|
|
|
|
|
Daar is ’n baie fyn balans en klein verskil tussen alles in hierdie lewe.
|
Dié insiggewende woorde het ek jare gelede raakgelees, en hoewel ek nie meer kan onthou wie dit geskryf het nie, het dit onlosmaaklik deel geword van my daaglikse waarnemingsproses asook my eie optrede.
|
Daar is myns insiens ’n fyn lyn wat onsigbaar getrek word in die klein verskil tussen goed en sleg (voorbeeld: dis goed dat ’n mens jou kind wil beloon vir goeie werk, maar sleg as hy/sy net vir jou, en nie vir sy/haar eie goedkeuring nie, werk), tussen waar en onwaar; tussen opregtheid en valsheid... en die kuns, glo ek, is om ‘n mate van balans hiervoor te probeer vind.
|
In die skoollewe (en ons almal se werklewe!) geld dieselfde reëls: daar is ’n fyn, fyn balans tussen korrek of té korrek optree; om vinnig te werk, of té vinnig te werk. Ons oumas het hoeka gewaarsku dat alles met ‘n ‘te’ gewoonlik verkeerd is.
|
Want voor eerste pouse om tienuur, het ons (wéér) klaar van die wa afgeval; hel ons weegskaal oor na die een kant toe omdat ons te maklik vergeet van die alternatief. En die rede hoekom daar ’n alternatief is.
|
Daarom is dit nodig dat ons hier aan die begin van ’n nuwe kwartaal vir mekaar sê: Dis nou back to basics en daarvoor het ek ’n tweede-kwartaal-plan nodig. Goed of sleg, waar of onwaar; nodig of onnodig - in alles hét ek ‘n keuse… en beslis balans nodig.
|
Groet mekaar vriendelik in die oggend. Tree so op dat mense jou vriendelik wil groet in die oggend. Wees betyds vir skool en werk. Bly later as dit moet. Lag vir jou nalatigheid soms. Moenie as nalatig bekendstaan nie. Gee jou maat of kollega se pen terug waarna jy vinnig gegryp het toe jy dringend iets moes neerskryf. Vergewe jou maat of kollega as hy per ongeluk vergeet het om jou pen terug te gee toe hy dringend iets moes neerskryf.
|
Sê jou sê by vergaderings en in die klas. Diplomasie dui meestal op emosionele intelligensie. Let op jou taalgebruik. Gebruik jou taal. Bou vriendskappe. Vermy alliansies. Respekteer jou medeskoliere. Dwing respek af deur jou optrede. Stel altyd ’n goeie voorbeeld. Volg altyd goeie voorbeelde na. Bly beskeie na sukses. Beskeie bydraes lei nie tot sukses nie. Moenie mekaar lelik uitdaag nie. Daag jouself gedurig uit. Besef die hiërargiese grense en beperkinge in die skool. Drome word slegs waar as jy deur jou eie grense kan breek. Wees lojaal teenoor jou skool. Lojaliteit is ongelukkig nie al vereiste van skooltrots nie. Wees baie beslis oor jou standpunte. Wees baie beslis oop vir ander se standpunte.
|
Behou die eenvoud in alle situasies. Onnodige ingewikkeldheid is te ingewikkeld om vol te hou. Werk aan jou swakpunte. Werk veral aan jou sterkpunte. Luister goed na opbouende kritiek. Luister krities na afbrekende woorde. Behou jou geloofwaardigheid in alles wat jy sê. As vriende jou woord eers betwyfel, is die enigste waarheid die feit dat als moontlik ’n leuen kan wees. Wees anders. En bly tog altyd dieselfde. Gun ander die ruimte om hul persoonlikheid en identiteit uit te leef. Moenie jou persoonlikheid en identiteit op ander afdwing nie.
|
Moenie gaan lê na teleurstelling nie. Moenie op jou louere rus na sukses nie. Tree met integriteit op. Moet ook nie vir jouself jok nie. Probeer altyd die probleem oplos. Verhoed dat jy die probleem raak wat ander moet probeer oplos. Gee honderd persent vir jou skool en werk. En tweehonderd persent vir jou geliefdes.
|
Aanvaar die uitdaging om aan die begin van ’n nuwe kwartaal ook jou weegskaal min of meer in die middel te laat balanseer. Sterkte!
|
JVR-FLIEKAAND: WOENSDAG, 12 MEI (Kom ons hou duimvas!)
|
Fliek: The Greatest Showman
|
Kaartjies vir leerders en ouers/voogde kan via Karri gekoop kan word.
|
Daar sal kosverkope wees; dus mag leerders geen eet- of drinkgoed saambring na die geleentheid toe nie. Leerders kan komberse saamneem, maar wees asseblief bewus dat sakke om veiligheidsredes deursoek sal word.
|
Leerders en ouers moet asseblief by die parkeerarea (by Zama) aanmeld waarna hulle met busse (vanaf 17:00-18:15) na die boonste rugbyveld vervoer word. Geen ouer/voog moet leerders by die veld kom aflaai nie, as gevolg van die beperkte parkering bo.
|
Leerders en ouers sal dan na afloop van die fliekaand (20:30) vanaf die rugbyveld na die skool toe vervoer word.
|
Ons het vandag ons DERDE verrykingsperiode gedurende register geniet om ons waardegedrewe onderrigprogram voort te sit.
|
Ek vra ons ouers/voogde se ondersteuning in hierdie proses ook.
|
Gesels met u kind oor ons JvR-waardes: Integriteit, Respek, Eerlikheid, Trots, Betroubaarheid, Regverdigheid, Medemenslikheid, Volharding, Verantwoordelikheid.
|
Kyk hier na die Powerpoint wat vanoggend behandel is.
|
NUWE SKOOLBERADER: ALBERT KEET
|
Mnr. Albert Keet het hierdie week as skoolberader by ons aangesluit. Hy is op Dinsdae en Donderdae vanaf 10:30 tot 14:30 beskikbaar om met ons leerders te werk.
|
Indien u graag ’n afspraak vir u kind wil bespreek, is u welkom om ’n e-pos te stuur na berader@janvanriebeeck.co.za.
|
WELGEMEEND SE POP UP/ OPWIP-MARK
|
Welgemeend bied vanaf 10 tot 12 Junie ’n unieke ouwêreldse uitstalling van kuns en mooigoed aan - ’n eerste waarna ons baie uitsien!
|
Vertel solank vir al u vriende en teken die datum in u dagboek aan.
|
Kliek hier vir meer inligting.
|
Ons spog in Mei-maand met ons trotse oudleerders - geniet die reeks saam met ons! Loer gerus elke dag na ons Facebookblad om te sien watter merkwaardige oudleerders eens in die JvR-skoolbanke gesit het: https://www.facebook.com/HSJanvanRiebeeck
|
Detensiesessies sal voortaan vir alle grade op Vrydae vanaf 14:15 tot 15:15 plaasvind. 100 strafpunte is gelykstaande aan ’n uursessie en indien ’n leerder meer as 100 punte verdien het, sal hy/sy ’n daaropvolgende Vrydagsessie moet bywoon.
|
Ouers/Voogde sal weekliks op Woensdae ’n brief ontvang met die besonderhede rondom die oortredings en ons sal ook ’n SMS aan u stuur. Teken asseblief die strokie en stuur dit saam met u kind terug na die graadhoof.
|
Ek doen ’n dringende beroep op u om te verseker dat u kind aan geen "amptelike" Jan van Riebeeck-klasgroep op Whatsapp of enige ander platform behoort nie.
|
Die skool kan nie die inhoud van dié groepe beheer nie en wil daarom nie hê dat enige leerder aan hierdie soort groep behoort nie. Alle amptelike inligting word op Google Classroom onder die graadgroep gelaai en daarom is daar nie ’n nodigheid vir verdere klasgroepe nie.
|
FYI PLAY IT SAFE - SELFOONTOEPASSING
|
In die digitale wêreld, en veral met ons leerders wat meer tyd op sosiale platforms bestee, is ouers bekommerd oor dit waaraan ons kinders blootgestel word. Tot onlangs het ons ongelukkig nog net hulp gehad van toepassings wat ons help om kinders se skermtyd asook ouderdomsbeperkings na sekere inhoud te beheer.
|
Maar as ouers wil weet wat regtig aangaan, word hulle genoodsaak om deur klompe boodskappe te lees en seker te maak hulle weet wat in alle speletjies se kletskamers en sosiale media- profiele aangaan. Wat dit deesdae moeiliker maak is dat boodskappe of die geskiedenis van digitale aktiwiteit maklik uitgevee kan word.
|
Die nuwe toepassing, FYI play it safe, is ontwikkel om vir ouers ‘n pro-aktiewe kennisgewing te gee wanneer hulle kinders blootgestel word aan tekens van kuberboelies (cyberbullying) met volwasse inhoud soos sexting of pornografie in aanraking kom, tyd spandeer deur met vreemdelinge te praat, tekens wys van depressie, selfskade of selfs selfdood.
|
Aangesien me. Best ’n ouer van Hoërskool Jan van Riebeeck is, het sy ook ingestem om vir ons skool se ouers ’n afslag van 30% op die produk aan te bied. Gebruik die kode hsjvr2021 tydens die registrasieproses om vir dié afslag te kwalifiseer. Ons het groot waardering hoervoor!
|
GRAAD 8-OUER-EN-KIND-PRAATJIE
|
Riglyne vir ouers en leerders oor die gebruik van selfone en sosiale media
|
Ons bied op Woensdag, 26 Mei, ’n praatjie aan wat deur me. Rachelle Best van FYI play it safe gefasiliteer word oor riglyne vir die gebruik van selfone en sosiale media.
|
Ouers, saam met hul gr.8-leerders, word uitgenooi na dié baie nodige gesprek.
|
Die geleentheid begin om 17:30 in die skoolsaal en sal nie later as 19:00 eindig nie.
|
Ek versoek vriendelik dat al ons graad 8-ouers en hul kinders hierdie geleentheid bywoon.
|
SKOOLKALENDER: KWARTAAL 2
|
Die datums vir die kwartaal is by hierdie skakel beskikbaar: https://janvanriebeeck.co.za/kalender/
|
ME. ILSE PAUW-BOEKSKENKING‘
|
n Hartlike dank aan Ilse Pauw, gewese Engelsonderwyseres by Laerskool Jan van Riebeeck en ma van Christoff en Theodore Pauw, vir die reuse en welkome boekskenking van haar seuns se jeugboeke.
|
Die byvoeging van die groot aantal nuwe Engelse jeugboeke is 'n welkome toevoeging tot die biblioteek se verouderde Engelse fiksieafdeling.
|
Die flukse en vrolike gr. 9- en 10-biblioteekassistente wat gister gehelp uitsorteer en uitpak het, laat 'n mens dink aan CJ Langenhoven se gedig:
|
Dis die smorende vuur wat swaarkry en tog nie die kos kan gaarkry. Dis die vrolike vlam wat klap en kraak dis hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak en sy swaarkry met lekkerkry klaarkry. C.J. Langenhoven (Sagmoedige Neelsie)
|
Ons nooi alle Jan van Riebeeckers en hul ouers/voogde uit na ’n besondere Hemelvaartdiens volgende Donderdagoggend, 13 Maart, om 7:15 in die NG Gemeente Tamboerskloof in Upper Unionstraat. Leerders sal in ’n groep stap om weer om 8:00 terug te wees by die skool.
|
ROOSHEININGPROJEK: BORG ’n ERFENISROOS
|
Ons nooi alle leerders, oudleerders en ouers uit om ons in ons roosheiningprojek te ondersteun! Ons beplan om ’n besondere roosheining langs die balustrade tussen Kampstraat en die netbalbane te plant om die kantaansig van die kampus te verfraai.
|
Raak deel van hierdie wonderlike projek deur ’n roosboom te borg en sodoende u naam te verewig by u skool. Ons sal naamplaatjies aanbring van almal wat ’n roosboom geborg het. Stuur asb. u naam/versoeke deur na roos@janvanriebeeck.co.za. Hierdie adres kan ook vir enige navrae rondom dié projek gebruik word.
|
Die borgskap beloop R200 per roosboom. Betalings kan via Karri gedoen word of in die Vriende van Welgemeend se rekening gedeponeer word:
|
Friends of Welgemeend and Boerneef Collection Standard Bank Rekening no: 67 671 2339 Bankkode: 020009 Verwysing: Roos_naam en van Betalingsbewys kan per e-pos gestuur word na roos@janvanriebeeck.co.za.
|
Ons is so dankbaar vir ons Vriende van Welgemeend en Boerneefversameling wat hierdie projek vir ons gaan administreer.
|
Baie dankie solank vir u ondersteuning!
|
Ons beplan ’n reeks kort kursusse waarin ons leerders puik nuwe lewensvaardighede gaan aanleer.
|
TANNIE KATINKA SE TAFEL- EN ANDER MANIERE (hedendaagse etiket)
|
Tannie Katinka is ’n lieflike 80-jarige tannie wat ’n passie het om hierdie juweeltjies met ons Jan van Riebeeckers te deel!
|
’n Kursus van dié aard wat vir ons jongmense beplan word, sal baie informeel, selfs gemoedelik en met veel humor aangebied moet word. Die wêreld waarin ons ons in 2021 bevind, is nie dieselfde as in 1920 nie - heelwat reëls vir goeie gedrag wat "daardie tyd gegeld het", is nie meer vandag van toepassing nie. Die woord “reëls” word vandag in elk geval vermy. Tannie Katinka verkies persoonlik om die term “voorstel” of “voorskrif” te gebruik. En vir elke “voorskrif” MOET daar ’n rede wees; dit moet nie sommer net bestaan omdat iemand om een of ander rede en op een of ander tydstip daarop besluit het nie...
|
Die volgende temas gaan bespreek word:
|
- Tafelmaniere, wat alles kan insluit wat aan tafel gebeur: van tafel dek tot hoe om ’n mes vas te hou
- Hoe om iemand voor te stel en hedendaags aan te spreek
- Bedagsaamheid teenoor ouers, onderwysers, werkers, en ander
- Algemene gesprekvoering
- Selfoon en sosiale media-maniere
- Bedankings
- Briewe, whatsapp en SMS-boodskappe
- Die kuiergas
- In die restaurant
- Verliefdes se gedrag in openbare plekke
- Op die sportveld
- Kleredrag
Enige vrae wat ons Jan van Riebeeckers het, behoort breedvoerig deur tannie Katinka beantwoord te word.
|
Kursusfooi: R200 per leerder; 4 uur-kursus (minimum van 10 leerders per groep)
|
Ons gee nog geleentheid tot Woensdag, 12 Mei, vir belangstellendes om in te skryf vir dié besondere kursus.
|
Besprekings: kortkursus@janvanriebeeck.co.za.
|
Ons personeel het met ’n vaart weggespring die week en baie akademiese werk is afgehandel. Moedig asseblief u kind aan om getrou sy/haar huiwerk te doen en om nie agter te raak nie. Die mini-eksamen begin voorlopig op 17 Junie en die rooster sal binnekort beskikbaar wees.
|
Dankie ook aan al die ouers/voogde wat ons onderwysers tydens die oueraand besoek het om oor die vordering van u kind te gesels.
|
U is welkom om die onderwysers via e-pos te kontak indien u nog verder oor u kind se vordering wil gesels.
|
Ons het op 23 April 'n uitnodiging aan ouers gestuur vir leerders wat kwalifiseer om in te skryf vir die Cambridge-program.
|
Ons herinner u graag om die Cambridge IGCSE/A Level-aansoekvorms teen eerskomende Maandag, 10 Mei, aan me. Meyer te e-pos.
|
Leerders wat nie by die skool aansoek doen om IGCSE of AS-vakke te neem nie, val buite die skool se verantwoordelikheid. Sodanige leerders is privaatkandidate en hul ouers tref dus alle reëlings, ook wat eksamens betref, self.
|
Ons wil baie graag met al ons Jan van Riebeeckers spog en vra dat u enige interessante nuus of prestasies met ons deel. Ons weet dat baie van ons leerders ook in buiteskoolse aktiwiteite presteer en ontvang graag inligting en foto's daarvan!
|
Stuur enige nuus na nuus@janvanriebeeck.co.za.
|
Leerders wat saam stap, registreer by Francois Roux en Sophia Pienaar.
|
Vervoer: 8:00 vanaf parkeerarea. Ons sal teen 12:00 terug wees.
|
MR Vergadering: Dinsdag, 11 Mei vanaf 6:30 tot 7:30
|
Sportkapteine-opleiding: Woensdag, 12 Mei vanaf 6:30 tot 7:30
|
Alle spankapteine ontmoet in me. Steyn se klas.
|
Die opleiding word deur Elna Engelbrecht en Gregory Barends aangebied.
|
Kapteine-aand: Maandag, 24 Mei by Welgemeend (18:00 – 20:00)
|
Alle kapteine sal binnekort hul uitnodiging na dié spesiale funksie ontvang. Motiveringspreker: Dillon Jearey
|
Gashere: Elna Engelbrecht en Gregory Barends
|
Baie dankie aan al die ouers wat gisteraand kom saamkuier het. Ons maak later vanjaar weer so - en hopelik speel die weer ook saam!
|
Tiaan Swanepoel en Claudia Stipp het puik agtergrondmusiek verskaf - die twee het almal beïndruk met hul wonderlike talent! Dankie ook aan Liam Stevens en JJ Swartbooi wat die klank behartig het. Gregory Barends en Ashanti van Eeden het ook hul goed van hul taak gekwyt met die siftingsproses van die ouers wat kom kuier het. Baie dankie aan al dié staatmakers!
|
Welkom terug aan al ons koshuisleerders - ons glo jul het die kort vakansie by die huis ook baie geniet!
|
Ons sien uit na die koshuis-innaweek propvol aktiwiteite: 21 – 23 Mei.
|
Ons is trots op ons Jan van Riebeeckers wat so entoesiasties aan sport deelneem!
|
Hier is die wintersportprogram nadat dit so effe aangepas is aan die begin van die kwartaal.
|
Ons wil Nadia van Antwerpen en die WP-o/19-vrouetoutrekspan gelukwens met hul oorwinning in die nasionale toutrekkompetisie! Dit beteken Nadia is nou ’n trotse Suid-Afrikaanse toutrekker en sy sal ons land aan die einde van 2021 in toernooie in Spanje verteenwoordig. Ons is baie trots op jou, Nadia!
|
Damian Bosch het aan die einde van April aan die Universiteit van Stellenbosch se universiteitstydrenne deelgeneem.
|
Hy kon daarin slaag om ’n 3de plek in die 800m te behaal in ’n tyd van 1:57,6 en in die 400m het hy die 2de plek behaal in ’n tyd van 51,8.
|
Franco Symington (graad 12) het aan die Suid-Afrikaanse Jagters Wes-Kaap se provinsiale streekskietkompetisie deelgeneem as junior o/18-skut. Hy het in die drie items waaraan hy deelgeneem het (50m-posliga, 25m-handwapenposliga en beperkte slotaksie), die eerste plek behaal. Knap gedaan, Franco!
|
Ons het hierdie week ons nuwe bergfietsbaan in gebruik geneem! Dit is werklik groot pret om op dié nuwe baan te ry en ons glo dit gaan ons fietsryprogram ’n definitiewe hupstoot gee. Baie dankie aan mnr. Siegfried Rousseau vir al sy tyd en energie wat hy in dié projek gestort het - ons is jou baie dank verskuldig! Ons hoop werklik dat dit ons gemeenskap vir nog baie jare sal bedien.
|
Ons beplan ook ’n amptelike openingsgeleentheid vir 5 Junie. Teken solank die datum aan en hou die spasie dop vir meer inligting volgende week.
|
Die Spur-skoleliga begin:
|
31 Julie, 14 Augustus en 11 September: venue sal bevestig word.
|
Ons eerste tafeltennisoefeninge skop eerskomende Woensdag af. Ons is opgewonde oor die groot belangstelling in hierdie nuwe sport!
|
Ons het ’n seuns- en dogterspan in die skoleliga ingeskryf:
|
18 Mei by Laerskool Tableview
|
25 Mei by Hoërskool Fairmont
|
1 Junie by Laerskool Tableview
|
Seuns by Brackenfell teen Brackenfell 2
|
Dogters by Hoërskool Fairmont teen Fairmont 2
|
Ons wil graag vir Gawie en Karin Yssel bedank vir die skenking van ’n tafeltennisstel - ons waardeer dit!
|
Die rotsklimmers vertrek eerskomende Maandag, 10 Mei, direk na skool om 15:00 by CityRock te wees.
|
Hier gaan hulle na ’n aanbieding oor rotsklim luister en hul behoort teen 16:30 terug te wees by die skool.
|
Ons kyk tans na geskikte plekke om ’n klimmuur by die skool op te rig. Voorleggings sal binnekort gemaak word. Indien u op enige manier by die projek betrokke wil raak, kan u my gerus by skoolhoof@janvanriebeeck.co.za kontak. Ons sal alle insette baie waardeer!
|
Ons Jan van Riebeeck-landloopdag vind Woensdagmiddag, 12 Mei, by die Boshoffveld plaas. 12 Skole neem saam met ons atlete deel. Ons sien baie uit hierna!
|
Die temperatuur in die swembad is tans ongeveer 18.5º, so ons moedig die swemmers aan om in duikpakke (wetsuits) te swem. Ons wil ook graag ’n wetsuitbank by die skool begin waar ons tweedehandse pakke namens mense sal verkoop.
|
Indien u dalk ’n duikpak het wat te klein is of nie meer gebruik word nie, kontak asseblief vir me. Corlette Heyns by 0843507830.
|
Ons dapper stappers is aan die groei. Kom stap saam!
|
Maandag, 10 Mei: Kontoerpad – Tafelberg. Ons vertrek om 14:20 agter die koshuis.
|
Woensdag, 12 Mei: Landlooproete
|
Gesels met me. Steyn vir meer inligting oor die stapprogram en -reëlings.
|
Sterkte aan ons skaakspelers wat eerskomende Dinsdag hul eerste wedstryd (weg) teen CBC St Goerge speel.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Voorlopig afgestel: moontlik slegs 0/19
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sterkte aan ons o/19A- en o/19B-span wat more teen Bosmansdam hier op ons velde uitdraf. As gevolg van die Covid-19-protokol, word geen toeskouers ongelukkig toegelaat nie.
|
Ouers is more vanaf 16:00 - 17:00 welkom om die afrigters te kom ontmoet.
|
Leerders kan die volgende saambring: iets warms vir die koue, hokkietoerusting, middagete, peuselhappies en water.
|
Ons span afrigters sien baie daarna uit om die leerders se vaardighede te slyp en die dag saam met hulle te geniet.
|
Hokkie-wedstrydbepalings:
|
* Die tye van die wedstryde sal volgende week deurgestuur word.
|
Ons bied op 14 en 15 Mei ’n netbalkliniek vir al ons spelers aan. Lizbé Kotze van Pro Star Netball sal aan die hoof van sake staan.
|
Die volgende is ingesluit teen R200 per leerder.
|
- Middagete en koeldrank na skool
- Oefensessie van 15:00 - 18:00
- Ontbyt en sap
- Eerste oefensessie 9:00 - 13:00
- Middagete 13:00 - 14:00
- Wedstryde 14:00 - 15:00
Betalings kan via Karri gedoen word.
|
Ek hoop al ons netbalspelers gryp hierdie geleentheid aan om jul vaardighede te slyp!
|
Rugby, Netbal & Hokkie by CURRO LANGEBAAN-SPORTFEES
|
Ons wil graag bevestig dat ons Curro Langebaan se uitnodiging aanvaar het om op 22 Mei in Langebaan aan hul sportfees deel te neem.
|
Die volgende spanne is genooi:
|
Netbal: 14A, 15A, 16A en 1ste span
|
Hokkie: seuns en dogters-1ste spanne
|
Ons nooi alle leerders uit om deel te raak van die Jan van Riebeeck-Noodhulpspan. Leerders kan by die onderstaande skakel inskryf om die Vlak 1-kursus te voltooi wat op Saterdag, 29 Mei en Sondag, 30 Mei by die skool aangebied word. Enige navra kan aan me. du Plessis gerig word.
|
Datum: Saterdag, 29 Mei en Sondag, 30 Mei
|
Koste: R520 per leerder (Betaalbaar op Karri voor 30 Mei)
|
Die Vlak 1-sertifikaat is geldig vir die volgende 3 jaar. Leerders moet die Vlak 1-kursus voltooi om later die Vlak 2- en Vlak 3-kursus te kan voltooi.
|
Gryp hierdie wonderlike geleentheid aan, Jan van Riebeeckers!
|
Ons sien uit na ’n opwindende en propvol kultuurprogram die kwartaal!
|
Ons is baie trots op Elzaan Daniels en Darren Cloete wat gister aan die Nasionale Toneelkompetisie by Artscape deelgeneem het! Hul was deel van 'n groep van sowat 80 finaliste wat van skole regoor Suid-Afrika gekies is om aan dié volgende ronde van die kompetisie deel te neem.
|
Ons is ook baie trots op Lenique Isaacs in graad 9 wat die afgelope Woensdagaand haar buiging in kykNET se splinternuwe fliek, RYKIE, gemaak het!
|
’n Blink dramatoekoms wag op hierdie Jan van Riebeeckers!
|
JvR se Musiekaand is terug! Na die afwagting en frustrasie wat die pandemie ons besorg het, is ons jaarlikse musiekaand terug op die planke - of eerder die verhoog.
|
Kom ondersteun en beleef ons skool se top musikante, saam met ’n wonderlike optrede deur ons skoolkoor... asook die langverwagte debuut van ons nuwe orkes!
|
Die vertoning vind op Dinsdag, 18 Mei, in die skoolsaal plaas. Kaartjies is teen R100 vanaf 10 Mei op Quicket beskikbaar. Die skakel sal uitgestuur word. Daar is ongelukkig slegs 250 kaartjies beskikbaar, so moenie op u laat wag nie!
|
Orkes-oefennaweek: 14-15 Mei
|
Ons nuwe orkes se eerste oefennaweek vind volgende naweek (Vrydag 14 Mei tot Saterdag 15 Mei) plaas. Hierdie is ’n kardinale repetisietyd vir die orkes ter voorbereiding van die musiekaand op 18 Mei, en alle toekomstige uitvoerings.
|
Repetisietye sal soos volg werk: Vrydag, 14 Mei: 15:00 tot 18:00 (middagete word deur die koshuis verskaf direk na skool en leerders gaan huis toe aan die einde van die repetisie.) Saterdag, 15 Mei: 10:00 tot 17:00 (middagete, asook versnaperinge word deur die koshuis verskaf en leerders gaan weer huis toe aan die einde van die dag se repetisie tye.) Die koste vir die etes deur die loop van die oefennaweek beloop R100 en is betaalbaar via Karri.
|
Orkesoefeninge sal steeds volgende week Maandag en Woensdag van 7:00 - 8:00 vir die volle orkes plaasvind.
|
Die koor oefen Dinsdagoggend 7:00 tot 8:00 asook Donderdagmiddag van16:00 tot 17:30.
|
Sterrejagkaartjies is vanaf volgende week by die Finanskantoor of op Quicket te koop. Die skakel sal uitgestuur word. Die kaartjies kos R100 elk en slegs 'n beperkte aantal sitplekke is beskikbaar.
|
Die ATKV-Debat se eerste ronde vind volgende Woensdag en Donderdag, 14 en 15 Mei, te Hoërskool Stellenbosch plaas. Baie sterkte, Jan van Riebeeckers - ons hou duimvas!
|
Die eksamen word op 18 Mei afgeneem. Sterkte, Jan van Riebeeckers!
|
Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Kuns
|
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 9 Julie.
|
Die Afrikaans-ekspo se kunskompetisie-inskrywings sluit 12 Julie. Al die inligting is op die “Kunskompetisies Google-klaskamer” beskikbaar. Leerders kan tye reël om in die kunsklas aan hul inskrywings te kom werk. Gesels met me. Vrey.
|
Die Wêreldkennis-Olimpiade vind volgende week op Dinsdag 11 Mei plaas. Die leerders sal 'n skakel ontvang wat na hulle e-posadresse gestuur word. Hulle kan die olimpiade enige tyd tussen 08.00 en 20.00 voltooi en kry 45 minute daarvoor. Die uitslae sal teen einde Junie beskikbaar wees.
|
Enige leerders wat nog vir Blitsbrein wil registreer, kan me. Potgieter nader vir meer besonderhede.
|
Die klerewinkel sal volgende week Maandag en Woensdag vanaf 12:45 tot 14:15 oop wees.
|
Leerders wat erekleurebaadjies ingehandig het of wat balkies bestel het, kan dit volgende week Woensdag kom afhaal. Daar sal ’n lys op Karri wees met die leerders se naam en die bedrag verskuldig hiervoor.
|
Geniet ’n heerlike naweek - en ek hoop dat ons Jan van Riebeeckers al die ma's Sondag op Moedersdag baie gaan bederf.
|
Dankie vir u getroue ondersteuning van ons geliefde skool.
|
ONTMOET ONS ONDERWYSERS: ME. MILANDRé BEZUIDENHOUT
|
Danksy ʼn inspirerende Fisiese Wetenskappe onderwyseres in graad 10 ontwikkel Milandré ʼn passie vir Wetenskap. Die gevolg daarvan is ʼn BSc-graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Na 3 jaar van harde werk behaal sy haar graad in Polimeerwetenskappe. Sy het egter ʼn behoefte om haar passie en kennis met ander te deel en skryf dus in vir die Nagraadse Onderwys Sertifikaat wat sy in 2012 Cum Laude behaal.
|
Op ʼn sonnige Maandagoggend in Januarie 2013 meld sy aan vir haar eerste dag as onderwyseres by die Hoërskool J.G. Meiring in die Noordelike Voorstede. Sy besluit egter om haar vlerke te sprei en begin in Januarie 2015 by Hoërskool Jan van Riebeeck werk.
|
Hier het sy al onder meer Natuurwetenskappe, Fisiese Wetenskappe en Wiskunde aangebied. In 2021 het sy besluit dat sy lus is vir 'n effense verandering en bied gr.8 en 9 Natuurwetenskappe en Gr.8 Lewensoriëntering aan.
|
Sy is die tennisorganiseerder, spanbestuurder vir die 0/15 A en 0/16 A-netbalspanne, staan leerders jaarliks by met die EKSOM Ekspo-projekte en staan aan die hoof van ons nuwe algemene kennis-klub.
|
|
|
|
|
|
|
|
|