|
|
|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
Ons bied volgende Saterdag, 16 Maart ons skool se jaarlikse fondsinsamelingfunksie aan. Dit is vir ons dié belangrikste fondsinsamelinginisiatief van die jaar en ek is dankbaar dat ons span reeds baie hard aan die werk is om die sukses hiervan te verseker.
|
Ons het besluit om die tradisionele veilingformaat so effe aan te pas, hoewel ons tog ’n paar ‘ervarings’ en goeie wyne op die aand ook sal verkoop. Dit is dus nie net ’n veilinggeleentheid nie, maar ’n heerlike saamkuieraand in die gees van die 30's – met kos en lewendige musiek, die deel van ons toekomsvisie en -drome en natuurlik ’n paar interessante idees om fondse te in. Ons gaan weer op die 2023-konsep werk waar gaste ook 'n paar 'bakstene' vir 'n spesifieke projek by die skool kan koop.
|
Met die sukses van die 2023-funksie kon ons genoeg fondse insamel vir ons GAT-binnehofprojek waarvan die beplanning goed verloop en die bouwerk eersdaags begin. Vanjaar se fokus sal op ons sportfasiliteite ('n veeldoelige sportfasiliteit vir hokkie, atletiek ens.) wees wat ons nog graag in 2024 wil afhandel.
|
Die nuwe formaat is opwindend en ons het ’n groot mikpunt om by die R1+ miljoen-merk uit te kom. Om dit te kan doen, het ons staatmakers in ons gemeenskap en JvR-familie nodig om ons te ondersteun.
|
Daarom wil ek baie graag alle ouers/voogde uitnooi om by ons aan te sluit en selfs miskien ook nog vriende saam te nooi. Ons deel die tafels met 10 gaste per tafel in. Enkel- of groepbesprekings is dus welkom!
|
Die koste beloop R1800 per persoon en sluit ’n heerlike viergang-ete en drankies in, asook ’n gedeelte reeds vir die fondsinsameling.
|
U is baie welkom om u plek(ke) of tafel te bespreek deur ’n e-pos te stuur na veiling@janvanriebeeck.co.za. Baie dankie ook al almal wat reeds hul plekke bespreek het.
|
By voorbaat dankie vir u ondersteuning van hierdie belangrike fondsinsamelingprojek!
|
|
|
|
|
Assesseringsprogram en intervensie
|
Neem asseblief kennis dat die assesseringsdatums vir graad 10-Wiskunde en -Wiskundige Geletterdheid en graad 11-IT, -RTT en -Geografie verander het. Veranderinge word in geel aangetoon.
|
|
|
|
|
Cambridge-program: Graad 9 & 10
|
'n Herinnering aan alle graad 9- en 10-ouers dat die sluitingsdatum vir aansoeke vir die Cambridge-program volgende Vrydag, 8 Maart 2024, is. Alle aansoeke moet per e-pos aan me. Meyer gestuur word.
|
|
|
|
|
Graad 12-Rekeningkunde
|
Daar vind op 18 Maart Rekeningkundelesse in die namiddag vanaf 14:30 tot 16:30 plaas . Alle graad 12-Rekeningkundeleerders moet teenwoordig wees. Die klas word aangebied om leerders voor te berei om ten beste in die vak te presteer. Gesels met me. Meyer indien u enige navrae het.
|
|
|
|
|
SAASTA-Wetenskapolimpiades 2024
|
Alle leerders wat belangstel om vanjaar die nasionale Wetenskapolimpiades te skryf, kan nou op Karri inskryf. Die koste beloop R35 per leerder en die lyste sluit op 20 Maart 2024. Die olimpiades word aan die einde van die skooldag afgelê en is in die vorm van meervoudige keusevrae. Leerders is welkom om meer inligitng asook ou vraestelle by mev. Turkstra te kry.
|
- Lewenswetenskappe Graad 10-11 Dinsdag , 23 Julie 2024 (14:15-16:15)
- Natuurwetenskappe Graad 8-9 Woensdag. 24 Julie 2024 (14:15-16:15)
- Fisiese Wetenskappe Graad 10-11 Donderdag, 25 Julie 2024 (14:15-16:15)
|
|
|
|
Graad 12-Onderwêreld-opvoering
|
Alle graad 12’s woon op Dinsdag, 30 April om 8:00 die opvoering van hul Afrikaanse voorgeskrewe werk, Onderwêreld, by Hoërskool Tygeberg by. Die drie graad 12-Afrikaansonderwysers sal die groep vergesel.
|
Die koste vir die vertoning beloop R110 per leerder en die skool verskaf die busvervoer vir al ons leerders. Ons sal nader aan die tyd vertrektye bevestig. Betaal asseblief teen Maandag, 15 April die R110 op Karri. Daar sal ook ’n opsie wees vir ouers/voogde om ‘n donasie by te voeg vir leerders wat nie die volle bedrag kan bybring nie.
|
Ons sien uit na hierdie akademiese verrykingsgeleentheid vir al ons matrikulante.
|
|
|
|
|
Graad 12 - Akademie
|
Kliek hier vir die samestelling van elke graad 12-vak se SBA-punt. (Graad 12 SBA-samestelling vanaf die WKOD pdf aangeheg.)
|
Hieronder kan u toegang kry tot die eksamenriglyne vir elke vak. Dit is belangrik dat u kind deurlopend die dokument raadpleeg. (Graad 12 eksamenriglyne per vak hierby aangeheg.)
|
|
|
|
|
Vakveranderinge 2024
|
U as ouer/voog voltooi die eerste gedeelte van die vorm en daarna moet u kind asb. sorg dat die huidige vakonderwyser, die beoogde vakonderwyser, asook sy/haar graadhoof die vorm teken. Daarna kan u kind die vorm by die akademiese hoof indien. Die akademiese hoof sal vir u kind 'n toestemmingsbrief gee sodra die WKOD die aansoek goedkeur het en eers daarna mag u kind van vak verander. Kontak me. Liza Serrao (liza.serrao@janvanriebeeck.co.za) indien u nog enige vrae het.
|
- Graad 11 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Veranderings is nou gesluit.
- Graad 10 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Sperdatum is 7 Junie 2024
|
|
|
|
|
|
Kaartjies is nou beskikbaar op Quicket!
|
Ons is opgewonde om vanjaar se musiekblyspel vanaf 16 tot 21 April in die Homecoming Centre (Star-teater) aan te bied. Die Jan van Riebeeckers is hard aan die werk om ’n trefferproduksie te verseker - en ons sien weer uit na ons gemeenskap se onderdsteuning van hierdie spesiale kultuurprojek.
|
|
|
Debatwerksessie volgende Vrydag
|
|
Ons beplan 'n werksessie vir alle debatslede ter voorbereiding vir die ATKV-debatskompetisie wat op 11 April begin. Datum: Vrydag 8 Maart Tyd: 14:30-16:30 Plek: Juffrou Nimmo se klaskamer Bring saam: kospakkie, water, bronne, skryfgoed
|
Onderwerpe Juniors: Skoolsport moet (nie) afgeskaf word (nie). Seniors: Selfdoen-aksie bevorder (nie) demokrasie in Suid-Afrika (nie).
|
Kry solank bronne gereed om julle argumente te staaf en hou die debatsgroep dop vir die publikasie van verdere bronne om julle met jul voorbereiding te help. Ons hoop ons sien julle almal daar!
|
|
|
|
|
|
Nuwe dansskool by JvR!
|
Ons is baie opgewonde om vanaf die tweede kwartaal, in samewerking met Byron Bure Academy of Theatre Arts, aan al ons Jan van Riebeeckers die geleentheid te bied om hier by die skool opleiding in verskeie dansvorme te geniet!
|
Die volgende dansdissiplines sal afgerig word: Ballet, Klopdans (Tap), Hip Hop, Kontemporêr, Moderne danse en Jazz.
|
Ons bied vanaf 5 tot 7 Maart opeklasse vir alle leerders aan om te kom kyk of hul in een of meer van hierdie dansklasse belangstel. Dié klasse is gratis, maar sodra leerders aansluit vir die res van die jaar, sal daar ’n maandelikse fooi per dansdissipline gehef word.
|
Kom sluit gerus aan – hier is nog ’n heerlike nuwe geleentheid vir al ons kultuurliefhebbers… en ouers is ook baie welkom om in te skryf!
|
#JanDans sal ook binnekort met weeklikse baldans- (ballroom) afrigting begin.
|
|
|
|
|
Splinternuut: Jan van Riebeeck Hokkie-, Netbal- en Rugby-premierliga
|
Ons kondig die Suzuki-winterseisoen met ‘n splinternuwe konsep aan!
|
Ons nuwe premierliga is ’n geleentheid vir ons wintersportspanne om bymekaar te kom in goeie gees en teen mekaar te kompeteer. Dis ook die aankondiging van die wintersporte wat weer gaan begin.
|
Ons sien uit na baie tuissportdae vanjaar met goeie koffie en warmnye van SOSO, ons nuwe Jan Café-span, af. Ons wag steeds op die WP vir ons finale wedstrydbepalings vir Kwartaal 2 en 3 en sal dit so spoedig moontlik deurgee.
|
Ons winterspanne gaan ons vanjaar reg oor die land, vanaf Pretoria tot die Paarl, in die beste toernooie in Suid-Afrika vir hokkie, netbal en rugby verteenwoordig.
|
Die premierliga se doel is dat ons senior spelers saam met ons juniors in spanne speel en hul by mekaar leer. Die dag is daar om te geniet en JvR-wintersporte te vier. Dit skep ook geleentheid om die roes af te skud van die tydperk wat daar nie gespeel is nie.
|
HOKKIE St Michaels-veld Saterdag, 2 Maart 2024 09:00 – 14:00
|
SENIOR RUGBY - o.16 & o.19 Boshoffvelde Vrydag, 1 Maart 2024 15:00 – 17:30
|
JUNIOR RUGBY- o.14 & o.15 Rugbykamp Saterdag, 2 Maart 2024 09:00 - 14:00
|
NETBAL Hoërskool Jan van Riebeeck: Baan 1 & 2 Saterdag, 2 Maart 2024 09:00 – 14:00 o.14 Saterdag, 2 Maart 2024 09:00 – 12:00 Oefenkamp
|
Spelroosters sal op die dag beskikbaar wees. Baie sterkte, Jan van Riebeeckers en mag die beste spanne wen in die heel eerste premierliga vir wintersporte.
|
|
|
Winterprogram 2024
|
|
|
As gevolg van die swemgala en tenniswedstryde wat nog volgende week plaasvind, gaan ons nog voort met die somerprogram.
|
Volg die skakel vir Kwartaal 1 se sportprogram. PROGRAM
|
|
|
|
|
|
|
Graadkamp: Graad 12's
|
Hier volg meer inlingting rakende die graadkampe vir die graad 12-leerders.
|
Aangebied deur: Francois Malherbe,SAN-parke en die Sugarbird Projek Tema: Verkenning van jouself Plek: Boshoff-veld Drag: MBK-drag, swemklere, hoed en handdoek Benodigdhede: Skryfbehoeftes, Skryfboek, eie verversings, water, koeldrank, sonskerm, stapklere, tekkies, swembroek en swemhanddoek. Toesigpersoneel: me. E. von Versen (graadhoof), me. S. Meyer, mnr. J. Dippenaar, me. M. Bezuidenhout, me. L. Turkstra
|
DINSDAG, 19 Maart 2024 7:35 Leerders meld by boonste rugbyvelde aan. 8:00 - 12:00 Eerste spanbousessie - breke sal deur die loop van die sessie gegee word. Hierdie sessie word behartig deur Francois Malherbe. Leerders gaan 'n bietjie dieper delf op 'n lekker manier in die tema "verkenning van jouself". Daar gaan ook meer gekyk word na hoe sien ek myself op my toekomspad en watter leierskapeienskappe my kan help. 12:00 - 13:00 Middagete - ’n Heerlike braai en 'n middagete sal voorsien word. 13:00 - 16:00 Tweede spanbousessie - breke sal deur die loop van die sessie gegee word. Die tweede spanbousessie gaan deur SpyKids fasiliteer word. Die leerders gaan net pret hê en op speelwyse mekaar beter leer ken. Die registeronderwysers gaan hier vir die leerders 'n ding of twee kan wys.
|
WOENSDAG, 20 Maart 2024 Drag: MBK-klere en stapskoene Benodigdhede: Eie verversings, water en koeldrank, sonskerm, tekkies 7:35 Aanmeld 7:45 Busse vertrek 8:00 Aankoms - Sessie begin. In samewerking met die Sugarbird Projek en Sanparke gaan die leerders meer leer oor indringerplante en hoe om hierdie "onkruid" te verwyder. Dit gaan 'n heerlike verrykingsdag wees waar die leerders meer gaan leer oor hulle omgewing en die berge waarin hul so bevoorreg is om elke dag na op te kyk.
|
|
|
|
|
Graadkamp:Graad 11's
|
Hier volg meer inligting rakende die graadkampe vir die graad 11-leerders.
|
Aangebied deur: Lead4life
|
Tema: Samewerking en spanbou Plek: Jubileumsaal Drag: MBK-drag, swemklere, hoed en handdoek Benodigdhede: Skryfbehoeftes, Joernaal/Skryfboek, eie verversings, water, koeldrank en sonskerm. Toesigpersoneel: me. L. Olivier (graadhoof), mnr. W. Cronje, me. M. Vrey en me. L. Buhrmann
|
DINSDAG, 19 Maart 2024 7:35 Leerders meld aan by die Jubileumsaal 8:00 Sessie 1 9:30 Pouse 10:00 Sessie 2 10:20 Pouse 10:40 Sessie 3 12:45 Middagete (word voorsien) 13:15 Sessie 4 16:00 Afsluiting 16:30 Leerders verdaag / busse vertrek
|
WOENSDAG, 20 Maart 2024 Drag: MBK-klere en stapskoene Benodighede: Eie verversings, water en koeldrank, sonskerm, tekkies 7:35 Aanmeld 7:45 Busse vertrek 8:00 Aankoms - Sessie begin. In samewerking met die Sugarbird Projek en Sanparke gaan die leerders meer leer oor indringerplante en hoe om hierdie "onkruid" te verwyder. Dit gaan 'n heerlike verrykingsdag wees waar die leerders meer gaan leer oor hulle omgewing en die berge waarin hul so bevoorreg is om elke dag na op te kyk.
|
|
|
|
|
Graadkamp: Graad 10's
|
Hier volg meer inlingting rakende die graadkampe vir die graad 10-leerders.
|
Aangebied deur: TBAE- Team building and events Tema: Samewerking en spanbou Plek: Buys-veld Drag: MBK-drag, tekkies en hoed. Benodigdhede: Eie verversings, water, koeldrank en sonskerm. Toesigpersoneel: Mnr J. Henning (graadhoof); me L. van Heerden; me R. Jansen van Vuuren; me A. Nimmo
|
7:35 Leerders meld aan by die skool. 8:00 Vertrek 8:20 Sessie 1 12:30 Middagete (word voorsien) 13:30 Sessie 2 15:30 Afsluiting 15:45 Leerders kan direk gehaal word by die Buys-veld (heel boonste rugbyveld). Leerders wat van busvervoer gebruik maak beweeg terug skool toe. 16:30 Busse verdaag.
|
Drag: MBK-klere en stapskoene Benodigdhede: Eie verversings, water en koeldrank, sonskerm, tekkies 7:35 Aanmeld 7:45 Busse vertrek 8:00 Aankoms - Sessie begin. In samewerking met die Sugarbird Projek en Sanparke gaan die leerders meer leer oor indringerplante en hoe om hierdie "onkruid" te verwyder. Dit gaan 'n heerlike verrykingsdag wees waar die leerders meer gaan leer oor hulle omgewing en die berge waarin hul so bevoorreg is om elke dag na op te kyk.
|
|
|
|
|
Graadkampe: Graad 8 & 9
|
Hier volg meer inlingting rakende die graadkampe vir die graad 8- en 9-leerders.
|
Aangebied deur: Table Mountain Youth Development Project Tema:
|
- Gr. 9 - Kleurvol in die natuur
- Gr. 8 - Die woud van verandering
Plek: Apostel Battery Campsite (Victoriaweg 2, Llandudno, Tafelberg Nasionale Park) Drag: MBK-drag Benodigdhede:
|
- Wit kledingstuk wat gekleur kan word.
- Sonblok
- Gemaklike stapskoene
- Waterbottel
- Hoed
Toesigpersoneel: GRAAD 9 - Mnr. Hans-Peter Klink (graadhoof), me. Huibrecht Steyn, me. Corine Raath, me. Marie Cross, me. Githe Grobbelaar, me. Maritha Strydom (registeronderwyser 9R) GRAAD 8- W.Kastoor (graadhoof); C.Reineke, R.Parker, E.Bosch, D.Matter, R.Claassen, S.Taljaard
|
DINSDAG, 19 Maart 2024 7:35 Leerders ontmoet by boonste tennisbane. 8:00 Vertrek na kampterrein (Vervoer – skoolbussies) 9:00 Verskeie sessies met 20 minute pouses tussen in. 12:30 Middagete (word voorsien) 13:00 Verskeie sessies met 20 minute pouses tussenin. 14:10 Pouse 14:30 Afsluiting 15:00 Vertrek terug skool toe. 16:30 Skoolbusse vertrek.
|
WOENSDAG, 20 Maart 2024 Drag: MBK-klere en stapskoene Benodigdhede: Eie verversings, water en koeldrank, sonskerm, tekkies 7:35 Aanmeld 7:45 Busse vertrek 8:00 Aankoms - Sessie begin. In samewerking met die Sugarbird Projek en Sanparke gaan die leerders meer leer oor indringerplante en hoe om hierdie "onkruid" te verwyder. Dit gaan 'n heerlike verrykingsdag wees waar die leerders meer gaan leer oor hul omgewing en die berge waarin hulle so bevoorreg is om elke dag na op te kyk.
|
|
|
Welgemeend Konsertreeks skop Woensdag af!
|
|
|
|
Ons is baie trots om volgende Woensdag, 6 Maart, ons eerste konsert in vanjaar se Welgemeend-konsertreeks, Huyssen @ 60, aan te bied.
|
Bespreek nou jou kaartjies op Quicket!
|
The Cape Consort, known for its historically informed performances of early music, brings period instruments and HIP to new music. With the German violinist Bettina von Dombois leading a string quartet joined by soprano Antoinette Huyssen as soloist in two works, the Consort presents a program dedicated to the composer Hans Huyssen, on the occasion of his recent 60th birthday. The selected chamber music works – spanning four decades of compositional activity on two different continents – represent some of the recurrent themes in Huyssen’s oeuvre. Allusions to indigenous South African instruments (Ugubhu), birds (Responsorium) and flowers (Floral Miniatures), as well as to German folksongs (Lovesong Quartets & Trios) and poetry (Brunnenränderlieder), show Huyssen’s fascination with all things rooted, primordeal and original, even if they originate in hugely divergent cultural and natural environments. His meticulously crafted music not only reveals a nuanced perception of such qualities, but emulates the very same calibre in its musical reflections thereof.If you have enjoyed the Consort’s articulate renditions of early music, you might even more enjoy this introduction to a repertoire that is well on its way to become the early music of tomorrow.
|
Antoinette Huyssen – soprano
|
Bettina von Dombois, Ralitza Macheva – Baroque violin
|
Emile de Roubaix – Baroque viola
|
Hans Huyssen – Baroque cello
|
|
|
Omgeebroodjies: Matriekraad- en VRL-projek
|
Ons vra graag vrywilligers in elke graadgroep om ons in ons omgeetoebroodjieprojek te ondersteun.
|
Dié broodjieprojek behels dat ons vir behoeftige leerders voorsien van ’n dubbelsny toebroodjie met ’n gesonde vulsel soos kaas/kaassmeer, ham of grondboontjiebotter. Die toebroodjie word met 'gladwrap' toegedraai.
|
Hierdie omgeebroodjies word dan elke dag (Maandag tot Vrydag) saam met u seun/dogter gestuur en tussen 7:00–7:40 in die houer in die admin-gang geplaas. Elke graadgroep het ‘n spesifieke dag gekry om broodjies te bring; dus bring ‘n leerder net op een dag van die week sy/haar broodjie. Leerders wat betrokke wil raak kan hulle name by me. Steyn ingee.
|
- Graad 12: Maandag
- Graad 11: Dinsdag
- Graad 10: Woensdag
- Graad 9: Donderdag
- Graad 8: Vrydag
Elke graadhoof is bewus van hoeveel leerders in hul graad iets te ete benodig en sal dit baie sensitief versprei. U kan ook vir aflewering reël indien vrywilligers weens werksomstandighede of welke ander rede nie die broodjies vroegoggend kan aflewer nie. Vrywilligers wat met dié baie nodige projek verder wil help, kan ook me. Steyn per e-pos in kennis stel: huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za
|
Indien u eerder ’n finansiële bydrae tot hierdie projek wil maak, kan u dit via Karri doen.
|
U ondersteuning word hoog op prys gestel.
|
|
|
|
|
|
Bybelvasvrae 2024
|
Ons nooi graag alle belangstellende graad 8 -10 leerders uit om in te skryf vir 2024 se Rapportryers Bybelvasvra.
|
Kom toets jou kennis van die Bybel in hierdie landswye kompetisie. Leerders neem in spanne van 4 deel; dus kry jy ook die geleentheid om spanwerk te oefen.
|
Kontantpryse is as volg: R7 000, R5 000 en R4 000 onderskeidelik vir die eerste, tweede en derde plekke. Die ander sewe spanne wat aan die finaal deelneem, ontvang elkeen R 1 000. Inskrywings kan op Karri gedoen word en beloop R100 per leerder. Die inskrywings sluit op 16 Junie 2024. Verdere inligting en voorbeeldvraestelle is by me. Nimmo beskikbaar wees. Jy kan reeds die Bybeltekste begin navors.
|
|
|
|
|
NETwerf!
|
|
Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Gevorderde swemlesse
|
Daar is op Vrydae14:30 tot 15:15 ekstra lesse vir gevorderde swemmers. Kostes beloop R150 per persoon – 48 uur kansellasieperiode.
|
Ouers moet per e-pos bevestig en registreer by cheyns@live.co.za.
|
Beginners kan ook vir Corlette Heyns direk kontak vir ander opsies in die klein swembad.
|
|
|
|
|
|
|
|