|
|
|
|
|
Ons sien baie uit na die massa-reünienaweek wat volgende naweek 5 tot 7 Mei hier by Hoërskool Jan van Riebeeck en die Boshoff-velde plaasvind. Gedurende dié feesnaweek vind daar verskeie aktiwiteite plaas en ons verwelkom talle skole by ons.
|
Volgende Vrydag, 5 Mei, vind daar ook heerlike aktiwiteite by die skool plaas waar ons veral ons alumni wil uitnooi om by ons aan te sluit.
|
10:30 Seniortee vir matrieks van 1949 tot 1966
|
12:15 Stigtingsdag-saalbyeenkoms (Almal welkom)
|
13:30 Reünie-middagete (R150 p.p.) opsioneel en kaartjies kan op Quicket gekoop word.
|
NETBAL @ Hoërskool Jan van Riebeeck
|
Die volgende spanne woon die dag by:
|
Laerskool Jan van Riebeeck o.7 A & B; o.8 A & B; o.9 A & B; o.10 A & B; o.11 A & B; o.10/11 C; o.12 A & B; o.13 A, B & C
|
Laerskool Vredenburg o.7 A & B; o.8 A & B; o.9 A & B; o.10 A & B; o.11 A & B; o.10/11 C; o.12 A & B; o.13 A, B & C
|
Hoërskool Bosmansdam o.14 A & B; o.16 A; o.19 A, B & C
|
Groote Schuur Hoërskool o.14 A & B; o.15 A & B; o.16 A; o.17 A; o.19 A
|
Hoërskool Jan van Riebeeck o.14 A & B; o.15 A & B; o.16 A & B; o.19 A & B
|
RUGBY @ Boshoffveld (De Hooplaan)
|
Laerskool Jan van Riebeeck o.11 A;o.13 A
|
Laerskool Vredenburg o.11 A;o.13 A,
|
Paul Roos o.14; o.16; o.19
|
Hoërskool Jan van Riebeeck o.14; o.16 ; o.19
|
- Volwassenes R25
- Parkering R20
- Kinders R10
- Leerders met skoolklere gratis
Verskeie stalletjies sal beskikbaar wees by die netbalbane asook langs die rugbyvelde. Alle aankope word met koepons/kaartjies gedoen gedurende die dag; dis 'n kontantvrye geleentheid. Koepons kan vooraf gekoop word en by die onderskeie toegangshekke afgehaal word. Koepons kan by die netbalbane en rugbyvelde gebruik word.
|
Kies die sportkode waar u kind betrokke is sodat die koepons by die regte hek afgehaal kan word. Rugby en netbal vind nie op dieselfde perseel plaas nie.
|
16:00 ROG-spitbraai vir alumni en Vriende van Jan van Riebeeck R250
|
10:00 Kerkdiens in die Groote Kerk met kooroptrede deur ons JvR-skoolkoor
|
Moenie hierdie feesnaweek misloop nie – ons sien daarna uit om u almal volgende naweek hier by JvR te verwelkom!
|
**************************************************************************************************
|
AKADEMIESE ROOSTER: DINSDAG, 2 MEI 2023
|
Let asseblief daarop dat ons op Dinsdag, 2 Mei ’n Vrydagrooster volg.
|
Leerders moet asseblief verseker dat hul die korrekte boeke inpak vir hierdie skooldag.
|
WINTERSDRAG VANAF DINSDAG, 2 MEI 2023
|
Ons skakel na die langnaweek oor na volle wintersdrag. Verseker asseblief dat u kind korrek geklee is wanneer hul op 2 Mei terugkeer skool toe.
|
Let asseblief weer op volgende:
|
Die nuwe roomkleurige romp word met vlootblou sykouse gedra. Die sykouse is by die JvR-skoolwinkel of Woolworths (44 Decitex opaque navy) beskikbaar.
|
Die vlootblou romp word ook vanaf verlede jaar reeds met vlootblou sykouse (en nie meer swart sykouse nie) gedra.
|
Dogters mag die vlootblou langbroek met vlootblou sykouse of vlootblou sokkies (nie wit sokkies nie) dra.
|
Seuns mag in die winter kort- of langbroeke dra (grys of roomkleurig) en die nuwe
|
vlootblou sokkies saam met die roomkleurige broek of grys sokkies saam met die grys broek.
|
|
ONZE JAN-BORGVORMS: KWARTAAL 2
|
Die tweede uitgawe van ons skoolkoerant verskyn aan die einde van die kwartaal en u/u onderneming word weer uitgenooi om ’n advertensie in dié tydskrif te bespreek.
|
Kliek gerus hier om na al die opsies te kyk. By voorbaat dankie vir u ondersteuning.
|
OPGEDAGTEERDE 2023-JAARKALENDER
|
Ons het ’n paar aanpassings aan die jaarkalender gemaak en ook nuwe sportbepalings wat intussen deur die onderskeie WP-sportliggame ontvang is, bygewerk.
|
Veranderinge word outomaties op die skool se webblad gedoen, maar kliek gerus hier om die PDF-weergawe af te laai.
|
MATILDA-KAARTJIES NOU BESKIKBAAR!
|
Die kaartjieverkope vir 8 tot 13 Mei se aanbieding van Matilda vorder besonder flink op Webtickets.
|
Hier volg die indeling van die onderskeie geselskappe se optredes:
|
Maandag, 8 Mei (middag - finale kleedrepetisie) - Hofmeyr
|
Maandag, 8 Mei (aand - finale kleedrepetisie) - Welgemeend
|
Dinsdag, 9 Mei (openingsaand) - Hofmeyr
|
Woensdag, 10 Mei - Welgemeend
|
Donderdag, 11 Mei - Hofmeyr
|
Vrydag, 12 Mei - Welgemeend
|
Saterdag, 13 Mei (middag) - Hofmeyr
|
Saterdag, 13 Mei (aand) - Welgemeend
|
Baie dankie by voorbaat vir u ondersteuning - die leerders sien baie daarna uit om voor groot gehore in die Baxter Teater op te tree!
|
Assesserings- en intervensieprogram vir Kwartaal 2
|
Kliek gerus hier om die kwartaal se assesserings- en intervensieprogram af te laai. Leerders moet asseblief getrou intervensieklasse bywoon - die eksamen is om die draai! Ons sal volgende week die finale eksamenrooster aan u stuur. Die eksamen begin op Donderdag, 25 Mei.
|
Cambridge-inskrywings vir die 2023/2024 jaar vir IGCSE, AS en A2 sluit vandag.
|
Ouers het 'n e-pos ontvang indien hul kind kwalifiseer vir die program.
|
U aansoek kan by me. Meyer ingedien word.
|
Leerders wat privaat inskryf vir die program, sal nie kwalifiseer om by Hoërskool Jan van Riebeeck eksamen te skryf nie. Die program sal voorlopig op 8 Mei 2023 afskop en die onderskeie lestye sal aan die leerders teen 5 Mei 2023 gekommunikeer word.
|
AFRIKAANS SENIOR ATKV-OLIMPIADE
|
Hierdie olimpiade vind plaas op Dinsdag,16 Mei om 14:25 vir 14:30 in die RTT-lokaal plaas. Kliek hier om seker te maak of u kind ingeskryf is vir hierdie olimpiade. Sterkte!
|
Graad 12-Afrikaansopvoering: Onderwêreld
|
Alle graad 12’s word uitgenooi om 'n vertoning van hul voorgeskrewe roman, Onderwêreld, saam met hul Afrikaansleerkragte by te woon.
|
Die opvoering vind op 17 Mei om 8:00 by Hoërskool Bellville plaas en die koste beloop R100 per persoon. Busvervoer van die skool en terug word voorsien. Die vertrektyd word later deurgegee, maar dit sal reeds baie vroeg die oggend wees.
|
Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Drama
|
Die drama-afdeling van vanjaar se eisteddfod vind op Saterdag, 20 Mei, hier by ons skool plaas. Alle leerders wat ingeskryf is in dié afdeling, moet asseblief onthou van hul repetisie volgende Woensdag, 3 Mei direk na skool in me. Taljaard se klas.
|
Sterkte met jul voorbereiding - ons sien weer uit na puik optredes en uitslae!
|
Ons skoolkoor het 'n bedrywige paar weke wat voorlê en ons verstaan dat daar menige ander aktiwiteit ook gebeur, maar na so 'n suksesvolle uitvoering by Hugo Lambrechts in Maart, beloof 2023 om 'n groot jaar vir ons te wees.
|
Hier volg die reëlings rondom repetisies en optredes vir Meimaand:
|
Woensdag, 3 Mei: Repetisie 7:00 tot 8:00 (voor skool)
|
Sondag, 7 Mei: Uitvoering by Groote Kerk as deel van JvR-Reünienaweek om 10:00
|
Woensdag, 10 Mei: Repetisie, 7:00 tot 8:00 (voor skool)
|
Maandag, 15 Mei: Repetisie, 14:15 tot 17:00
|
Dinsdag, 16 Mei: Optrede by skool se musiekaand om 18:30
|
Vrydag, 19 Mei: Repetisie, 14:30 tot 18:30
|
Maandag, 22 Mei: Repetisie, 14:15 tot 16:00
|
Dinsdag, 23 Mei: na skool (tye sal bevestig word)
|
Woensdag, 24 Mei: Repetisie (tye sal bevestig word)
|
Donderdag, 25 Mei: Optrede by Laerskool Gene Louw as deel van die ATKV-Applous Nasionale Koorkompetisie se streeksfees om 19:00. Die bus sal om 16:30 vanaf die skool vertrek. Ons optrede is 20 minute en dan gaan die leerders weer terug huis/skool toe.
|
Baie sterkte aan ons koorlede - ons sien uit na hierdie optredes!
|
Kliek gerus hier om die finale repetisieskedule vir die volgende paar weke af te laai. Die volledige rolverdeling is ook hier beskikbaar: Hofmeyr en Welgemeend.
|
Die skoolwinkel is op Maandae en Woensdae vanaf 13:30 tot 14:30 oop.
|
|
|
|
|
|