Wapen (VrydagFiltse)
5 Mei 2023
facebook instagram custom 
Goeiedag Ouers/Voogde

Ons massa-reünienaweek het aangebreek en dit was heerlik om vandag reeds soveel oudleerders hier by ons skool te verwelkom vir ons Stigtingsdagseremonie.
Ons sien baie daarna uit om al ons leerders, ouers, laerskoolouers, oudleerders en vriende van die skool deur die loop van die feesnaweek hier by ons kampus te verwelkom.

Die sportdag begin om 8:00 wanneer ons eerste spanne-voorstelling by die netbalbane plaasvind. Hier volg die paar logistieke reëlings weer:

Toegang:
  • Volwassenes R25
  • Parkering R20
  • Kinders R10
  • Leerders met skoolklere: gratis (Jan van Riebeeckers woon die dag in volle skooldrag by)
Verskeie stalletjies sal beskikbaar wees by die netbalbane asook langs die rugbyvelde. Alle aankope word met koepons/kaartjies gedoen gedurende die dag; dis 'n kontantvrye geleentheid. Koepons kan vooraf gekoop word en by die onderskeie toegangshekke afgehaal word. Koepons kan by die netbalbane en rugbyvelde gebruik word.
Kies die sportkode waar u kind betrokke is sodat die koepons by die regte hek afgehaal kan word. Rugby en netbal vind nie op dieselfde perseel plaas nie.

Ons nooi u ook graag uit om 10:00 Sondagoggend die naweek saam met ons af te sluit tydens ’n spesiale kerkdiens in die Groote Kerk. Ons skoolkoor tree ook hier op.

Kom vier 97 jaar van HSJvR-uitnemendheid saam met ons!
**************************************************************************************************
MATILDA-KOORS LOOP HOOG!
Ons is baie opgewonde om eerskomende Maandag, 8 Mei ons Jan van Riebeeckers op die Baxter-verhoog te sien wanneer ons jaarlikse musiekblyspel afskop.
Baie geluk aan die hele produksiespan en geselskap met nog ’n puik poging vanjaar - ek kan u verseker dat u baie beïndruk gaan wees met dit wat volgende week gaan gebeur. Baie sterkte aan almal betrokke!

Hier volg die indeling van die onderskeie geselskappe se optredes:
Maandag, 8 Mei (middag - finale kleedrepetisie) - Hofmeyr
Maandag, 8 Mei (aand - finale kleedrepetisie) - Welgemeend
Dinsdag, 9 Mei (openingsaand) - Hofmeyr
Woensdag, 10 Mei - Welgemeend
Donderdag, 11 Mei - Hofmeyr
Vrydag, 12 Mei - Welgemeend
Saterdag, 13 Mei (middag) - Hofmeyr
Saterdag, 13 Mei (aand) - Welgemeend

Bespreek so gou as moontlik u kaartjies indien u dit nog nie gedoen het nie. Kliek gerus hier: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1526075243

ONZE JAN-BORGVORMS: KWARTAAL 2
Die tweede uitgawe van ons skoolkoerant verskyn aan die einde van die kwartaal en u/u onderneming word weer uitgenooi om ’n advertensie in dié tydskrif te bespreek.
Kliek gerus hier om na al die opsies te kyk. By voorbaat dankie vir u ondersteuning.

CLAUDIA STIPP MAAK MOOI VOORSKOTE
Ons ondersteun graag ’n baie ondernemende Claudia in graad 12 wat deesdae haar eie voorkootreeks het. Kliek gerus hier om die voorbeelde te sien en ondersteun gerus hierdie jong JvR-entrepreneur!

AKADEMIE
Assesserings- en intervensieprogram vir Kwartaal 2
Kliek gerus hier om die kwartaal se assesserings- en intervensieprogram af te laai. Leerders moet asseblief getrou intervensieklasse bywoon - die eksamen is om die draai! Die eksamen begin op Donderdag, 25 Mei.

Proverto Olimpiade
Die eerste ronde van vanjaar se Proverto (Handelsvakke)Olimpiade vind eerskomende Woensdag, 10 Mei in me. Meyer se klas plaas.
Die eksamen is vanaf 14:15 tot 17:15 indien leerders al drie komponente skryf: Besigheidstudies, Rekeningkunde en Ekonomie.
Leerders wat slegs een komponent skryf, het een uur skryftyd. Sou leerders die vraestel in ’n korter voltooi, kan hul die lokaal verlaat.
Indien leerders enige navrae het kontak gerus vir me. Meyer. 'n Uitnodiging is aan alle leerders gestuur op Google Classroom met bronne ter voorbereiding vir die olimpiade.

Afrikaans Junior ATKV-Olimpiade
Alle graad 8- en 9-leerders word genooi om in te skryf vir vanjaar se olimpiade. Die koste beloop R50 per leerder. Die sluitingsdatum is Maandag, 22 Mei om 14:05.

Afrikaans Senior ATKV-Olimpiade
Hierdie olimpiade vind plaas op Dinsdag,16 Mei om 14:25 vir 14:30 in die RTT-lokaal plaas. Kliek hier om seker te maak of u kind ingeskryf is vir hierdie olimpiade. Sterkte!

Fisiese Wetenskappe-kompetisie - slegs vir graad 12’s
Datum: 18 Mei
Tyd: 15:00-17:00
Plek: IT-laboratorium
Die volgende leerders neem deel: Daniel Grutter, Gerard Snijders, Paul Schultz, Adrian Huysamen, Simon van den Berg, Stef Mostert en Stefan Turkstra

UP-Wiskundekompetisie
Hierdie kompetisie vind op 14 Augustus vanaf 14:00-16:00 plaas en alle graad 8- tot 11-Wiskundeleerders kan deelneem.

Ons wil vanjaar graag alle ouers/voogde vra om u kind aan te moedig om aan die Wiskundeolimpiade deel te neem. Hierdie olimpiade fokus op Wiskunde en die waarde van probleemoplossing en ontdekking. Dit bied ook vir u kind blootstelling aan alternatiewe Wiskundeprobleme.

Die inskrywingsfooi is betaalbaar op Karri. Die koste per inskrywing is R30 per leerder en die sluitingsdatum is 20 Mei. Daar is weer vanjaar ‘n opsie om ‘n donasie te maak.

SPORT
Sportprogram: Saterdag, 6 Mei
Baie sterkte aan al ons sportspanne wat more deelneem - ons hoop dit gaan goed met jul almal. Hier is die naweek se sportrooster weer.

Sportprogram: 8 tot 13 Mei
Kliek gerus hier om volgende week se sportprogram af te laai. Sterkte!

Bergfietsry
Die volgende bergfietsry-wedloop vind môre by Southey Wine Estate in Somerset-Wes plaas. Ons ryers op die dag is Werner Seraphim, Migael Smuts en Caleb Phillips en Stephan Malan van ons laerskool gaan ook saam met ons jaag. Die wegspringtyd is 13:15 en ons bussie vertrek om 10:30. Baie sterkte, Jan van Riebeeckers!

VERRYKINGSPROGRAM
Filmit-kompetisie 2023
Inskrywings vir die jaarlikse Filmit-kompetisie sluit eerskomende Maandag, 8 Mei om middernag. Enige leerder wat belangstel kan die skakel hieronder volg om meer inligting oor die kompetisie te bekom en die inskrywingsvorm af te laai.
Kontak gerus me. van der Walt met enige navrae. https://paulroos.co.za/filmit/

Kuns- en fotografiekompetisies
Alle Jan van Riebeeckers word uitgenooi om vir die volgende kreatiewe kompetisiegeleenthede in te skryf:
Kaapse Afrikaanse Eisteddfod vir Kuns en Fotografie (Gr. 8-12) – die sluitingsdatum vir inskrywings is 23 Junie.
Die FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo vir Kuns en Fotografie (Gr. 8-12) – sluitingsdatum is 18 Julie.
Die Tygerberg Kunssentrum Portretkompetisie vir Gr. 8-10-leerders (Kuns) - sluitingsdatum is 31 Augustus.
Alle inligting is by Me. Vrey beskikbaar.

Bloedskenk: 15 Mei 2023
Ouers en leerders vanaf 16 jaar oud word hartlik uitgenooi om ook saam te kom bloedskenk op Maandag, 15 Mei
Plek: Skoolsaal
Tyd: 10:00 – 14:00
Leerders wat EERSTE skenkers is, moet asb. ’n vorm by mev. Turkstra kry wat deur hul ouers onderteken moet word.

MUSIEK & MUSIEKTEATER
Skoolkoor
Ons skoolkoor het 'n bedrywige paar weke wat voorlê en ons verstaan dat daar menige ander aktiwiteit ook gebeur, maar na so 'n suksesvolle uitvoering by Hugo Lambrechts in Maart, beloof 2023 om 'n groot jaar vir ons te wees.

Hier volg die reëlings rondom repetisies en optredes vir Meimaand:
Sondag, 7 Mei: Uitvoering by Groote Kerk as deel van JvR-Reünienaweek om 10:00
Woensdag, 10 Mei: Repetisie, 7:00 tot 8:00 (voor skool)
Maandag, 15 Mei: Repetisie, 14:15 tot 17:00
Dinsdag, 16 Mei: Optrede by skool se musiekaand om 18:30
Vrydag, 19 Mei: Repetisie, 14:30 tot 18:30
Maandag, 22 Mei: Repetisie, 14:15 tot 16:00
Dinsdag, 23 Mei: Repetisie, 14:15 tot 16:00
Woensdag, 24 Mei: Repetisie, 14:15 tot 16:00
Donderdag, 25 Mei: Optrede by Laerskool Gene Louw as deel van die ATKV-Applous Nasionale Koorkompetisie se streeksfees om 19:00. Die bus sal om 16:30 vanaf die skool vertrek. Ons optrede is 20 minute en dan gaan die leerders weer terug huis/skool toe.

SKOOLWINKEL
Die skoolwinkel is op Maandae en Woensdae vanaf 13:30 tot 14:30 oop.

Geniet die naweek - ons sien mekaar langs die sportveld!

Pieter Rademeyer
Skoolhoof
Email Marketing Powered by MailPoet