’n sak geplaas word met ’n nota by wat die grootte, itemsoort en geslag aandui (bv. medium hokkiehemp/ nr. 7-seunrugbytoks). Let asseblief ook daarop dat geen klere met ons skool se naam of wapen op vir hierdie projek geskenk kan word nie.
|
Plaas asseblief alle bydraes in die groen dromme voor me. Lotriet se klaskamer.
|
By voorbaat dankie aan almal wat ons in hierdie projek gaan ondersteun - ons waardeer dit!
|
#JanVOGEL/#JanNATUUR-FOTOKOMPETISIE
|
Die natuur is tans op sy mooiste en diere en voëls doen alles in hulle vermoë om maats te kry. Daar is 'n vakansie op hande... daarom loods JanVogel/JanNatuur 'n fotokompetisie vir al ons leerders.
|
- Diere
- Voëls
- Insekte en plante
- Landskappe/weerpatrone
Inskrywings beloop R10 per foto en leerders kan soveel foto's inskryf as wat hulle wil. Instruksies is op die inskrywingsvorm wat u hier kan aflaai.
|
Die kompetisie sluit 17 Oktober 2022. Laat die sluiters sing!
|
JAPANDAG HIER OP ONS KAMPUS GEVIER
|
Ons is trots om more die tuiste te wees van die Japannese ambassade se Japandagvieringe.
|
Hier volg meer besonderhede rondom die dag en die aanbiedinge: die verrigtinge vind dié dag tussen 09:00 en 15:00 plaas en toegang is gratis.
|
Daar is gratis werkswinkels vanaf 09:30 tot 14:00 en sluit die volgende in:
|
Daar sal ook optredes in die Jubeleumsaal (by ons swembadkompleks) wees vanaf 10:00 tot 13:00 en dit sluit die volgende vegkuns in:
|
- Kentjutsu (swaardkuns)
- Karate
- Kyudo (pyl en boog)
- Judo
- Aikido
Die program word om die uur herhaal en daar sal ook iligtingstalletjies buite die saal wees waar die publiek navraag sou kon doen oor die verskeie sportsoorte.
|
Die volgende uitstallings is vanaf 10:00 tot 14:00 beskikbaar:
|
- Mokuhanga - houtblokdruk
- Koi
- Bonsai - miniatuur bome
- Bonsan- miniatuur mostuine
Die volgende stalletjies is vanaf 10:00 tot 14:00 beskikbaar:
|
- Shiba Inu - Japannese honde
- Fuji film-fotohoekie waar die feesvangers foto's van hulself kan neem teen 'n foto-agtergrond van verskeie Japannese landmerke
- Japannese taalklasse
Die volgende vertonings sal vanaf 10:00 tot 15:00 op die hoofverhoog aangebied word:
|
- Shakuhachi - fluit
- Koto- Harp
- Cosplay-kompetisie
Verder is daar gratis demonstrasies wat die volgende Japannese drankies insluit:
|
- Sake (vir persone van 18 en ouer)
- Whisky (vir persone van 18 en ouer)
- Tee-demonstrasie waar verskeie Japannese tees bekendgestel word
- Mochi tsuki - die kap van rys totdat dit ’n ryskoek vorm. Hierdie demonstrasie sal om 14:30 op die verhoog plaasvind en 300 mochi's sal aan die publiek uitgedeel word. COVID-regulasies word streng toegepas.
Daar is verskeie kosstalletjies beskikbaar wat die volgende insluit:
|
Yakitori, karaage, shochu, sushi, ramen, taiyaki, mochi en onigiri
|
Items wat in die kombuis gebruik word, soos messe en vatdoeke, is ook beskikbaar. Daar sal ook verskeie vegetariese opsies, asook halaalopsies en bier beskikbaar wees. Café Jan sal pannekoek verkoop vir so ’n ietwat van ’n Suid-Afrikaanse geur op Erfenisdag.
|
Die volgende werkswinkel is die enigste een waarvoor vooraf by Tjing Tjing bespreek kan word:
|
Tjing Tjong het as verkoper geregistreer en hul bied ’n groep van 16 die geleentheid om eg Japannese sushi te kan maak o.l.v. sjef Ryan Reys. Die koste beloop R400.00 per persoon en dit sluit n sushimat en alle bestanddele in.
|
Moenie hierdie besondere kultuurervaring hier op ons kampus misloop nie!
|
FLANEUR-OPWIPMARK BY WELGEMEEND
|
’n Opwindende opwipmark by Welgemeend wag op Kapenaars volgende week! Daar gaan werklik iets vir elke smaak wees: van mooigoed tot plaasprodukte.
|
Die opwipmark skop volgende Woensdag, 28 September, met ’n aandmark af en is Donderdag en Vrydag, 29 en 30 September, deur die dag oop.
|
Kliek gerus hier vir die besonderhede en kom kuier saam!
|
Dis die maand Oktober en in dié mooiste maand hou ons weer op 22 Oktober, in Welgemeend, die jaarliks JvR-Alumni-Wynskou waar wynlandgoedere met ’n Jan van Riebeeck-verbintenis hul wyne kom uitstal en laat proe.
|
Die Jan van Riebeeck alumni-organisasie nooi graag alle Jan van Riebeeckers na dié geleentheid waar u topgehalte wyne kan proe, bestel vir latere gebruik en saam met vriende verkeer.
|
Besprekings sal binnekort op Quicket gedoen kan word. Teken solank die datum aan en kom kuier saam! Kliek hier vir meer besonderhede.
|
Die Groote Kerk hou op 22 Oktober ’n heerlike kermis. Die feestelikhede begin om 9:00 die oggend - ondersteun hul gerus. Kliek hier vir al die inligting!
|
Ons bied op 28 Oktober weer die JvR-gholfdag aan en nooi alle belangstellendes om so gou as moontlik ’n vierbal vir dié dag in te skryf. Ons het ook heerlike opsies vir borgskappe en bemarking. Kliek gerus hier vir al die inligitng en kontak vir Sampie Griessel by sampie.griessel@janvanriebeeck.co.za vir verdere inligting.
|
Alle leerders wat ingeskryf het vir hierdie olimpiades het reeds ’n uitnodiging na die betrokke Google Classroom aanvaar, waar daar ’n ou vraestel en memorandum beskikbaar is. Die name van die deelnemers volg ook onder. Baie sterkte!
|
Dinsdag, 27 September 2022
|
Woensdag, 28 September 2022
|
Ons is opgewonde om ovolgende Donderdag en Vrydag aan ons graad 11-leerders die geleentheid te bied om as graadgroep saam te gaan kamp. Die doel hiervan is geesbou en om die groepseenheid te versterk noudat hul die nuwe seniors en leiers in die skool is wanneer die vierde kwartaal aanbreek.
|
Kliek gerus hier vir al die nodige inligting. Die lys met benodighede is ook hier beskikbaar.
|
Ouers/Voogde moet asseblief die vrywaringvorm voltooi alvorens leerders op die kamp mag gaan. Dit moet asseblief aan me. Steyn of mnr. Geldenhuys gestuur word. \
|
Kliek gerus hier om dit af te laai.
|
Die bergfietsbaan se verlenging is hierdie week voltooi. Ons sien ook baie uit na ons eie bergfietsuitdaging wat op 28 Oktober op hierdie uitgebreide roete aangebied word. Ons deel binnekort meer nuus.
|
Van ons fietsryers neem more aan die WP High Schools' MTB League #3 by Boland Landbou deel. Baie sterkte, Jan van Riebeeckers!
|
Daar sal volgende week geen orkesoefeninge wees nie. Die koor oefen slegs Woensdagoggend om 7:10.
|
Alle leerders word herinner dat die Akwaponika-klub vir dr. Dina de Bruyn Dinsdagoggend net na 07:00 by die sisteem ontmoet. Sien jou daar!
|
Die skoolwinkel sal volgende week gesluit wees.
|
Indien u dringend items benodig, kontak asseblief vir me. Sanette van Loggerenberg by sannette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za.
|
|
|
|
|
|
|