Wapen (VrydagFiltse)
21 April 2023
facebook instagram custom 
Goeiedag Ouers/Voogde

Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat die afgelope week die ouerbesoeke bygewoon het om oor die vordering van u kind se akademie te gesels. Indien u enige opvolggesprekke of verdere navrae het, moet u asseblief met u kind se vakonderwyser of graadhoof skakel. Dit is belangrik dat u gereeld bly kommunikeer indien u enige bekommernisse oor u kind se vordering het.

Ek doen ’n dringende beroep op u om te verseker dat u kind getrou skool bywoon. Daar is ongelukkig steeds te veel leerders wat eenvoudig te veel afwesig is. Ek herinner ook dat ons, volgens WKOD-bepalings, leerders wat vir 10 opeenvolgende dae afwesig is en nie met die skool daaroor kommunikeer nie, kan deregistreer. Praat gerus indien daar uitdagings is waarmee ons kan help om te verseker dat u kind by die skool is.

Indien u deur die loop van die skooldag op die kampus is, moet u eers by die sekuriteitswag aan diens (meestal Zama) inteken en dan by Ontvangs aanmeld om ’n besoekerskaartjie te ontvang. Ouers/Voogde kan ook onder geen omstandighede direk na enige klaskamer in die skoolgebou beweeg om met u kind of ’n onderwyser te kommunikeer nie. Baie dankie vir u samewerking in die verband.
**************************************************************************************************
WELGEMEEND KONSERTREEKS
Die volgende optrede in die Welgemeend Konsertreeks vind eerskomende Woensdag hier by Welgemeend plaas. Dankie aan mnr. Geldenhuys vir hierdie wonderlike inisiatief. Lees gerus die inligting hier en bespreek u kaartjies so gou as moontlik!

The Cape Consort and Welgemeend Concert Series present: Innamorato. Innamorato translates to "being in love", and the featured music of this wonderful programme will take us through the various aspects of being in love: from the giddy falling in it, to the sincere commitment, and also to the despair of loss. Early Italian Baroque songs by Frescobaldi, Monteverdi, and Strozzi will be in store for concertgoers.

The Cape Consort consists of Antoinette Huyssen (Soprano) Hans Huyssen (Baroque Cello) and Grant Brasler (Harpsichord), who will grace the stage of the Welgemeend on Wednesday, 26 April 2023, at 19:30.
Tickets are R150 available through Quicket, which includes drinks on arrival and after the concert. Don't miss out on this exceptional performance of Italian Baroque love songs.
https://www.quicket.co.za/events/215005-welgemeend-concert-series-and-the-cape-consort-innamorato/

SUIDOOSTERFEES: KOMPLIMENTêRE KAARTJIES
Die skool het heelwat komplimentêre kaartjies vir die Suidoosterfees by Kunstekaap ontvang.
Indien u belangstel om enige van die volgende vertonings by te woon, is u baie welkom om ’n e-pos te stuur na suidooster@janvanriebeeck.co.za. Ons sal reëlings tref om die kaartjies dan by u uit te kry. Onthou om te meld hoeveel kaartjies u graag wil hê.

Ver in die wêreld, Kittie
NATi Musiekteater
kykNET Teater
26-Apr
18:30
70 min
Afskopkonsert met CPYO
Musiekfees
Operahuis
26-Apr
20:00
80 min
Konsert van hoop
Musiekfees
Operahuis
27-Apr
13:00
60 min
20 Musical Moments
Musiekfees
Operahuis
27-Apr
16:00
60 min
Femme is Fatale
NATi Musiekteater
Tent-aktief
27-Apr
18:00
65 min
The Big Bash Theory
Musiekfees
Operahuis
27-Apr
20:00
60 min
OPGEDAGTEERDE 2023-JAARKALENDER
Ons het ’n paar aanpassings aan die jaarkalender gemaak en ook nuwe sportbepalings wat intussen deur die onderskeie WP-sportliggame ontvang is, bygewerk.
Veranderinge word outomaties op die skool se webblad gedoen, maar kliek gerus hier om die PDF-weergawe af te laai.

MATILDA-KAARTJIES NOU BESKIKBAAR!
Die kaartjieverkope vir 8 tot 13 Mei se aanbieding van Matilda vorder besonder flink op Webtickets.

Hier volg die indeling van die onderskeie geselskappe se optredes:
Maandag, 8 Mei (middag - finale kleedrepetisie) - Hofmeyr
Maandag, 8 Mei (aand - finale kleedrepetisie) - Welgemeend
Dinsdag, 9 Mei (openingsaand) - Hofmeyr
Woensdag, 10 Mei - Welgemeend
Donderdag, 11 Mei - Hofmeyr
Vrydag, 12 Mei - Welgemeend
Saterdag, 13 Mei (middag) - Hofmeyr
Saterdag, 13 Mei (aand) - Welgemeend

Bespreek so gou as moontlik u kaartjies om teleurstelling te voorkom. Kliek gerus hier: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1526075243

Baie dankie by voorbaat vir u ondersteuning - die leerders sien baie daarna uit om voor groot gehore in die Baxter Teater op te tree!

AKADEMIE
Cambridge
Cambridge-inskrywings vir die 2023/2024-jaar vir IGCSE en AS se laaste inskrywings sal nog eerskomende Maandag, 24 April aanvaar word. Die A2-leerders kan teen Woensdag 26 April inskryf.
Ouers het 'n e-pos ontvang indien u kind kwalifiseer vir die program.
Indien leerders enige onsekerhede het rondom die program moet hulle me. Meyer
sonet.meyer@janvanriebeeck.co.za of me. Serrao liza.serrao@janvanriebeeck.co.za kontak. Die program sal reeds in die eerste week van Mei afskop.

UK-WISKUNDEKOMPETISIE
Die UK Wiskunde-kompetisie is uitgestel tot die derde kwartaal. Ouers en leerders kan voorlopig Dinsdag, 25 Julie in jul dagboeke neerpen as die nuwe datum. Mnr. Klink sal u op hoogte hou soos ons inligting vanaf die Universiteit Kaapstad ontvang.

Graad 12-Afrikaansopvoering: Onderwêreld
Alle graad 12’s word uitgenooi om 'n vertoning van hul voorgeskrewe roman, Onderwêreld, saam met hul Afrikaansleerkragte by te woon.

Die opvoering vind op 17 Mei om 8:00 by Hoërskool Bellville plaas en die koste beloop R100 per persoon. Busvervoer van die skool en terug word voorsien. Die vertrektyd word later deurgegee, maar dit sal reeds baie vroeg die oggend wees.

SPORT
Baie dankie en geluk aan al ons spanne wat verlede Saterdag uitstekend presteer het by die Bellville-sportdag.
Ons landlopers en tafeltennisspelers het die afgelope week ook kragte gemeet teen onderskeidelik Fish Hoek High School en Bloubergrant. Kliek gerus hier vir die uitslae.

Die naweek se sportprogram vir skaak, rugby en hokkie is hier beskikbaar.

Rugby-, Netbal-, Hokkie- en Tafeltennisbepalings vir Dinsdag, 25 April is hier beskikbaar.

Sterkte aan al ons spanne!

HOKKIE
Ons wil ook graag die volgende leerders wat aan die WP-proewe deelneem, sterkte toewens.
Dogters
o. 14 Amelié Botha, Helene Greeff, Milla Joubert
o. 16 Andrea Brand, Nia Dookens
o. 19 Danielle Brand, Carla Bezuidenhout, Helen Beukes, Chanté du Plessis

Seuns
o. 16 Jamian Schutte, Francois Joubert
o. 19 Tayden Groenewald, Simon van den Berg

Die volgende seuns het reeds verlede week proewe gespeel: Lucan Bender, Stefan Turkstra, Markus Smit

Oefeninge: Enige verskonings vir seuns moet asseblief ten minste 24 uur vooraf aan mnr. Claassen (renier.claassen@janvanriebeeck.coza) en dogters aan me. Van Rensburg (ella.vanrensburg@janvanriebeeck.co.za) gekommunikeer word.

NETBAL
Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is om aan die CTHSN se eerste ronde-proewe gaan deelneem:
o.17 Neena Lonte, Leila Lonte, Cailin Lewis, Xanthe Stevens, Liezel Snijders, Daniella Coetzee
o.16 Klara von Lieres, Simonay Jacobs, Nicole du Bruyn, Anja Liebenberg
o.15 Mia vd Berg, Elle Nortje, Lameez Booysen, Carla Snijders, Nayla Walker, Mia Symington
o.14 Emke van Wyk, Cara Swanepoel, Nell von Lieres, Katya Morris, Mia Fortuin, Erica Marais

Kliek gerus hier vir al die inligting. Spelers moet asseblief eie vervoerreëlings tref.

MUSIEK & MUSIEKTEATER
Skoolkoor
Die koor repeteer eerskomende Maandag weer vanaf 14:30 tot 16:00. Leerders wat ook deel is van die Matilda-rolverdeling, sal verskoon word soos nodig. Geen leerder word vir ander sportaktiwiteite verskoon nie.

ATKV-Applous
Ons skoolkoor neem op Donderdag, 25 Mei by Laerskool Gene Louw aan die jaarlikse ATKV-Applous-streeksuitdunne deel. Meer inligting rakende vervoer en ander reëlings sal nader aan die tyd deurgegee word.

Matilda
Kliek gerus hier om die finale repetisieskedule vir die volgende paar weke af te laai. Die volledige rolverdeling is ook hier beskikbaar: Hofmeyr en Welgemeend.

Mooi naweek - sterkte aan almal betrokke by sport- en kultuuraktiwiteite!

Pieter Rademeyer
Skoolhoof
Email Marketing Powered by MailPoet