|
|
|
|
Belangrike Datums
Februarie 25, 2021 Swemgala – Groote Schuur
Maart 4, 2021 Swemgala - Springfield
|
|
|
|
|
Belangrike Sake
|
- Baie dankie aan die OOV wat gisteraand gehelp het by die Merieteseremonie en heerlike verversings aan die ouers en gaste verskaf het. Dit was 'n wonderlike aand en ons is trots op al ons leerders met hulle uitstaande prestasies. Sien 'n meer volledige berig hieronder.
- U is almal reeds per e-pos uitgenooi na die Begrotingsoueraand op Donderdagaand 14 November om 18:00 in die skoolsaal. Kontak gerus vir Nicky Hatting indien u navrae oor die begroting het. (nicky.hattingh@janvanriebeeck.co.za)
- Die Busfondsvorms vir 2020 is aan alle betrokke partye gestuur. U kan die vorms ook by Ontvangs kom ingee indien dit vir u makliker is.
- Ons hou op 29 Oktober om 18:30 'n Inligtingsaand vir die graad 8's van 2020. Indien u weet van enige ouers wat nog wik-en-weeg oor waarheen hulle kinders volgende jaar moet gaan, verwys hulle asseblief na Nadine by die Bemarkingskantoor.
|
|
Nuus
|
|
|
Uitstekende prestasies by Merieteseremonie
|
Die jaarlikse Merieteseremonie is op 17 Oktober gehou en dis tydens dié spoggeleentheid waar ons skool se uitblinkers en toppresteerders erkenning kry vir hulle harde werk. Die graad 12's word ook tydens die plegtigheid vir akademiese uitnemendheid vereer, terwyl die res van die skool se akademiese prestasies eers in die eerste kwartaal van 2020 beloon sal word. Daar word ook elke jaar 'n paar spesiale toekennings oorhandig. Hierdie jaar se waardige wenners is as volg:
|
Gerhard Joubert: Veelsydigste Kultuurprestasie en Kultuurnuusmaker van die Jaar Lené Vorster: Kultuurpersoon van die Jaar
|
Braam van der Vyver: Veelsydigste Sportseun van die Jaar Amieke Schumann: Veelsydigste Sportdogter van die Jaar Stef Mostert: Sportseun van die Jaar Lydia-Marie Erasmus: Sportdogter van die Jaar Nadia van Antwerpen: Sportnuusmaker van die Jaar
|
Lané Beyer: VRL/MR/VRL-voorsitter Leierskaptrofees Emil van der Walt: VRL & MR Leierskap Dirk Maree: Leierskapontwikkeling
|
Dirk Maree: Veelsydigste presteerder (graad 12-seun) Lané Beyer: Veelsydigste presteerder (graad 12-dogter)
|
Chelsea Smythe: Graad 12 - Derde graadposisie 90.4% Dirk Maree: Graad 12 - Tweede graadposisie 91.8% Emil van der Walt: Graad 12 - Dux-leerder 92.4%
|
Emil van der Walt: Nuusmaker van die Jaar Emil van der Walt: Jan van Riebeecker van die Jaar
|
Ons nuwe hoofleiers vir 2020 is ook aangekondig! Baie geluk aan Louis Jordaan (onderhoofseun), Betsy Wilke (onderhoofdogter), Lydia-Marie Erasmus (hoofdogter) en Dylan Keyser (hoofseun en VRL-voorsitter)!
|
|
|
|
|
Ons musiektrots!
|
Ons is ongelooflik trots op Gerhard Joubert wat op 12 Oktober aan die finaal van die National Youth Music Competition deelgeneem het. Hy het algeheel tweede gekom (Jordan Brooks, violis, stap weg met die eerste prys), maar is aangewys as kategoriewenner van klavier, beste uitvoering van 'n klassieke werk en beste uitvoering van 'n Suid-Afrikaanse werk (gesamentlike wenner). Daarbenewens is hy uitgenooi om in 2020 saam met die Namibiese Simfonieorkes te gaan optree. Gerhard is dus in effek die beste o.19-pianis in die land. Dit is voorwaar 'n uitsonderlike prestasie! Baie geluk, Gerhard!
|
|
|
|
|
WP-Tweekamp
|
Braam vd Vyver (2de), Dylan Keyser (3de), Daniel Wiese (1ste) en Michael Massyn (4de) het ons trots gemaak by die WP-Tweekamp (liga 2) wat op 12 Oktober gehou is. Hulle het die eerste vier plekker losgeslaan!
|
Die volgende byeenkoms is Saterdag 3 Desember.
|
|
|
|
|
Uithou en aanhou vir Tienkamp
|
Liam Peyper en Angelo Pieterse (beide in graad 11), is SA Junior Tienkampkandidate. Hier oefen hulle saam met oudleerders Oloff van Zyl (matriek 1986, SA-Meesters M45-49 paalspringkampioen, twintigkamprekordhouer en 2018 twintigkampwêreldkampioen), Elgar Theunis (tienkamp/paalspringafrigter, WP-Senior Tienkamp, SA twintigkamprekordhouer) en Dana van Zyl (matriek 1991, SA-Meesters M45-49 tienkampkampioen).
|
Ons sien uit na groot prestasies van die twee manne!
|
|
|
Sport-, kultuur- en akademiese programme
|
Die kultuuraktiwiteite vir die jaar is afgesluit en die eksamen is op ons. Daar is wel nog verskeie sportaktiwiteite wat voortgaan.
|
|
|
|
Sportprogram 21-26 Oktober
|
Sien asseblief die week se sportprogram hieronder.
|
Alle sportnavrae kan gerig word aan mnr Ruvan Prinsloo by sport@janvanriebeeck.co.za.
|
|
|
|
Eksamenrooster November 2019
|
Die eksamen is om die draai en tyd vir voorbereiding raak min! Die eksamenrooster is op die webwerf beskikbaar. Enige akademiese navrae kan aan me Lizette Visser gerig word. (lizette.visser@janvanriebeeck.co.za)
|
|
|
|
|
|