> Besoek die volledige 2024-kalender op die webtuiste <

Volg die skakel om jou kaartjies te koop: https://qkt.io/8La6xo

UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR

Goeiedag Ouers/Voogde

Die einde van die toetsreeds én daarmee saam die formele assesserings vir die eerste kwartaal het aangebreek en ek is doodseker dat al ons Jan van Riebeeckers reeds uitsien na ’n welverdiende Maart-vakansie.
Ek hoop werklik dat elke leerder hierdie kwartaal net sy/haar beste gelewer het en tevrede sal wees met die uitslae wat volgende Woensdag verskyn. Ons rapporte sal deur die loop van die oggend per e-pos aan alle ouers/voogde gestuur word.

Ons het ’n baie bedrywige sportnaweek wat voorlê en die busse het reeds vanoggend begin vertrek na die onderskeie toernooie. Sterkte aan ons netbalspelers in Bredasdorp, ons hokkiespelers wat by verskeie skole hier in die Kaap aan die Ko-Edtoernooi deelneem asook ons rugbyseuns wat weer by die Wynbergfees sal uitdraf. Ons is baie opgewonde saam met al die spanne oor die wonderlike geleentheid en blootstelling wat hul hierdie naweek sal ontvang ter voorbereiding van die winterseisoen wat voorlê. Groot dank ook aan mnr. Abré van Heerden (sporthoof) en sy span wat sorg dat ons leerders hierdie wonderlike geleenthede ontvang. Ons top atlete neem boonop aan die Wes-Kaapse Kampioenskappe deel en ons kan nie meer trots wees op die 12 Jan van Riebeeckers wat vanjaar WP-kleure vir atletiek verwerf het nie. Baie geluk aan jul elkeen en ook ons afrigtingspan, onder die leiding van dr. Sors Joubert.

Ons het vanoggend weer ons jaarlikse graad 7-leierskapontbyt by Welgemeend aangebied en dit was heerlik om baie leiers van laerskole in die Kaap hier te ontvang. Die aansoekproses vir ons graad 8-klas vir 2025 het vandeesweek geopen en sluit op 12 April. Ek wil almal in ons skoolgemeenskap uitnooi om vriende/kennisse aan te moedig om Jan van Riebeeck as (die beste!) opsie vir hul kind te oorweeg. Ons wil ook leerders op die platteland uitnooi om hul skoolloopbaan hier in ’n wêreldstad te kom voltooi. Ons koshuise staan gereed, so reik asseblief uit en vertel die goeie JvR-nuus vir almal wat wil hoor. Die aansoeke word aanlyn gedoen by https://wcedonline.westerncape.gov.za/admissions.

Baie geluk aan die volgende ouers wat die 2024 tot 2027-ouerkomponent van die beheerraad sal verteenwoordig:

1. Henderson, Elske
2. Mars, Samuel
3. Pieterse, Henning
4. Snijders, Kees
5. Strydom, Sonja
6. Swanepoel, Izak
7. Van der Merwe, Chris

Ek sien baie daarna uit om saam met hierdie ouers te werk aan die positiewe vooruitgang van ons skool. Ons het ook groot waardering vir u bereidwilligheid om op hierdie wyse by JvR-skoolsake betrokke te wees!

Baie dankie vir almal se getroue ondersteuning van ons skool - sien jul langs die sportveld die naweek!

Pieter Rademeyer
Skoolhoof

AKADEMIE

Fisiese Wetenskappe: ekstra klasse

Die jaar vorder vinnig en daar is 'n behoefte aan ekstra onderrigtyd vir die graad 12- Fisiese Wetenskappe. Nuwe werk sal behandel word; dit dien dus nie as interfensie nie.
Ouers moet asseblief daarop let dat die leerders reeds kort na 07:00
Maandagoggend, 18 Maart, met klas begin.
Daar sal boonop verpligte klas wees Maandagmiddag, 18 Maart 2024, vanaf 14:15 tot 16:15. Dit sal gaaf wees as ouers hul vervoerreëlings so sal aanpas.
Dankie vir u begrip en samewerking.

SAASTA-Wetenskapolimpiades 2024

Alle leerders wat belangstel om vanjaar die nasionale Wetenskapolimpiades te skryf, kan nou op Karri inskryf. Die koste beloop R35 per leerder en die lyste sluit op 20 Maart 2024. Die olimpiades word aan die einde van die skooldag afgelê en is in die vorm van meervoudige keusevrae. Leerders is welkom om meer inligitng asook ou vraestelle by mev. Turkstra te kry.
  1. Lewenswetenskappe Graad 10-11 Dinsdag , 23 Julie 2024 (14:15-16:15)
  2. Natuurwetenskappe Graad 8-9 Woensdag. 24 Julie 2024 (14:15-16:15)
  3. Fisiese Wetenskappe Graad 10-11 Donderdag, 25 Julie 2024 (14:15-16:15)

Graad 12-Onderwêreld-opvoering

Alle graad 12’s woon op Dinsdag, 30 April om 8:00 die opvoering van hul Afrikaanse voorgeskrewe werk, Onderwêreld, by Hoërskool Tygeberg by. Die drie graad 12-Afrikaansonderwysers sal die groep vergesel.

Die koste vir die vertoning beloop R110 per leerder en die skool verskaf die busvervoer vir al ons leerders. Ons sal nader aan die tyd vertrektye bevestig. Betaal asseblief teen Maandag, 15 April die R110 op Karri. Daar sal ook ’n opsie wees vir ouers/voogde om ‘n donasie by te voeg vir leerders wat nie die volle bedrag kan bybring nie.

Ons sien uit na hierdie akademiese verrykingsgeleentheid vir al ons matrikulante.

Graad 12 - Akademie

Kliek hier vir die samestelling van elke graad 12-vak se SBA-punt. (Graad 12 SBA-samestelling vanaf die WKOD pdf aangeheg.)

Hieronder kan u toegang kry tot die eksamenriglyne vir elke vak. Dit is belangrik dat u kind deurlopend die dokument raadpleeg. (Graad 12 eksamenriglyne per vak hierby aangeheg.)
Graad 12 hulpbron vanaf die WKOD - Grade 12 Tips for Success 2024

AdMaths

Indien leerders die AdMaths-, AdPhysics- of AdAccounting-program wil voltooi, kan hulle hier kliek vir meer inligting. Leerders moet voor 29 Maart 2024 inskryf as hul nog hierdie jaar wil deelneem. Let asb. daarop dat die program nie deur die skool gefasiliteer word nie.

Vakveranderinge 2024

Die proses is as volg:

U as ouer/voog voltooi die eerste gedeelte van die vorm en daarna moet u kind asb. sorg dat die huidige vakonderwyser, die beoogde vakonderwyser, asook sy/haar graadhoof die vorm teken. Daarna kan u kind die vorm by die akademiese hoof indien. Die akademiese hoof sal vir u kind 'n toestemmingsbrief gee sodra die WKOD die aansoek goedkeur het en eers daarna mag u kind van vak verander. Kontak me. Liza Serrao (liza.serrao@janvanriebeeck.co.za) indien u nog enige vrae het.
  • Graad 11 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Veranderings is nou gesluit.
  • Graad 10 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Sperdatum is 7 Junie 2024

KULTUUR

Musiekblyspel: Kostuumbenodigdhede

Ons musiekblyspel is om die draai en daar is ’n paar karakters wat nog kostuums benodig. Indien u dalk lus was vir kaste regpak oor die naweek, sal die musiekblyspel die volgende kledingstukke as skenking baie waardeer:
  • Pencil Skirts
  • 80's kledingstukke
  • Enige T-hemde
  • Leg Warmers
  • Rugby- /Hokkiesokkies
  • Swart formele mansbaadjie (Blazer)
  • Mans- en vroue swart hemde (langmou T-hemde / kragieshemde / Spanish- hemde)
  • Gholfhempies
  • Tank Tops
  • Leggings
Kledingstukke kan na me. Van Heerden gestuur word.

JvR-Interne redenaarskompetisie: 5 Maart 2024

Verlede Dinsdag, 5 Maart, het die tonge behoorlik geklap toe ons sprekers raakgepraat het! Baie dankie aan elke leerder wat braaf deelgeneem het en hulle sê kom sê het. Julle het behoorlik ons ore laat spits.

Hiermee die uitslae van ons Top 3 per afdeling:

Juniors:
  • 1ste : Isabelle Cromhout (Graad 8)
  • 2de: Stella Boje (Graad 9)
  • 3de: Lené van der Walt (Graad 9)
Seniors:
  • 1ste: Mari Swanepoel (Graad 12)
  • 2de: Mienke Herbst (Graad 12)
  • 3de: Liezel Snijders (Graad 12)
Baie geluk! Ons sien uit na jul deelname aan die ATKV-redenaarskomeptisie in April!

SPORT

Swemgala: 7 Maart 2024

Die groot finaal van ons swemseisoen het op Donderdag, 7 Maart by Hoërskool Vishoek plaasgevind. Agt skole, nl. Pinelands, Die Duitse Skool, Vishoek, Reddam, Elkanah, Parklands en Milnerton het vanjaar in die B-liga deelgeneem. Al die skole het hul heel beste swemmers teenwoordig gehad en die kompetisie was straf. Ons seuns kon algeheel die sesde plek behaal en kon daarin slaag om die Duitse Skool en Parklands te wen. Die dogterkompetisie was nog strawwer en al het ons dogters 19 punte meer as die seuns behaal, kon hulle nie die agste plek afweer nie.

'n Groot dank van waardering teenoor die swemmers wat so getrou Donderdae deelgeneem en hul deel gedoen het. ’n Dankie ook aan die ouers wat ekstra swemlesse en oefening laat doen en ons orals kom ondersteun het. Ons is ook dankbaar vir me Corlette Heyns wat elke Dinsdag en Woensdag haar tyd langs die swembad deurgebring het om ons leerders af te rig.

Ons sien nou reeds uit na die volgende seisoen!

ALGEMEEN

Graadkamp: Graad 12's

Hier volg meer inlingting rakende die graadkampe vir die graad 12-leerders.

Aangebied deur: Francois Malherbe,SAN-parke en die Sugarbird Projek
Tema: Verkenning van jouself
Plek: Boshoff-veld
Drag: MBK-drag, swemklere, hoed en handdoek
Benodigdhede: Skryfbehoeftes, Skryfboek, eie verversings, water, koeldrank, sonskerm, stapklere, tekkies, swembroek en swemhanddoek.
Toesigpersoneel: me. E. von Versen (graadhoof), me. S. Meyer, mnr. J. Dippenaar, me. M. Bezuidenhout, me. L. Turkstra

DINSDAG, 19 Maart 2024
7:35 Leerders meld by boonste rugbyvelde aan.
8:00 - 12:00 Eerste spanbousessie - breke sal deur die loop van die sessie gegee word. Hierdie sessie word behartig deur Francois Malherbe. Leerders gaan 'n bietjie dieper delf op 'n lekker manier in die tema "verkenning van jouself". Daar gaan ook meer gekyk word na hoe sien ek myself op my toekomspad en watter leierskapeienskappe my kan help.
12:00 - 13:00 Middagete - ’n Heerlike braai en 'n middagete sal voorsien word.
13:00 - 16:00 Tweede spanbousessie - breke sal deur die loop van die sessie gegee word. Die tweede spanbousessie gaan deur SpyKids fasiliteer word. Die leerders gaan net pret hê en op speelwyse mekaar beter leer ken. Die registeronderwysers gaan hier vir die leerders 'n ding of twee kan wys.

WOENSDAG, 20 Maart 2024
Drag: MBK-klere en stapskoene
Benodigdhede: Eie verversings, water en koeldrank, sonskerm, tekkies
7:35 Aanmeld
7:45 Busse vertrek
8:00 Aankoms - Sessie begin. In samewerking met die Sugarbird Projek en Sanparke gaan die leerders meer leer oor indringerplante en hoe om hierdie "onkruid" te verwyder. Dit gaan 'n heerlike verrykingsdag wees waar die leerders meer gaan leer oor hulle omgewing en die berge waarin hul so bevoorreg is om elke dag na op te kyk.

11:00 Leerders verdaag.

Graadkamp:Graad 11's

Hier volg meer inligting rakende die graadkampe vir die graad 11-leerders.

Aangebied deur: Lead4life

Tema: Samewerking en spanbou
Plek: Jubileumsaal
Drag: MBK-drag, swemklere, hoed en handdoek
Benodigdhede: Skryfbehoeftes, Joernaal/Skryfboek, eie verversings, water, koeldrank en sonskerm.
Toesigpersoneel: me. L. Olivier (graadhoof), mnr. W. Cronje, me. M. Vrey en me. L. Buhrmann

DINSDAG, 19 Maart 2024
7:35 Leerders meld aan by die Jubileumsaal
8:00 Sessie 1
9:30 Pouse
10:00 Sessie 2
10:20 Pouse
10:40 Sessie 3
12:45 Middagete (word voorsien)
13:15 Sessie 4
16:00 Afsluiting 
16:30 Leerders verdaag / busse vertrek 

WOENSDAG, 20 Maart 2024
Drag: MBK-klere en stapskoene
Benodighede: Eie verversings, water en koeldrank, sonskerm, tekkies
7:35 Aanmeld
7:45 Busse vertrek
8:00 Aankoms - Sessie begin. In samewerking met die Sugarbird Projek en Sanparke gaan die leerders meer leer oor indringerplante en hoe om hierdie "onkruid" te verwyder. Dit gaan 'n heerlike verrykingsdag wees waar die leerders meer gaan leer oor hulle omgewing en die berge waarin hul so bevoorreg is om elke dag na op te kyk.

11:00 Leerders verdaag.

Graadkamp: Graad 10's

Hier volg meer inlingting rakende die graadkampe vir die graad 10-leerders.

Aangebied deur: TBAE- Team building and events
Tema: Samewerking en spanbou
Plek: Buys-veld
Drag: MBK-drag, tekkies en hoed.
Benodigdhede: Eie verversings, water, koeldrank en sonskerm.
Toesigpersoneel: Mnr J. Henning (graadhoof); me L. van Heerden; me R. Jansen van Vuuren; me A. Nimmo

DINSDAG, 19 Maart 2024

7:35 Leerders meld aan by die skool.
8:00 Vertrek
8:20 Sessie 1
12:30 Middagete (word voorsien)
13:30 Sessie 2
15:30 Afsluiting
15:45 Leerders kan direk gehaal word by die Buys-veld (heel boonste rugbyveld). Leerders wat van busvervoer gebruik maak beweeg terug skool toe.
16:30 Busse verdaag.

WOENSDAG, 20 Maart 2024

Drag: MBK-klere en stapskoene
Benodigdhede: Eie verversings, water en koeldrank, sonskerm, tekkies
7:35 Aanmeld
7:45 Busse vertrek
8:00 Aankoms - Sessie begin. In samewerking met die Sugarbird Projek en Sanparke gaan die leerders meer leer oor indringerplante en hoe om hierdie "onkruid" te verwyder. Dit gaan 'n heerlike verrykingsdag wees waar die leerders meer gaan leer oor hulle omgewing en die berge waarin hul so bevoorreg is om elke dag na op te kyk.

11:00 Leerders verdaag.

Graadkampe: Graad 8 & 9

Hier volg meer inlingting rakende die graadkampe vir die graad 8- en 9-leerders.

Aangebied deur: Table Mountain Youth Development Project
Tema:
  • Gr. 9 - Kleurvol in die natuur
  • Gr. 8 - Die woud van verandering
Plek: Apostel Battery Campsite (Victoriaweg 2, Llandudno, Tafelberg Nasionale Park)
Drag: MBK-drag
Benodigdhede:

  • Wit kledingstuk wat gekleur kan word.
  • Sonblok
  • Gemaklike stapskoene
  • Waterbottel
  • Hoed
Toesigpersoneel:
GRAAD 9 - Mnr. Hans-Peter Klink (graadhoof), me. Huibrecht Steyn, me. Corine Raath, me. Marie Cross, me. Githe Grobbelaar, me. Maritha Strydom (registeronderwyser 9R)
GRAAD 8- W.Kastoor (graadhoof); C.Reineke, R.Parker, E.Bosch, D.Matter, R.Claassen, S.Taljaard

Program:

DINSDAG, 19 Maart 2024
7:35 Leerders ontmoet by boonste tennisbane.
8:00 Vertrek na kampterrein (Vervoer – skoolbussies)
9:00 Verskeie sessies met 20 minute pouses tussen in.
12:30 Middagete (word voorsien)
13:00 Verskeie sessies met 20 minute pouses tussenin.
14:10 Pouse
14:30 Afsluiting
15:00 Vertrek terug skool toe.
16:30 Skoolbusse vertrek.

WOENSDAG, 20 Maart 2024
Drag: MBK-klere en stapskoene
Benodigdhede: Eie verversings, water en koeldrank, sonskerm, tekkies
7:35 Aanmeld
7:45 Busse vertrek
8:00 Aankoms - Sessie begin. In samewerking met die Sugarbird Projek en Sanparke gaan die leerders meer leer oor indringerplante en hoe om hierdie "onkruid" te verwyder. Dit gaan 'n heerlike verrykingsdag wees waar die leerders meer gaan leer oor hul omgewing en die berge waarin hulle so bevoorreg is om elke dag na op te kyk.

11:00 Leerders verdaag.

Fliekaand: 13 April 2024

Kom kuier saam met ons vir 'n “Mega” Fliekaand op 13 April!

Ons nooi die hele JvR-familie uit vir 'n aand vol vermaak en geselligheid. Die hoërskoolleerders gaan 'n wonderlike fliekervaring geniet binne die skoolsaal met 'n megaskerm van 4x4m. Alle ouers en jonger kinders gaan ’n buite fliekervaring geniet met 'n buitelugskerm op Welgemeend se gras. Bring jul piekniekkomberse en kussings! Happies, drankies en iets om te eet sal beskikbaar wees - bestel asseblief vooraf jou etes, want slegs ‘n paar ekstra sal beskikbaar wees op die aand.

Saterdag 13 April vanaf 18:00
Ingang en Fliekkaartjie: R40
Fliekboks R40: Springmielies & soetgoed
Beef Hamburger met kaas & Slaptjips: R75
Slaptjips: R25

Drinkgoed en snoepie beskikbaar op die aand.

Omgeebroodjies: Matriekraad- en VRL-projek

Ons vra graag vrywilligers in elke graadgroep om ons in ons omgeetoebroodjieprojek te ondersteun.

Dié broodjieprojek behels dat ons vir behoeftige leerders voorsien van ’n dubbelsny toebroodjie met ’n gesonde vulsel soos kaas/kaassmeer, ham of grondboontjiebotter. Die toebroodjie word met 'gladwrap' toegedraai.

Hierdie omgeebroodjies word dan elke dag (Maandag tot Vrydag) saam met u seun/dogter gestuur en tussen 7:00–7:40 in die houer in die admin-gang geplaas.
Elke graadgroep het ‘n spesifieke dag gekry om broodjies te bring; dus bring ‘n leerder net op een dag van die week sy/haar broodjie. Leerders wat betrokke wil raak kan hulle name by me. Steyn ingee.
  • Graad 12: Maandag
  • Graad 11: Dinsdag
  • Graad 10: Woensdag
  • Graad 9: Donderdag
  • Graad 8: Vrydag
Elke graadhoof is bewus van hoeveel leerders in hul graad iets te ete benodig en sal dit baie sensitief versprei. U kan ook vir aflewering reël indien vrywilligers weens werksomstandighede of welke ander rede nie die broodjies vroegoggend kan aflewer nie. Vrywilligers wat met dié baie nodige projek verder wil help, kan ook me. Steyn per e-pos in kennis stel: huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za

Indien u eerder ’n finansiële bydrae tot hierdie projek wil maak, kan u dit via Karri doen.

U ondersteuning word hoog op prys gestel.

ADVERTENSIES

Paassangdiens

Datum: Sondag, 17 Maart 2024
Tema:
Op pad na die kruis in die voetspore van Jesus...
Tyd: 10:00
Plek: Tamboerskloof Gemeente (Bo-Uniestr 17, Tamboerskloof of op die hoek van Kloofnekweg en Upper-Union. Gebruik vir GPS: 43 Kloofnek Road)

VivA: Taal-kuns-en-tegnologietoer van 19 September tot 1 Oktober 2024

VivA bied vanaf 19 September tot 1 Oktober 2024 'n Taal-kuns-en-tegnologietoer aan.

Alle inligting word vervat in die aangehegte dokumentasie (inligting, termes & voorwaardes), maar die belangrikste datums is:
  • Daar is 50 plekke beskikbaar op die toer en leerders is reeds besig om hul plekke met die betaling van ‘n deposito vas te maak.
  • R10 000-depositobetaling: Sou gou as moontlik - sodra die leerder sy/haar plek wil bespreek.
  • Inskrywings vir die toer sluit 15 Junie 2024.
  • Betalings kan maandeliks gemaak word of die volle uitstaande bedrag kan op een slag vereffen word.
  • Ten volle en finale betaling vir die toer: 15 Junie 2024.
Volg ook gerus die onderstaande skakels vir meer inligting:

Opsomming oor VivA-toer: https://viva-afrikaans.org/portale/inligtingsportaal-reg/taaltoer
Bemarkingsvideo: https://www.youtube.com/watch?v=201OH1LJwVo

FSA-Jeuguitruilprogram

Die FSA, wat in 1996 gestig is, is 'n jeuguitruilinisiatief tussen Suid-Afrika en Duitsland wat aangebied word aan leerlinge van graad 8 - 12. Oor die jare het meer as 10 000 jeugdiges deelgeneem aan ons inisiatief waarvoor Duits as vak nie 'n vereiste is nie.

Ons program het ten doel om die lewens van ons deelnemers te verryk, hulle bloot te stel aan 'n ander kultuur, en hulle in staat te stel om Suid-Afrika as jong ambassadeurs in die buiteland te verteenwoordig. Die terugvoer wat ons ontvang, getuig presies daarvan. Gewoonlik laat die ervaring die jongmense besef dat hulle tot baie meer in staat is as wat hulle gedink of oor gedroom het.

Ons streef daarna om hierdie geleentheid aan soveel as moontlik jongmense in Suid-Afrika bied en daar is geen rede waarom leerlinge van u skool nie ook hierin kan deel nie. Ons nuwe brosjure en aansoekvorm is aanheg as 'n uitnodiging vir u leerlinge om aansoek te doen vir deelname aan ons 2024-programme. Belangstellendes kan ons direk kontak.

Aansoekvorms
Brosjure

Met u hulp kan ons vanjaar weer die lewens van jongmense van regoor Suid-Afrika aanraak.

NETwerf!

Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!

Volg die spesiale skakel om aan te sluit: https://www.netwerk24.com/intekening/promosie/jvr100
facebook instagram 
Email Marketing Powered by MailPoet