|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
"Dis waar dat die begin wat vandag gemaak word, maar klein is. Maar die grootheid van 'n okkasie hang nie af van die omstandighede van die oomblik nie. Die grootheid van 'n gebeurtenis hang af van wat daaruit gebore moet word."
|
Hierdie woorde van dr. D.F. Malan tydens die opening van ons skool, was profeties. Van 'n klein begin groei Hoërskool Jan van Riebeeck oor die dekardes ná 1926 tot 'n baken van uitnemendheid.
|
Hoërskool Jan van Riebeeck vier hierdie naweek ons 98-jarige geskiedenis van groot prestasies - op akademiese, kultuur- en sportgebied.
|
Ons oudleerlinge onderskei hulself op die hoogste vlakke in Suid-Afrika en buite sy grense. Jan van Riebeeckers: wees trots wanneer jy hierdie baadjie dra. Wees trots op die generasies mense wat voor ons almal deur hierdie gange gestap het.
|
Elkeen van ons het ‘n verantwoordelikheid om die trotse Jan van Riebeeck-naam en
|
-vlag die toekoms in te dra. Mag die herinnering aan dié wat lank baie hard gewerk het om hierdie trotse skool tot hier te bring, ons motiveer om vorentoe te kyk, hard te werk, te bou; sodat ons ook positief kan bydra tot die mooi Jan van Riebeeck-storie.
|
Maak seker dat elkeen van ons kan trots wees op ons nalatenskap hier.
|
’n Spesiale welkom van my kant aan al ons oudleerders wat vandag en die naweek saam met ons kuier. Ons hoop dat jul die warm en gasvrye JVR-gees sal ervaar.
|
Baie dankie ook aan ons span ouers wat op soveel plekke betrokke is.
|
Ons sien uit na ’n opwindende naweek!
|
|
|
|
|
Assesseringsprogram en intervensie vir Kwartaal 2
|
Volg die skakel vir die volledige program vir hierdie kwartaal.
|
|
|
|
|
Proverto-Olimpiade (Handelsvakke)
|
Die Proverto Olimpiade (Rekeningkunde, Besigheidstudies en Ekonomie) vind Woensdag, 8 Mei 2024 om 14:30 in me. Meyer se klas plaas. Die duur van die Olimpiade is 1 uur per vak. Indien 'n leerder vir al drie vakke ingeskryf is, sal hul dus teen 17:30 klaar wees. Hulle is egter welkom om die lokaal te verlaat sodra hulle klaar geskryf is. Studiegidse ter voorbereiding is op 30 April 2024 per e-pos aan die leerders gestuur na die janvanriebeeck.org e-posadres. Ons glo dit sal goed gaan met elke leerder, baie sterkte. Enige navrae kan aan me. Meyer gerig word.
|
|
|
|
|
Rekeningkunde ekstra gr. 12-klasse
|
Daar is verpligte Rekeningkundelesse op Maandaeoggende vanaf 07:00 tot 07:45 in me. Meyer se klaskamer. Alle graad 12-Rekeningkundeleerders moet teenwoordig wees. Die klas word aangebied om leerders voor te berei om ten beste in die vak te presteer. Enige navrae kan aan me. Meyer gerig word.
|
|
|
|
|
Eye Brain Gym- Leesprogram
|
Kliek hier om toegang te kry tot 'n belangrikke kennisgewing rondom die skool se leesprogram.
|
|
|
|
|
SAMO Wiskunde-olimpiade
|
Baie geluk aan die leerders (kliek hier) wat deurgedring het tot die tweede ronde van die SAMO. Die tweede ronde vind op 9 Mei vanaf 14:00 tot 16:00 plaas. Leerders wat deelneem aan die olimpiade word op dié dag van ander buitemuurse aktiwiteite verskoon.
|
|
|
|
|
BEELD se Kreatiewe Skryfkompetisie 2024
|
BEELD bied vanjaar weer hul skryfkompetisie vir Afrikaansleerders aan. BEELD bied al vir die afgelope 6 jaar hierdie kompetisie aan. Leerders kan hul beste skryfwerk wat tussen Januarie en 31 Augustus vanjaar geskryf is, inskryf. Hierdie kompetisie sluit beide ’n poësie- en opstelafdeling in. Indien leerders ’n opstel wil skryf, kan hulle kies tussen die verhalende, beskrywende, argumenterende of bespiegelende opstel. In hierdie geval kan hulle self besluit wat die tema van hul opstel is. Indien hulle egter in die ope-afdeling wil deelneem (m.a.w. nie een van hierdie opstelformate wil volg nie), moet hulle volgens die tema “Wat ek die beste in Afrikaans sê” skryf. Opstelinskrywings moet teen 16 September ingedien word.
|
In terme van poësie-inskrywings kan leerders enige gedigte wat hulle tussen Januarie en Mei vanjaar skryf, instuur. In die poësiekategorie is onderwysers ook welkom om deel te neem. Poësie-inskrywings moet teen 17 Junie ingestuur word.
|
Die wenner in elke kategorie ontvang R3000 en kursusse van Multidimensions ter waarde van R4900 vir hulself en hul Afrikaansonderwyser. Die naaswenner in elke kategorie ontvang ’n kontantprys van R1500 en kursusse ter waarde van R2500 vir hulself en hul Afrikaansonderwyser. Die leerder in die derde plek wen R500 en kursusse ter waarde van R1500 vir hulself en hul Afrikaansonderwyser. Die onderwyser wat die poësiekategorie wen, ontvang R3000, die naaswenner R1500 en die een in die derde plek R500.
|
Leerders wat graag wil inskryf, kan met juf. Raath kommunikeer.
|
|
|
|
|
Hoza-Senior Geskiedenisolimpiade
|
|
|
|
|
Graad 12 - Akademie
|
Kliek hier vir die samestelling van elke graad 12-vak se SBA-punt. (Graad 12 SBA-samestelling vanaf die WKOD pdf aangeheg.)
|
Hieronder kan u toegang kry tot die eksamenriglyne vir elke vak. Dit is belangrik dat u kind deurlopend die dokument raadpleeg. (Graad 12 eksamenriglyne per vak hierby aangeheg.)
|
|
|
|
|
Vakveranderinge 2024
|
U as ouer/voog voltooi die eerste gedeelte van die vorm en daarna moet u kind asb. sorg dat die huidige vakonderwyser, die beoogde vakonderwyser, asook sy/haar graadhoof die vorm teken. Daarna kan u kind die vorm by die akademiese hoof indien. Die akademiese hoof sal vir u kind 'n toestemmingsbrief gee sodra die WKOD die aansoek goedkeur het en eers daarna mag u kind van vak verander. Kontak me. Liza Serrao (liza.serrao@janvanriebeeck.co.za) indien u nog enige vrae het.
|
- Graad 11 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Veranderings is nou gesluit.
- Graad 10 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Sperdatum is 7 Junie 2024
|
|
|
|
|
|
Bespreek nou jou kaartjies vir ons volgende opwindende vertoning in ons splinternuwe JvR-amfiteater! Kliek hier: https://qkt.io/h7r0Au
|
|
|
Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Kuns
|
Alle graad 8 tot 12-leerders kan inskryf. Skryf twee kunswerke in as jy in aanmerking wil kom vir ʹn medalje. Kostes beloop R85.00 per kunswerk. Sluitingsdatum en inhandigingsdatum vir kunswerke is 10 Junie 2024. Meer inligting is by me. Vrey beskikbaar.
|
|
|
|
|
Praktiese musiekeksamens
|
Die individuele praktiese eksamens vir VAKMUSIEK vind van 10 tot 15 Mei plaas. Elke leerder moet 'n halfuur voor die aangewese tyd na die musiekblok kom om op te warm, en moet dan 5 minute voor die bestemde tyd voor die deur van die eksamenlokaal wag om geroep te word. KLASSE GAAN SOOS GEWOONLIK AAN; LEERDERS WAT MOET KOM SPEEL/SING, WORD ONTTREK UIT DIE KLASSE.
|
Maak asb. 'n nota van u kind se eksamentyd. Indien 'n leerder nié by die eksamen kan wees nie as gevolg van siekte, MOET 'n DOKTERSERTIFIKAAT ingedien word, soos met enige geskrewe eksamen. Leerders moet sorg dat hulle hul eie instrumente, bladmusiek en toebehore by die eksamen het. Kitaarspelers kan van die skool se versterkers ("amps") gebruik maak. Moedig asb. u kind aan om goed en gereeld te oefen in aanloop tot die eksamen sodat hy/sy goed voorbereid sal wees vir die eksamen. Laat hulle ook 'n goeie ontbyt die oggend eet om die energievlakke op te bou.
|
Die vereistes vir die eksamen is soos volg:
|
- Grade 8 en 9: 2 stukke, bladlees op die instrument, en tegniese werk (toonlere, oefeninge, 'n studie of tegniese stuk)
- Grade 10 en 11: 2 stukke, bladlees en tegniese werk (toonlere, oefeninge, 'n studie of tegniese stuk), gehoortoetse (bladsang, ritme klap en drieklanke sing)
- Graad 12: Soos grade 10 en 11, maar met byvoeging van 'n 3de stuk/studie.
Sterkte met die voorbereiding!
|
|
|
|
|
BOLD Internasionale Eisteddfod
|
“In a World where you can be anything be BOLD."
|
Die BOLD Internasionale Eisteddfod plaas die kollig op verskeie kulturele aktiwiteite in skole deur ʹn digitale platform waar jong talent wêreldwyd met mekaar kan kompeteer. Daar is verskeie kategorieë waarvoor ingeskryf kan word. Inskrywings word aanlyn gedoen vanaf 1 Mei tot 30 Junie op hul webtuiste. Kostes beloop R120.00 per inskrywing. Meer inligting is by me Vrey beskikbaar.
|
|
|
SPORT
|
|
Reünienaweek-program
|
Volg die skakel vir die naweek se program.
|
|
|
|
|
|
|
|
Tiaan skiet nog 'n kolskoot!
|
Tiaan Joubert (gr. 8) is deel van AGA-WC (Africa Genesis Archery Western Cape). Hy het die afgelope naweek aan die interskole by Gene Louw deel geneem. Tiaan verbeter sy Bull’s Eye telling en skiet ‘n telling van 285. Hy behaal ‘n Silwer medalje vir hoërskool seuns. Baie geluk Tiaan!
|
|
|
|
|
ALGEMEEN
|
|
|
|
|
|
Omgeebroodjies: Matriekraad- en VRL-projek
|
Ons vra graag vrywilligers in elke graadgroep om ons in ons omgeetoebroodjieprojek te ondersteun.
|
Dié broodjieprojek behels dat ons vir behoeftige leerders voorsien van ’n dubbelsny toebroodjie met ’n gesonde vulsel soos kaas/kaassmeer, ham of grondboontjiebotter. Die toebroodjie word met 'gladwrap' toegedraai.
|
Hierdie omgeebroodjies word dan elke dag (Maandag tot Vrydag) saam met u seun/dogter gestuur en tussen 7:00–7:40 in die houer in die admin-gang geplaas. Elke graadgroep het ‘n spesifieke dag gekry om broodjies te bring; dus bring ‘n leerder net op een dag van die week sy/haar broodjie. Leerders wat betrokke wil raak kan hulle name by me. Steyn ingee.
|
- Graad 12: Maandag
- Graad 11: Dinsdag
- Graad 10: Woensdag
- Graad 9: Donderdag
- Graad 8: Vrydag
Elke graadhoof is bewus van hoeveel leerders in hul graad iets te ete benodig en sal dit baie sensitief versprei. U kan ook vir aflewering reël indien vrywilligers weens werksomstandighede of welke ander rede nie die broodjies vroegoggend kan aflewer nie. Vrywilligers wat met dié baie nodige projek verder wil help, kan ook me. Steyn per e-pos in kennis stel: huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za
|
Indien u eerder ’n finansiële bydrae tot hierdie projek wil maak, kan u dit via Karri doen.
|
U ondersteuning word hoog op prys gestel.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
NETwerf!
|
|
Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!
|
|
|
|
|
Fenix Atventyr-toere
|
Leerders het die week tydens die Verrykingssaal meer uitgevind oor die toere wat Fenix Atventyr aanbied. Indien u meer wil uitvind, kan u hul direk kontak. Sien die brosjure om meer uit te vind oor die pakket wat hulle aanbied. Die toere is saamgestel vir hoërskoolleerders wat die wêreld wil verken.
|
|
|
|
|
VivA: Taal-kuns-en-tegnologietoer van 19 September tot 1 Oktober 2024
|
VivA bied vanaf 19 September tot 1 Oktober 2024 'n Taal-kuns-en-tegnologietoer aan.
|
- Daar is 50 plekke beskikbaar op die toer en leerders is reeds besig om hul plekke met die betaling van ‘n deposito vas te maak.
- R10 000-depositobetaling: Sou gou as moontlik - sodra die leerder sy/haar plek wil bespreek.
- Inskrywings vir die toer sluit 15 Junie 2024.
- Betalings kan maandeliks gemaak word of die volle uitstaande bedrag kan op een slag vereffen word.
- Ten volle en finale betaling vir die toer: 15 Junie 2024.
Volg ook gerus die onderstaande skakels vir meer inligting:
|
|
|
|
|
FSA-Jeuguitruilprogram
|
Die FSA, wat in 1996 gestig is, is 'n jeuguitruilinisiatief tussen Suid-Afrika en Duitsland wat aangebied word aan leerlinge van graad 8 - 12. Oor die jare het meer as 10 000 jeugdiges deelgeneem aan ons inisiatief waarvoor Duits as vak nie 'n vereiste is nie.
|
Ons program het ten doel om die lewens van ons deelnemers te verryk, hulle bloot te stel aan 'n ander kultuur, en hulle in staat te stel om Suid-Afrika as jong ambassadeurs in die buiteland te verteenwoordig. Die terugvoer wat ons ontvang, getuig presies daarvan. Gewoonlik laat die ervaring die jongmense besef dat hulle tot baie meer in staat is as wat hulle gedink of oor gedroom het.
|
Ons streef daarna om hierdie geleentheid aan soveel as moontlik jongmense in Suid-Afrika bied en daar is geen rede waarom leerlinge van u skool nie ook hierin kan deel nie. Ons nuwe brosjure en aansoekvorm is aanheg as 'n uitnodiging vir u leerlinge om aansoek te doen vir deelname aan ons 2024-programme. Belangstellendes kan ons direk kontak.
|
Met u hulp kan ons vanjaar weer die lewens van jongmense van regoor Suid-Afrika aanraak.
|
|
|
|
|
|
|
|