|
|
|
|
|
Môre, 24 September, merk ’n dag van onthou. ’n Dag van móét onthou. En dink.
|
’n Dag juis so ingestel deur ons land se leiers dat élke bevolkingsgroep se unieke erfenis gedenk, geëer en gevier word.
|
Op 24 September 1995, 26 jaar gelede, vier ons as land ons eerste Erfenisdag. Op daardie stadium steeds apart. Die gedagte van een reënboognasie toe nog ’n lukrake; ondenkbare fenomeen.
|
Ons president in daardie stadium, mnr. Nelson Mandela, en baie ander saam met hom, het die baanbrekerwerk begin doen om ons te laat glo. Klein oorwinninkies en beelde van eenheid het stilweg die bane van die reënboog nader aan mekaar laat beweeg.
|
Nou, meer as twee dekades later, begin ons eerder vra… wat maak ons almal in hierdie pragtige land dieselfde, eerder as anders? Waarin glo ons almal? Wat is die gemeenskaplike karakter wat ons as een Suid-Afrikaanse nasie saamsnoer?
|
Erfenis is al omskryf as "dit wat ons geërf het: die somtotaal van die natuurlewe en natuurskoon, plekke van wetenskaplike of geskiedkundige belang, nasionale monumente, historiese geboue, kunswerke, literatuur, musiekstukke, mondelinge tradisies en museumversamelings saam met hul dokumentasie."
|
Die somtotaal van al dié geërfde blinkgoed en mooigoed in ons land se trousseoukis, begin stadig maar (baie!) seker die donker gedagtes en vrese oorskadu.
|
Dit wil en moet ons bly glo.
|
’n Moeisame proses is dit gewis, maar niks wat die moeite werd is, is net (ge)maklik nie.
|
Ek leer veral by die jongmense hier om my hoe bevrydend dit is as jy opreg en gemaklik die woorde "wees jouself" kan uitlééf. Hul was immers nie hier in 1995 om ’n ander konteks te kon ervaar nie. En hoe wonderlik die voorreg dat elkeen van ons in 2021 ’n deeltjie van die reënboognasie kan uitmaak.
|
Mag ons op Erfenisdag tussen die braaivleisvure deur ’n oomblik opkyk en bly uitsien daarna dat die son behoorlik deur die wolke breek om die glans en potensiaal van die een reënboog te ontbloot.
|
EINDE-VAN-DIE-KWARTAAL-REëLINGS
|
Matrieks ontvang volgende Vrydag, 1 Oktober hul rapporte per e-pos. Ouers wat nie ’n e-posadres het nie, moet die graadvoog by ananda.visser@janvanriebeeck.co.za kontak. Hierdie leerders se rapporte sal na hul gmail-adres gestuur word wat hulle vir Google Classroom gebruik.
|
Alle graad 12’s word aangemoedig om goed uit te rus die vakansie, maar ook aandag te skenk aan vakke waarin hulle swak gevaar het tydens die rekordeksamen.
|
Finale reëlings oor die Lenteskool sal Maandag, 27 September deurgestuur word aan leerders wat ingeskryf het.
|
Graad 8–11’s ontvang eers volgende kwartaal hul rapporte omdat hul punte aan die begin van Kwartaal 4 gefinaliseer word.
|
Sommige graad 10’s voltooi nog Donderdag, 30 September ’n assessering.
|
Dieselfde toetsreeksreëling geld vir Donderdag dat leerders wat nie op ’n spesifieke dag eksamen skryf nie, nie skool toe kom nie.
|
Op Vrydag, 1 Oktober finaliseer die onderwysers punte en rapporte vir die graad 12’s.
|
MATRIEKAFSKEID: ALGEMENE REëLINGS
|
Die matriekafskeid vind volgende Donderdagaand, 30 September, plaas en ons sien uit na ’n heerlike geleentheid. Baie dankie aan die graad 11-komitee wat hard aan die werk is om te verseker dat ons matrieks vanjaar ’n besondere funksie kan geniet.
|
Hier volg ’n paar algemene reëlings:
|
- Venue: Suikerbossie Restaurant & Venue - Adres: 1 Victoria Drive, Houtbaai, Kaapstad
- Aankoms van die ouers is vanaf 15:30 tot 16:00 (slegs ouers/voogde wat kaartjies op Quicket gekoop het.)
- Geen toeskouers word tydens die aankoms toegelaat nie weens Covid-regulasies.
- Die aankoms van die graad 12-leerders sal lewendig gestroom word. Die skakel/besonderhede sal volgende week deurgegee word.
- Ouers/Vriende sal op Dinsdag, 12 Oktober by die matriekmodeperade die geleentheid kry om die gr.12-leerders in hulle spoguitrustings te sien.
- Aankoms van die gr.12-gaste is vanaf 16:00 tot 17:30.
- Ouers vertrek 18:00.
- Gaste vertrek 22:00.
Leerders word weer vriendelik versoek om volgende week enige wynbottels, sjampanjebottels, bierbottels en skoenbokse/bokse skool toe te bring vir die graad 11's om by vanjaar se matriekafskeidgeleentheid te gebruik.
|
Leerders kan die items tydens die registerperiode by me. Neuhoff inhandig.
|
JvR-KALENDER: OKTOBER TOT DESEMBER 2021
|
Kliek gerus hier vir die jongste weergawe van ons skoolkalender.
|
MATRIEKMODEPERADE 2021: DINSDAG, 12 OKRTOBER
|
Hoërskool Jan van Riebeeck bied aan: Matriekmodeparade.
|
Kom geniet ’n heerlike geleentheid waar die matriek kan spog met hulle pragtige matriekafskeiduitrustings.
|
Daar is twee vertonings: die middagvertoning vir leerders en ouers en die aandvertoning slegs vir volwassenes. Bestel ook 'n heerlike hamburger om te geniet.
|
Kliek hier vir al die inligting.
|
ATKV-Senior Afrikaans Huistaalolimpiade
|
Ons is baie trots op Lené Vorster in graad 11 wat met die 7de hoogste punt die lys van die Top 20-presteerders in die Wes-Kaap gehaal het. Lené se naam pryk ook op die Top 100-lys van toppresteerders in die land!
|
Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie, Lené - ons hou jou toekoms in Afrikaans met blink oë dop!
|
Die datums van die twee wetenskap-olimpiades is ongelukkig deur SAASTA geskuif.
|
Die olimpiades is elk 3 uur lank (leerders skryf egter soms heelwat korter).
|
Die formaat is meervoudige keusevrae.
|
SAASTA Lewenswetenskap-olimpiade
|
Datum : Dinsdag, 28 September 2021
|
Plek: Kamer 220 (Mev. Turkstra se klas)
|
SAASTA Fisiese Wetenskappe-olimpiade
|
Datum : Woensdag, 29 September 2021
|
Plek: Kamer 220 (Mev. Turkstra se klas)
|
Baie sterkte aan al ons leerders - ons weet dit sal goed gaan!
|
Die res van die kwartaal is ’n oorgangstydperk vir leerderuniforms. Leerders kan vanaf Maandag winter- of someruniform dra, afhangende van die weer.
|
Vanaf 11 Oktober dra almal die someruniform.
|
Daar is nog ’n paar plekke vir spanne beskikbaar om in te skryf vir die heerlike sosiale gholfdag wat op 30 September by King David Gholfbaan plaasvind.
|
Daar is reeds wonderlike pryse op die spel, maar nog skenkings en prysborge is altyd welkom.
|
VRYDAGFEESTAFEL OP WELGEMEEND SE STOEP: 1 OKTOBER
|
Ek nooi baie graag al ons ouers/voogde en vriende van ons skool uit na ons tweede Vrydagfeestafel op Welgemeend se stoep!
|
Hierdie heerlike middagete vind op Vrydag, 1 Oktober plaas.
|
Kom geniet ’n heerlike bord Kaapse kos en lekker koffie/tee en iets soets teen R185 per persoon. U is welkom om u eie wyn of bier saam te bring.
|
Bespreek gerus u sitplek(ke) teen Woensdag, 29 September op Quicket. Hier is die skakel: https://qkt.io/R3UB3i
|
Nooi u vriende en kom geniet die middagete hier op ons pragtige kampus - en sluit die kwartaal saam met ons op ’n gesellige noot af!
|
Kliek hier vir verdere besonderhede en die spyskaart.
|
TENNISOPE: MNR. BEETS VS. MNR. RADEMEYER
|
Ek en mnr. Beets, skoolhoof van die laerskool, sê mekaar die stryd aan op die tennisbaan! Koop u kaartjies op Quicket en kom deel in die pret.
|
Daar sal braaivleisvure brand en verversings verkoop word. Ons verkies om kontantloos te werk, so laai asseblief die Snapscan- toepassing op u foon af en kom ondersteun ons. Alle fondse wat ingesamel word, is ten bate van tennisbaanligte op ons skool se bane.
|
Kom geniet die opelug saam met die Jan van Riebeeck-gemeenskap langs die tennisbaan. Leerders en ouers is welkom.
|
U kan ook op Karri u skoolhoof borg! Indien ek die dubbelswedstryyd teen mnr. Beets wen, staan u 'n kans om in die trekking deel te neem en wonderlike pryse te wen. Lootjie-opsies is op Karri beskikbaar.
|
Wees verseker dat u borg veilig is en beslis in die trekking sal beland, want hierdie skoolhoof beplan nie om te verloor nie!
|
ALUMNI-WYNSKOU BY WELGEMEEND
|
Kom proe en geniet heerlike wyne by ons alumni-wynskou op Saterdag, 16 Oktober! Kliek hier vir die besonderhede.
|
Ons het nog ’n paar opwindende fondsinsamelingsprojekte wat op ons wag.
|
Kliek gerus hier en teken solank die datums in u dagboek aan!
|
Kom geniet ’n heerlike Kersfeesmaal met musiek deur Niël Rademan op 14 en 21 November! Kliek gerus hier vir al die inligting.
|
Graad 12 leerders word herinner aan hul inskrywing vir die Wolkskool. Intekenbesonderhede is op hul graad 12-Google Classroom geplaas.
|
Indien iemand steeds sukkel om in te teken, moet hulle so gou as moontlik by mnr. Gericke om hulp vra.
|
Graad 12’s en ouers/voogde moet asseblief kennis neem dat die rooster vir die NSS- eksamen aangepas is om voorsiening te maak vir die plaaslike verkiesings.
|
Die eksamen begin nou ses dae vroeër. Engels (Vraestel 1) en Besigheidstudie (Vraestel 1) word beide nou vroeër afgelê. Die res van die eksamen se datums is onveranderd.
|
Laai gerus die nuwe weergawe van die eksamenrooster hier af.
|
Nadia van Antwerpen maak ons in Spanje trots!
|
Die Toutrek-wêreldkampioenskappe het vanaf 16 tot 19 September in Basque, Spanje plaasgevind en Suid-Afrika het in die O/23-junior 500kg-afdeling deelgeneem.
|
Ons eie Nadia van Antwerpen was deel van dié span wat ook as wenners uit die stryd getree het - ’n puik prestasie!
|
Nadia was ook deel van die 540kg-senior span wat in die damesafdeling deelgeneem het, en hierdie span het 6de geëindig.
|
Ons is baie trots op jou, Nadia!
|
Die alumni-leerdersportdag verlede Saterdag was 'n fees!
|
Baie dankie aan al ons oudleerders, ouers en Jan van Riebeeckers wat kom saam speel het. Daar was hope pret tydens die bergfietsrit, hokkie, netbal, skaak, raakrugby en landloop.
|
Loer gerus op ons Facebookblad om ’n paar hoogtepunte te beleef.
|
Mienke Herbst het ’n baie goeie 2077.71 behaal by die afgelope naweek se WP-Tweekamp Winterkampioenskappe in die dogters o/15-afdeling. Mooi so, Mienke!
|
Sportdatums om vir volgende kwartaal in gedagte te hou:
|
Tennis vs. Dirkie Uys: 18 Oktober (tuis) om 15:00
|
Atletiek (Top 10): 23 Oktober (Groenpunt-stadion) om 8:00
|
Atletiek vs. Dirkie Uys: 30 Okotber (Moorreesburg) om 8:00
|
Die Jan van Riebeeck-noodhulpspan nooi graag alle leerders wat hul vlak 1- noodhulpkursus voltooi het, om die vlak 2- en 3-kursus te bywoon!
|
Koste: R850 per leerder vir die kombinasie van vlak 2 en 3 (Betaalbaar op Karri).
|
Kom skryf in by me. Du Plessis tydens register, teen 6 Oktober!
|
Navrae kan gerig word aan me. Du Plessis.
|
Leerders moet ’n geldige vlak 1-noodhulpkwalifikasie hê om die vlak 2 en 3 te mag voltooi. As die noodhulpkursus nie by die skool voltooi is nie, moet die geldige sertifikaat asb. aan me. Du Plessis gestuur word.
|
Die dinge van ’n kind - met Cintaine Schutte as Mart Vermaak
|
Ons is baie opgewonde om in samewerking met Arena Produksiehuis die verhoogverwerking van Marita van der Vyver se trefferjeugroman, Die dinge van ’n kind, hier by Jan van Riebeeck aan te bied.
|
Daar is 6 skolevertonings en dan is die verhoogstuk vir die publiek te sien op Woensdag, 13 Oktober (19:00) en Sondag, 17 Oktober (14:00).
|
Bespreek u kaartjies so gou as moontlik by Computicket. Moenie dit misloop nie!
|
Kliek gerus hier vir al die besonderhede.
|
Ondersteun ons toneelgeselskap wanneer hul gedurende die Oktober-skoolvakansie aan die nasionale finale ronde deelneem. Daar is ’n paar vertonings. Bespreek gerus hier: https://tickets.computicket.com/events/search-page?q=tienertoneel&fbclid=IwAR0_w2LsUvVoFmgtHjVUxPQ8HC7tGFUvTaGltx1e4p5VUMvs5Kxf7ASUHCo
|
Kaapse Afrikaanse Eisteddfod
|
Baie geluk aan Andrée van Zyl wat vir beide haar klavierstukke 85% behaal het.
|
FAK-Internasionale Afrikaans-ekspo
|
Dié ekspo is 'n opwindende skryf- en kreatiewe kunstekompetisie wat fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans. Vanjaar se tema was BOEKE!
|
Nie minder nie as 27 Jan van Riebeeckers het vanjaar projekte ingeskryf en ons is baie trots op almal se kreatiewe pogings!
|
Baie geluk aan die volgende leerders wat hul veral puik van hul taak gekwyt het in skryfwerk, fotografie en kuns:
|
Keira Heyns graad 8-Kuns: Die bakleiery vir die boek - 85%
|
Xenia Massyn graad 9-Kuns: The darkest minds - 90%
|
Isabel Oosthuizen graad 9-Kuns: Die storie van Rooikappie en Wolf - 85%
|
Linelle du Toit graad 11-Opstel: Moet stories eerder in boeke bly? - 86%
|
Lené Vorster graad 11 twee opstelle: Verlange en 'n Boek is 'n vliegtuigkaartjie - 85% en 85%
|
Phillip Herbst graad 11-Opstel: Die nuwe afdeling - 80%
|
Francois Roux graad 12-Fotografie: Waar letters en sonstrale ontmoet - 82%
|
Elzaan Daniels graad 12-Opstel: Bly stil - 80%
|
Baie geluk ook aan Kristy Stipp en Darren Cloete wie se kunswerke saam met Keira, Isabel en Xenia by dié ekspo se kunsafdeling uitgestal word.
|
Puik, Jan van Riebeeckers! Volgende jaar maak ons weer so.
|
Wat 'n groot lekkerte om ons JvR-leerders se werk in die POORT 2021-uitgawe te sien!
|
Guilia se drie gedigte, 'Koffiewinkel-blues', 'kinderkind' en 'Glashok' en Emma se opstel 'Daar is nie 'n boks nie' is ingesluit.
|
Ons bars van die trots, Guilia en Emma!
|
Die klerewinkel sal volgende week gesluit wees. Maak gerus ’n afspraak by me. Sanette van Loggerenberg indien u iets dringend benodig. Haar e-posadres is sannette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za.
|
Geniet die langnaweek saam met u geliefdes!
|
VERJAARDAE: 25 TOT 30 SEPTEMBER 2021
|
Baie geluk aan al ons Jan van Riebeeckers wat die volgende week verjaar!
|
ONTMOET ONS ONDERWYSERS: ME. JANET NEUHOFF
|
Me. Janet Neuhoff het tussen die diere en in bome in die Bosveld grootgeword en matrikuleer aan HS Eric Louw in Musina, Limpopo. Na twee jaar van studies in BDram (Tegnies) by Stellenbosch het sy besluit kinders is eerder haar roeping. In 2015 het sy as ’n derdejaar van vooraf begin en na drie jaar ’n graad in Sielkunde verwerf waarna sy haar NOS behaal het.
|
Ballet is Janet se eerste liefde en sy bied ook balletklasse aan in Franschhoek, Paarl en Wellington tydens haar studentejare. Na ‘n eerste onderwyspos by ‘n privaat sentrum vir kinders met verskeie leerprobleme, land sy by JvR.
|
Sy onderrig tans Drama, Geskiedenis en Eng EAT vir die juniors en was aan die stuur van sake vir die jaarlikse JanStyl-modeparade, asook ander kulturele aktiwiteite soos die Rotary Debating Club. Liefdadigheid is ’n passie vir haar en sy sien uit daarna om voor te stap by die JanOmgee-vereniging.
|
Janet is passievol oor Engels en kinders en meen die belangrikste deel van onderwys is dat 'n goedafgeronde leerder uiteindelik haar klas verlaat. Sy glo ’n groot mate van ’n onderwyser se sukses lê daarin dat wanneer leerders aan die einde van die jaar hul klas verlaat, hy/sy iets waardevol by hul moes gekry het.
|
|
|
|
|
|
|
|