|
|
|
|
Belangrike Datums
Februarie 25, 2021 Swemgala – Groote Schuur
Maart 4, 2021 Swemgala - Springfield
|
|
|
Belangrike Sake
|
- Baie dankie aan al die ouers wat bygedra het om die Matriekplein langs die saal op te kikker en mooi te maak. Die graad 12's het die bankies geskenk en gaan vandag tydens Witrokdag die plein amptelik open.
- Namens die onderwysers en skool wil ons die matrieks baie sterkte toewens met hulle eindeksamen wat amptelik op Woensdag 23 Oktober begin. Hulle maak vandag klaar met skool en sal volgende week die geleentheid kry om te blok. Ons hou duimvas vir baie goeie uitslae!
- Gedurende die derde kwartaal het daar twee baie belangrike dissiplinêre verhore plaasgevind. Een leerder was skuldig aan dwelmverwante misdrywe en die ander leerder was betrokke by 'n geweldadige insident. Die WKOD het, na ongelooflike deeglike werk en prosedures gevolg deur die Beheerliggaam se Dissiplinêre Komitee, die twee leerders permanent geskors.
- Volgende Donderdagaand is die skool se Merieteseremonie en die Vrydagoggend vind die Sertifikaatplegtigheid plaas. Leerders wat toekennings ontvang moet asseblief in wintersdrag geklee wees. (Geen serpe asseblief.)
|
|
Nuus
|
|
|
Gerhard deur na die finaal
|
Gerhard Joubert (graad 12) het gisteraand (10 Oktober) uitgehaal en gewys en is aangewys as een van die ses finaliste in die landswye National Youth Music Competition vir jong klassieke musici tot die ouderdom 19 jaar. Hy en die ander finaliste speel môre-aand (12 Oktober) om 19:00 in die finale konsert by Hugo Lambrechts. FMR saai dit regstreeks uit en dit word ook ge-"livestream' op hulle Facebook-bladsy. Gerhard gaan die Chopin Klavierkonsert in e-mineur (deel 1) saam met die orkes speel. Baie geluk, Gerhard! Ons hou duimvas vir die finale rondte!
|
|
|
|
|
Oudleerder maak naam
|
Ons is altyd trots op ons oudleerders wat presteer! Johannes le Roux (matriek 2007) is een van die baasbreine agter die Duchess-drankie wat tans gewildheid (en pryse) oorsee behaal!
|
|
|
|
|
Matrieks gaan groet by laerskole
|
Die matrieks wat by Laerskool Jan van Riebeeck en Laerskool Simon van der Stel hulle babaskoene agtergelaat het, het hierdie week finaal gaan groet voor die eindeksamen afskop. Dit was 'n wonderlike geleentheid vir die leerders om vir 'n slag met ou bekendes te kuier.
|
|
|
|
|
Afrikaans onderwyser gesoek!
|
https://www.facebook.com/HSJanvanRiebeeck/photos/a.175682939295760/1179179218946122/?type=3&theater
|
|
|
|
|
Sport-, Kultuur en Akademiese programme
|
|
|
Kultuurprogram 14-19 Oktober
|
Sien asseblief die week se kultuurprogram hieronder.
|
Alle kultuurnavrae kan aan mnr Geruan Geldenhuys by geruan.geldenhuys@janvanriebeeck.co.zagerig word.
|
|
|
|
|
Sportprogram 14-19 Oktober
|
Sien asseblief die week se sportprogram hieronder.
|
Alle sportnavrae kan aan mnr Ruvan Prinsloo by sport@janvanriebeeck.co.za gerig word.
|
|
|
|
|
|
|