|
|
|
|
|
|
|
Afgesien van ons vier vakmusiekleerders wat nog Maandag eksamen skryf, het ons matrieks vandag hul laaste vraestel geskryf en oudergewoonte met skoolklere en al lafenis in die skoolswembad gaan soek.
|
Ons is trots op hierdie groep leerders wat ten spyte van ’n beproewende graad 10- en 11-jaar, hul beste gelewer het. Ons sien uit na mooi uitslae!
|
Die res van die skool het ook vandag hul penne neergesit - wel gedaan, Jan van Riebeeckers: jul het ’n besige jaar met durf aangepak en suksesvol afgehandel. Mag jou uitslae ’n ware weerspieëling wees van dit wat jy bereid was om in te sit!
|
Ons is amper gereed vir 2023, maar die volgende paar dae gaan vir die onderwysers ’n groot uitdaging wees om te verseker dat die skooljaar goed afgesluit word - en dat die nodige in plek is vir ’n suksesvolle 2023.
|
Ek deel graag ’n paar personeelsake vir 2023 met u:
|
Me. Huibrecht Steyn: Waarnemende Adjunkhoof: Dissipline & Studentesake
|
Me. Liza Serrao: Departementshoof: Akademie
|
Me. Roosmaryn Schwartz: Interne Departementshoof: Verryking
|
Mnr. Geruan Geldenhuys: Direkteur van Musiek
|
Mnr. Jan Henning: Portefeuljehoof: Pastoraal & Koshuise
|
Mnr. Abré van Heerden: Sporthoof
|
Graad 8: Me. Annelie Nimmo & Assistent-graadhoof: Mnr. Wilbur Kastoor
|
Graad 9: Me. Sonet Meyer & Assistent-graadhoof: Mnr. Hans-Peter Klink
|
Graad 10: Mnr. Geruan Geldenhuys & Assistent-graadhoof: Me. Roosmaryn Schwartz
|
Graad 11: Me. Elize Gouws & Assistent-graadhoof: Mnr. Jan Henning
|
Graad 12: Me. Huibrecht Steyn
|
Hoof van die Huisprogam: Me. Janet Lotriet
|
Drommedaris: Mnr. Jan Henning & Me. Ella van Rensburg
|
Goede Hoop: Mnr. Wilbur Kastoor & Me. Lin Olivier
|
Reijger: Mnr. Werner Cronjé & Me. Ananda Visser
|
Leerderleierskapmentors 2023
|
Matriekraad en Matriekkomitee: Me. Huibrecht Steyn
|
Baie sterkte aan al dié personeellede vir die belangrike bestuursrolle wat hul volgende jaar gaan vervul.
|
***************************************************************************************************
|
BELANGRIKE REëLINGS VIR VOLGENDE WEEK
|
Eerskomende Maandag, 5 Desember gaan alle leerder hul vraestelle kontroleer.
|
Leerders meld om 07:40 by hul registerklas aan om afwesighede te kontroleer en die instruksies rondom die verloop van die dag te ontvang.
|
Die periodes sal 30 minute lank wees en die skool sal om 14:00 verdaag.
|
Dinsdag kan die leerders wat Maandag by die skool was, enige verdere regstellings/aanpassings kontroleer. Personeellede sal vanaf 08:00 tot 10:00 in hul klaskamers beskikbaar wees.
|
Leerders ontvang op Woensdag, 14 Desember hul rapporte, asook die jaarblad.
|
Hul kan die rapporte in die rooiplein afhaal tussen 7:30 en 9:00 die oggend. Die busroetes sal self met leerders reël vir die tye waarop die busse loop.
|
Leerders / ouers wat nie die rapporte kan kom afhaal nie, kan reël dat iemand dit namens hul kom afhaal. U moet asb. hiervoor skriftelike toestemming per e-pos aan me. Sonet Meyer (sonet.meyer@janvanriebeeck) verskaf.
|
Hoërskool Jan van Riebeeck bied op Maandag, 5 Desember tot Dinsdag, 6 Desember 2022 'n rugbykliniek aan.
|
Die verrigtinge begin Maandag 14:30 en sal Dinsdag om 11:00 afsluit.
|
Alle rugbyspelers en voornemende rugbyspelers van alle ouderdomme moet die kliniek bywoon.
|
Kostes beloop R150 per speler en is op Karri betaalbaar @ Vrydag, 2 Desember 2022.
|
Drie etes is by die koste ingesluit.
|
Swembroek en swemhanddoek
|
Ons sien uit na 'n lekker oefengeleentheid. Dit is ook ’n heerlike geleentheid vir ons spelers om ons nuwe rugbyhoof, mnr. CJ velleman en die afrigtingspan vir 2023 te ontmoet!
|
Ons beplan ’n behoorlike JvR-garage-verkoping op Saterdag, 28 Januarie 2023 hier op ons parkeerarea. Ons wil graag alle artikels - vanaf meubels tot klere (en alles tussenin!) verkoop en nooi u nou reeds uit om by te dra tot hierdie inisiatief!
|
Ons is op soek na alle artikels in en om die huis wat nog in ’n bruikbare/goeie toestand is, maar wat nie meer gebruik word nie.
|
Met die Desembervakansie om die draai, is hierdie projek dalk ’n goeie aansporing om so ’n bietjie ontslae te raak van die dinge wat net die garage, huis of stoorkamers vol staan.
|
Sodra die skole volgende jaar heropen, sal ons reëlings deurgee van wanneer en waar die goedere hier by die skool afgelewer kan word (of in spesiale gevalle, by u opgelaai moet word), maar intussen sal ons bly wees indien u solank begin uitsoek aan artikels wat u vir hierdie fondsinsamelingprojek wil skenk - hoe groot of klein ookal; alle artikels is welkom!
|
Teken dan ook solank 28 Januarie 2023 in u dagboek aan om die oggend heerlik te kom kuier en rondsnuffel tussen die interessante artikels wat verkoop word.
|
Indien enigiemand nou reeds voor die vakansie enigiets wil bydra, kan u gerus met Sanette van Loggerenberg skakel (sanette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za) om dit solank hier by die skool te stoor.
|
By voorbaat dankie vir u entoesiastiese ondersteuning van hierdie projek!
|
Die #JanOMGEE en ATKV-Strepiestak beoog 'n uitreik na die SA-kinderhuis op 7 Desember 2022 om 10:00.
|
Ons wil geskenkpakkies saamstel en benodig die volgende produkte:
|
Niebederfbare produkte soos blikkies kos en pakkies pasta.
|
Dit sal wonderlik wees as die Jan van Riebeeckers die produkte @ Maandag, 5 Desember 2022 skool toe kan bring.
|
Kom sluit die jaar met omgee af.
|
BESONDERE UITSTALLING BY WELGEMEEND: JAN VERMEIREN-UITSTALLING
|
Jan Vermeiren is bekend in Suid-Afrika en België en hy woon en werk sedert die vroeë 70's in Kaapstad. Jan en Kristien het ook jaarliks besoeke gebring aan België, en veral Antwerpen - sy werk het 'n sterk aanhang daar.
|
Soos daardie Vader Claerhout, 'n mede-België, word sy werk sterk beïnvloed deur sy lewe in Afrika. Jan se unieke en lewendige kleure het oor die jare vreugde aan baie huise en uitstallings gebring.
|
Tydens Covid het Jan geëksperimenteer en nuwe werke geskep deur 'n digitale tegniek te gebruik.
|
Kom besigtig hierdie besondere uitstalling tot Sondag. Kliek gerus hier vir meer inligting.
|
Parkour is ’n aktiwiteit of sport waar ’n persoon vinnig deur 'n gebied beweeg, gewoonlik in 'n stedelike omgewing, en dan hindernisse moet oorkom deur te hardloop, te spring en te klim.
|
Ons is opgewonde dat Zack Wright van Moya Movement & Coaching vanaf volgende jaar hierdie nuwe aktiwiteit op Vrydaemiddae hier by die skool sal aanbied. Zack is ook die afrigter van Dominique D'Oliveira, die eerste Suid-Afrikaanse vrou wat sopas vir die Tokio Wêreldkampioenskappe gekwalifiseer het.
|
Zack het gister in ons saalperiode die leerders kortliks van die inisiatief vertel. Indien u kind belangstel om in 2023 hierby betrokke te raak of net eers meer ui te vind, voltooi asb. die vorm deur op die onderstaande skakel te kliek:
|
Die handboeklyste en skryfbehoeftes vir 2023 is nou beskikbaar.
|
Let asseblief op die volgende:
|
- Boeke wat met ‘n * gemerk is, moet u self aankoop (prosedure volg onder).
- Die ander handboeke word deur die skool se boekestoor aan die begin van die akademiese jaar uitgereik.
- Leerders moet asseblief ook (ten minste) een eksamenblok hê.
Prosedure om boeke te bestel:
|
U kan die boeke wat met ‘n * gemerk is (en waarvoor die ISBN-nommer voorsien is) by enige winkel aankoop, bv. Van Schaik, Takealot, Loot of Boeke24. Let asseblief daarop dat die ISBN-nommer sal verskil van die e-boeknommer. Ons moedig u egter aan om eerder die handboeke te koop in die lig van duur elektroniese toerusting.
|
Die Fisiese Wetenskappe-boeke is reeds deur leerders aangekoop. Indien u enige vrae rakende daardie werkboeke het, is u welkom om me. Turkstra te kontak by lize.turkstra@janvanriebeeck.co.za.
|
Indien u van Boeke24 se dienste wil gebruik maak, moet u asseblief die volgende stappe volg:
|
- Kliek op “Create an Account”. Registreer en voltooi die nodige inligting.
- Aanvaar die “Privacy Policy”.
- Kies die skool se naam en u kind se graad (links, bo op die skerm).
- Kies die boeke wat u graag wil aankoop en voeg dit in u mandjie voordat u voortgaan na die “checkout”opsie.
- Voltooi die betalingsprosedure.
- Bevestig u bestelling voordat u die bladsy verlaat.
- Indien u reeds op Boeke24 geregistreer is, teken in by “My Account”.
- Indien u enige probleme ondervind, skakel asseblief vir Boeke24 by (021) 981 1270 (uitbreiding 2).
Ons wil u vriendelik versoek om u aankope se spoedig moontlik te doen sodat u kind(ers) alle boeke het wanneer die skool op 18 Januarie 2023 heropen.
|
Boeke wat deur die JvR-boekestoor uitgereik word, word op Maandag, 16 Januarie 2023 (gr.9 & 10) en Dinsdag, 17 Januarie 2023 (gr.11 & 12) tussen 10:00 en 13:00 hier by die skool uitgereik. Die graad 8-handboeke sal uitgereik word tydens die eerste skoolweek.
|
Ons beplan om ‘n gratis lesing, spesiaal vir senior hoërskoolleerders, op Saterdag 21 Januarie 2023 om 9:00 tot 13:00 op die UK-kampus in een van die Somerskool-lesingsale by te woon.
|
Dit is 'n inleiding tot kwantummeganika, getiteld 'Inside Schrodinger's Cat'. Die aanbieder is Rob Louw (Oud Jan van Riebeecker - Matriek 1965). Sien gerus p.88 van die brosjure vir besonderhede van die lesing.
|
U is welkom om ’n afspraak met me. Sanette van Loggerenberg te maak indien u vanjaar nog enige items benodig. Stuur gerus ’n e-pos na sannette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za, om afspraak te maak. Die skoolwinkel sal op 16 Januarie 2023 heropen.
|
ONDERSTEUN DIE SA KINDERHUIS
|
Die SA Kinderhuis, hier in die hart van die stadgemeenskap, het ons hulp nodig. Afgesien van die daaglikse kostes wat groot uitdagings bied, het hul ook nou met ’n opknappingsprojek begin. Kliek gerus hier om uit te vind hoe u hul kan ondersteun.
|
|
|
|
|
|
|