|
|
|
|
|
|
|
Welkom terug aan al die Jan van Riebeeckers na ’n kort skoolvakansie verlede week. Ek hoop almal is goed uitgerus en gereed vir die opwindende laaste kwartaal van die jaar wat voorlê.
|
DIe prysuitdeling gisteraand was besonders: ons is baie trots op al ons leerders wat op soveel terreine van die skoollewe presteer. Baie geluk met mooi prestasies!
|
Dit is dan met groot trots dat ek ons nuwe hoofleiers vir 2022/2023 aankondig.
|
JvR-Hoofleier: Simon van den Berg
|
Hoofseun: Adrian Huysamen
|
Hoofdogter: Timoné Joubert
|
Onderhoofseun: Gerard Snijders
|
Onderhoofdogter: Jenna Kohler
|
Baie geluk aan hierdie Jan van Riebeeckers wat in die skool gaan voorstap en ook die matriekraad en VRL in hul projekte gaan lei. Baie sterkte met die groot taak wat voorlê. Ons is baie trots op jul!
|
Die volgende spesiale toekennings is ook gisteraand aan leerders toegeken:
|
Interhuistrofee: De Goede Hoop
|
Veelsydigste leerder – graad 8-seun: Fredrich Erasmus
|
Veelsydigste leerder – graad 8-dogter: Luca Zulch
|
Veelsydigste leerder – graad 9-seun: Amuran Bester
|
Veelsydigste leerder – graad 9-dogter: Lara-Lisa Senekal
|
Veelsydigste leerder – graad 10-seun: Peet Karsten
|
Veelsydigste leerder – graad 10-dogter: Mari Swanepoel
|
Veelsydigste leerder – graad 11-seun: Gerard Snijders
|
Veelsydigste leerder – graad 11-dogter: Timoné Joubert
|
Veelsydigste leerder – graad 12-seun: Phillip Herbst
|
Veelsydigste leerder – graad 12-dogter: Lené Vorster
|
3de klasposisie: Ella Basson
|
2de Klasposisie: Phillip Herbst
|
MR (Hoofdogter) Jamneck-wisseltrofee: Lené Vorster
|
MR (Hoofseun) Old Mutual-wisseltrofee: Dawid Agenbag
|
JvR-Hoofleier (VRL-Voorsitter) Pieter Rademeyer-wisseltrofee: Cavan McKeown
|
Sportnuusmaker van die jaar – Hammies van Niekerk-trofee:
|
Eerste Netbalspan & Jan Karsten
|
Sportvrou van die jaar: Scarlett vd Merwe
|
Sportman van die jaar: Damian Bosch
|
Veelsydigste kultuurprestasie: Mari van der Merwe
|
Kultuurnuusmaker van die jaar – Pani Theron-trofee:
|
ATKV-Tienertoneelgeselskap & Hairspray-geselskap
|
Kultuurpersoon van die jaar: Phillip Herbst
|
Grethe Ehlers-wisseltrofee vir deursettingsvermoë: Sima Ngwenya
|
Leierskap, karaktersterkte, integriteit en dienslewering: Cavan McKeown
|
Nuusmaker van die jaar: Jan Karsten
|
Jan van Riebeecker van die jaar: Cavan McKeown & Phillip Herbst
|
Dux-leerder - Philip Voges Gedenktrofee: Cavan McKeown
|
Ons het vandag afskeid geneem van ons matrieks tydens die spesiale Witrokdag-seremonie. Dankie aan graadhoof, me. Serrao en me. Nimmo wat aan die hoof van die organisering gestaan het. Ons sal hierdie besondere groep leerders baie mis!
|
Ons wens hul sterkte toe met die matriekeksamen wat op 31 Oktober afskop.
|
Verskeie praktiese eksamens word egter reeds volgende week afgelê.
|
Ons sien weer uit na spoguitslae.
|
***************************************************************************************************
|
Baie sterkte aan Elle Nortjé in graad 8 wat more die Wes-Kaap by die nasionale finale ronde van hierdie uitdagende spelkompetisie verteenwoordig.
|
Ons is baie trots op jou, Elle - en hou duimvas vir mooi uitslae. Geniet dit!
|
#JanVOGEL/#JanNATUUR-FOTOKOMPETISIE - MIN DAE OOR!
|
Die natuur is tans op sy mooiste en diere en voëls doen alles in hulle vermoë om maats te kry. Daar is 'n vakansie op hande... daarom loods JanVogel/JanNatuur 'n fotokompetisie vir al ons leerders.
|
- Diere
- Voëls
- Insekte en plante
- Landskappe/weerpatrone
Inskrywings beloop R10 per foto en leerders kan soveel foto's inskryf as wat hulle wil. Instruksies is op die inskrywingsvorm wat u hier kan aflaai.
|
Die kompetisie sluit 17 Oktober 2022. Laat die sluiters sing!
|
Die Graad 10’s bied volgende Donderdag, 20 Oktober 2022, ‘n lentebal vir ons leerders aan en alle Jan van Riebeeckers is welkom om hierdie spesiale geleentheid by te woon. Die geleentheid skop sommer die vierde kwartaal op ‘n gesellige noot af!
|
Buite-metgeselle is ook welkom, maar leerders sal weer volledige besonderhede van dié gaste moet verskaf. Kliek gerus hier vir al die inligting en ook hier om die vorm in te vul vir buite-metgeselle.
|
Dis die maand Oktober en in dié mooiste maand hou ons weer op 22 Oktober, in Welgemeend, die jaarliks JvR-Alumni-Wynskou waar wynlandgoedere met ’n Jan van Riebeeck-verbintenis hul wyne kom uitstal en laat proe.
|
Die Jan van Riebeeck alumni-organisasie nooi graag alle Jan van Riebeeckers na dié geleentheid waar u topgehalte wyne kan proe, bestel vir latere gebruik en saam met vriende verkeer.
|
Die wynproe sluit ’n wynglas en die proe van 'n verskeidenheid wyne in.
|
Van die wynlandgoedere betrokke, is: Paul Clüver/ Van Loveren/Groot Constantia / Zorgvliet / Kleinood / Blaauwklippen.
|
Toegang is R130 per persoon. Klik gerus op die Quicket-skakel https://qkt.io/Gm1TRp om kaartjies te koop. Verversings word ook te koop aangebied
|
Ons sien daarna uit om u by hierdie besondere geleentheid te ontvang!
|
Daar is nog plek vir twee spanne om op 28 Oktober aan ons gholfdag deel te neem. Ons het ook heerlike opsies vir borgskappe en bemarking. Kliek gerus hier vir al die inligitng en kontak vir Sampie Griessel by sampie.griessel@janvanriebeeck.co.za vir verdere inligting.
|
Die eksamen vir graad 8 tot 11-leerders sal op Maandag, 14 November begin. Skole sluit eers amptelik op Woensdag, 14 Desember en rapporte en jaarblaaie sal daardie dag by die skool afgehaal word.
|
U word vriendelik versoek om geen vakansiereëlings te tref voordat die skole nie amptelik gesluit het nie.
|
Ek moedig ook ons Jan van Riebeeckers aan om hard te werk die volgende maand om te verseker dat hul met die beste moontlike uitslae slaag.
|
Getroue skoolbywoning is ook ’n verwagting.
|
Ouers/Voogde, ondersteun ons asb. deur te verseker dat u kind elke dag by die skool is.
|
Ons volg dieselfde somersportprogram soos in kwartaal 3. Kliek hier om dit weer af te laai.
|
Die o.19-netbaloefengroep sal ook in die nuwe kwartaal op Donderdae vanaf 14:30 tot 15:30 oefen.
|
Baie sterkte aan ons tennisspelers wat eerskomende Maandag met ligawedstryde begin. Ons speel hierdie seisoen in ’n taaier liga en sien uit na die uitslae.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Dogters vs Rustenburg Girls
|
|
|
Week: 31 Oktober – 4 November
|
|
|
|
|
|
|
|
*BYE dui daarop dat geen wedstryd op daardie betrokke dag plaasvind nie.
|
Dinsdae (spanspelers) & Donderdae (spanspelers/enige ander spelers) 14:30-15:30.
|
Ons bied volgende Saterdag, 22 Oktober 'n opwindende bergfietsaflos en vaardigheidsgeleentheid vir hoërskoolleerders aan.
|
Kliek hier vir al besonderhede! Ons sien daarna uit om al die bergfietsryers in ons gemeenskap by hierdie geleentheid te verwelkom!
|
Die koor oefen Maandagmiddag 16:00 tot 17:00 en Woesndagoggend om 7:10.
|
Die oefeninge is baie belangrik vir die konsert van 26 Oktober. Almal se bywoning en betrokkenheid is kardinaal om ons laaste optrede van die jaar suksesvol af te handel.
|
Die orkes oefen Maandagoggend en Woesndagoggend om 7:10.
|
’n Musiekteater-skouspel: Kom Laat ons Dans en Sing (vol. 2)
|
Na verlede jaar se uiters suksesvolle vertoning van Kom Laat Ons Sing, bied Hoërskool Jan van Riebeeck die nuwe “verbeterde” musiekteaterbelewenis van 2022: Kom laat ons Dans en Sing, vol. 2 aan!
|
Hierdie besondere musiekteateraand vind op Dinsdag, 25 Oktober in ons skoolsaal plaas.
|
Kom laat ons Dans en Sing, vol. 2 is propvol bekende treffers van The Sound of Music, Les Misérables, Dreamgirls, The Greatest Showman, asook ’n paar nuwe musiekteateruittreksels van Hamilton, In the Heights en die geliefde ENCANTO.
|
Met soveel meer as net musiek, dans en teateruitbeeldings, beloof hierdie om ’n prettige en genotvolle aand vir die hele gesin te wees.
|
Kom geniet dus kultuur op sy beste en vertrek op ’n avontuur van teaterspel saam met die musiekteaterklub van die Hoërskool Jan van Riebeeck.
|
Kaartjies beloop R50 vir sitplekke op die galery, R100 vir ’n kaartjie in die skip van die Hoërskool Jan van Riebeeck-skoolsaal en R150 vir ’n kaartjie by ’n tafel (wat ook ’n verwelkomingsdrankie insluit). Bring gerus u eie piekniekmandjie en geniet versnaperings gekombineer met mooi musiek en teaterspel. Daar sal ook ’n kontantsnoepie beskikbaar wees.
|
Met choreografie deur Rushney Ferguson en ons talentvolle me. Regina Malan as musiekregisseur, is hierdie nog ’n produksie deur die regisseurs van die onlangse suksesvolle opvoering van Hairspray in die Baxter-teater.
|
Moenie hierdie vertoning misloop nie! Onthou: Dit is “One Night Only”!
|
Ons bied op Woensdag, 2 November ’n drama-afsluitingsaand aan waar ouers/voogde en ondersteuners die geleentheid sal hê om die beste 2022-drama-oomblikke te beleef. Ons leerders wat deelgeneem het aan kompetisies, eisteddfods, kunstefeeste, nasionale eksamens en in die dramaklas, sal hul beste werke met die gehoor deel. Teken asseblief die datum aan - meer inligting volg binnekort.
|
|
|
|
|
|
|