Nuusbrief-header
10 September 2021
GINA1
Geagte Ouers / Voogde

Al ons leerders het die voorreg gehad om die afgelope maand op klasbesoeke die Welgemeend Maand van Kuns-uitstalling by te woon.
In sekere groepe het die onderwysers leerders uitgenooi om in geskrewe vorm te reflekteer op enige van die skilderye wat 'met hul praat'.

Lees net die aangrypende gedig wat Henri Malan in graad 10 skryf oor Gina Heyer se skildery (hier bo). Dit wil gedoen wees, woordkunstenaar-Henri!

Doolhof
Ek wandel in hierdie kaal koue gange
En soek na jou tot die beste van my vermoë
Ek hardloop na jou refleksie in die venster
Maar staar dan myself in die oë

Want ek is in lewende lywe alles wat fout is met jou
Ek is die gal in jou sere, die gif wat jy brou

En die woorde waarmee jy foutvind met my
Is dieselfde woorde waarmee jy jouself flenters sny
Jou haat vir jouself is die muur wat ons skei
Dit is die doolhof

Wat jou in twee stukke skeur
Noordpool en noordpool wat mekaar tot in ewigheid afweer

So maak vrede met my
Voor jy in hierdie ysige gepolariseerde gange verkluim

Dit was met groot trots dat ons Woensdag die nuwe leerderleiers vir 2021/2022 aangekondig het. Baie geluk aan ons nuwe matriekraad en VRL!

Elke nuwe JvR-leerderleier het Woensdag 'n “Lucky Bamboo” ontvang. Dit simboliseer goeie geluk en voorspoed en die plant is ook bekend daarvoor dat dit die vloei van positiewe energie versterk.
Ons gaan vandag en more by die prefektekamp ’n bietjie rondom hierdie gedagtes met die nuwe leiers werk. Ons wens is dat hul inspirasie uit hierdie gedagtes sal put.

MATRIEKRAAD 2021/2022
Agenbag, Dawid
Bam, Obed
Carelse, Cameron
Combrink, Elmarie
De Lange, Thea
Farmer, Nicole
Fourie, Mila
Greeff, Braam
Herbst, Phillip
Holmes, Mia
McKeown, Cavan
Ngwenya, Simamukela
Ray, Caylee
Smit, Kayla
Vorster, Lené
Wildenboer, Lucas

VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS 2021/2022
Graad 9 (2022)
Griesel, Stephan
Marney, Zaheer
Senekal, Lara-Lisa

Graad 10 (2022)
Herbst, Mienke
Karsten, Peet
Snijders, Liezel

Graad 11 (2022)
Huysamen, Adrian
Joubert, Timoné
Van den Berg, Simon

Die hele JvR-familie is baie trots op elkeen van julle en wens julle alle voorspoed toe vir die groot taak wat op jul wag.

PIETER KOOIJ MUSIEKKOMPETISIE 2021
Ons is ongelooflik trots om more om 18:00 die finale ronde van die Pieter Kooij-musiekkompetisie by Welgemeend aan te bied! Van Kaapstad se mees talentvollle jeugmusici sal in aksie wees.

Die uitvoering vind voor ’n groep uitgenooide gaste in Welgemeend plaas, maar die kompetisie word ook lewendig gestroom sodat u dit in die gemak van u huis kan beleef. Kaartjies vir dié lewendige uitsending is teen R50 op Quicket beskikbaar. Bespreek gerus hier: https://qkt.io/mmXzwZ Moenie dit misloop nie!

Loer ook gerus na die indrukwekkende finaliste se profielinligting by die volgende skakel: https://tinyurl.com/3td7rz56

Baie geluk en dankie aan ons musiek- en kultuurhoof, mnr. Geruan Geldenhuys, vir sy professionele aanslag in die organisering en aanbieding van dié spesiale kompetisie.

AKADEMIE
Ons toetsreeks skop Maandag, 20 September af en eindig op Donderdag, 30 September. Ons hoop dat al ons Jan van Riebeeckers in die volgende week gefokus sal werk en goed sal voorberei vir hierdie belangrike assesseringsgeleentheid.

Die skool verdaag tydens die toetsreeks vir graad 8–11 leerders daagliks om 11:30. As gevolg van COVID-protokolle moet leerders wat nie skryf nie, tuis bly op die dae wanneer hul nie ’n vraestel skryf nie.

Kliek gerus hier om die toetsreeksrooster af te laai.

Ouers word herinner dat leerders wat ’n vraestel misloop, ’n mediese sertifikaat moet inhandig. Kontak asseblief adjunkhoof, me. L Visser by lizette.visser@janvanriebeeck.co.za vir enige navrae.

SKOOLUNIFORM
Die res van die kwartaal is ’n oorgangstydperk vir leerderuniforms. Leerders kan vanaf Maandag winter- of someruniform dra, afhangende van die weer.
Vanaf 11 Oktober dra almal die someruniform.

WOLKSKOOL vir elke Jan van Riebeecker!
Elke Jan van Riebeecker het die afgelope week die inligting ontvang om op dié platform te registreer. Verseker asseblief die naweek dat u kind geregistreer het.
Ons sal Maandag in die registerperiode ’n opname maak om te bepaal of al ons leerders geregistreer het.

Ons is baie trots en opgewonde om hierdie akademiese platform aan elke leerder beskikbaar te stel - en saam met Die Wolkskoolspan nog verdere aanvullende gehalteonderrig buite die klaskamer te verseker!

#JanStyl
Deelnemers het fondse ingesamel vir verskeie organisasies en ’n totaal van R5 400 is ingesamel. Baie dankie en geluk aan Thea de Lange wat die meeste geld (R3 500) vir Atlantic Hope ingesamel het!

KAMPUSSAKE
Nuwe JvR-studenteplein
Ons is baie opgewonde om 'n voorstelling van die volgende fase van ons kampusuitbreiding te deel. Die beplanning aan die nuwe JvR-studenteplein en -trappe aan die agterkant van die skoolgebou is goed op dreef en die groot werk begin in die Oktober-skoolvakansie!
Kyk gerus hier en hier om te sien hoe mooi ons studenteplein gaan lyk.

Ons Kampusmuur word geverf
Vandag is die laaste dag vir donasies vir hierdie projek. Indien u nog wil bydra, betaal gerus via Karri. Baie dankie vir u ondersteuning!

WELGEMEEND MAAND VAN KUNS 2021
Die 2021 Welgemeend Maand van Kuns word nog tot volgende Vrydag aangebied.

Welgemeend is oop vanaf 9:00 tot 15:00 vir besigtiging van die kunswerke. U hoef nie vir besoeke te bespreek nie, maar kyk asseblief na aangehegte kalender watter dae Welgemeend toe is vir die publiek. Toegangsgeld R50 per persoon.

Die program is hier beskikbaar.

Kom luister ook Sondagoggend om 11:30 na oudleerder, Gerhard Joubert, se besondere klassieke klavieruitvoering. Kliek hier vir die besonderhede.

JvR-GHOLFDAG 2021
Ons nooi alle alumni, Vriende van Jan van Riebeeck en ons ouers na ons gholfdag wat op 30 September plaasvind by King David Mowbraygholfbaan.
Ons speel ‘shotgun’ wat beteken almal slaan gelyk af om 13:00.

Die formaat van spel is vierbal-samespel (‘4-ball alliance’) met slegs die beste 2 punte wat tel en al 4 punte op ’n par 3.

Kontak Karien Zulch indien jy ’n vierbal wil inskryf of belangstel om ’n putjie of pryse te borg: karien.zulch@janvanriebeeck.co.za.
U kan ook die vorm voltooi: https://forms.office.com/r/j4D27BQsdk.

Nooi gerus persone buite ons skoolgemeenskap om die dag by te woon.
Kliek hier vir meer besonderhede.

TENNISOPE: MNR. BEETS VS. MNR. RADEMEYER
Wat ’n mens nie als sal doen in die naam van fondsinsameling nie!
Kom kyk gerus hoe ek en die skoolhoof van die laerskool, Naas Beets, mekaar die stryd aansê op die tennisbaan.

Ons samel geld in vir ligte vir die tennisbane by die hoër- en laerskool - en daar is heerlike feestelikhede vir diegene wat net een oog op die baan wil hou en eerder die gesellige samesyn wil geniet.
Kliek hier vir al die inligting en kom geniet die middag saam met ons! U kan kaartjies by die volgende skakel koop: https://www.quicket.co.zaTennisope

FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
Ons het nog ’n paar opwindende fondsinsamelingsprojekte wat op ons wag.
Kliek gerus hier en teken solank die datums in u dagboek aan!

KERSVERSE BY WELGEMEEND
Kom geniet ’n heerlike Kersfeesmaal met musiek deur Niël Rademan op 14 en 21 November! Kliek gerus hier vir al die inligting.

GRAADSAKE
Graad 11-lootjieverkope
Die graad 11's is hard aan die werk om te verseker die matrieks geniet ’n spesiale matriekafskeid vanjaar. Ondersteun hul in hul fondsinsamelingspoging deur ’n R20-lootjie te koop!

Die volgende fantastiese pryse is op die spel vir almal wat lootjies koop:
  • Pick 'n Pay-geskenkbewys ter waarde van R500
  • Peppertree Cafè-geskenkbewys ter waarde van R100
  • Cotton On-geskenkbewys ter waarde van R500
  • H&M-geskenkbewys ter waarde van R500
  • Woolworths-geskenkbewys ter waarde van R500
  • 1 x 45 min.-fisioterapiegeskenkbewys
  • 1 x 45 min.-fisioterapiegeskenkbewys
  • 'n Stel "bluetooth"-koordlose oorfone
  • Bootleggers-geskenkbewys ter waarde van R100
  • Bootleggers-geskenkbewys ter waarde van R100
Die R20-lootjies is beskikbaar by die finansiestoonbank of op Karri.
Die trekking vind volgende Vrydag, 17 September plaas.

SPORTSAKE
Alumni-sportdag
Ons nooi graag ons hele Jan van Riebeeck-gemeenskap uit om volgende Saterdag, 18 September, dié sportdag saam met ons te kom geniet.

Ons begin die oggend 8:00-9:00 9 uur met 'n bergfietsuitdaging. Jy hoef nie fiks te wees nie - bring net genoeg uithouvermoë! Daarna gaan ons hokkie, raakrugby, netbal en skaak speel. Ons sluit die dag af deur ’n bietjie op ons nuwe fiersrybaan te hardloop.

Skryf gerus in by https://bit.ly/SportfamilieJvR

Gimnastiek
Mia Vorster en Layla Erasmus in graad 9 het die afgelope Sondag aan die Westelike Provinsie Ritmiese Gimnastiekkampioenskappe deelgeneem - Vlak 8-o/15: tou, bal en vryhand.

Hul uitslae:
Layla - silwer vir bal en silwer vir vryhand
Mia - goud vir tou

Mia het algeheel derde geëindig en 'n bronsmedalje verower. Layla eindig vyfde.
Hulle neem in Oktober aan die SA-spele in Pretoria deel.

Baie geluk, Jan van Riebeeckers!

Atletiek
Oefening gaan volgende week soos vandeesweek voort, dus sal daar Maandag kortafstande, verspring en spiesgooi plaasvind. Ons doen weer eens 'n beroep dat atlete hulle MBK- of atletiekdrag dra wanneer hul kom oefen.

Dit sal die laaste week wees dat oefeninge in hierdie formaat sal geskied aangesien ons die 20ste met ons toetsreeks begin.

Lewensredding
Kianna-Gro Liversage en Kian Eksteen in graad 8 het hul junior lewensreddingskursus by Big Bay Lewensredding Klub geslaag. Die kursus bestaan uit 'n praktiese assessering en 'n teorievraestel en sluit onder andere die volgende in: noodhulp, kommunikasie, radioprosedures en lewensredding.
Ons wens hul hartlik geluk met hierdie besondere prestasie!

Tafeltennis
Jan van Riebeeck sluit die tafeltennisliga op 'n hoë noot af.
Ons seuns wen vir Edgemead se tweede span oortuigend 5-1! Ongelukkig is die meisies se laaste wedstryde afgestel.

As gevolg van die Covid-19-regulasies het ons slegs 'n verkorte liga gehad.
Die seuns het in die tweede liga deelgeneem en eindig in die 3de plek en ons meisies is tweede in die damesliga, kort op die hakke van Fairmont. Dit wil gedoen word vir die eerste tafeltennisseisoen, Jan van Riebeeckers!

Baie dankie aan elke leerder wat aan die liga deelgeneem het en wat by die oefeninge betrokke was. Ons sien uit na volgende jaar se seisoen!

Rotsklim
Nian du Toit en Roelf van der Merwe het beide in hulle Lead-lisensietoetse bewys dat hul na die volle sportklimstandaard van "Lead" mag vorder - nou begin dinge in alle erns vir hulle. Díe twee is die eerste van ons nuwelinge om hierdie vlak te bereik - baie geluk, manne!

Noodhulp
Die Jan van Riebeeck-noodhulpspan nooi graag alle leerders wat hul vlak 1- noodhulpkursus voltooi het, om die vlak 2- en 3-kursus te bywoon!

Datum: 16 en 17 Oktober
Tyd: 9:00 tot 16:00
Koste: R850 per leerder vir die kombinasie van vlak 2 en 3 (Betaalbaar op Karri).
Kom skryf in by me. Du Plessis tydens register, teen 6 Oktober!
Navra kan gerig word aan me. Du Plessis.

Leerders moet ’n geldige vlak 1-noodhulpkwalifikasie hê om die vlak 2 en 3 te mag voltooi. As die noodhulpkursus nie by die skool voltooi is nie, moet die geldige sertifikaat asb. aan me. Du Plessis gestuur word.

Tweekampseisoen 2021/2022
Leerders wat in die nuwe seisoen aan tweekamp wil deel neem, moet asseblief affilieer op die WP-Tweekamp-webwerf. Vir 'n voorlopige program en reëlings, raadpleeg gerus hul bepalingsblad.

KULTUURSAKE
Musiekteater
Hierdie opwindende nuwe klub nooi alle Jan van Riebeeckers om oor die wonder van musiekteater te kom leer.

Tye volgende week:
Woensdag, 14:30-15:30: Solo-/Duet-/Triowerk
Donderdag, 16:00-17:30: Groepwerk

#JanDANS
Daar sal geen verdere dansoefening die kwartaal wees nie. Ons begin weer die eerste Vrydag in die nuwe kwartaal.

Koor en Orkes
Volgende week se oefentye:
Koor: Dinsdagoggend om 07:00 en Woensdagmiddag vanaf 16:00 tot 17:30
Orkes: Maandag- en Woensdagoggend om 07:00

Klerewinkel
Die klerewinkel sal vir die volgende twee weke gesluit wees. Maak gerus ’n afspraak by me. Sanette van Loggerenberg indien u iets dringend benodig. Haar e-posadres is sannette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za.

Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning van ons geliefde skool!

Vriendelike JvR-groete
Pieter Rademeyer
Skoolhoof

VERJAARDAE: 11 TOT 17 SEPTEMBER 2021
Baie geluk aan al ons Jan van Riebeeckers wat die volgende week verjaar!

12 SEPTEMBER
Giulia Nel (10R)
Karla de Villiers (9J)

13 SEPTEMBER
Mnr. Werner Cronjé
Erin Nell (12R)

14 SEPTEMBER
Me. Roosmaryn Schwartz
Alexa Lombaard (8R)
Juliette Lombaard (8R)
Shafiek Munnik (8R)

15 SEPTEMBER
Marianne Nel (9R)
Jordan Thimas (8J)
Mia Wadsworth (10V)
Tiaan Groenewald (12R)

16 SEPTEMBER
Francois Roux (12V)
Daniël Strydom (11J)

17 SEPTEMBER
Jadon October (12V)

ONTMOET ONS ONDERWYSERS: ME. SONET MEYER
Me. Sonet Meyer matrikuleer aan Hoërskool Nelspruit in die Laeveld. Sy voltooi haar B-Rek-graad aan die Universiteit Stellenbosch waarna sy by EOH in Kaapstad in die finansiële afdeling werksaam is.
Mettertyd het haar passie vir onderwys en afrigting ontwikkel en gevolglik voltooi sy ook haar NOS. Sy bou ervaring op as onderwyser in die twee plattelandse dorpies van Ceres en Porterville en ook in Hong Kong vir ‘n paar jaar.
Sonet glo in inklusiwiteit in die klaskamer, aanpasbaarheid as ’n onderwyser en om die leerder se potensiaal as mens te bevorder.
Sy bied tans Rekeningkunde vir graad 9-12 aan, is die hokkieorganiseerder, hulpvoog vir graad 8’s asook die Cambridge-programkoördineerder.
PERSONEEL , MEYER , S._ Export Staff(1)
facebook instagram custom 
MailPoet