|
|
|
|
|
Ons het vandeesweek die puik nuus ontvang dat ons een van die toppresterende skole in Suid-Afrika is na afloop van die 2022-matriekuitslae! Nie alleen spog ons met ’n 100%-slaagsyfer nie, maar ons Fisiese Wetenskappe-departement behaal op die gesogte SOS-presteerderlys die 8ste plek in Suid-Afrika. Ons Wiskundepunte is die 10de beste in Suid-Afrika en Afrikaans Huistaal eindig 11de in die land.
|
En die kersie op die koek: ons word aangewys as die algehele 16de bespresterende skool in die land wat 'n Afrikaanse stroom aanbied!
|
Ons het ook Woensdagoggend tydens ons akademiese prysuitdeling erkenning gegee aan die 2022-toppresteerders in graad 8 tot 11. Baie geluk aan al ons Jan van Riebeeckers wat puik werk gelewer het en beloon is vir hul harde werk. Ons het reeds ons toppresteerders op sosiale media aangekondig en hul name sal ook in eerskomende Dinsdag se JvR-Nuus gepubliseer word.
|
Prof. Johann Kirsten (matriekklas van 1979) was ons gasspreker en het die leerders gemotiveer om hard te werk sodat hul eendag hul merk in die werkplek kan gaan maak.
|
Dit was ook heerlik om ons 2022-matriektoppresteerder, Phillip Herbst, terug te verwelkom en om hom geluk te wens met sy groot prestasie.
|
Dankie aan almal wat bygedra het tot hierdie spoggeleentheid vanoggend!
|
Dit is voorwaar ’n voorreg om ’n skool van akademiese uitnemendheid te wees!
|
***************************************************************************************************
|
RY-OUERS & GASOUERS VIR ONS KOSHUISLEERDERS
|
Ons het dikwels ’n behoefte aan hulp om ’n koshuisleerder vir spesifieke geleenthede op kort kennisgewing iewers in die stad heen te vervoer (bv. vir ekstra lesse of persoonlike afsprake) en die diensdoenende personeellid is ongelukkig nie altyd hiervoor beskikbaar nie. Ander leerders wat veral ver woon, wil/moet soms ook naweke - veral met uitnaweke - elders tuisgaan.
|
Indien u bereid is om vanjaar as ’n ry-ouer of gasouer op te tree vir van ons koshuisleerders, stuur asb. ’n e-pos aan me. Huibrech Steyn (dogters) of mnr. Jan Henning (seuns) of me. Elize von Versen (seuns). By voorbaat baie dankie vir u hulp hiermee!
|
BUITEMUURSE-PROGRAM: KWARTAAL 1
|
Laai gerus die buitemuurse-program vir die eerste kwartaal hier af. Sterkte aan elke leerder wat by hierdie aktiwiteite betrokke is.
|
Ons wil u en u kind(ers) graag uitnooi om ons te ondersteun met ons Liefdesbroodjieprojek deur ’n ekstra toebroodjie skool toe te stuur sodat ons dit aan leerders kan gee wat soms nie pousekos skool toe te kan bring nie.
|
Indien u kind bereid is om deel te wees van dié inisiatief, vra ons dat u u daartoe sal verbind om dit dan ten minste vir ’n kwartaal lank elke week getrou skool toe te stuur sodat ons kan verseker dat ons altyd genoeg broodjies het.
|
Elke graad het ’n spesifieke dag waarop hul hul liefdesbrooedjies kan bring:
|
U kind handig die broodjies by sy/haar graadhoof in tydens rye of hul kan dit ook by ontvangs afgee.
|
Indien u eerder graag ’n finansiële bydrae tot hierdie projek wil maak, is u welkom om dit via Karri te doen.
|
Baie dankie by voorbaat vir almal se omgee en ondersteuning!
|
Individuele foto-pakkette kan via Karri bestel en betaal word.
|
Die koste vir die A4-pakkette beloop R50.00 elk en daar kan tussen 5 (Pakket A-E) gekies word. Pakket 6 is slegs ’N enkel foto (A5-grootte) en die koste daarvan is R30.00. Kliek gerus hier om die voorbeelde van die pakkette te sien.
|
Die sluitingsdatum vir bestellings is 17 Februarie 2023. Enige navrae kan aan me. Vrey gerig word.
|
NUWE WHATSAPP-GEMEENSKAPPE
|
Baie dankie aan almal wat reeds aangesluit het by ons algemene-, sport- en kultuurgemeenskappe op WhatsApp. Alle belangrike skoolinligting word gereeld hier gedeel en daarom is dit belangrik dat u verseker dat u hier aansluit. Alle telefoonnommers is slegs sigbaar vir die skool se admins en u besonderhede is dus veilig.
|
Ons is in die volgende fase tans besig om die onderskeie sport- en kultuurgroepe asook graadgroepe vir ouers binne hierdie groter groepe te begin gebruik. Sluit asb. ook hierby aan sodat u op hoogte kan bly van u kind se spesifieke skoolaktiwiteit of graadreëlings. Geen personeellid sal voortaan ’n eie WhatsApp-groep skep of gebruik nie - alles gebeur slegs deur die JvR-gemeenskap.
|
Alle noodsaaklike inligting word ook nou aan die leerders via hul leerder-graadgemeenskap gedeel. Die leerders kon van gister af die QR-kodes hier by die skool skandeer om toegang te verkry.
|
Indien u enige navrae het of probleme ondervind om by gemeenskappe aan te sluit, kontak asseblief vir me. Razelle Hanekom by razelle.hanekom@janvanriebeeck.co.za.
|
Ouers/Voogde word hartlik uitgenooi om ook saam te kom bloedskenk op Valentynsdag, 14 Februarie.
|
Baie dankie vir u ondersteuning met hierdie baie belangrike naastediens!
|
Alle leerders word hartlik uitgenooi na vanjaar se Valentynsbal op 16 Februarie. Sien gerus die kaartjie hier vir al die inligting. Kaartjies kan op Karri gekoop word.
|
Geniet dit, Jan van Riebeeckers!
|
Kom kuier en braai saam op Donderdagagaand, 16 Februarie, en bring jou valentyn! Ouers gaan heerlik in die Welgemeendtuin kuier terwyl die leerders in die skoolgebou hul Valentynsbal geniet.
|
Die koste beloop R180.00 per persoon en sluit vleis, slaaie, brood en nagereg in.
|
Ons sien uit om saam met u gesellig te verkeer. Betalings kan op Karri gemaak word.
|
OPEDAE VIR NUWE LEERDERS IN 2024
|
Ons is besig om ’n opwindende program vir ons besoekers van ons opedae te beplan en vra u ondersteuning om dié uitnodiging ook wyd en syd te versprei. Ons nooi graag alle graad 6- en 7-laerskoolleerders uit om ’n unieke kykie in die lewe van Hoërskool Jan van Riebeeck te kom geniet.
|
Ons bied vanjaar ook ’n gratis busdiens aan om leerders en hul ouers oral oor die Wes-Kaap na ons skool te vervoer (almal woonagtig verder as 50km vanaf die middestad) om ons opedae by te woon en veral koshuistoere te onderneem. Voorlopige roetes sluit in vanaf Swellendam via die N2 en alle dorpe langs die pad asook die roetes via die N1. Verder sal daar ook vir die Bolandroetes, Swartlandroetes en Weskusroetes voorsiening gemaak word.
|
Kliek gerus hier om die uitnodiging af te laai en nooi u kenisse uit om die Jan van riebeeck-uitnemendheid te kom beleef!
|
ASSESSERINGS- EN INTERVENSIEPROGRAM VIR KWARTAAL 1
|
Die assesserings- en intervensieprogram is reeds vroeër vandeesweek via die WhatsApp-gemeenskap met u gedeel, maar kliek gerus hier indien u dit nog nie afgelaai het nie. Elke leerder het ook gister ’n harde kopie van die program ontvang.
|
Die eerste toetsdag begin op Woensdag, 15 Februarie. Die onderskeie toetsdae is op die assesseringsrooster (in vetgedruk) getik. Alle formele assesserings vir kwartaal 1 asook die intervensiedae is ook op die program aangedui.
|
Ouers word daaraan herinner dat hul die akademiese hoof, me. Serrao, dadelik moet kontak by liza.serrao@janvanriebeeck.co.za indien u kind die dag nie ’n toets kan aflê nie. Ouers moet dan ook so gou as moontlik ’n mediese sertifikaat by me. Sterrenberg (studentesake) indien.
|
Leerders moet op toetsdae dadelik by hul registerklas aanmeld tensy ander reëlings aan ’n spesifieke groep deurgegee is.
|
Ons moedig al ons leerders aan om nou reeds van die geleentheid gebruik te maak om soggens intervensieklasse by te woon. Moenie wag tot die tweede kwartaal voordat probleemareas aangespreek word nie!
|
UK-Wiskundekompetisie 2023
|
Die Universiteit van Kaapstad se jaarlikse Wiskundekompetisie skop weer vanjaar op Donderdag, 25 April af. Die kompetisie vind die aand op die kampus plaas en leerders sal per bus vanaf die skool vertrek. Inskrywings kan by mnr. Klink gedoen word of by leerders se Wiskundeonderwysers. Inskrywings sluit Maandag, 27 Februarie en is gratis vir alle leerders.
|
SAMF-Wiskundeolimpiade 2023
|
Ronde een vind plaas op 9 Maart en alle graad 8-12 Wiskundeleerders kan deelneem.
|
Ons wil vanjaar graag alle ouers/voogde vra om u kind aan te moedig om aan die Wiskundeolimpiade deel te neem. Hierdie olimpiade fokus op Wiskunde en die waarde van probleemoplossing en ontdekking. Dit bied ook vir u kind blootstelling aan alternatiewe Wiskunde-probleme.
|
Die inskrywingsfooi is betaalbaar op Karri. Die koste per inskrywing is R30 per leerder en die sluitingsdatum is 17 Februarie. Daar is weer vanjaar ’n opsie om ’n donasie te maak. Die skool benodig R8500 om vir alle Wiskundeleerders die wonderlike geleentheid te bied - ondersteun ons gerus ons om vir alle leerders dié geleentheid te bied!
|
Ons is baie opgewonde oor die graadkampe wat aan die einde van die kwartaal plaasvind (30 en 31 Maart). Sien weer die skrywe wat aan die einde van verlede jaar uitgestuur is, hier. Onthou asseblief om so spoedig moontlik betalings op KARRI te doen.
|
Alle hokkieleerders word herinner aan die proewe wat eerskomende Dinsdag- en Donderdagmiddag om14:30 tot 16:00) plaasvind. Ons moedig almal aan om dit asb. by te woon sodat ons spanne kan kies vir ons hokkieseisoen wat voorlê.
|
Leerders wat dié sessies nie kan bywoon nie, moet asb. teen Maandagoggend vir mnr. Kastoor (wilbur.kastoor@janvanriebeeck.co.za) of mnr. Claassen (renier.claassen@janvanriebeeck.co.za) van ’n geldige verskoning voorsien.
|
Sterkte aan al ons hokkiespelers - ons sien uit na vol spanne en groot sportaksie vanjaar!
|
VERRYKINGSPROGRAM & KULTUUR
|
Hier is ’n klompie heerlike kultuurgeleenthede waarvoor ons Jan van Riebeeckers hierdie kwartaal kan inskryf: Poort-skryfkompetisie, Taalbond-tweetaligheidseksamen, Senior ATKV-Afrikaanse Olimpiade, debat en die Paul Roos Gimnasium-debatkompetisie. Kliek gerus hier vir die inligting en sluitingsdatums. Gryp hierdie wonderlike verrykingsgeleenthede aan!
|
Ons hou vanjaar weer Afrikaansweek! Die program sal binnekort beskikbaar wees, maar dis lekker om reeds aan te kondig dat die baie gewilde Elandré ons gaskunstenaar by die afsluitingkonsert op Donderdag, 9 Maart, is. Kliek gerus hier om die advertensie af te laai en bespreek u kaartjies so gou as moontlik via Quicket:
|
https://qkt.io/apB9Mk. Die sitplekke is onbespreek en daar is slegs 500 kaartjies beskikbaar, so spring gou om teleurstelling te voorkom!
|
Uitruilgeleentheid vir Jan van Riebeeckers
|
Die uitruilprogram vir leerlinge tussen Duitsland en Suid-Afrika bied die volgende:
|
Hier is ’n unieke geleentheid om vir 4, 6 of 10 weke in Duitsland saam met ’n gesin te woon en daar skool te gaan.
|
- Junie/Julie (4 weke) 22/06/2023 tot 21/07/2023
- November/Januarie (10 weke) 02/11/2023 tot 11/01/2024
- November/Januarie (6 weke) 30/11/2023 tot 11/01/2024
- Desember/Januarie (4 weke) 14/12/2023 tot 11/01/2024
Belangstellendes moet voor die volgende datums aansoek doen:
|
- Junie 2023/Julie 2023 (4 weke) 3 Maart 2023
- Nov 2023/Jan 2024 (10 weke) 31 May 2023
- Nov 2023/Jan 2024 (6 weke) 30 Junie 2023
- Des 2023/Jan 2024 (4 weke) 31 Julie 2023
Vir meer inligting, besoek gerus ook:
|
Kooroefeninge vind elke Maandag vanaf 14:15 tot 16:00 in die skoolsaal plaas.
|
Kliek gerus hier om die nuutste repetisieskedule af te laai. Sterkte!
|
Geniet die naweek - sterkte aan ons atlete in Gauteng, ons tweekampatlete in Oudtshoorn en ook Cuthan Winter wat WP-skaakproewe speel.
|
Ons JanTegnies-klub het ook hierdie naweek hul opleidingsessie - geniet dit!
|
|
|
|
|
|