|
|
|
|
|
Dit was ’n kort skoolweek vir ons, maar die Jan van Riebeeckers het die afgelope drie dae hul laaste assesserings vir die kwartaal voltooi. Baie dankie aan elkeen vir jul harde werk die afgelope kwartaal - ons sien uit na mooi uitslae! Dankie ook aan ons toegewyde personeel vir hul uitnemendheid en passie in die klaskamer die afgelope kwartaal.
|
Ons het slegs twee nominasies vir die beskikbare portefeuljes op die beheerliggaam ontvang en daarom is dit nie nodig om tot stemming oor te gaan nie.
|
Baie geluk aan mnr. Henning Pieterse wat die regsportefeulje op ons beheerliggaam sal behartig en ook me. Sonja Strydom wat die menslike hulpbronne- en bemarkingportefeulje inneem. Ons is dankbaar dat jul bereid is om die skool op hierdie wyse te dien. Baie sterkte met die taak wat op jul wag!
|
Ons sien baie uit na die konsert saam met die Hugo Lambrechts-musiekskool om 19:00 vanaand - dit gaan werklik iets besonders wees.
|
Ek is doodseker dat mnr. Hugo Lambrechts (skoolhoof by Hoërskool Jan van Riebeeck vanaf 1962 tot 1968) trots sou wees op dit wat die gehoor vanaand gaan beleef - dit is immers hy wat ’n reusebydrae gelewer het tot die uitnemende kultuurskool wat ons vandag steeds is. Sterkte aan ons koor en orkes!
|
**************************************************************************************************
|
PAASEIERS VIR ONS LAERSKOOL EN JAN VAN RIEBEECKERS
|
Die matriekraad hou volgende week 'n paaseierskattejag vir elke graad en die Paashaas besoek ook weer Huppelland en ons laerskool.
|
Hulle vra u hulp asseblief met 'n donasie op Karri of 'n paaseier-donasie (marsmallow-eiers) wat u by me. Steyn kan laat aflewer. By voorbaat dankie vir u ondersteuning!
|
MATILDA-KAARTJIES NOU BESKIKBAAR!
|
Die kaartjieverkope vir 8 tot 13 Mei se aanbieding van Mathilda vorder besonder flink op Webtickets nadat dit verlede week geopen het.
|
Hier volg die indeling van die onderskeie geselskappe se optredes:
|
Maandag, 8 Mei (middag - finale kleedrepetisie) - Hofmeyr
|
Maandag, 8 Mei (aand - finale kleedrepetisie) - Welgemeend
|
Dinsdag, 9 Mei (openingsaand) - Hofmeyr
|
Woensdag, 10 Mei - Welgemeend
|
Donderdag, 11 Mei - Hofmeyr
|
Vrydag, 12 Mei - Welgemeend
|
Saterdag, 13 Mei (middag) - Hofmeyr
|
Saterdag, 13 Mei (aand) - Welgemeend
|
Baie dankie by voorbaat vir u ondersteuning - die leerders sien baie daarna uit om voor groot gehore in die Baxter Teater op te tree!
|
Dit is belangrik dat elke leerder steeds volgende week getrou skool bywoon voordat ons Donderdag op die graadkampe vertrek. Ek verseker u dat daar in alle klasse volstoom gewerk gaan word (al is die boodskap van u kind dalk iets anders), daarom is skoolbywoning baie belangrik.
|
U kind se eerste kwartaal-rapport word op Vrydag, 31 Maart per e-pos aan u gestuur.
|
Indien u kind om ’n geldige rede nie op die graadkamp kan gaan nie en u dit nog nie skriftelik met u kind se graadhoof bevestig het nie, stuur asb. die nodige inligting aan die graadhoof teen eerskomende Maandagoggend om 8:00.
|
Vir enige verdere navrae in die verband, is u welkom om u kind se graadhoof te kontak of met me. Huibrecht Steyn te gesels: huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za.
|
Ouers/Voogde moet asseblief kennis neem dat me. Lin Olivier in die graadhoofposisie waarneem terwyl me. Von Versen met kraamverlof is. Mnr. Jan Henning is steeds assistent-graadhoof vir die groep. U is welkom om met me. Oliver te skakel vir enige graad 11-sake: lin.olivier@janvanriebeeck.co.za.
|
Kliek gerus hier om die volledige 2023-winterprogram af te laai.
|
Onthou asseblief dat die skoolreël vereis dat elke leerder in die skool aan ten minste een somer- en wintersport deelneem. Enige uitsonderings (mediese redes, ens.) moet dringend met mnr. Van Heerden bespreek word en skriftelike bewyse moet gelewer word. Leerders verdien ook sportpunte as deel van hul MBK-punt vir LO.
|
Kliek gerus hier om die nuutste volledige repetisieskedule af te laai. Die volledige rolverdeling is ook hier beskikbaar: Hofmeyr en Welgemeend.
|
Die skoolwinkel is elke Maandag en Woensdag vanaf 13:30 tot 14:30 oop.
|
Langbroeke vir die meisies sal die eerste dag na die skoolvakansie beskikbaar wees.
|
|
|
|
|
|