> Besoek die volledige 2024-kalender op die webtuiste <

AKADEMIE

UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR

Goeiedag Ouers/Voogde

Ek vertrou dat die eerste twee dae van die eksamen goed afgeloop het. Baie sterkte aan al ons Jan van Riebeeckers! Onthou: jou harde werk sál beloon word!
Ek deel graag die volgende twee leerders wie se gedigte vanjaar in die POORT-bundel ingesluit is, met u:

Decidofobie - Luca Zulch

trek my weg van die vuur wat my drome verwoes

van die onsekere lewensbesluite wat voor my doem



trek my terug na my kleintyd toe

waar verwagtinge nie my skouers verbrokkel nie en ek nie angsin my mond proe



trek my diep na onder waar die donker roep

weg van twyfel en die wonder oor wat voorlê

waar als stil is



trek my laaste hartseer

my laaste trane

my laaste vrees

uit

my

uit



my stories - Toby de Ruiter

ek het stories so lewendig
met my tong wat dit wil bely
aan die wat kan hoor
maar hul ore tot bose doofheid draai
ek het stories met intriges so lewendig
met my pen wat dit wil skryf
aan die wat kan lees
en tog hul na blindheid verstoot
ek het te veel woorde ongesproke
en my inkpot nog vol van ongeskrewe woorde
woorde wat skreeu om gespreek te word
wat gehoor wil word
en woorde wat so graag smag na bestaan
julle is doof en blind vir wat voor julle staan
vir wat ek en wat ek skree om te laat hoor
my eindelose geskryf aan julle om te lees
om te verstaan
om te sien

maar my tong sal steeds bely
my pen sal steeds skryf
my woorde sal steeds ’n verbode storie vertolk
en my ink sál die storie vloei wat weier om ongeskrewe te bly


Baie sterkte aan al ons spanne wat die naweek in Porterville deelneem. Ons hokkiespelers speel nader aan die huis teen Tygerberg en CBC St. Johns en ons o.19A-, 17A- en 14A-netbalspanne speel ook in die finale ronde om die 2024-ligawenners te bepaal. Ons is trots op jul almal en hou duimvas vir mooi uitslae.

Geniet die naweek!

Pieter Rademeyer
Skoolhoof

Skooltye: 16 Mei - 7 Junie 2024

Die skooltye tydens die eksamen gaan effens verander om steeds ons sport- en kultuurprogram te akkommodeer. Dié tye sal vanaf Donderdag, 16 Mei, gevolg word.

Maandae: Kultuur en Sport
  • Skool verdaag om 12:10.
  • Sport (Rekkegim - alle sportkodes) 12:30 - 13:45
  • Kultuur: Kooroefeninge in die saal 12:30 - 13:50
  • Busse vertrek 14:00.
Dinsdae: Sport
  • Skool verdaag om 12:10.
  • Sport (Alle sportkodes: netbal, hokkie, rugby, tafeltennis, landloop, skaak) 12:30 - 13:45
  • Leerders wat sport na skool doen, mag in oefendrag met ’n volledige skoolsweetpak skool toe kom.
  • Busse vertrek 14:00.
Woensdae: Geen aktiwiteite
  • Busse vertrek 12:30.
    Donderdae: Sport
    • Skool verdaag om 12:10.
    • Sport (Alle sportkodes: netbal, hokkie, rugby, tafeltennis, landloop, skaak) 12:30 - 13:45
    • Leerders wat sport na skool doen, mag in oefendrag met ’n volledige skoolsweetpak skool toe kom.
    • Busse vertrek 14:00.
    Vrydae: Geen aktiwiteite
    • Busse vertrek 12:30.

    Assesseringsprogram en intervensie vir Kwartaal 2

    Volg die skakel vir die volledige program vir hierdie kwartaal.

    Halfjaareksamen: Graad 8 tot 12

    Die eksamen vir graad 8 tot 12 skop op Donderdag, 16 Mei af. Die skool kom daagliks om 12:10 uit. Vir u gerief, is die eksamenrooster weer hier aangeheg. Ouers word daaraan herinner dat hul die eksamenhoof, me. Serrao, dadelik moet kontak by liza.serrao@janvanriebeeck.co.za indien hul kind die dag nie ’n eksamen kan bywoon nie. Ouers moet so gou as moontlik ‘n mediese sertifikaat by me. Sterrenberg indien.

    Rig asseblief enige navrae in verband met die eksamen aan me. Serrao.

    Rekeningkunde: ekstra gr. 12-klasse

    Daar is verpligte Rekeningkundelesse op Maandaeoggende vanaf 07:00 tot 07:45 in me. Meyer se klaskamer. Alle graad 12-Rekeningkundeleerders moet teenwoordig wees. Die klas word aangebied om leerders voor te berei om ten beste in die vak te presteer. Enige navrae kan aan me. Meyer gerig word.

    Eye Brain Gym- Leesprogram

    Kliek hier om toegang te kry tot 'n belangrikke kennisgewing rondom die skool se leesprogram. Klik hier vir die EBG-pamflet.

    BEELD se Kreatiewe Skryfkompetisie 2024

    BEELD bied vanjaar weer hul skryfkompetisie vir Afrikaansleerders aan. BEELD bied al vir die afgelope 6 jaar hierdie kompetisie aan. Leerders kan hul beste skryfwerk wat tussen Januarie en 31 Augustus vanjaar geskryf is, inskryf. Hierdie kompetisie sluit beide ’n poësie- en opstelafdeling in. Indien leerders ’n opstel wil skryf, kan hulle kies tussen die verhalende, beskrywende, argumenterende of bespiegelende opstel. In hierdie geval kan hulle self besluit wat die tema van hul opstel is. Indien hulle egter in die ope-afdeling wil deelneem (m.a.w. nie een van hierdie opstelformate wil volg nie), moet hulle volgens die tema “Wat ek die beste in Afrikaans sê” skryf. Opstelinskrywings moet teen 16 September ingedien word.

    In terme van poësie-inskrywings kan leerders enige gedigte wat hulle tussen Januarie en Mei vanjaar skryf, instuur. In die poësiekategorie is onderwysers ook welkom om deel te neem. Poësie-inskrywings moet teen 17 Junie ingestuur word.

    Die wenner in elke kategorie ontvang R3000 en kursusse van Multidimensions ter waarde van R4900 vir hulself en hul Afrikaansonderwyser. Die naaswenner in elke kategorie ontvang ’n kontantprys van R1500 en kursusse ter waarde van R2500 vir hulself en hul Afrikaansonderwyser. Die leerder in die derde plek wen R500 en kursusse ter waarde van R1500 vir hulself en hul Afrikaansonderwyser. Die onderwyser wat die poësiekategorie wen, ontvang R3000, die naaswenner R1500 en die een in die derde plek R500.

    Leerders wat graag wil inskryf, kan met juf. Raath kommunikeer.

    Hoza-Senior Geskiedenisolimpiade

    Leerders skryf op Karri in. Volg die skakel vir meer inligting.

    Graad 12 - Akademie

    Kliek hier vir die samestelling van elke graad 12-vak se SBA-punt. (Graad 12 SBA-samestelling vanaf die WKOD pdf aangeheg.)

    Hieronder kan u toegang kry tot die eksamenriglyne vir elke vak. Dit is belangrik dat u kind deurlopend die dokument raadpleeg. (Graad 12 eksamenriglyne per vak hierby aangeheg.)
    Graad 12 hulpbron vanaf die WKOD - Grade 12 Tips for Success 2024

    Vakveranderinge 2024

    Die proses is as volg:

    U as ouer/voog voltooi die eerste gedeelte van die vorm en daarna moet u kind asb. sorg dat die huidige vakonderwyser, die beoogde vakonderwyser, asook sy/haar graadhoof die vorm teken. Daarna kan u kind die vorm by die akademiese hoof indien. Die akademiese hoof sal vir u kind 'n toestemmingsbrief gee sodra die WKOD die aansoek goedkeur het en eers daarna mag u kind van vak verander. Kontak me. Liza Serrao (liza.serrao@janvanriebeeck.co.za) indien u nog enige vrae het.
    • Graad 11 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Veranderings is nou gesluit.
    • Graad 10 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Sperdatum is 7 Junie 2024

    KULTUUR

    Kaapse Afrikaanse Eisteddfod: Kuns

    Alle graad 8 tot 12-leerders kan inskryf. Skryf twee kunswerke in as jy in aanmerking wil kom vir ʹn medalje.
    Kostes beloop R85.00 per kunswerk.
    Sluitingsdatum en inhandigingsdatum vir kunswerke is 10 Junie 2024.
    Meer inligting is by me. Vrey beskikbaar.

    BOLD Internasionale Eisteddfod

    “In a World where you can be anything be BOLD."

    Die BOLD Internasionale Eisteddfod plaas die kollig op verskeie kulturele aktiwiteite in skole deur ʹn digitale platform waar jong talent wêreldwyd met mekaar kan kompeteer. Daar is verskeie kategorieë waarvoor ingeskryf kan word. Inskrywings word aanlyn gedoen vanaf 1 Mei tot 30 Junie op hul webtuiste. Kostes beloop R120.00 per inskrywing. Meer inligting is by me Vrey beskikbaar.

    SPORT

    Sportdag: Hs Jan van Riebeeck vs Porterville

    Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons rugby- en netbalspanne die naweek in aksie sal wees by Hoërskool Porterville.

    Volg die skakel vir die program, die bus vertrek om 5:30 vanaf die skool.

    Ons sien daarna uit om ons spelers van die hoër- en die laerskool in aksie te sien en saam met ons ondersteuners die opwinding van die dag te deel.

    ALGEMEEN

    Welgemeend Konsertreeks: Gerhard Joubert, 22 Mei 2024

    The next event in the Welgemeend Concert Series features the outstanding young South African pianist and Jan-van-Riebeeck alumnus Gerhard Joubert. Just before leaving for an extended European study trip, Gerhard is presenting a choice of what is currently some of his favourite keyboard music (from 3 centuries and 3 countries), commenting on the programme as follows:

    "I have decided to compile this programme consisting of true gems in the piano literature - some well-known and others less often performed. There is a clear emphasis on Fauré, the French master, whose solo piano music I only discovered recently but am completely in awe of. I hope this will be a discovery for some others too. Many of the titles are picturesque and can stimulate the imagination. The opening Rameau pieces are in dialogue with the other French works on the programme (even the Chopin can be considered French despite the composer's Polish heritage, as he settled in France in his early twenties).

    By way of an Austrian sojourn a rarely performed classical sonata by Haydn creates the stylistic link and perfect transition into the romantic realm of one of Schubert’s Impromptus, Chopin’s Barcarolle in F# and a selection of Fauré’s Nocturnes. The final work on the programme (by Debussy) refers back to the French Baroque in that it was inspired by a contemporary of Rameau's in the visual arts, Jean-Antoine Watteau (they were both born in 1684, a year before Handel, D. Scarlatti and J. S. Bach!). The work in question is Watteau's The Embarkation for Cythera ("L'embarquement pour Cythère").


    The inclusion of a work by South African composer Arnold Van Wyk lies close to my heart as I often heard my mother practicing his works when I was little (especially his monumental "Nagmusiek" for solo piano). Both the Fauré and Van Wyk are in turn inspired by Chopin as the titles (Nocturne and Berceuse) suggest the most famous contributions to the genre by Chopin."

    Tickets (R 200 / R 100) are available at Quicket via this link. The concert starts at 19h but do come a little earlier to enjoy the ambience of the magnificent Welgemeend Manor house, the company of fellow music lovers and a glass of wine sponsored by Jakob's Vinyards. The Welgemeend Concert Series would not be possible without the generous support of the Bright Foundation, which is hereby gratefully acknowledged.
    Enige iemand wat belangstel om 'n stalletjie vir die dag te huur kan gerus vir Karen Koch kontak by karin@welgemeend.com

    Omgeebroodjies: Matriekraad- en VRL-projek

    Ons vra graag vrywilligers in elke graadgroep om ons in ons omgeetoebroodjieprojek te ondersteun.

    Dié broodjieprojek behels dat ons vir behoeftige leerders voorsien van ’n dubbelsny toebroodjie met ’n gesonde vulsel soos kaas/kaassmeer, ham of grondboontjiebotter. Die toebroodjie word met 'gladwrap' toegedraai.

    Hierdie omgeebroodjies word dan elke dag (Maandag tot Vrydag) saam met u seun/dogter gestuur en tussen 7:00–7:40 in die houer in die admin-gang geplaas.
    Elke graadgroep het ‘n spesifieke dag gekry om broodjies te bring; dus bring ‘n leerder net op een dag van die week sy/haar broodjie. Leerders wat betrokke wil raak kan hulle name by me. Steyn ingee.
    • Graad 12: Maandag
    • Graad 11: Dinsdag
    • Graad 10: Woensdag
    • Graad 9: Donderdag
    • Graad 8: Vrydag
    Elke graadhoof is bewus van hoeveel leerders in hul graad iets te ete benodig en sal dit baie sensitief versprei. U kan ook vir aflewering reël indien vrywilligers weens werksomstandighede of welke ander rede nie die broodjies vroegoggend kan aflewer nie. Vrywilligers wat met dié baie nodige projek verder wil help, kan ook me. Steyn per e-pos in kennis stel: huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za

    Indien u eerder ’n finansiële bydrae tot hierdie projek wil maak, kan u dit via Karri doen.

    U ondersteuning word hoog op prys gestel.

    BORGE

    ADVERTENSIES

    Volg gerus die skakel vir meer inligting: https://wenwetenskap.co.za/
    🚨 Purchase with Purpose 🚨
    Bederf die hele gesin met ons heerlike Chicken Burger & Chips vir slegs R70! 🍟🍔

    Wanneer: Woensdag, 22 Mei

    Skandeer die QR-kode en word deel van ons familie of skakel vir Shani om jou bestelling te plaas!

    Shani: 065 919 3431

    NETwerf!

    Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!

    Volg die spesiale skakel om aan te sluit: https://www.netwerk24.com/intekening/promosie/jvr100

    Fenix Atventyr-toere

    Leerders het die week tydens die Verrykingssaal meer uitgevind oor die toere wat Fenix Atventyr aanbied. Indien u meer wil uitvind, kan u hul direk kontak. Sien die brosjure om meer uit te vind oor die pakket wat hulle aanbied. Die toere is saamgestel vir hoërskoolleerders wat die wêreld wil verken.

    VivA: Taal-kuns-en-tegnologietoer van 19 September tot 1 Oktober 2024

    VivA bied vanaf 19 September tot 1 Oktober 2024 'n Taal-kuns-en-tegnologietoer aan.

    Alle inligting word vervat in die aangehegte dokumentasie (inligting, termes & voorwaardes), maar die belangrikste datums is:
    • Daar is 50 plekke beskikbaar op die toer en leerders is reeds besig om hul plekke met die betaling van ‘n deposito vas te maak.
    • R10 000-depositobetaling: Sou gou as moontlik - sodra die leerder sy/haar plek wil bespreek.
    • Inskrywings vir die toer sluit 15 Junie 2024.
    • Betalings kan maandeliks gemaak word of die volle uitstaande bedrag kan op een slag vereffen word.
    • Ten volle en finale betaling vir die toer: 15 Junie 2024.
    Volg ook gerus die onderstaande skakels vir meer inligting:

    Opsomming oor VivA-toer: https://viva-afrikaans.org/portale/inligtingsportaal-reg/taaltoer
    Bemarkingsvideo: https://www.youtube.com/watch?v=201OH1LJwVo

    FSA-Jeuguitruilprogram

    Die FSA, wat in 1996 gestig is, is 'n jeuguitruilinisiatief tussen Suid-Afrika en Duitsland wat aangebied word aan leerlinge van graad 8 - 12. Oor die jare het meer as 10 000 jeugdiges deelgeneem aan ons inisiatief waarvoor Duits as vak nie 'n vereiste is nie.

    Ons program het ten doel om die lewens van ons deelnemers te verryk, hulle bloot te stel aan 'n ander kultuur, en hulle in staat te stel om Suid-Afrika as jong ambassadeurs in die buiteland te verteenwoordig. Die terugvoer wat ons ontvang, getuig presies daarvan. Gewoonlik laat die ervaring die jongmense besef dat hulle tot baie meer in staat is as wat hulle gedink of oor gedroom het.

    Ons streef daarna om hierdie geleentheid aan soveel as moontlik jongmense in Suid-Afrika bied en daar is geen rede waarom leerlinge van u skool nie ook hierin kan deel nie. Ons nuwe brosjure en aansoekvorm is aanheg as 'n uitnodiging vir u leerlinge om aansoek te doen vir deelname aan ons 2024-programme. Belangstellendes kan ons direk kontak.

    Aansoekvorms
    Brosjure

    Met u hulp kan ons vanjaar weer die lewens van jongmense van regoor Suid-Afrika aanraak.
    facebook instagram 
    Email Marketing Powered by MailPoet