|
|
|
|
|
Ons het die skoolweek Mandagoggend op ’n hoë noot (of twee!) afgeskop!
|
Presies om 08:00 het die trompetgeskal vanaf die boonste balkon in die middel van ons skoolgebou almal in Kloofstraat en in die omliggende gebiede laat hoor die JvR-skoolweek het begin. Die trompet sal voortaan die begin van die week, asook die einde van die week op ’n Vrydagmiddag om 14:00, op dié wyse aankondig.
|
Amber Roberts in graad 9 het die voorreg gehad om op die trompet te blaas.
|
Dit was ook heerlik om weer met ons Maandagoggendsaalbyeenkomste te begin.
|
Dit is darem maar net so dat ’n skool gereeld bymekaar moet kom om huissake te praat. Totdat ons almal weer in die saal mag wees, stroom ons die byeenkoms na die drie grade wat saal in hul registerklasse ‘bywoon’. Die matrieks het hul ereplek in die galery, die MR op die verhoog en die res van die grade woon om die beurt Maandag saal saam met ons matrieks by.
|
Hoofdogter, Jana-Marie, het dit so mooi verwoord toe sy en hoofseun, Gregory, ook ’n spreekbeurt gehad het: “Ons 2021-tema, Harmonie, raak soveel beter noudat ons weer as een skool saam in harmonie kan vergader.”
|
Ek was so beïndruk met die kapteine-opleiding Dinsdagoggend. MR-sportkomiteelede, Elna en Gregory, het die JvR-sporte se kapteine deur ’n paar belangrike sakies gepraat en ’n skitterende dokument saamgestel. Twee punte wat my aandag getrek het:
|
1. Jy moet integriteit hê: jy moet altyd eties optree sodat ander jou voorbeeld kan volg.
|
2. Tree met selfvertroue op: Neem met selfvertroue leiding; struikelblokke kan so
|
oorkom word en vind oplossings vir probleme.
|
Mag ons ’n genotvolle sportseisoen beleef! Ek is trots op dit wat ek die afgelope twee weke gesien het. Nie alle bepalings gaan maklik wees nie, maar boodskappe soos me. Meyer s'n gister laat my trots voel: "Die 0/16-hokkiespan het 1-0 verloor, maar hulle het baie guts gewys, want die ander span het vir seker 70% balbesit gehad."
|
Dis die mooi sportstories. Ons speel altyd om goed te wen, ja, maar ons speel veral altyd om dit te geniet en karakter te bou.
|
Elna en Gregory sluit hul dokument af met hierdie treffende woorde: “Sport has the power to change the world. It has the power to inspire. It has the power to unite people in a way that little else can. Sport can awaken hope where there was previously despair.”
|
Die volgende leerders is as kaptein(e) van hul onderskeie sportspanne verkies.
|
Baie geluk en sterkte vir die seisoen wat voorlê!
|
|
|
|
Chantè Beaurain & o/k Kayla Stoffberg
|
|
|
Braam Greef & o/k Simon van der Berg
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Misha Kapot & o/k Ella Basson
|
|
|
Nicole Prinsloo & o/k Zoë Snyders
|
|
|
Emily de Freitas & o/k Jamie Nel
|
|
|
Leila Lonte & o/k Liezel Snijders
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Caylee Ray en Joshua Harvey
|
|
|
|
Ons stel ons splinternuwe bergfietsbaan op Saterdag, 5 Junie, bekend met ’n heerlike bergfietsfees vir oud en jonk! Kliek hier vir meer inligting!
|
Ons versoek ook alle ouers om die volgende skakel te voltooi sodat ons ons beplanning rondom getalle, beamptes en algemene hulp kan begin:
|
WELGEMEEND SE POP UP/ OPWIP-MARK
|
Welgemeend bied vanaf 10 tot 12 Junie ’n unieke ouwêreldse uitstalling van kuns en mooigoed aan - ’n eerste waarna ons baie uitsien!
|
Vertel solank vir al u vriende en teken die datum in u dagboek aan.
|
Kliek hier vir meer inligting.
|
Ons spog in Mei-maand met ons trotse oudleerders - geniet die reeks saam met ons! Loer gerus elke dag na ons Facebookblad om te sien watter merkwaardige oudleerders eens in die JvR-skoolbanke gesit het: https://www.facebook.com/HSJanvanRiebeeck
|
Baie dankie aan al die Jan van Riebeeckers wat altyd met ’n netjiese voorkoms en selfvertroue optree. Ons is trots op jul!
|
’n Paar seuns het egter na die skoolvakansie teruggekeer met haarstyle wat nie volgens skoolvoorskrifte aanvaarbaar is nie. Ek doen ’n dringende beroep op u om te verseker dat leerders oor die naweek die nodige sal doen om te sorg dat hul weer aan ons voorkomsgedragskode voldoen.
|
Ek besef die kouer weer laat ’n mens soms lus voel om jou hande in jou sakke te steek, maar dit skep ’n baie slordige beeld wanneer dit saam met ’n netjiese skooluniform gebeur. Moedig asseblief van die huis se kant af aan dat u kind nie met sy/haar hande in hul sakke staan of loop wanneer hul skooldrag dra nie.
|
FYI PLAY IT SAFE - SELFOONTOEPASSING
|
In die digitale wêreld, en veral met ons leerders wat meer tyd op sosiale platforms bestee, is ouers bekommerd oor dit waaraan ons kinders blootgestel word. Tot onlangs het ons ongelukkig nog net hulp gehad van toepassings wat ons help om kinders se skermtyd asook ouderdomsbeperkings na sekere inhoud te beheer.
|
Maar as ouers wil weet wat regtig aangaan, word hulle genoodsaak om deur klompe boodskappe te lees en seker te maak hulle weet wat in alle speletjies se kletskamers en sosiale media- profiele aangaan. Wat dit deesdae moeiliker maak is dat boodskappe of die geskiedenis van digitale aktiwiteit maklik uitgevee kan word.
|
Die nuwe toepassing, FYI play it safe, is ontwikkel om vir ouers ‘n pro-aktiewe kennisgewing te gee wanneer hulle kinders blootgestel word aan tekens van kuberboelies (cyberbullying) met volwasse inhoud soos sexting of pornografie in aanraking kom, tyd spandeer deur met vreemdelinge te praat, tekens wys van depressie, selfskade of selfs selfdood.
|
Aangesien me. Best ’n ouer van Hoërskool Jan van Riebeeck is, het sy ook ingestem om vir ons skool se ouers ’n afslag van 30% op die produk aan te bied. Gebruik die kode hsjvr2021 tydens die registrasieproses om vir dié afslag te kwalifiseer. Ons het groot waardering hoervoor!
|
GRAAD 8-OUER-EN-KIND-PRAATJIE
|
Riglyne vir ouers en leerders oor die gebruik van selfone en sosiale media
|
Ons bied op Woensdag, 26 Mei, ’n praatjie aan wat deur me. Rachelle Best van FYI play it safe gefasiliteer word oor riglyne vir die gebruik van selfone en sosiale media.
|
Ouers, saam met hul gr.8-leerders, word uitgenooi na dié baie nodige gesprek.
|
Die geleentheid begin om 17:30 in die skoolsaal en sal nie later as 19:00 eindig nie.
|
Ek versoek vriendelik dat al ons graad 8-ouers en hul kinders hierdie geleentheid bywoon.
|
HULP: WHATSAPP-GROEP / GOOGLE CLASSROOM-WAGWOORD
|
Baie dankie aan ds. Scott en me. Botes by Tamboerskloof NG Gemeente vir die spesiale Hemelvaartdiens gisteroggend. Dit was inderdaad spesiaal dat soveel Jan van Riebeeckers die diens bygewoon het. Indien u na die boodskap wil luister, volg gerus die volgende skakel: https://youtu.be/GxPKIWPd8JU
|
ROOSHEININGPROJEK: BORG ’n ERFENISROOS
|
Ons nooi alle leerders, oudleerders en ouers uit om ons in ons roosheiningprojek te ondersteun! Ons beplan om ’n besondere roosheining langs die balustrade tussen Kampstraat en die netbalbane te plant om die kantaansig van die kampus te verfraai.
|
Raak deel van hierdie wonderlike projek deur ’n roosboom te borg en sodoende u naam te verewig by u skool. Ons sal naamplaatjies aanbring van almal wat ’n roosboom geborg het. Stuur asb. u naam/versoeke deur na roos@janvanriebeeck.co.za. Hierdie adres kan ook vir enige navrae rondom dié projek gebruik word.
|
Die borgskap beloop R200 per roosboom. Betalings kan via Karri gedoen word of in die Vriende van Welgemeend se rekening gedeponeer word:
|
Friends of Welgemeend and Boerneef Collection Standard Bank Rekening no: 67 671 2339 Bankkode: 020009 Verwysing: Roos_naam en van Betalingsbewys kan per e-pos gestuur word na roos@janvanriebeeck.co.za.
|
Ons is so dankbaar vir ons Vriende van Welgemeend en Boerneefversameling wat hierdie projek vir ons gaan administreer.
|
Baie dankie solank vir u ondersteuning!
|
Ons eerste kort kursus, as deel van ons opwindende nuwe kultuurprogram, het vandeesweek afgeskop!
|
Die Jan van Riebeeckers wat ingeskryf het vir die JvR-kelnerkursus het geleer hoe om 'n tafel behoorlik te dek, servette op die korrekte manier te vou, watter glase by sekere drankies pas en watter breekware gepas is vir sekere geleenthede en disse.
|
Ons is baie dankbaar vir Karin Koch se professionele aanbieding by Welgemeend - en ons sien uit na die ontwikkeling van ons leerders in hierdie lewensvaardigheidsreeks.
|
Hulle gaan in die volgende drie weke nog die volgende aspekte van kelnerdiens bestudeer:
|
* Kliëntediens en lyftaal – hoe hanteer ons ons gaste, maar ook die mense wat saam met ons werk?
|
* Hoe neem ek ‘n bestelling by ‘n tafel en watter vrae om te vra?
|
* Wyn en Vonkelwyn-bediening* Hoe skink en bedien ek basiese drankies?
|
* Hoe bedien ek kos en dek borde af op ‘n professionele manier?
|
* Verskillende soorte bediening – skemerkelkie/ aansitete/ buffet
|
* "Silver service"Na afloop van die kursus sal ons leerders ten volle opgelei wees om
|
ook in ons pragtige herehuis, Welgemeend, by troues en funksies te kan werk.
|
DANIELS TENNISAKADEMIE (DTA)
|
Ons nooi graag alle Jan van Riebeecekers uit om eerskomende Dinsdag tydens eerste pouse na die demostrasieles van Daniels Tennisakademie te kom kyk. Yurich Daniels en sy span doen puik werk en ons ondersteun hul graag.
|
Kliek gerus hier vir meer inligting.
|
Ons leerders is hard aan die werk en hier heers ’n heerlike akademiese atmosfeer in die skool.
|
Dit was vir my ’n groot voorreg om die TOP 20-akademiese presteerders in elke graad aan te kondig - gebaseer op Kwartaal 1-uitslae. Ek vertrou almal is gemotiveerd om die harde werk voort te sit sodat ons aan die einde van die tweede kwartaal weer mooi spogstories het.
|
1. LARA-LISA SENEKAL (91%)
|
2. CARLA VAN DEN BERG (90%)
|
17. SCARLETT VAN DER MERWE
|
2. OWEN VAN DER LINDE (94%)
|
18. MARCELLE VAN DER MERWE
|
2. ADRIAN HUYSAMEN (91,14%)
|
1. CAVAN MCKEOWN (94,57%)
|
2. DAWID AGENBAG (92,57%)
|
3. PHILLIP HERBST (91,57%)
|
1. WERNER VOGES (95,00%) - ’n Briljante afskopprestasie, Werner!
|
2. SOPHIA PIENAAR (93,43%)
|
3. KAYLA STOFFBERG (92,29%)
|
12. JEAN-JACQUES SWARTBOOI
|
15. MARLO-RÈNE JANSEN VAN VUUREN
|
18. DOMINIQUE VAN DER MERWE
|
Nasionale Wetenskapolimpiades
|
Die datums vir die onderskeie Wetenskapolimpiades vir 2021 is as volg:
|
Leerders moet asseblief by mev. Turkstra (K220) inskryf. Daar is wonderlike pryse op die spel! Die sluitingsdatum is 23 Mei. Koste: R35.
|
Daar is ook ‘n geleentheid vir ons leerders om as ’n span van 5 leerders deel te neem aan ’n wetenskaplike debat. Sien gerus:
|
* Graad 12-FW gaan elke Maandag voort met onderrig na hul dubbelperiode FW, vanaf
|
* Graad 12-FW-hulpklas: Vrydagoggend vanaf 07:00 tot 07:30
|
* Graad 11-FW-hulpklas: Leerders kan kies tussen Dinsdagmiddag en
|
Woensdagmiddag 14:04 tot 15:00, soos dit hul buitemuurse program pas.
|
* Graad 10-FW-hulpklas: Donderdagmiddag 14:04 tot 15:00
|
Wiskunde-intervensie vir kwartaal 2: Graad 12: Maandagmiddag vanaf 14:15 – 15:00 (Me. Serrao se klas) Graad 12: Woensdagoggend vanaf 06:55 – 7:25 (Mnr. Cronjè se klas) Graad 11: Maandagmiddag vanaf 15:15 – 16:00 (Me. Serrao se klas) Graad 11: Donderdagmiddag 14:30 – 15:30 (Mnr. Oosthuizen - nasorglokaal) Graad 10: Maandagmiddag 15:15 – 16:00 (Mnr. Klink se klas) Graad 10: Maandag 14:15 – 15:00 (Mnr. Cronjè se klas) Graad 9: Woensdag 14:15 – 15:00 (Mnr. Klink se klas) Graad 9: Dinsdagmiddag 14:15 – 15:00 (Me. Du Plessis se klas) Graad 8: Woensdagmiddag 14:30 – 15:30 (Mnr. Oosthuizen) Graad 8: Maandagmiddag 14:15 – 15:00 (Mnr. Klink se klas)
|
Die tweede ronde van die Suid-Afrikaanse Wiskundekompetisie word eerskomende Dinsdag, 18 Mei, vanaf 14:00 tot 16:00 in me. Serrao se klas geskryf.
|
Baie sterkte aan die volgende Jan van Riebeeckers wat na dié ronde deurgedring het:
|
Ons wil baie graag met al ons Jan van Riebeeckers spog en vra dat u enige interessante nuus of prestasies met ons deel. Ons weet dat baie van ons leerders ook in buiteskoolse aktiwiteite presteer en ontvang graag inligting en foto's daarvan!
|
Stuur enige nuus na nuus@janvanriebeeck.co.za.
|
Kapteine-aand: Maandag, 24 Mei by Welgemeend (18:00 – 20:00)
|
Alle kapteine sal binnekort hul uitnodiging na dié spesiale funksie ontvang. Motiveringspreker: Dillon Jearey
|
Gashere: Elna Engelbrecht en Gregory Barends
|
Leila en Neena Lonte, Liezel Snijders en Teneasha Oncke het Dinsdag aan die tweede ronde van die WP o/15-proewe by Hoërskool Pinelands deelgeneem.
|
Leila en Neena het later in die week nog verder gevorder en is eindelik gekies vir die Kaapstadgroep wat deelneem aan die finale Wes-Kaapproewe in Junie - ons is baie trots op julle!
|
Ons het beplan om vandag en more ’n netbalkliniek aan te bied. Ongelukkig speel die weer nie saam nie; dus word dit uitgestel. Ons het alternatiewe reëlings vir binnenshuisbane probeer tref, maar was egter onsuksesvol.
|
Die netbalkliniek is uitgestel na 2 en 3 Julie. Die kostes, reëlings en tyd bly dieselfde. Ons sal steeds die opsie vir ‘n binnenshuisbane ondersoek om pro-aktief op te tree.
|
Die kliniek sal fokus op ontwikkeling en vaslegging van sekere tegnieke om die individuele speler, asook die span, te verbeter. ’n Vakansieprogram sal ook met die leerders bespreek word.
|
Die leerders wat reeds betaal het se plekke word outomaties bespreek vir die kliniek in Julie.
|
Francois Nel, assistentafrigter van die Protea-mansnetbalspan en direkteur van afrigting by Ultimate Coaching het verlede Saterdag 'n uitstekende afrigtingkliniek vir ons netbalafrigters aangebied.
|
'n Paar JvR-netbalspelers is ook ingespan sodat die reëls en wenke prakties toegepas kon word - en hul het net soveel geleer!
|
Ons is opgewonde oor Francois se betrokkenheid as mentor by JvR se netbalontwikkeling.
|
Netbalprogram vir volgende week:
|
0/14A, 0/14B, 0/14C en 0/15 B oefen 15:30 – 16:30
|
0/16A, 0/16B, 0/15A, 0/19A, 0/19B, 0/19C oefen 14:30 – 15:30
|
Vrirendskaplike wedstryde teen Paarl Girls' High
|
Alle spanne moet 14:30 by hulle onderskeie bane aanmeld.
|
Spelers dra volledige netbaldrag. Maak asseblief seker van die volgende: naels is netjies geknip en geen juweliersware word toegelaat nie.
|
Ligawedstryde teen Parklands College
|
Spanne wat nie wedstryde speel nie, oefen 14:30 tot 15:30.
|
Sportdag teen Curro Langebaan (Weg). Die volgende spanne neem deel aan die sportdag: 0/14A, 0/15A, 0/16A en 0/19A
|
Ons wil graag ‘n beroep doen dat alle spelers die netbaloefeninge getrou bywoon en stiptelik sal wees. Laat weet asb. die spanbestuurder via e-pos indien u kind nie ’n oefening kan bywoon nie.
|
Die landloopdag is as ‘n trial run aangebied en die volgende skole het op ons uitnodiging reageer en Woensdag kom deelneem: Milnerton, Deutsche Schule, St. Cyprian's, Kampsbaai, Rondebosch, SACS en Westerford.
|
Ons wil ons opregte dank aan die Deutsche Schule betuig wat hul gronde vir ons oopgestel het en ‘n gedeelte van die roete gehuisves het. Dit was lekker om saam met hulle te werk en ons hoop dat ons nog vele soortgelyke geleenthede met hulle sal kan deel.
|
Baie geluk aan ons Mari Swanepoel wat ‘n tweede plek in die junior dogterskompetisie kon loshardloop.
|
Die tafeltennisspelers het Woensdag afgeslaan met hul eerste oefening. Hull eerste wedstryde is Dinsdag, 18 Mei by Table View Primary waar die seuns teen Curro en die dogters teen Brackenfell sal speel. Sterkte!
|
Die hokkiedag verlede Saterdag het om 8:00 afgeskop met 'n lekker fiksheidsessie. Deur die loop van die dag het die spelers waardevolle vaardighede geleer en selfs die geleentheid gekry om op St Cyprian's se astrobaan te gaan oefen.
|
Die dag is afgesluit met mini-wedstryde op Jan van Riebeeck se Buysveld en oulike krete is vir die ouers opgevoer. Baie dankie aan ons hokkiepersoneel vir hierdie inisiatief!
|
Die Hokkiewedstryde het ook Donderdag afgeskop met ’n o/16-seunswedstryd teen Protea Hoogte Akademie. Ons verloor ongelukkig 1-0. Die eerste meisiespan speel more om 8:30 teen Camps Bay High School. Sterkte!
|
Donderdag: 0/19-seuns vs Hoërskool Parow (weg)
|
Vrydag: 0/19-en 0/16-meisies (tuis)
|
Saterdag: Curro Langebaan: 0/19-meisies en 0/19-seuns
|
Tye en spanne sal teen Woensdag bevestig word.
|
Rugbyuitslae teen Hoërskool Bosmansdam
|
Ons is baie trots op ons rugbymanne - dit was 'n uitstekende afskop van die seisoen.
|
Die rugbymanne speel more teen Hoërskool De Kuilen tuis.
|
Die rotsklimspan begin Maandag met ’n uitstappie na CityRock. Die bus sal direk na skool vertrek en hoop om weer voor 18:00 terug te wees.
|
Ons verwelkom eerskomende Dinsdag die graad 6 en 7-ryers van Laerskool Jan van Riebeeck om 14:45 by die Boshoffveld se parkeerarea. Ons sien daarna uit dat die laerskool ook by ons fietsryklub inskakel. Baie welkom!
|
Ons het die week gelykop gespeel teen St George Grammar School.
|
Die skaakspan speel Dinsdag teen Star College (weg).
|
JvR-Musiekaand: Dinsdag 18 Mei
|
JvR se Musiekaand is terug! Na die afwagting en frustrasie wat die pandemie ons besorg het, is ons jaarlikse musiekaand terug op die planke - of eerder die verhoog.
|
|
Kom ondersteun en beleef ons skool se top musikante, saam met ’n wonderlike optrede deur ons skoolkoor... asook die langverwagte debuut van ons nuwe orkes!
|
|
Die vertoning vind komende Dinsdag, 18 Mei, in die skoolsaal plaas. Kaartjies is teen R100 op Quicket beskikbaar. Die skakel is hier aangeheg. Daar is ongelukkig slegs 250 kaartjies is beskikbaar, so moenie op u laat wag nie! https://qkt.io/trqMEN
|
|
Orkes-oefennaweek: 14-15 Mei
|
Ons nuwe orkes se eerste oefennaweek vind hierdie naweek plaas. Hierdie is ’n kardinale repetisietyd vir die orkes ter voorbereiding van die musiekaand op Dinsdag 18 Mei, en alle toekomstige uitvoerings.
|
|
Repetisietye sal soos volg werk: Vrydag, 14 Mei: 15:00 tot 18:00 (middagete word deur die koshuis verskaf direk na skool en leerders gaan huis toe aan die einde van die repetisie.)
|
Saterdag, 15 Mei: 10:00 tot 17:00 (middagete, asook versnaperinge word deur die koshuis verskaf en leerders gaan weer huis toe aan die einde van die dag se repetisie tye.)
|
Die koste vir die etes deur die loop van die oefennaweek beloop R100 en is betaalbaar via Karri.
|
|
Orkesoefeninge sal steeds volgende week Maandag en Woensdag vanaf 7:00 tot 8:00 vir die volle orkes plaasvind.
|
|
Baie geluk aan Guilia Nel in graad 10 vir die plasing van haar drie gedigte, Glashok, Kinderkind en Koffiewinkel-blues en Emma Bredenkamp in graad 12 vir haar prosastuk, Daar is nie 'n boks nie in die uitgawe van Poort 2021 - dit is ’n puik prestasie en wonderlike eer om as deel van dié uitgesoekte skryftalent in Suid-Afrika gereken te word! Ons is baie trots op julle!
|
Radikale Redenaars en -Lees
|
Om jou sê te kan sê en jou plek in die samelewing vol te kan staan, is vandag 'n pluspunt.
|
Die volgende leerders het hul uitstekend van hul taak gekwyt en goed gevaar in dié kompetisie:
|
Zaheer Marney (graad 8) A
|
Mienke Herbst (graad 9) A
|
Annabelle de Jager (graad 10) A
|
Claudia Stipp (graad 10) A
|
Phillip Herbst (graad 11) A+
|
Marcelle van der Merwe (graad 9) A+
|
Baie geluk aan Annabelle en Zaheer wat deurdring na die Wes-Kaapse streeksfinaal en Marcelle wat op 16 Oktober in Pretoria aan die nasionale finaal deelneem - dis ’n puik prestasie!
|
Senior ATKV-Afrikaans-Olimpiade
|
Lené Vorster, Stefan Turkstra, Mila Fourie en Caylee Ray skryf eerskomende Dinsdag, 18 Mei die Afrikaans-olimpiade van 13:00 tot 15:00 in mnr. Cronje se klas.
|
Baie sterkte aan julle vier!
|
Ons Rotary Debating-span kom Maanday, 17 Mei om 18:30 teen Rustenburg Girl's High School te RGHS te staan.
|
Ons eie me. Regina Malan, SK-musiek- en sangonderwyser, sal eersdaags iin die produksie, A Boarding Line, te sien wees.
|
As jy lief is vir jazzhande soos Fosse, kwartette soos Lloyd Webber en puik sang soos LuPone, hoef jy nie verder te soek nie - dié produskie is wat jy dan in jou lewe nodig het! Hul dansende, singende en musikale ekstravaganza bevat al die Broadway-treffers wat jy ken, asook 'n paar nuwes. Moet dit nie misloop nie!
|
Kaartjies is nou beskikbaar by Computicket. Bespreek jou sitplekke om teleurstelling te voorkom: https://bit.ly/33BhOsw.
|
Die vertoning is van 10 tot 19 Junie in die Masque Theatre South Africa te sien.
|
Oefeninge vind Woensdag, 14:15 tot 15:15 plaas.
|
Ons oefen volgende week Dinsdag en Donderdag, 16:00 - 19:00.
|
Die koor oefen Dinsdagoggend 7:00 tot 8:00 asook, Donderdagmiddag van 16:00 tot 17:30. Die komende Dinsdag se oefening is kardinaal ter voorbereiding van die optrede by ons musiekaand en Donderdag sal gebruik word om voor te berei vir ons deelname aan ATKV-Applous wat 9 Junie in ons skoolsaal plaasvind. Sterkte!
|
|
Sterrejagkaartjies is te koop by die Finansieskantoor of op Quicket. Die kaartjies kos R100 elk en slegs 'n beperkte aantal sitplekke is beskikbaar. Volg die skakel vir kaartjies: https://qkt.io/OzikRx
|
|
Die ATKV-Debat se eerste ronde vind vandag en more by Bloemhof op Stellenbosch plaas.
|
Baie sterkte aan ons JvR-spanne: Mari Swanepoel, Liezel Snijders, Owen van der Linde, Claudia Stipp, Jamie Nel (Juniors) en Annabel de Jager, Gerard Snijders, Werner Voges, Merizé Vlietstra (Seniors)
|
|
Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Kuns
|
|
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 9 Julie.
|
|
Die Afrikaans-ekspo se kunskompetisie-inskrywings sluit 12 Julie. Al die inligting is op die “Kunskompetisies Google-klaskamer” beskikbaar. Leerders kan tye reël om in die kunsklas aan hul inskrywings te kom werk. Gesels met me. Vrey.
|
|
Die klerewinkel sal volgende week Maandag en Woensdag vanaf 12:45 tot 14:15 oop wees.
|
Geniet ’n heerlike naweek - en geniet veral die lekker reën wat blykbaar op pad is!
|
Dankie vir u getroue ondersteuning van ons geliefde skool.
|
VERJAARDAE: 15 TOT 21 MEI 2021
|
Baie geluk aan al ons Jan van Riebeeckers wat volgende week verjaar!
|
ONTMOET ONS ONDERWYSERS: ME. LE-RAY CROUS
|
Me. Crous matrikuleer in 2014 aan Hoërskool Labori, waarna sy besluit om onderwys by CPUT Wellington te studeer. In 2018 voltooi sy haar BEd: VOO-graad (cum laude). Tydens haar studies by CPUT is me. Crous ook aangestel as ’n Rekeningkunde-tutor vir CPUT se 1ste- tot 3dejaarstudente.
|
Me. Crous het in 2020 haar honneursgraad voltooi met RTT as haar spesialiseringvak.
|
Sy probeer haar klas vervraai met ’n RTT-muur wat die nuutste tegnologie ten toon stel. Me. Crous bied fotografieklasse aan vir die skool se fotografieklub.
|
Sy is ook die O/14C & O/15B-netbalspanne se spanbestuurder. Sy is betrokke by die Onze Jan en is ook verantwoordelik vir die opdatering van die skool se webtuiste en kalender.
|
|
|
|
|
|
|
|
|