|
|
Belangrike inligting oor Google Classroom
|
|
Ons begin môre (14 April) met Google Classroom, 'n gratis aanlyn leerplatform. Onderwysers en steunpersoneel het die afgelope 10 dae baie hard gewerk om dit moontlik te maak. Ons is baie opgewonde oor die moontlikhede, nie net tydens die inperking nie, maar ook vir toekomstige, sinvolle integrasie van tegnologie in die kurrikulum.
|
Indien daar enige haakplekke aan u kant is, moet asseblief nie huiwer om die hulplyn te kontak nie. Ons sal so spoedig as moontlik die probleem aanspreek.
|
U sou teen hierdie tyd u kind se intekenbesonderhede vir Google Classroom deur middel van 'n sms ontvang het. Indien u nie het nie, kontak asseblief ook die hulplyn. Mnr Gericke sal u navraag so gou moontlik beantwoord.
|
U kind moet asseblief so gou as moontlik by Google Classroom inteken. 'n Afrikaanse gids oor hoe om dit te doen, kan u hier kry. U kind is welkom om sy / haar wagwoord te verander.
|
'n Video met basiese instruksies vir leerders oor hoe om Google Classroom te gebuik, sal u hier vind.
|
In elke klaskamer is daar 'n dokument wat die week se werk opsom. U kind moet dit asseblief eerste lees.
|
Ons beveel aan dat u kind dadelik die werk aflaai sodat hy / sy nie heeltyd aanlyn hoef te wees nie. Die meeste opdragte moet in hul skryfboeke voltooi word.
|
Akademiese navrae moet aan die onderwyser gerig word. Hulle is elke dag tussen 8 en 2 beskikbaar om navrae te hanteer.
|
Kontak my ook gerus indien nodig.
|
NS Sien asseblief onder die week se videoboodskap vir u en u kinders.
|
|
|
|