Nuusbrief-header
1 Oktober 2021
Beste Jan van Riebeeckers

Baie dankie vir ’n aangename en baie suksesvolle derde kwartaal hier by ons skool.

Ek is geweldig trots op alles wat ons leerders en personeel die afgelope kwartaal vermag het: ons het groot rede om trots te wees op uitstekende akademiese-, kultuur- en sportprestasies gelewer.

Ons leerders se ménswees is egter die grootste prestasie wat ons bly vier – dankie dat julle met selfvertroue en deursettingsvermoë doen wat julle doen!

Mag almal ’n heerlike vakansieweek geniet – en wanneer ons mekaar weer op 11 Oktober sien, gaan ons met groot entoesiasme voort om nog baie opwindende dinge aan te pak sodat ons die JvR-skooljaar op ’n hoogtepunt kan afsluit.



SKOOLUNIFORM
Vanaf Maandag, 11 Oktober dra almal die someruniform.

JvR-KALENDER: OKTOBER TOT DESEMBER 2021
Kliek gerus hier vir die jongste weergawe van ons skoolkalender. Teken asseblief die belangrike kwartaal 4-datums aan.

MATRIEKMODEPERADE 2021: DINSDAG, 12 OKTOBER
Hoërskool Jan van Riebeeck bied aan: Matriekmodeparade.

Kom geniet ’n heerlike geleentheid waar die matriek kan spog met hulle pragtige matriekafskeiduitrustings.

Daar is twee vertonings: die middagvertoning vir leerders en ouers en die aandvertoning slegs vir volwassenes. Bestel ook 'n heerlike hamburger om te geniet.
Kliek hier vir al die inligting.

TENNISOPE: MNR. BEETS VS. MNR. RADEMEYER - VRYDAG, 15 OKTOBER
Ek en mnr. Beets, skoolhoof van die laerskool, sê mekaar die stryd aan op die tennisbaan! Koop u kaartjies op Quicket en kom deel in die pret.
Hier is die skakel: https://qkt.io/HS_LS_JvR_Tennisope

Daar sal braaivleisvure brand en verversings verkoop word. Ons verkies om kontantloos te werk, so laai asseblief die Snapscan- toepassing op u foon af en kom ondersteun ons. Alle fondse wat ingesamel word, is ten bate van tennisbaanligte op ons skool se bane.
Kom geniet die opelug saam met die Jan van Riebeeck-gemeenskap langs die tennisbaan. Leerders en ouers is welkom.

U kan ook op Karri u skoolhoof borg! Indien ek die dubbelswedstryyd teen mnr. Beets wen, staan u 'n kans om in die trekking deel te neem en wonderlike pryse te wen. Lootjie-opsies is op Karri beskikbaar.

ALUMNI-WYNSKOU BY WELGEMEEND
Kom proe en geniet heerlike wyne by ons alumni-wynskou op Saterdag, 16 Oktober! Kliek hier vir die besonderhede.

FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
Ons het nog ’n paar opwindende fondsinsamelingsprojekte wat op ons wag.
Kliek gerus hier en teken solank die datums in u dagboek aan!

KERSVERSE BY WELGEMEEND
Kom geniet ’n heerlike Kersfeesmaal met musiek deur Niël Rademan op 14 en 21 November! Kliek gerus hier vir al die inligting.

GRAADSAKE
Graad 9
Graad 9-leerders word herinner aan hul 2022-vakkeusevorm. Die sluitingsdatum is 15 Oktober. Voltooi die vorm by hierdie skakel: https://forms.office.com/r/4enuYatdvw

SPORTSAKE
Alle atlete wat aan die 2021/2022-seisoen wil deelneem, moet affilieer (sien webwerf) voor die tweede ligabepaling wat op Saterdag, 16 Oktober 2021, plaasvind. Alle ouers word ook aangemoedig om ook sommer deel te neem.
Tweekamp is die een sport wat die hele gesin saam kan beoefen!

KULTUURSAKE
Die dinge van ’n kind - met Cintaine Schutte as Mart Vermaak
Ons is baie opgewonde om in samewerking met Arena Produksiehuis die verhoogverwerking van Marita van der Vyver se trefferjeugroman, Die dinge van ’n kind, hier by Jan van Riebeeck aan te bied.

Daar is 6 skolevertonings en dan is die verhoogstuk vir die publiek te sien op Woensdag, 13 Oktober (19:00) en Sondag, 17 Oktober (14:00).
Bespreek u kaartjies so gou as moontlik by Computicket. Moenie dit misloop nie!

Kliek gerus hier vir al die besonderhede.

ATKV-Tienertoneel
Ondersteun ons toneelgeselskap wanneer hul gedurende die Oktober-skoolvakansie aan die nasionale finale ronde deelneem. Daar is ’n paar vertonings. Bespreek gerus hier: https://tickets.computicket.com/events/search-page?q=tienertoneel&fbclid=IwAR0_w2LsUvVoFmgtHjVUxPQ8HC7tGFUvTaGltx1e4p5VUMvs5Kxf7ASUHCo

Dankie vir u getroue ondersteuning!
Mooi wense!

Pieter Rademeyer
Skoolhoof
facebook instagram custom 
MailPoet