|
|
|
|
|
Welkom terug aan die hele Jan van Riebeeck-skoolfamilie na ’n kort vakansie. Ek vertrou dat u die tyd saam met u kinders en geliefdes baie geniet het.
|
Ons is gereed vir ’n opwindende tweede kwartaal en sien werklik uit na heelwat aktiwiteite wat voorlê.
|
Ek wil u nou reeds aanmoedig om die naweek van 5 Mei in u dagboeke te omkring. Ons vier dan die skool se verjaardag met ’n massa-reünie en ’n volgelaaide kultuur- en sportnaweek. Die volledige program sal binnekort beskikbaar wees.
|
Ons Matilda-geselskap is ook hard aan die oefen om op openingsaand, 8 Mei, gereed te wees om gehore met vanjaar se produksie te vermaak. Baie dankie aan al die Jan van Riebeeckers wat so getrou en hard werk aan dié produksie en ook aan al die ouers/voogde vir baie opoffering om almal betyds op- en af te laai vir repetisies. Ons waardeer u ondersteuning baie.
|
Koop u kaartjies so gou as moontlik - dit beloof om ’n ongelooflike kultuurbelewenis te wees.
|
Die belangrike Junie-eksamen is natuurlik ook op die agenda en voorlopig skop die eksamen op 23 Mei af. Die finale rooster en reëlings sal binnekort aan u deurgegee word. Ek wil elke Jan van Riebeecker aanmoedig om elke dag jul werk getrou te doen en vroegtydig te begin voorberei vir dié belangrike halfjaareksamen.
|
Mag die nuwe kwartaal vir almal ’n genotvolle en suksesvolle een wees!
|
**************************************************************************************************
|
Ons sien uit na nog ’n mooi modeparade eerskomende Donderdagaand, 20 April, hier in die skoolsaal. Die graad 12's sal met hul matriekdansuitrustings op die planke spog en dit dien ook as ons 2023-graad 10's se eerste fondsinsamelingpoging vir hul aanbieding van die matriekdans in 2024 - ondersteun dus asseblief!
|
OPGEDAGTEERDE 2023-JAARKALENDER
|
Ons het ’n paar aanpassings aan die jaarkalender gemaak en ook nuwe sportbepalings wat intussen deur die onderskeie WP-sportliggame ontvang is, bygewerk.
|
Veranderinge word outomaties op die skool se webblad gedoen, maar kliek gerus hier om die PDF-weergawe af te laai.
|
MATILDA-KAARTJIES NOU BESKIKBAAR!
|
Die kaartjieverkope vir 8 tot 13 Mei se aanbieding van Matilda vorder besonder flink op Webtickets.
|
Hier volg die indeling van die onderskeie geselskappe se optredes:
|
Maandag, 8 Mei (middag - finale kleedrepetisie) - Hofmeyr
|
Maandag, 8 Mei (aand - finale kleedrepetisie) - Welgemeend
|
Dinsdag, 9 Mei (openingsaand) - Hofmeyr
|
Woensdag, 10 Mei - Welgemeend
|
Donderdag, 11 Mei - Hofmeyr
|
Vrydag, 12 Mei - Welgemeend
|
Saterdag, 13 Mei (middag) - Hofmeyr
|
Saterdag, 13 Mei (aand) - Welgemeend
|
Baie dankie by voorbaat vir u ondersteuning - die leerders sien baie daarna uit om voor groot gehore in die Baxter Teater op te tree!
|
Die ouerbesoeke vind eerskomende Dinsdagmiddag en -aand in die skoolsaal plaas. Dit is ’n ideale geleentheid om u kind se vordering en prestasie met die onderskeie vakonderwysers te bespreek. Ons moedig u dus aan om van hierdie geleentheid gebruik te maak!
|
Kliek gerus op die volgende skakel om u afspraak te bevestig:
|
Indien u enige musieknavrae het, kan u 'n afspraak met die vakhoof, mnr. Geruan Geldenhuys, maak. U moet asb. slegs een afspraak per onderwyser maak. Dit is belangrik dat u met u kind bevestig wie sy/haar vakonderwyser is. Let asb. ook daarop dat die volgende vakke deur die spefieke onderwyser aangebied word alhoewel daar slegs een vakonderwyser se naam op u kind se rapport verskyn:
|
- Wiskunde: L. Serrao en W. Cronje
- Wiskundige Geletterdheid: R. Jansen van Vuuren en W. Kastoor
- Lewenswetenskap: H. Steyn en M. Bezuidenhout
- Wiskunde: L. Serrao en E. Du Toit
- Wiskundige Geletterdheid: R. Jansen van Vuuren en W. Kastoor
- Lewenswetenskap: H. Steyn en M. Bezuidenhout
- Wiskunde: H. Klink en E. Du Toit
- Wiskundige Geletterdheid: R. Jansen van Vuuren en W. Kastoor
Indien u enige verdere navrae rondom u kind se uitslae het, is u welkom om die graadhoof te kontak of u kan met ons akademiese hoof, me. Liza Serrao, gesels. Stuur gerus ’n e-pos na liza.serrao@janvanriebeeck.co.za.
|
Suid-Afrikaanse Taalbondeksamen
|
Dié nasionale tweetaligheidseksamen vind eerskomende Maandag tydens die skooldag plaas. Kliek gerus hier om die finale naamlys van leerders wat ingeskryf is, te sien.
|
Graad 12-Afrikaansopvoering: Onderwêreld
|
Alle graad 12’s word uitgenooi om 'n vertoning van hul voorgeskrewe roman, Onderwêreld, saam met hul Afrikaansleerkragte by te woon.
|
Die opvoering vind op 17 Mei om 8:00 by Hoërskool Bellville plaas en die koste beloop R100 per persoon. Busvervoer van die skool en terug word voorsien. Die vertrektyd word later deurgegee, maar dit sal reeds baie vroeg die oggend wees.
|
Ons vertrou dat u kind gisteraand se matriekdans baie geniet het. Dankie aan almal vir 'n besondere suksesvolle en genotvolle aand - ook aan u vir al die hulp met reëlings en ondersteuning van u kind.
|
Ek maak staat op almal se verdere samewerking dat ons matrieks eerskomende Maandag weer 100% korrek en netjies volgens die skool se gedragskode lyk: hare, naels, ens. By voorbaat dankie dat u ons hierin sal ondersteun.
|
Hoërskool Bellville Margaret Pansegrouw-sportdag: 15 April
|
Ons rugby-, netbal- en hokkiespanne neem more aan die Bellville-sportdag deel. Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ons leerders om skouers te skuur met die top sportskole in die Wes-Kaap.
|
Ons sien uit na ’n opwindende winterseisoen!
|
Kliek gerus hier om die volledige 2023-winterprogram af te laai.
|
Elke leerder sal eerskomende Dinsdag tydens register sy/haar finale keuse vir ’n wintersport moet aandui.
|
Onthou asseblief dat die skoolreël vereis dat elke leerder in die skool aan ten minste een somer- en wintersport deelneem. Enige uitsonderings (mediese redes, ens.) moet dringend met mnr. Van Heerden bespreek word en skriftelike bewyse moet gelewer word. Leerders verdien ook sportpunte as deel van hul MBK-punt vir LO.
|
Die koor repeteer eerskomende Maandag weer vanaf 14:30 tot 16:00. Leerders wat ook deel is van die Matilda-rolverdeling, sal verskoon word soos nodig. Geen leerder word vir ander sportaktiwiteite verskoon nie.
|
Ons skoolkoor neem op Donderdag, 25 Mei by Laerskool Gene Louw aan die jaarlikse ATKV-Applous-streeksuitdunne deel. Meer inligting rakende vervoer en ander reëlings sal nader aan die tyd deurgegee word.
|
Kliek gerus hier om die finale repetisieskedule vir die volgende paar weke af te laai. Die volledige rolverdeling is ook hier beskikbaar: Hofmeyr en Welgemeend.
|
Die verskaffers van ons dogters se lang skoolsokkies, het ’n voorbeeldsokkie uit ’n ander, ligter materiaal aan ons gegee. Dit word tans bespreek en sodra goedgekeur, sal elke dogter ’n gratis paar hiervan ontvang.
|
Skooltasse: graad 8 en 9-leerders
|
Indien daar enige probleme met die kwaliteit van u kind se skooltas is, is u welkom om dit met me. Sanette van Loggerenberg te bespreek. Kontak haar gerus by sanette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za.
|
Mooi naweek - ons sien u langs die velde en bane by Bellville!
|
|
|
|
|
|