|
|
|
|
|
|
|
Nog ’n bedrywige en opwindende Jan van Riebeeck-week is verby!
|
Die JanStyl-funksie gisteraand was iets besonders. Baie dankie me. Neuhoff, Meyer, Gouws en mnr. Klink vir hul harde werk om van hierdie geleentheid ’n reusesukses te maak. Dit was heerlik om te sien hoe die graad 11's hul oomblik op die verhoog geniet.
|
Baie geluk aan die wenners!
|
Mej. Jan van Riebeeck: Sima Ngwenya
|
Mnr. Jan van Riebeeck: Daniël Strydom
|
2de: Elmarie Combrink en Lukas Wildenboer (hul is ook mej. en mnr. Persoonlikheid!)
|
3de: Lené Vorster en Dawid Agenbach
|
Jan van Riebeeckers het die afgelope maand heelwat organisasies en veldtogte ondersteun. Dit bly ’n voorreg om 'te kan gee' en daarom is ons trots op ons leerders wat aktief betrokke is en deelneem aan hierdie inisiatiewe.
|
Ons matriekraad het Woensdagoggend namens die hele skool die inwoners van Monte Rosa-ouetehuis in Tuine gaan verras met spesiale Jan van Riebeeck-lenteblomme!
|
Dit was heerlik om hierdie spesiale ooms en tannies op lentedag te kon bederf - hul het dit só baie waardeer.
|
Huis Jabes is ’n veilige hawe vir vroue en kinders wat slagoffers is van gesinsgeweld. Ons was bevoorreg om gedurende Augustus by te dra tot hierdie ongelooflike projek.
|
Die Jan van Riebeeckers het ook Maandag en Dinsdag sanitêre produkte geskenk en alle donasies gaan aan die "Girls with wings"-organisasie.
|
Baie dankie ook aan almal wat vandag aan Loslitdag deelgeneem het - jul ondersteuning word opreg waardeer!
|
Maandag is stemdag hier by die skool en Woensdag kondig ons ons nuwe leiers vir 2022 aan. Die matriekraad sal volgende naweek hul opleidingseminaar hier by die skool bywoon.
|
Leerders moet asseblief verseker dat hul hul Google Classroom-wagwoorde ken om toegang tot die stemproses te kry. Indien leerders onseker is of hul besonderhede verloor het, kan hul gerus ’n e-pos stuur aan help@janvanriebeeck.co.za.
|
Die graad 12’s begin Maandag met hul rekordeksamen. Ons wens ons matrieks alle sterkte toe en vertrou dat hul harde werk van die afgelope jaar vrugte sal afwerp.
|
Ouers word herinner dat leerders wat ’n vraestel misloop, ’n mediese sertifikaat moet inhandig. Kontak asseblief me. L Visser (die eksamenhoof) by lizette.visser@janvanriebeeck.co.za vir enige navrae.
|
ESKOM Ekspo vir Jong Wetenskaplikes
|
Twee jaar gelede het Adrian Huysamen as graad 8-leerder dit reggekry om 'n goue medalje by die ESKOM Ekspo vir Jong Wetenskaplikes (Stellenbosch streek) te verower.
|
Hierdie jaar het hy as graad 10-leerder voortgebou op sy sukses en nie net ’n goue medalje verower nie, maar is ook genooi om aan die International Science Fair, wat gedurende Oktober plaasvind, deel te neem.
|
Wel gedaan, Adrian! Ons bars van trots!
|
WOLKSKOOL vir elke Jan van Riebeecker!
|
Die Wolkskool is ’n wêreldgehalte leerderbestuurstelsel met leerinhoud vir graad 1 tot 12. Dit is ʼn inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en hul bied aanlyn lesse in video-formaat, werkkaarte, werkboeke en aanlyn assesserings wat leerders in hul eie tyd, vanaf enige plek, aanvullend tot skoolonderrig kan deurwerk. Onderwysers kan ook hul eie video’s, werkkaarte en opdragte op die stelsel laai sodat leerders werk tuis kan afhandel. Die inhoud is op die Suid-Afrikaanse KABV-kurrikulum gebaseer.
|
Hoërskool Jan van Riebeeck en Die Wolkskool verseker nou saam voortreflike aanlyn onderrig in Afrikaans. Ons het ’n ooreenkoms met Die Wolkskool gesluit om vanaf Maandag vir elke leerder in gr. 8 tot 12 toegang tot dié akademiese platform te gee.
|
Elke Jan van Riebeecker sal Maandag met hul JvR-e-posadres en wagwoord kan registreer. Ouers/Voogde en onderwysers ontvang verslae wat leerders se vordering aandui en ouers/voogde kan self ook na die video’s kyk om u kind met uitdagings te ondersteun.
|
Ons is baie trots en opgewonde om hierdie akademiese platform aan elke leerder beskikbaar te stel - en saam met Die Wolkskoolspan nog verdere aanvullende gehalteonderrig buite die klaskamer te verseker!
|
Ons is baie opgewonde om 'n voorstelling van die volgende fase van ons kampusuitbreiding te deel. Die beplanning aan die nuwe JvR-studenteplein en -trappe aan die agterkant van die skoolgebou is goed op dreef en die groot werk begin in die Oktober-skoolvakansie! Kyk gerus hier en hier om te sien hoe mooi ons studenteplein gaan lyk.
|
Ons Kampusmuur word geverf
|
Ons is ook baie dankbaar dat weldoeners en vriende van ons skool aangebied het om te help met mannekrag, voorbereiding en die verf van die muur. Die groot werk het die afgelope week in alle erns begin.
|
Ons wil egter die hele Jan van Riebeeck-familie uitnooi om ’n finansiële bydrae tot hierdie inisiatief te maak. Die skool het nie vanjaar hiervoor begroot nie en ons wil graag die hele blok (agter by Welgemeend ook) verf.
|
Die totale koste gaan meer as R100 000 beloop. Sien gerus die donasie-opsie op Karri en ons sal enige finansiële bydraes baie waardeer. U is ook welkom om elektroniese betalings in die skoolrekening te doen, maar gebruik dan muur_u van as verwysing.
|
Die JvR-kalender vir die volgende paar maande is hier beskikbaar.
|
JvR-WHATSAPP Ouers en leerders word versoek om die skool se Whatsapp-nommer op hul fone te stoor sodat alle kennisgewings ontvang kan word. Die nommer is 066 448 4881.
|
WELGEMEEND MAAND VAN KUNS 2021
|
Die 2021 Welgemeend Maand van Kuns word tot 16 September aangebied deur die Vriende van Welgemeend in samewerking met Frank en Lizelle Kilbourn, Strauss & Co en Delaire Graff Landgoed, met die ondersteuning van Hoërskool Jan van Riebeeck.
|
Welgemeend is oop vanaf 9:00 tot 15:00 vir besigtiging van die kunswerke. U hoef nie vir besoeke te bespreek nie, maar kyk asseblief na aangehegte kalender watter dae Welgemeend toe is vir die publiek. Toegangsgeld R50 per persoon.
|
Die program is hier beskikbaar - en sal aangepas word indien Covid-19-regulasies dit noodsaak.
|
JvR-ALUMNI/OUERS/LEERDERS-SPORTDAG!
|
Ons nooi graag al ons alumni, ouers en leerders uit om deel te neem aan hierdie opwindende sportdag op 18 September!
|
Kliek hier vir al die inligting en voltooi die skakel op die plakkaat indien u wil deelneem.
|
SENOR CHEF-FONDSINSAMELINGSPROJEK
|
Baie dankie en baie geluk aan die leerders wat besondere pogings aangewend het om dié fondsinsamelingsprojek te ondersteun.
|
Die klaskompetisie (Pizza vir die hele graad 9R- klas!)
|
Die graadkompetisie (Sivvies vir al die graad 9's!)
|
Leerderposisies (Geskenkbewyse vir die drie topverkopers!)
|
3. Lara-Lisa Senekal Gr.8H
|
Mooi so, Jan van Riebeeckers!
|
Ons nooi alle alumni, Vriende van Jan van Riebeeck en ons ouers na ons gholfdag wat op 30 September plaasvind by King David Mowbraygholfbaan.
|
Ons speel ‘shotgun’ wat beteken almal slaan gelyk af om 13:00.
|
Die formaat van spel is vierbal-samespel (‘4-ball alliance’) met slegs die beste 2 punte wat tel en al 4 punte op ’n par 3.
|
Nooi gerus persone buite ons skoolgemeenskap om die dag by te woon.
|
Kliek hier vir meer besonderhede.
|
JAN VAN RIEBEECKERS VAN DIE WEEK
|
Hy is 'n man wat elke geleentheid in die skool met albei hande aangryp!
|
Hy is 'n staatmaker in die klaskamer, het ywerig ingeskakel by die rotsklimprogram en het onlangs sy 'Toprope Belay'-lisensie ontvang.
|
Lu-Wyk spring graag in die branders in op Vrydaemiddae saam met JANbrander en op die kultuurfront deel hy graag sy musiektalent net waar hy kan. Sy oorspronklike musiek en kitaarspel beïndruk ook! Hy is opgewonde oor sy liedjieskryfwerk saam met Stef Bos en sing graag Afrikaanse treffers by kultuurbyeenkomste en saalperiodes.
|
Ons is trots op leerders soos Lu-Wyk wat áls gee om 'n heerlike skoolervaring te geniet. Mooi so, Lu-Wyk!
|
(Hy ondersteun ook op die foto ons vrouemaand-inisiatief voluit met sy interessante pienk uitrusting!)
|
Die graad 11's is hard aan die werk om te verseker die matrieks geniet ’n spesiale matriekafskeid vanjaar. Ondersteun hul in hul fondsinsamelingspoging deur ’n R20-lootjie te koop!
|
Die volgende fantastiese pryse is op die spel vir almal wat lootjies koop:
|
- Pick 'n Pay-geskenkbewys ter waarde van R500
- Peppertree Cafè-geskenkbewys ter waarde van R100
- Cotton On-geskenkbewys ter waarde van R500
- H&M-geskenkbewys ter waarde van R500
- Woolworths-geskenkbewys ter waarde van R500
- 1 x 45 min.-fisioterapiegeskenkbewys
- 1 x 45 min.-fisioterapiegeskenkbewys
- 'n Stel "bluetooth"-koordlose oorfone
- Bootleggers-geskenkbewys ter waarde van R100
- Bootleggers-geskenkbewys ter waarde van R100
Die R20-lootjies is beskikbaar by die finansiestoonbank of op Karri.
|
Die trekking vind op Vrydag, 17 September plaas.
|
Kliek hier vir volgende week se sportrooster. Ons hoop almal neem met groot entoesiasme deel!
|
Stephan Griessel in graad 8 het die afgelope naweek sy junior lewensreddingskursus by Big Bay Lewensredding Klub geslaag. Die kursus bestaan uit 'n praktiese assessering en 'n teorievraestel en sluit onder andere die volgende in: noodhulp, kommunikasie, radioprosedures en lewensredding.
|
Ons wens Stephan hartlik geluk met hierdie besondere prestasie!
|
Francois Roux het na 9 jaar se harde werk sy swartgordel in Goju Ryu-karate verwerf. Ons is saam met hom trots op hierdie uitsonderlike prestasie!
|
Fairmont se eerste span het ons 6-0 gewen.
|
Ons speel volgende week Dinsdag, 7 September tuis:
|
Gerard Snijders, Daniël Grutter, Johann Jordaan, Stef Mostert en Mari Swanepoel neem more aan 'n WCSCSA-bergfietsmarathon in Montagu deel en sal elk 48km moet aflê. Baie sterkte!
|
Die atletiekseisoen begin stadig maar seker spoed optel! Ons kyk tans na deelname aan byeenkomste op 29 September en ook 23 en 30 Oktober.
|
Ons vra dat atlete na die tye op die sportprogram sal kyk en kom deelneem aan die oefeninge.
|
Let ook asseblief dat spiesgooi-oefeninge op die St. Micheal-veld gaan plaasvind.
|
Die Jan van Riebeeck-noodhulpspan nooi graag alle leerders wat hul vlak 1- noodhulpkursus voltooi het, om die vlak 2- en 3-kursus te bywoon!
|
Koste: R850 per leerder vir die kombinasie van vlak 2 en 3 (Betaalbaar op Karri).
|
Kom skryf in by me. Du Plessis tydens register, teen 6 Oktober!
|
Navra kan gerig word aan me. Du Plessis.
|
Leerders moet ’n geldige vlak 1-noodhulpkwalifikasie hê om die vlak 2 en 3 te mag voltooi. As die noodhulpkursus nie by die skool voltooi is nie, moet die geldige sertifikaat asb. aan me. Du Plessis gestuur word.
|
Tweekampseisoen 2021/2022
|
Leerders wat in die nuwe seisoen aan tweekamp wil deel neem, moet asseblief affilieer op die WP-Tweekamp-webwerf. Vir 'n voorlopige program en reëlings, raadpleeg gerus hul bepalingsblad.
|
ATKV-Tienertoneelkompetisie: JvR haal TOP 8 in die land!
|
Ons tienertoneelproduksie, "Om teen treine te skree" is 'n nasionale Top 8-finalis in vanjaar se ATKV-tienertoneelkompetisie!
|
Die land se beste skoleproduksies gaan nou van 6-9 Oktober sake behoorlik op die Artscape-verhoog in die nasionale finaal uitspook!
|
Baie geluk aan ons Jan van Riebeeckers, regisseur Kanya Viljoen en dramahoof, me. Taljaard - ons is só trots!
|
Kaapse Afrikaanse Esiteddfod
|
Baie geluk aan ons Jan van Riebeeck-sangers wat puik uitslae tydens die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod behaal het - ons is baie trots op julle!
|
Phillip Herbst: 80%, 85%, 90%
|
Claudia Stipp: 86%, 89%, 90%, 90%, 95%
|
Mieke Herbst: 87%, 88%, 90%, 90%, 93%
|
Hierdie opwindende nuwe klub nooi alle Jan van Riebeeckers om oor die wonder van musiekteater te kom leer.
|
Woensdag, 14:30-15:30: Solo-/Duet-/Triowerk
|
Donderdag, 16:00-17:30: Groepwerk
|
Ons nooi al ons leerders om Vrydae direk na skool in die skoolsaal die fynere danskunsies te kom leer. Die instrukteurs van UCT sal ons Jan van Riebeeckers aan al die verskillende dansdissiplines bekendstel. Moenie die geleentheid misloop nie. Gesels gerus met mnr. Klink om meer uit te vind oor dié nuwe inisiatief.
|
Ons skoolkoor en orkes begin weer volgende week oefen!
|
Koor: Dinsdagoggend om 07:00 en Woensdagmiddag vanaf 16:00 tot 17:30
|
Orkes: Maandag- en Woensdagoggend om 07:00
|
Kunsmaand-kunskompetisie Die Welgemeend-kunsmaandkunskompetisie is nou aan die gang! Enige JvR-leerder mag inskryf en kan inskrywingsvorms by me. Vrey afhaal. Daar is groot pryse vir wenners in elke graadgroep op die spel. Inskrywings sluit op 7 September. Sterkte!
|
Die klerewinkel sal vir die volgende drie weke gesluit wees. Maak gerus ’n afspraak by me. Sanette van Loggerenberg indien u iets dringend benodig. Haar e-posadres is sannette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za.
|
VERJAARDAE: 4 TOT 10 SEPTEMBER 2021
|
Baie geluk aan al ons Jan van Riebeeckers wat die volgende week verjaar!
|
ONTMOET ONS ONDERWYSERS: MNR. HUNTIE MEYER
|
Mnr. Meyer matrikuleer aan Hoërskool Brandwag in Uitenhage, waarna hy twee jaar diensplig gaan doen. Na sy diensplig studeer hy BA Tech Ed. aan die Universiteit van Port Elizabeth. Hy voltooi sy HOD Diploma in Ingenieurstekeninge, H&M en Bybelkunde. Huntie begin sy onderwysloopbaan by Hoërskool Kuruman, waarna hy ook skool gee by Cillie-Muir College. Hy verlaat egter die onderwys en werk vir 10 jaar as Besturende Direkteur van Granotech EC. Die besigheid sluit en hy begin in 2011 by Hoërskool Jan van Riebeeck as onderwyser in Ingenieursgrafika en -Ontwerp.
|
|
|
|
|
|
|