|
|
|
|
|
Daar sal op Vrydag, 19 April 2024, 'n spesiale vertoning van Fame vir die leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck wees.
|
Kaartjies kan teen R50p.p. op Karri gekoop word. Slegs vir leerders.
|
Die vertoning begin om 13:00 en daar is slegs 300 sitplekke beskikbaar. Ons gaan as skool afstap na die teater en ook weer na die tyd terug na die skool.
|
|
|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
Die tyd het aangebreek dat ons FAME-musiekblyspel gehore van volgende week af gaan betower met hul uitstekende sang, danse en toneelspel. Baie sterkte aan al ons Jan van Riebeeckers wat aan hierdie produksie deelneem! Ons is opgewonde om jul harde werk van die afgelope klompie maande te kom geniet.
|
Baie geluk aan die hele produksiespan wat baie hard werk om die sukses van ons 2024-produksie te verseker.
|
Ons maak ook staat op die hele Jan van Riebeeck-gemeenskap om ons leerders volgende week te kom ondersteun! Bespreek so gou as moontlik jul kaartjies op Quicket indien jul nog nie so gemaak het nie. Die skool sluit volgende Vrydag vroeër sodat al ons leerders ook om 13:00 die vertoning in die Star-teater kan gaan kyk. Koop kaartjies vir hierdie spesiale vertoning (teen R 50)op Karri. Ons sal as skool saam na die teater toe stap en ons glo hierdie ervaring sal ’n opwindende en besondere een vir al die leerders wees.
|
Ons matriekdans by Suikerbossie Woensdag was 'n skitterende geleentheid en ons matrieks het werklik baie stylvol gelyk. Baie dankie aan almal wat bygedra het tot die sukses van hierdie mooi geleentheid. 'n Spesiale dankie aan me. Lin Olivier en die graad 11-span vir jul puik reëlings. Dankie ook aan die graad 10-span wat die ouerkuier by Welgemeend gereël het - jul moeite word opreg waardeer.
|
Baie sterkte aan ons hokkie- en rugbyspanne wat die naweek in aksie is. Ons hou duimvas vir mooi uitslae.
|
|
|
|
|
Assesseringsprogram en intervensie vir Kwartaal 2
|
Volg die skakel vir die volledige program vir hierdie kwartaal.
|
|
|
|
|
Rekeningkunde ekstra gr. 12-klasse
|
Daar is verpligte Rekeningkundelesse op Maandaeoggende vanaf 07:00 tot 07:45 in me. Meyer se klaskamer. Alle graad 12-Rekeningkundeleerders moet teenwoordig wees. Die klas word aangebied om leerders voor te berei om ten beste in die vak te presteer. Enige navrae kan aan me. Meyer gerig word.
|
|
|
|
|
Graad 12-Onderwêreld-opvoering
|
Alle graad 12’s woon op Dinsdag, 30 April om 8:00 die opvoering van hul Afrikaanse voorgeskrewe werk, Onderwêreld, by Hoërskool Tygeberg by. Die drie graad 12-Afrikaansonderwysers sal die groep vergesel.
|
Die koste vir die vertoning beloop R110 per leerder en die skool verskaf die busvervoer vir al ons leerders. Ons sal nader aan die tyd vertrektye bevestig. Betaal asseblief teen Maandag, 15 April die R110 op Karri. Daar sal ook ’n opsie wees vir ouers/voogde om ‘n donasie by te voeg vir leerders wat nie die volle bedrag kan bybring nie.
|
Ons sien uit na hierdie akademiese verrykingsgeleentheid vir al ons matrikulante.
|
|
|
|
|
Proverto-Olimpiade (Handelsvakke)
|
Leerders (Graad 10 -12) kan vir dié olimpiade in Rekeningkunde, Ekonomie en Besigheidstudies inskryf. Daar is ook 'n addisionele komponent wat die UJ FIMO genoem word, wat 'n dink "buite-die-boks"-olimpiade is. Dit is opsioneel. Leerders kan dus al vier komponente of slegs drie, twee of een skryf en die koste beloop dieselfde. Koste: R120. Betalings via Karri. Die eerste ronde vind op 8 Mei 2024 om 14:30 in me. Meyer se lokaal plaas. Indien leerders kwalifiseer, vind die tweede ronde op 7 Augustus 2024 plaas. Leerders wat belangstel kan by me. Meyer, me. Von Versen of mnr. Henning inskryf. Ons sien uit na 'n groot aantal inskrywings en moontlike pryswenners vanjaar. Enige navrae kan aan me. Meyer (sonet.meyer@janvanriebeeck.co.za) gerig word.
|
|
|
|
|
Graad 12 - Akademie
|
Kliek hier vir die samestelling van elke graad 12-vak se SBA-punt. (Graad 12 SBA-samestelling vanaf die WKOD pdf aangeheg.)
|
Hieronder kan u toegang kry tot die eksamenriglyne vir elke vak. Dit is belangrik dat u kind deurlopend die dokument raadpleeg. (Graad 12 eksamenriglyne per vak hierby aangeheg.)
|
|
|
|
|
Vakveranderinge 2024
|
U as ouer/voog voltooi die eerste gedeelte van die vorm en daarna moet u kind asb. sorg dat die huidige vakonderwyser, die beoogde vakonderwyser, asook sy/haar graadhoof die vorm teken. Daarna kan u kind die vorm by die akademiese hoof indien. Die akademiese hoof sal vir u kind 'n toestemmingsbrief gee sodra die WKOD die aansoek goedkeur het en eers daarna mag u kind van vak verander. Kontak me. Liza Serrao (liza.serrao@janvanriebeeck.co.za) indien u nog enige vrae het.
|
- Graad 11 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Veranderings is nou gesluit.
- Graad 10 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Sperdatum is 7 Junie 2024
|
|
|
|
|
|
|
Monique de Beer neem by ASA-senior atletiekbyeenkoms deel.
|
|
|
Ons wil graag vir Monique de Beer geluk wens met haar verkiesing tot die Boland-atletiekspan wat vanaf 18 tot 21 April aan die Suid-Afrikaanse senior baan-en-veldkampioenskappe in Pietermaritzburg deelneem. Monique gaan aan die veelkamp-item deelneem wat uit sewe items oor twee dae bestaan: 200m, 100mH, 800m, verspring, hoogspring, gewigstoot en spiesgooi.
|
Sterkte aan Monique en dr. Sors Joubert (afrigter) met dié kompetisie.
|
|
|
|
|
Stef pitch Wes-Kaap na hoë hoogtes
|
|
|
Ons is trots om die sukses van Stef van Duivenbooden en die Wes-Kaapse bofbalspanne by die onlangse senior kampioenskappe aan te kondig.
|
Stef het 'n uitsonderlike vertoning gelewer in sy eerste senior kampioenskappe, wat 'n wonderlike prestasie vir hom en ons provinsie is. Die Wes-Kaap was die enigste provinsie wat 'n o.23-span ingeskryf het, tesame met twee senior spanne. Hierdie geleentheid het die jong manne 'n waardevolle ondervinding gebied deur teen senior spelers te kompeteer.
|
Die Wes-Kaapse o.23-span het op die laaste dag die 5de plek verower deur te seëvier teen Gauteng B in die uitspeelwedstryd. Stef het 'n groot bydrae gelewer deur die meeste van die wedstryd te "pitch".
|
|
|
|
|
ALGEMEEN
|
|
|
|
|
|
|
|
Omgeebroodjies: Matriekraad- en VRL-projek
|
Ons vra graag vrywilligers in elke graadgroep om ons in ons omgeetoebroodjieprojek te ondersteun.
|
Dié broodjieprojek behels dat ons vir behoeftige leerders voorsien van ’n dubbelsny toebroodjie met ’n gesonde vulsel soos kaas/kaassmeer, ham of grondboontjiebotter. Die toebroodjie word met 'gladwrap' toegedraai.
|
Hierdie omgeebroodjies word dan elke dag (Maandag tot Vrydag) saam met u seun/dogter gestuur en tussen 7:00–7:40 in die houer in die admin-gang geplaas. Elke graadgroep het ‘n spesifieke dag gekry om broodjies te bring; dus bring ‘n leerder net op een dag van die week sy/haar broodjie. Leerders wat betrokke wil raak kan hulle name by me. Steyn ingee.
|
- Graad 12: Maandag
- Graad 11: Dinsdag
- Graad 10: Woensdag
- Graad 9: Donderdag
- Graad 8: Vrydag
Elke graadhoof is bewus van hoeveel leerders in hul graad iets te ete benodig en sal dit baie sensitief versprei. U kan ook vir aflewering reël indien vrywilligers weens werksomstandighede of welke ander rede nie die broodjies vroegoggend kan aflewer nie. Vrywilligers wat met dié baie nodige projek verder wil help, kan ook me. Steyn per e-pos in kennis stel: huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za
|
Indien u eerder ’n finansiële bydrae tot hierdie projek wil maak, kan u dit via Karri doen.
|
U ondersteuning word hoog op prys gestel.
|
|
|
|
|
ADVERTENSIES
|
|
|
|
|
|
|
|
NETwerf!
|
|
Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!
|
|
|
|
|
Welgemeend konsert, 17 April 2024
|
Tweede Konsert in 2024 Welgemeend Konsert Reeks
|
Die tweede aanbieding in vanjaar se Welgemeend Konsertreeks vind op Woensdag, 17 April om 19:00 by Welgemeend plaas. Die kunstenaars is albei Suid-Afrikaners met wye internasionale blootstelling: die fluitis Merryl Neille, is tans woonagtig in Sydney, Australië en die pianis Eugene Joubert, tans hoof van klavierstudies by St Mary's in Johannesburg. Hulle bied 'n program aan met die titel Water’s Tale, wat hulle soos volg beskryf: Join flautist Merryl Neille and pianist Eugene Joubert on an exploration of lyrical works around the theme of water. The programme begins with Gaubert’s beautiful Sur l’eau (On the Water) in the style of a barcarole or boating song. This romantic piece is then followed by a more modern take on the theme, namely Deep Blue by Ian Clarke. This evocative work conjures whale song with the use of timbral trills to give the music an otherworldly feel. Next follows the quintessential flute sonata Undine by the master romantic flute composer, Reinecke. This original Little Mermaid story is captured beautifully with heartbreaking melodies and fast moving, agile melodic passages. Singer Songwriter Tori Amos’s masterful writing is celebrated next with an adaptation of 1000 Oceans for flute and piano. The captivating journey through the aquatic expressions for flute and piano is perfectly rounded off with Daniel Dorff’s Sonata Three Lakes, which paints with music three picturesque lakes in the states of Pennsylvania and Maine, USA. Kaartjies teen R 220 / R 150 is by Quicket of by die deur beskikbaar.
|
|
|
|
|
|
VivA: Taal-kuns-en-tegnologietoer van 19 September tot 1 Oktober 2024
|
VivA bied vanaf 19 September tot 1 Oktober 2024 'n Taal-kuns-en-tegnologietoer aan.
|
- Daar is 50 plekke beskikbaar op die toer en leerders is reeds besig om hul plekke met die betaling van ‘n deposito vas te maak.
- R10 000-depositobetaling: Sou gou as moontlik - sodra die leerder sy/haar plek wil bespreek.
- Inskrywings vir die toer sluit 15 Junie 2024.
- Betalings kan maandeliks gemaak word of die volle uitstaande bedrag kan op een slag vereffen word.
- Ten volle en finale betaling vir die toer: 15 Junie 2024.
Volg ook gerus die onderstaande skakels vir meer inligting:
|
|
|
|
|
FSA-Jeuguitruilprogram
|
Die FSA, wat in 1996 gestig is, is 'n jeuguitruilinisiatief tussen Suid-Afrika en Duitsland wat aangebied word aan leerlinge van graad 8 - 12. Oor die jare het meer as 10 000 jeugdiges deelgeneem aan ons inisiatief waarvoor Duits as vak nie 'n vereiste is nie.
|
Ons program het ten doel om die lewens van ons deelnemers te verryk, hulle bloot te stel aan 'n ander kultuur, en hulle in staat te stel om Suid-Afrika as jong ambassadeurs in die buiteland te verteenwoordig. Die terugvoer wat ons ontvang, getuig presies daarvan. Gewoonlik laat die ervaring die jongmense besef dat hulle tot baie meer in staat is as wat hulle gedink of oor gedroom het.
|
Ons streef daarna om hierdie geleentheid aan soveel as moontlik jongmense in Suid-Afrika bied en daar is geen rede waarom leerlinge van u skool nie ook hierin kan deel nie. Ons nuwe brosjure en aansoekvorm is aanheg as 'n uitnodiging vir u leerlinge om aansoek te doen vir deelname aan ons 2024-programme. Belangstellendes kan ons direk kontak.
|
Met u hulp kan ons vanjaar weer die lewens van jongmense van regoor Suid-Afrika aanraak.
|
|
|
|
|
|
|
|