|
|
|
|
Volg die skakel om kaartjies te koop vir die Seniortee en Reünie-middagete (R150 p.p.) Toegangskaartjies sal by die hekke beskikbaar wees. https://qkt.io/kbaJsc
|
|
|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
Nog ’n (besondere) bedrywige Jan van Riebeeck-week is verby en ons kan amper nie glo dat die Junie-eksamen oor drie weke afskop nie. Almal is hard aan die werk in die klaskamers en leerders sal teen 2 Mei (volgende Donderdag) elke vak se leerwerk-afbakening ontvang. Let asseblief ook daarop dat ons vanaf volgende Donderdag oorskakel na volledige wintersdrag vir al ons leerders. Die dogters moet verseker dat hul die korrekte (vlootblou) sykouse dra.
|
Ons het die week met ’n verrykende klubdag begin en leerders kon werklik uit ’n wye verskeidenheid aktiwiteite kies: van ’n toer in die Bo-Kaap, danslesse in die saal, ’n fotografiesessie, #JanStap wat die mooi natuurskoon in die berge geniet het, #JanBib wat uitgewer en oud-hoofdogter, Annamarie van der Merwe, verwelkom het, AkwaJANika wat hul goeie werk in die plaas voortgesit het, tot #JanLeierskap wat ons junior leiers geïnspireer het. Baie dankie aan elke Jan van Riebeecker wat so entoesiasties deelgeneem het.
|
Ek wil graag ook vir me. Elize von Versen bedank wat vir drie kwartale in die pos van interne departementshoof: verryking waargeneem het. Haar nuwe inisiatiewe en entoesiame was ’n reusebydrae tot ons skoolprogram.
|
Ek wens ook dan hiermee graag vir me. Leandé van Heerden geluk met haar permanente aanstelling as interne departementshoof: verryking vanaf 15 April. Sterkte met die opwindende en groot taak wat voorlê – ons sien uit na u bydraes en inspirasie in hierdie belangrike portefeulje in ons skool.
|
Dit was vir ons ’n groot voorreg om Dinsdag en Woensdag die eerste ronde van die ATKV-redenaarskompetisie vir Wes-Kaapse laerskole aan te bied. Sowat 400 ywerige redenaars van oor die hele provinsie het hier kom kuier en hul harte uit gepraat. ’n Groot dankie aan me. Elandré Bosch, wat as Wes-Kaapse streeksorganiseerder, haar puik van haar taak gekwyt het met haar eerste aanbieding van hierdie kompetisie. Dit was werklik uitstekende bemarking vir ons skool en leerders, ouers en onderwysers het baie komplimente oor ons gasvryheid en natuurlik ons pragtige kampus gehad.
|
Ons wiskunde-leerders het gisteraand aan die UK-wiskundekompetisie deelgeneem en ons sien uit na mooi uitslae. Van ons koorlede het ook gisteraand die wonderlike geleentheid gehad om tydens die openingskonsert van vanjaar se Suidoosterfees in Kunstekaap op te tree. Dit was ’n skouspel van klank en hul item saam met Lize Beekman was ’n hoogtepunt op die program. Ons is ook baie trots op Andrée van Zyl was saam met die talentvolle Kaapstadse Filharmoniese Jeugorkes opgetree het – hul was uitmuntend. Ondersteun gerus ook ons toneelgroep wanneer hul volgende Woensdag (1 Mei) twee vertonings by die fees lewer. Alle inligting is op ons sosiale media-platforms beskikbaar.
|
Tussendeuur het die sportprogram ook voortgegaan en ons tafeltennis- en netbalspelers het hul uitstekend van hul taak gekwyt teen onderskeidelik Edgemead en Springfield. Ons eerste netbalspan stoom voort met puik spel en hul oorwinning was veral ’n hoogtepunt. Baie geluk aan me. Rhonda Jansen van Vuuren, mnr. Abré van Heerden en beheerliggaamlid, mnr. Chris van der Merwe, met ’n puik aanbieding van ons JvR-landloopdag Woensdag. Die 30 besoekende skole was dit eens dat ons byeenkoms ’n hoogtepunt op die Wes-Kaapse landloopkalender is.
|
Op ’n hartseer nooit het twee kollegas hul bedanking by JvR aangekondig.
|
Me. Carlie Reyneke (IGO en Geografie) verhuis in Mei-maand saam met haar man weer terug Gauteng toe waar sy haar loopbaan by Hoërskool Randburg gaan voortsit. Me. Reyneke se besondere bydrae in die senior IGO- en Geografieklas sal beslis gemis word. Sy het ook baie goeie werk as assistent-graadhoof van ons graad 8-groep gelewer.
|
Ons is verheug saam met ons departementshoof: akademie, me. Liza Serrao, met haar aanstelling as adjunkhoof van Hoërskool Punt in Mosselbaai! Dit is vir ons skool en wiskunde-departement ’n reuseverlies om vir me. Serrao te moet groet, maar ons wens haar als wat mooi is toe vir die volgende hoofstuk in haar onderwysloopbaan. Ons is baie trots op jou, Liza, en weet dat daar nog groot sukses in die toekoms op jou wag!
|
Baie sterkte aan al ons Jan van Riebeeckers wat die naweek sport speel teen ons besoekers van Hoërskool Vredenburg – ons sien uit na ’n opwindende bepaling. Almal is baie welkom om ons spanne te kom ondersteun en die dag saam met ons te geniet.
|
Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning van ons geliefde skool.
|
|
|
|
|
Assesseringsprogram en intervensie vir Kwartaal 2
|
Volg die skakel vir die volledige program vir hierdie kwartaal.
|
|
|
|
|
Rekeningkunde ekstra gr. 12-klasse
|
Daar is verpligte Rekeningkundelesse op Maandaeoggende vanaf 07:00 tot 07:45 in me. Meyer se klaskamer. Alle graad 12-Rekeningkundeleerders moet teenwoordig wees. Die klas word aangebied om leerders voor te berei om ten beste in die vak te presteer. Enige navrae kan aan me. Meyer gerig word.
|
|
|
|
|
Graad 12-Onderwêreld-opvoering
|
Alle graad 12’s woon eerskomende Dinsdag, 30 April om 8:00 die opvoering van hul Afrikaanse voorgeskrewe werk, Onderwêreld, by Hoërskool Tygeberg by. Die drie graad 12-Afrikaansonderwysers sal die groep vergesel.
|
Leerders moet asseblief stiptelik om 6:45 by die skool aanmeld aangesien die busse om 7:00 vertrek. Ons keer na die opvoering terug skool toe en dan gaan die akademiese dag voort.
|
Ons sien uit na hierdie akademiese verrykingsgeleentheid vir al ons matrikulante.
|
|
|
|
|
Eye Brain Gym- Leesprogram
|
Kliek hier om toegang te kry tot 'n belangrikke kennisgewing rondom die skool se leesprogram.
|
|
|
|
|
Proverto-Olimpiade (Handelsvakke)
|
Leerders (Graad 10 -12) kan vir dié olimpiade in Rekeningkunde, Ekonomie en Besigheidstudies inskryf. Daar is ook 'n addisionele komponent wat die UJ FIMO genoem word, wat 'n dink "buite-die-boks"-olimpiade is. Dit is opsioneel. Leerders kan dus al vier komponente of slegs drie, twee of een skryf en die koste beloop dieselfde. Koste: R120. Betalings via Karri. Die eerste ronde vind op 8 Mei 2024 om 14:30 in me. Meyer se lokaal plaas. Indien leerders kwalifiseer, vind die tweede ronde op 7 Augustus 2024 plaas. Leerders wat belangstel kan by me. Meyer, me. Von Versen of mnr. Henning inskryf. Ons sien uit na 'n groot aantal inskrywings en moontlike pryswenners vanjaar. Enige navrae kan aan me. Meyer (sonet.meyer@janvanriebeeck.co.za) gerig word.
|
|
|
|
|
SAMO Wiskunde-olimpiade
|
Baie geluk aan die leerders (kliek hier) wat deurgedring het tot die tweede ronde van die SAMO. Die tweede ronde vind op 9 Mei vanaf 14:00 tot 16:00 plaas. Leerders wat deelneem aan die olimpiade word op dié dag van ander buitemuurse aktiwiteite verskoon.
|
|
|
|
|
Hoza-Senior Geskiedenisolimpiade
|
|
|
|
|
Graad 12 - Akademie
|
Kliek hier vir die samestelling van elke graad 12-vak se SBA-punt. (Graad 12 SBA-samestelling vanaf die WKOD pdf aangeheg.)
|
Hieronder kan u toegang kry tot die eksamenriglyne vir elke vak. Dit is belangrik dat u kind deurlopend die dokument raadpleeg. (Graad 12 eksamenriglyne per vak hierby aangeheg.)
|
|
|
|
|
Vakveranderinge 2024
|
U as ouer/voog voltooi die eerste gedeelte van die vorm en daarna moet u kind asb. sorg dat die huidige vakonderwyser, die beoogde vakonderwyser, asook sy/haar graadhoof die vorm teken. Daarna kan u kind die vorm by die akademiese hoof indien. Die akademiese hoof sal vir u kind 'n toestemmingsbrief gee sodra die WKOD die aansoek goedkeur het en eers daarna mag u kind van vak verander. Kontak me. Liza Serrao (liza.serrao@janvanriebeeck.co.za) indien u nog enige vrae het.
|
- Graad 11 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Veranderings is nou gesluit.
- Graad 10 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Sperdatum is 7 Junie 2024
|
|
|
|
|
DigiKuns-kompetisie
|
ATKV-DigiKuns is ’n opwindende digitale kunsplatform wat ’n unieke, kreatiewe uitdaging aan laer- en hoërskoolleerders, studente, volwassenes en senior burgers stel. Die ATKV bly toegewyd aan die volhoubare ontwikkeling van kuns en kultuur en glo dat dit kernbelangrik is vir ’n gesonde samelewing. Daarom moedig ons leerders aan om hul kunswerk te skep en in te skryf, en terselfdertyd hul kreatiwiteit in 2024 ’n groot hupstoot te gee! Vanjaar se vindingryke tema is “Op reis”. Kom deel jou ervarings en herinneringe saam met ons, want ’n reisverhaal moet vertel word.
|
Inskrywings sluit op 30 April 2024. Inskrywingsgeld beloop R120 per kunswerk. Meer inligting is by me. Vrey beskikbaar.
|
|
|
|
|
Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Kuns
|
Alle graad 8 tot 12-leerders kan inskryf. Skryf twee kunswerke in as jy in aanmerking wil kom vir ʹn medalje. Kostes beloop R85.00 per kunswerk. Sluitingsdatum en inhandigingsdatum vir kunswerke is 10 Junie 2024. Meer inligting is by me. Vrey beskikbaar.
|
|
|
|
|
BOLD Internasionale Eisteddfod
|
“In a World where you can be anything be BOLD."
|
Die BOLD Internasionale Eisteddfod plaas die kollig op verskeie kulturele aktiwiteite in skole deur ʹn digitale platform waar jong talent wêreldwyd met mekaar kan kompeteer. Daar is verskeie kategorieë waarvoor ingeskryf kan word. Inskrywings word aanlyn gedoen vanaf 1 Mei tot 30 Junie op hul webtuiste. Kostes beloop R120.00 per inskrywing. Meer inligting is by me Vrey beskikbaar.
|
|
|
|
|
Hoërskool Jan van Riebeeck vs Hoërskool Vredenburg- sportdag
|
|
|
Ons is opgewonde om ons eerste tuissportdag vir die jaar aan te kondig wat more teen Hoërskool Vredenburg plaasvind. Dit gaan 'n dag vol opwinding en mededinging wees en ons wil graag al ons ouers uitnooi om die dag saam met ons te kom geniet.
|
Die spanne wat betrokke is by die dag is as volg:
|
- o.14 A - D
- o.15 A - C
- o.16 A - B
- o.17 A
- o.19 A – B
- Seuns o.19A
- Dogters o.19A & o.16A
Die dag begin om 09:00 volg die skakel vir die volledige program. Ons sien daarna uit om u daar te verwelkom vir 'n onvergeetlike dag van sport en pret. Volg die skakel vir die volledige program.
|
|
|
Kolskoot vir Tiaan
|
|
|
Tiaan Joubert (gr. 8) is deel van AGA-WC (Africa Genesis Archery Western Cape). Hy het in 2023 by Laerskool Paul Greyling begin skiet en is gekies as deel van die provinsie se Laerskoolspan wat in Oktober in Ekurhuleni deelgeneem het. Hy het die afgelope naweek aan die interskole wat deur Hoërskool Bellville aangebied is, deelgeneem. Hy het aan beide Bulls eye (teiken) en 3D (3D-diere) deelgeneem. Hy het 'n persoonlike beste in beide katagorieë geskiet - ons is baie trots op hom! Hy neem môre aan die interskole by Gene Louw deel. Sterkte!
|
|
|
|
|
ALGEMEEN
|
|
|
|
|
|
Omgeebroodjies: Matriekraad- en VRL-projek
|
Ons vra graag vrywilligers in elke graadgroep om ons in ons omgeetoebroodjieprojek te ondersteun.
|
Dié broodjieprojek behels dat ons vir behoeftige leerders voorsien van ’n dubbelsny toebroodjie met ’n gesonde vulsel soos kaas/kaassmeer, ham of grondboontjiebotter. Die toebroodjie word met 'gladwrap' toegedraai.
|
Hierdie omgeebroodjies word dan elke dag (Maandag tot Vrydag) saam met u seun/dogter gestuur en tussen 7:00–7:40 in die houer in die admin-gang geplaas. Elke graadgroep het ‘n spesifieke dag gekry om broodjies te bring; dus bring ‘n leerder net op een dag van die week sy/haar broodjie. Leerders wat betrokke wil raak kan hulle name by me. Steyn ingee.
|
- Graad 12: Maandag
- Graad 11: Dinsdag
- Graad 10: Woensdag
- Graad 9: Donderdag
- Graad 8: Vrydag
Elke graadhoof is bewus van hoeveel leerders in hul graad iets te ete benodig en sal dit baie sensitief versprei. U kan ook vir aflewering reël indien vrywilligers weens werksomstandighede of welke ander rede nie die broodjies vroegoggend kan aflewer nie. Vrywilligers wat met dié baie nodige projek verder wil help, kan ook me. Steyn per e-pos in kennis stel: huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za
|
Indien u eerder ’n finansiële bydrae tot hierdie projek wil maak, kan u dit via Karri doen.
|
U ondersteuning word hoog op prys gestel.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
NETwerf!
|
|
Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!
|
|
|
|
|
Fenix Atventyr-toere
|
Leerders het die week tydens die Verrykingssaal meer uitgevind oor die toere wat Fenix Atventyr aanbied. Indien u meer wil uitvind, kan u hul direk kontak. Sien die brosjure om meer uit te vind oor die pakket wat hulle aanbied. Die toere is saamgestel vir hoërskoolleerders wat die wêreld wil verken.
|
|
|
|
|
VivA: Taal-kuns-en-tegnologietoer van 19 September tot 1 Oktober 2024
|
VivA bied vanaf 19 September tot 1 Oktober 2024 'n Taal-kuns-en-tegnologietoer aan.
|
- Daar is 50 plekke beskikbaar op die toer en leerders is reeds besig om hul plekke met die betaling van ‘n deposito vas te maak.
- R10 000-depositobetaling: Sou gou as moontlik - sodra die leerder sy/haar plek wil bespreek.
- Inskrywings vir die toer sluit 15 Junie 2024.
- Betalings kan maandeliks gemaak word of die volle uitstaande bedrag kan op een slag vereffen word.
- Ten volle en finale betaling vir die toer: 15 Junie 2024.
Volg ook gerus die onderstaande skakels vir meer inligting:
|
|
|
|
|
FSA-Jeuguitruilprogram
|
Die FSA, wat in 1996 gestig is, is 'n jeuguitruilinisiatief tussen Suid-Afrika en Duitsland wat aangebied word aan leerlinge van graad 8 - 12. Oor die jare het meer as 10 000 jeugdiges deelgeneem aan ons inisiatief waarvoor Duits as vak nie 'n vereiste is nie.
|
Ons program het ten doel om die lewens van ons deelnemers te verryk, hulle bloot te stel aan 'n ander kultuur, en hulle in staat te stel om Suid-Afrika as jong ambassadeurs in die buiteland te verteenwoordig. Die terugvoer wat ons ontvang, getuig presies daarvan. Gewoonlik laat die ervaring die jongmense besef dat hulle tot baie meer in staat is as wat hulle gedink of oor gedroom het.
|
Ons streef daarna om hierdie geleentheid aan soveel as moontlik jongmense in Suid-Afrika bied en daar is geen rede waarom leerlinge van u skool nie ook hierin kan deel nie. Ons nuwe brosjure en aansoekvorm is aanheg as 'n uitnodiging vir u leerlinge om aansoek te doen vir deelname aan ons 2024-programme. Belangstellendes kan ons direk kontak.
|
Met u hulp kan ons vanjaar weer die lewens van jongmense van regoor Suid-Afrika aanraak.
|
|
|
|
|
|
|
|