|
|
|
|
|
Ek voel altyd geïnspireerd en opgewonde as ek jongmense sien presteer.
|
Die afgelope paar weke was dit weer so toe ek die talentvolle Jan van Riebeeckers op die verhoog, op die sportveld en in die klaskamer kon waarneem. Groot is my trots as ek hul veral sien presteer in hul eie pogings tot behoorlike menswees.
In ’n land waar die fokus dikwels val op die onderpresteerders en al die euwels van 'die jeug van vandag' deur die media uitbasuin word, is dit nie aldag dat jy die geleentheid kry om van merkwaardige kinders te hoor nie. 'n Mens vergeet eintlik van hulle, want middelmatigheid is dikwels die maatstaf. Die prestasiebladsye het ongelukkig net nie dieselfde krag as die kontroversiële statistiekeblad met al die dergelike dinge wat die jeug aanvang nie.
|
Ek dink egter die week weer stilweg hoe hartseer dit eintlik is dat ons nie genoeg weet van hierdie baie goeie dinge wat die jeug elke dag doen nie. Dis eers by prysuitdelings en spoggeleenthede wat 'n klein, uitgenooide gehoor gewoonlik die kans kry om die hoogste prestasies deur ons kinders te vier.
|
Hoekom word dit nie daagliks van die bergpieke af geskree sodat ander jongelinge kan hoor en kan sien en kan droom nie?
|
Daar is so baie kinders hier in ons skool – en dis ook veral kinders wat nie eens die finale ronde van kompetisies of proewe haal nie – wat ure en ure en ure insit om 'n verskil te maak. Op akademiese gebied gee hul hul álles, op kultuur- en sportvlak wil hul hulself ontwikkel tot die beste wat hulle kan wees. En dan géé hul hul harte vir gemeenskappe – kerkuitreike, sorg vir bejaardes, of hulle pak projekte aan om straatkinders te help.
|
Dis die soort voorbeelde wat ons jonger kinders op televisie moet sien. Dis die dinge waarvan ons koerantlesers élke dag moet lees. Dít moet die voorbladnuus wees. En die agterbladnuus.
|
Ons het jongmense hier om ons wat reusebydraes lewer. Dis kinders by wie ons almal kan leer. Hulle bemeester tydsbestuur. Hulle bemeester die kuns van omgee, hulle bemeester die kuns van om meer te wil wees. En hulle lééf dit.
|
Mag ons grootmense hulle voorbeeld probeer volg.
|
SPORTAANKONDIGING: 19 MEI 2021
|
Die Departement van Onderwys het Woensdag aangekondig dat alle kontaksport onmiddellik gestaak word. Lees gerus hier my skrywe oor die sportpad vorentoe.
|
Dankie vir u ondersteuning in die verband.
|
Ons is baie trots dat Ryan Maron as krieket- en sportkonsultant by Hoërskool Jan van Riebeeck aangesluit het.
|
Ryan Maron is 'n internasionale krieket- en sportkenner en -afrigter wat ook direkteur is van die bekende Cricket School of Excellence en The Johnty Rhodes Way.
|
Ryan was die hoofveldafrigter van die Wes-Indiese en Afghanistanse nasionale spanne en het in sy loopbaan reeds baie prominente klubspanne in Engeland en Holland afgerig.
|
Hy speel professioneel ook in verskeie spanne binne die WP-franchise.
|
Ons sien baie uit na die kundigheid wat Ryan Maron tot ons krieketprogram gaan byvoeg asook na sy rol as konsultant in ons wyer sportprogram.
|
VEILIGHEID VAN LEERDERS EN HUL BESITTINGS
|
Die druk verkeer voor die skool en op pad na die sportgronde hou gevaar in en daarom moet leerders te alle tye verseker dat hul deeglik bewus is van wat om hul aangaan. Gehoorsaam asseblief die reëls en moenie voor motors inhardloop nie.
|
Ons is besig om ’n dokument saam te stel oor die padveiligheid om die skool (dankie aan mnr. Hans-Peter Klink vir deeglike navorsing en data sover!) wat ons dan met die betrokke rolspelers sal bespreek. Ek vra ook dat leerders asseblief nooit alleen nie, maar eerder in groepe, sal beweeg buite die kampus.
|
Ons het nou ook ’n stooreenheid beskikbaar vir leerders wat na skool enige besittings (tasse, sportsakke, fietse, toerusting) wil toesluit. Leerders kan smiddae vir Zama vra om die eenheid oop en toe te sluit.
|
Ons stel ons splinternuwe bergfietsbaan op Saterdag, 5 Junie, bekend met ’n heerlike bergfietsfees vir oud en jonk! Kliek hier vir meer inligting! Die Quicket-skakel vir inskrywings sal via Whatsapp aan ouers en leerders gestuur word.
|
Ons versoek ook alle ouers om die volgende skakel te voltooi sodat ons ons beplanning rondom getalle, beamptes en algemene hulp kan doen.
|
WELGEMEEND SE POP UP/ OPWIP-MARK
|
Welgemeend bied vanaf 10 tot 12 Junie ’n unieke ouwêreldse uitstalling van kuns en mooigoed aan - ’n eerste waarna ons baie uitsien!
|
Vertel solank vir al u vriende en teken die datum in u dagboek aan.
|
Kliek hier vir meer inligting.
|
Ons spog in Mei-maand met ons trotse oudleerders - geniet die reeks saam met ons! Loer gerus elke dag na ons Facebookblad om te sien watter merkwaardige oudleerders eens in die JvR-skoolbanke gesit het: https://www.facebook.com/HSJanvanRiebeeck
|
Die meerderheid leerders lyk baie netjies. Die manne se hare lyk ook vandeesweek baie beter - dankie vir u samewerking in die verband!
|
Alle leerders moet asseblief teen Woensdag, 26 Mei, wintersdrag dra.
|
Ek plak weer die wintersdragbeleid hier vir u kennisname:
|
Dogters • Skoolbaadjie daagliks verpligtend; • Wit langmou skoolhemp met skooldas - verpligtend; • Vlootblou skoolromp verpligtend; • Vlootblou skoollangbroek opsioneel; • Lang swart broekiekouse - ondeursigtig en sonder patrone; • Langmou v-nek skooltrui (opsioneel). Mag slegs onder ’n skoolbaadjie gedra word; • JvR-skoolserp (opsioneel) mag slegs saam met skoolbaadjie gedra word; • Skoolskoene - soos somersdrag; • Haarbenodigdhede - soos somersdrag
|
Seuns • Skoolbaadjie daagliks verpligtend; • Wit langmou skoolhemp met skooldas verpligtend; • Grys kortbroek/langbroek met swart gordel; • Grys skoolkouse of grys sokkies • Skoene - soos somersdrag • Langmou v-nek skooltrui (opsioneel). Mag slegs onder ‘n skoolbaadjie gedra word; • JvR-skoolserpe is opsioneel en mag slegs saam met skoolbaadjies gedra word.
|
Jan van Riebeeckers moet alle huiswerk daagliks doen en dit stiptelik teen die bepaalde spertyd by die betrokke onderwyser indien. Versuim om aan hierdie reël te voldoen, kan slegs verskoon word indien die leerder op die dag waarop die huiswerk voltooi moes wees, ’n skriftelike nota van u met ’n aanvaarbare verduideliking by die opvoeder inhandig.
|
Alle leerders moet hul voorgeskrewe skoolwerk met ywer, pligsgetrouheid en toewyding doen om sodoende ‘n positiewe werksetiek te ontwikkel. Huiswerk moet behoorlik en volledig voltooi word.
Ons herinner ook dat leerders verplig is – en moet eie inisiatief neem – om enige werk wat hulle misgeloop het, so spoedig moontlik in te haal.
|
FYI PLAY IT SAFE - SELFOONTOEPASSING
|
In die digitale wêreld, en veral met ons leerders wat meer tyd op sosiale platforms bestee, is ouers bekommerd oor dit waaraan ons kinders blootgestel word. Tot onlangs het ons ongelukkig nog net hulp gehad van toepassings wat ons help om kinders se skermtyd asook ouderdomsbeperkings na sekere inhoud te beheer.
|
Maar as ouers wil weet wat regtig aangaan, word hulle genoodsaak om deur klompe boodskappe te lees en seker te maak hulle weet wat in alle speletjies se kletskamers en sosiale media- profiele aangaan. Wat dit deesdae moeiliker maak is dat boodskappe of die geskiedenis van digitale aktiwiteit maklik uitgevee kan word.
|
Die nuwe toepassing, FYI play it safe, is ontwikkel om vir ouers ‘n pro-aktiewe kennisgewing te gee wanneer hulle kinders blootgestel word aan tekens van kuberboelies (cyberbullying) met volwasse inhoud soos sexting of pornografie in aanraking kom, tyd spandeer deur met vreemdelinge te praat, tekens wys van depressie, selfskade of selfs selfdood.
|
Aangesien me. Best ’n ouer van Hoërskool Jan van Riebeeck is, het sy ook ingestem om vir ons skool se ouers ’n afslag van 30% op die produk aan te bied. Gebruik die kode hsjvr2021 tydens die registrasieproses om vir dié afslag te kwalifiseer. Ons het groot waardering hoervoor!
|
GRAAD 8-OUER-EN-KIND-PRAATJIE
|
Riglyne vir ouers en leerders oor die gebruik van selfone en sosiale media
|
Ons bied eerskomende Woensdag, 26 Mei, ’n praatjie aan wat deur me. Rachelle Best van FYI play it safe gefasiliteer word oor riglyne vir die gebruik van selfone en sosiale media.
|
Ouers, saam met hul gr.8-leerders, word uitgenooi na dié baie nodige gesprek.
|
Die geleentheid begin om 17:30 in die skoolsaal en sal nie later as 19:00 eindig nie.
|
Voltooi asseblief die onderstaande skakel teen Dinsdag, 25 Mei, om aan te dui of u en u kind die geleentheid sal bywoon, al dan nie: http://bit.ly/26Mei2021
|
Ouers en leerders word versoek om die skool se Whatsapp-nommer op hul fone te stoor sodat alle kennisgewings ontvang kan word. Die nommer is 066 448 4881.
|
HERMIEN VAN DER MERWE SOLO-KUNSUITSTALLING BY WELGEMEEND
|
Welgemeend, Hs Jan van Riebeeck, Kaapstad
|
Sy vind uitbundige inspirasie waar sy skuil in Tafelberg se skaduwee
|
Hermien van der Merwe kry haar inspirasie uit die rykdom van flora op die verfdoek Tafelberg waar sy die skadukant van hierdie unieke berg opsoek omdat die lig hier meer gedemp is en die kleure van haar onderwerp baie dieper.
|
Dit is hierdie skadukant van die berg wat haar die meeste inspireer en waaruit haar solo-uitstalling se diep palet ontwikkel het. “Shelter in the shadow” is die naam wat sy gekies het vir haar nuwe reeks unieke skilderye wat hul oorsprong in 2020 se grendeltyd gehad het.
|
“Ek het sterk, diep kleure gekies en met uitbundige kwashale die diep gevoelens van vrees en onsekerheid wat ek ‘n jaar gelede ervaar het, probeer uitbalanseer. Ek wou in my kuns “oorvloed” uitroep in tye van nood en gebrek – ‘n skrille kontras in onsekere tye.
|
Vir Hermien was haar motivering om aan elkeen wat na haar skilderye kom kyk, plesier, kleur, skoonheid en uitbundigheid in hul lewens te gee. “Om aan hulle wat daarna kyk, hoop te gee,” sê sy.
|
Soos altyd, is die Kaapse fynbos haar inspirasie waar sy gereeld die berg se vele stappaadjies verken – opsoek na nuwe kleure, teksture en kontraste vir haar volgende verfdoek wat altyd gereed staan. In haar jongste uitstalling het sy effe afgewyk van die presiese kleure en vorms van fynbos omdat sy vryheid wou uitbeeld met lewendige kleure en sterk kontraste.
|
Die uitstalling het ook op geestelike vlak vir Hermien groot betekenis. “In die afgelope jaar het ‘n diepe waarheid in my weerklink: ‘wie in die skuiling van die Allerhoogte woon, sal rus vind in die skadu van die Almagtige’. Ek skuil in die skaduwee, daar waar ek kan stadiger loop en dinge van naderby kan aanskou.”
|
Hermien se solo-uitstalling het vanjaar ’n splinternuwe formaat. Die uitstalling – wat op 27 Mei 2021 in Welgemeend open – strek oor 17 dae om kleiner groepe mense te akkommodeer.
|
Sy beplan verskillende geleenthede gedurende hierdie tyd: Twee openingsaande; 'n ontbytoggend saam met haar en 'n daglange linodruk-werkswinkel.
|
Die uitstalling sluit af met ‘n kuns- en kunsflytmark by Welgemeend.
|
ROOSHEININGPROJEK: BORG ’n ERFENISROOS
|
Ons nooi alle leerders, oudleerders en ouers uit om ons in ons roosheiningprojek te ondersteun! Ons beplan om ’n besondere roosheining langs die balustrade tussen Kampstraat en die netbalbane te plant om die kantaansig van die kampus te verfraai.
|
Raak deel van hierdie wonderlike projek deur ’n roosboom te borg en sodoende u naam te verewig by u skool. Ons sal naamplaatjies aanbring van almal wat ’n roosboom geborg het. Stuur asb. u naam/versoeke deur na roos@janvanriebeeck.co.za. Hierdie adres kan ook vir enige navrae rondom dié projek gebruik word.
|
Die borgskap beloop R200 per roosboom. Betalings kan via Karri gedoen word of in die Vriende van Welgemeend se rekening gedeponeer word:
|
Friends of Welgemeend and Boerneef Collection Standard Bank Rekening no: 67 671 2339 Bankkode: 020009 Verwysing: Roos_naam en van Betalingsbewys kan per e-pos gestuur word na roos@janvanriebeeck.co.za.
|
Ons is so dankbaar vir ons Vriende van Welgemeend en Boerneefversameling wat hierdie projek vir ons gaan administreer.
|
Baie dankie solank vir u ondersteuning!
|
DANIELS TENNISAKADEMIE (DTA)
|
Graad 8 tot 11-leerders mag gedurende een LO-les per week privaattennisafrigting ontvang. Kliek gerus hier vir meer inligting oor tennisafrigtingopsies by DTA.
|
C.J. Langenhoven se woorde is so waar: "As die kortpad die beste was, sou die hoofpad daar geloop het." Moenie die kortpaaie kies nie, Jan van Riebeeckers! Akademiese sukses wag op jou as jy bereid is om hard te werk, jou huiswerk noukeurig en behoorlik te doen en als in te sit. Die eksamen is om die draai, so doen jou werk getrou.
|
Baie geluk aan Anna van Rooyen wat hierdie week die Cambridge A2-Wiskunde- eksamens voltooi het. Anna, ons sien daarna uit om die uitslae saam met jou te vier!
|
Aansoeke vir die Cambridge- en IGCSE-Wiskundeprogramme vir die 2021/2022-groep is nou amptelik gesluit. Dankie vir al die inskrywings wat ons ontvang het!
|
Ouers en leerders sal volgende week gekontak word met verdere besonderhede rondom die reëlings vir die program.
|
Fisiese Wetenskappe-intervensie
|
* Graad 12-FW gaan elke Maandag voort met onderrig na hul dubbelperiode FW, vanaf
|
* Graad 12-FW-hulpklas: Vrydagoggend vanaf 07:00 tot 07:30
|
* Graad 11-FW-hulpklas: Leerders kan kies tussen Dinsdagmiddag en
|
Woensdagmiddag 14:04 tot 15:00, soos dit hul buitemuurse program pas.
|
* Graad 10-FW-hulpklas: Donderdagmiddag 14:04 tot 15:00
|
Wiskunde-intervensie v Graad 12: Maandagmiddag vanaf 14:15 – 15:00 (Me. Serrao se klas) Graad 12: Woensdagoggend vanaf 06:55 – 7:25 (Mnr. Cronjè se klas) Graad 11: Maandagmiddag vanaf 15:15 – 16:00 (Me. Serrao se klas) Graad 11: Donderdagmiddag 14:30 – 15:30 (Mnr. Oosthuizen - nasorglokaal) Graad 10: Maandagmiddag 15:15 – 16:00 (Mnr. Klink se klas) Graad 10: Maandag 14:15 – 15:00 (Mnr. Cronjè se klas) Graad 9: Woensdag 14:15 – 15:00 (Mnr. Klink se klas) Graad 9: Dinsdagmiddag 14:15 – 15:00 (Me. Du Plessis se klas) Graad 8: Woensdagmiddag 14:30 – 15:30 (Mnr. Oosthuizen) Graad 8: Maandagmiddag 14:15 – 15:00 (Mnr. Klink se klas)
|
Graad 12-Lewenswetenskappe-intervensie |
Ons matrieks is welkom om elke Woensdagooggend van 6:30 tot 7:30 dié klasse by te woon. Bespreek asb. ’n plek die dag voor die tyd by me. Steyn. |
Leerders wat hulp benodig met vakverwante probleme, kan die volgende MR-lede vir tutorklasse kontak: |
Maak gebruik van hierdie tutorgeleenthede deur jou medeskoliere, Jan van Riebeeckers.
|
|
Kapteine-aand: Maandag, 24 Mei by Welgemeend (18:00 – 20:00)
|
Alle kapteine sal binnekort hul uitnodiging na dié spesiale funksie ontvang. Motiveringspreker: Dillon Jearey
|
Gashere: Elna Engelbrecht en Gregory Barends
|
Die hokkiedogters vs Camps Bay High
|
In die eerste helfte loop JvR agter met 1-0. Tydens die tweede helfte word die bordjies verhang en klop JvR vir Camps Bay High 4 - 3. ’n Puik terugvegpoging!
|
Ons is steeds baie opgewonde oor die hokkieseisoen, al is wedstryde voorlopig gekanselleer.
|
Om aan die Covid-regulasies te voldoen, is daar egter 'n verandering aan die sportprogram:
|
- Meisies 0/16- en 0/19-oefeninge vind nou op die St. Michaels-veld plaas. Seuns 0/16- en 0/19-oefeninge vind steeds op die Buys-veld plaas.
- Woensdae-oefeninge vir die eerste spanne is tydelik gestaak.
- Verandering op die hokkieprogram: 0/19-Meisies, Donderdae: 14h30 - 15h30 * Hierdie oefentyd kan verleng word indien die afrigter dit vereis, maar dit sal aan leerders gekommunikeer word.
Ons is ook die geleentheid gegun om meer gereeld op die astrobaan van St Cyprian's te oefen. Daar sal volgende week 'n program aan die leerders gestuur word om hiervoor te beplan. Die geleentheid word eers net aan eerstespanleerders wat toewyding tot hokkieoefeninge toon, gebied.
|
Ons Jan van Riebeeckers het verlede naweek met mannemoed ons opponente van Hoërskool De Kuilen in moeilike weersomstandighede aangedurf.
|
Ons is baie trots op ons Peet Karsten wat verlede naweek die O/16-afdeling van die Cape Town ProKennex-tennistoernooi gewen het!
|
Ons 0/19-span het die week teen Star College gespeel. Ons het ongelukkig 2-4 verloor.
|
As in ag geneem word dat drie van ons topspelers die SAMF-Wiskunde Olimpiade moes skryf, is die uitslag glad nie sleg nie en beteken dit dat daar wel diepte in die skaakspan is.
|
Geluk aan Gabriël Smuts en Nicholas de Jong wat hul wedstryde oortuigend gewen het.
|
Simon vd Bergh (ingestaan as kaptein)
|
Die amptelike skaakwedstryde is vir eers ook afgestel, maar daar is sprake van aanlyn wedstryde wat steeds voortgaan.
|
Jan van Riebeeck het Dinsdag, 18 Mei 2021, geskiedenis gemaak deur die eerste tafeltenniswedstryd waaraan die skool amptelik deelgeneem het, te wen.
|
Ons tafeltennismeisiespan het hul eerste wedstryd teen Hoërskool Brackenfell baie geniet.
|
JvR wen 5-1. ’n Puik 'afslaan' van dié nuwe sport!
|
Ons meisies speel Dinsdag teen Exelsior en die seuns teen Fairmont se derde span Albei wedstryde vind by Fairmont plaas.
|
Die Landloopdag van 26 Mei is uitgestel tot na die derde vlaag. Die datum is nog onbekend.
|
Die Spurbergfietsreeks gaan more voort by Bloemendal en ses van ons leerders neem deel: Gerard Snijders, Daniel Grutter, Stef Mostert, Hein Muller, Mari Swanepoel en
|
Liezel Snijders. Baie sterkte, Jan van Riebeeckers!
|
Ons jaarlikse talentaand, Sterrejag 2021, is gisteraand in die skoolsaal aangebied en was 'n reusesukses! Daar was 'n groot verskeidenheid items soos sang, dans, instrumentele nommers en fotografie.
|
Die beoordelaars was bekendes uit die kuns- en vermaaklikheidsbedryf soos Robyn van der Rheede en Pieter Helslandt en daar was ook 'n gasoptrede deur Larian Volkwyn, 'n oudleerder en bekende sangeres.
|
Die wenners in elke kategorie is aangewys en die algehele wenner was Johnaine Bonn met haar Hip Hop-dansitem.
|
Die kategoriewenners is as volg:
|
Ope: Claudia Stipp en Tiaan Groenewald
|
Instrumenteel: Martin van Bergen
|
Fotografie: Kayla Stoffberg
|
Baie dankie aan elke leerder en ouer wat ons JvR-sterre ondersteun het en die geleentheid saam met ons kom geniet het.
|
Ons wil die graad 10-OOV-ouers in die besonder bedank vir hul baie moeite en entoesiasme om die ouerkuierarea so gesellig te maak. Ons waardeer almal se betrokkenheid en ondersteuning baie!
|
Musiekaand Baie dankie en baie geluk aan elke leerder se optrede Dinsdagaand - dit was werklik 'n wonderlike aand van musiek en sang! Dit was 'n droom wat waar geword het om ons splinternuwe orkes vir die eerste keer in aksie te sien. Ons koor was ook oudergewoonte ’n treffer!
|
Baie dankie aan elke ouer se ondersteuning tot ons leerders se musikale ontwikkeling. Ons sê ook baie dankie aan ons wonderlike ouers van die OOV wat die aand ekstra spesiaal gemaak het met die heerlike versnaperings by die snoepie.
|
JvR VS RUSTENBURG GIRLS' HIGH SCHOOL
|
"Debating is like chess, but with words."
|
Die junior en senior Rotary-debatspan het Maandagaand kwessies rondom die gereg en diplomasie teen Rustenburg Girls' High School goed uitgepraat.
|
Ons juniors kon daarin slaag om almal te oortuig dat die gebruik van jurielede nie nodig is nie, maar ongelukkig was die argumente van die senior opponente vir die afskaf van nie-wapen sanksies as meer oortuigend beskou.
|
Ons is trots op beide van ons spanne in hulle sportmanskap en goeie gees.
|
Ons kom Maandagaand aanlyn via Discord teen Hoërskool Bloubergrand te staan.
|
Ons eie me. Regina Malan, SK-musiek- en sangonderwyser, sal eersdaags iin die produksie, A Boarding Line, te sien wees.
|
As jy lief is vir jazzhande soos Fosse, kwartette soos Lloyd Webber en puik sang soos LuPone, hoef jy nie verder te soek nie - dié produskie is wat jy dan in jou lewe nodig het! Hul dansende, singende en musikale ekstravaganza bevat al die Broadway-treffers wat jy ken, asook 'n paar nuwes. Moet dit nie misloop nie!
|
Kaartjies is nou beskikbaar by Computicket. Bespreek jou sitplekke om teleurstelling te voorkom: https://bit.ly/33BhOsw.
|
Die vertoning is van 10 tot 19 Junie in die Masque Theatre South Africa te sien.
|
Drama-eisteddfod Oefeninge vind Woensdag, 14:15 tot 15:15, plaas.
Tienertoneel Oefeninge vind Dinsdag en Donderdag, 16:00 tot 19:00, plaas.
|
Orkes Die orkes is weer aan die oefen op Maandag- en Woensdagoggend van 7:00 tot 8:00.
|
Volgens die maatreëls wat vandag deur die Departement van Onderwys uitgreik is, word alle kooraktiwiteite weens Covid-19-gevare gestaak.
|
Die Afrikaans-ekspo se kunskompetisie-inskrywings sluit 12 Julie. Al die inligting is op die “Kunskompetisies Google-klaskamer” beskikbaar. Leerders kan tye reël om in die kunsklas aan hul inskrywings te kom werk. Gesels met me. Vrey.
|
|
Die klerewinkel sal volgende week Maandag en Woensdag vanaf 12:45 tot 14:15 oop wees.
|
Geniet ’n heerlike gesinsnaweek! Ons koshuis geniet ook ’n inblynaweek en ek weet me. Steyn en haar span het gesorg dat daar ’n paar heerlike verrassings op ons koshuisleerders wag - geniet dit, Huis Jordaan!
|
Ons gesels weer volgende Vrydag!
|
VERJAARDAE: 22 TOT 28 MEI 2021
|
Baie geluk aan al ons Jan van Riebeeckers wat volgende week verjaar!
|
Shan Je-Hanne Bezuidenhout (8H)
|
ONTMOET ONS ONDERWYSERS: MNR. WERNER CRONJé
|
Mnr. Werner Cronjé bied tans IT (graad 10,11, 12) en Wiskunde (graad 10 en 12) by Hoërskool Jan van Riebeeck aan. Hy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en verwerf ʼn B.Sc. (met Ingenieursvakke, Rekenaarwetenskap en Fisika) in 1995.
|
Aan die begin van 1996, na 4 maande as derde jaar ingenieurstudent, besluit hy om eerder te gaan werk. Hy kry dadelik werk as programmeerder by Strategic Software op Stellenbosch, wat later SoftMAR raak. By hierdie klein internasionale maatskappy is hy 12 jaar en behaal in daardie tyd deeltyds ‘n B. Hons in Rekenaarwetenskap (2003) aan US. In 2008 besluit hy om ʼn onderwyser te word en begin by Jan van Riebeeck in 2009 om IT en RTT te onderrig. Hy doen ook deeltyds sy PGCE aan UNISA en verwerf dié sertifikaat in 2013.
|
Hy organiseer die skaakklub asook die Programmering en Robotikaklub (graad 8 en 9). Verder is hy betrokke by die uitwerk van die kurrikulum van die rekenaargeletterheidvak wat Me. Le-Ray Crous vir ons graad 8's en 9's aanbied. Hy is ook die “huisouer” van Reiger wat raad en bystand verleen aan die voorsitter en huisbestuur. Mnr. Cronjé is 12R se registeronderwyser.
|
|
|
|
|
|
|
|