|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
Dit was ’n besondere bedrywige week hier by Jan van Riebeeck! Ons Afrikaansweek en Kunstefees was werklik een groot fees. Baie dankie aan al ons leerders en ouers vir jul ondersteuning en entoesiastiese deelname!
|
Daar was so baie hoogtepunte en pure lekkertes: van spelkomeptisies en klaspretaktiwiteite tot skrywerbesoeke, koorsang, toneelspel... noem maar op - en die skool is feestelik versier met die allermooiste Afrikaanse plakkate. Early B en Sterrejag gisteraand was ook ’n groot treffer!
|
Dit is vir ons as skool baie belangrik om hierdie week aan te bied. Ons is trots-Afrikaans en wil graag ons leerders inspireer en motiveer om hul liefde vir ons mooie taal te kan geniet en te kan vier. Ons hoop dat elkeen kan sê dat daar ten minste één persoonlike hoogtepunt of uitstaanoomblik die afgelope week was! Volgende jaar maak ons beslis weer so.
|
Baie sterkte aan al ons sportspanne wat die naweek teen Curro in Langebaan sport speel. Reis veilig en geniet die Weskuswegbreek. Ons sien uit na gesonde mededinging en mooi sportmangees.
|
|
|
AKADEMIE
|
|
|
|
Graad 12: NSS-eksamenrooster
|
|
|
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die finale Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamenrooster bevestig. Hiermee die finale rooster met alle amptelike vakke asook ‘n opgesomde rooster met die vakke wat die skool aanbied. Let asseblief op die volgende:
|
|
|
|
- Die NSS-eksamen sal op Maandag, 21 Oktober begin en op Donderdag, 28 November eindig.
- Alhoewel die eksamen op Donderdag, 28 November eindig, moet kandidate tot die laaste dag van die skoolkwartaal (13 Desember) beskikbaar wees ingeval dit om enige rede nodig sou wees om ’n spesifieke vak/vraestel te herskeduleer.
Alle ander inligting m.b.t. die NSS-eksamen sal mettertyd deur me. Steyn gekommunikeer word.
|
|
|
|
Graad 12 Opgedateerde rekordeksamen
|
Neem kennis dat daar twee finale veranderinge aangebring is aan die eksamenrooster:
|
- IGO V2 en REK V2 word op Maandag, 2 Sep. (sessie 2) geskryf.
- GEO V2 word op Dinsdag, 10 Sep. geskryf.
|
|
|
|
Assesseringsprogram: Kwartaal 3
|
Volg gerus die skakel vir Kwartaal 3 se assesseringsprogram.
|
|
|
|
|
|
|
Visuele kunste: Graad 12-NSS-praktiese eksamen
|
Die NSS-Visuele kunste se praktiese eksamendatums, wat 'n 24 uur eksamen behels, sal op die volgende datums plaasvind:
|
- Maandag 7 Oktober van 7:30 tot 14:00
- Dinsdag 8 Oktober van 7:30 tot 14:00
- Woensdag 9 Oktober van 7:30 tot 14:00
- Donderdag 10 Oktober van 7:30 tot 14:00
Hierdie praktiese eksamen sal 6 uur per dag duur met 'n 30-min.pouse. Die eksamen sal afsluit met 'n uitstalling van die graad 12-werk op 11 Oktober. Ons nooi ouers en leerlinge om die kuns te kom geniet!
|
|
|
|
|
Graad 12: Akademie vir Kwartaal 3
|
Daar vind vanaf volgende week weeklikse verpligte Maandagmiddagklasse vir graad 12-Rekeningkunde en Fisiese Wetenskappe plaas. Daar word nuwe werk tydens die lesse behandel. Die tye en datums is as volg:
|
- Fisiese Wetenskappe: Maandagmiddag vanaf 14:30 tot 16:30
- Rekeningkunde: Maandagmiddag vanaf 14:30 tot 16:30
|
|
|
|
Opwindende Afrikaansprojekte om aan deel te neem!
|
Die ATKV bied vanjaar weer hul opwindende Digi-projektereeks aan. Hierdie inisiatief bied aan leerders die geleentheid om aan ’n wye verskeidenheid aanlyn kompetisies deel te neem en so hul vaardighede te slyp en talente uit te leef.
|
DigiPRAAT Om jou sê met selfvertroue te kan sê, is ’n vaardigheid wat jy regdeur jou lewe kan gebruik. Met ATKV-DigiPraat skep hul vir leerders ’n platform waarop hul in Afrikaans kan wys hoe glad hul met die mond is. Om alles te kroon, hoef jy nêrens heen te ry nie, met sweterige hande op ’n klipharde saalstoel te sit nie, of bewerig te glimlag vir ’n streng beoordelaar nie. Met ATKV-DigiPraat kan jy in die gerief van jou eie huis, of op enige plek in die wêreld, jou toespraak opneem en vir ons stuur. Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (30 Augustus): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digipraat/ DigiSPEL As jy ’n S-P-E-L-L-E-R is en in koue sweet uitslaan as jy ’n spelfout sien, is die ATKV se digitale spelkompetisie net vir jou. Met ATKV-DigiSpel word leerders aangespoor om baie meer aandag aan die gebruik van Afrikaans te gee, en nie net SMS-taal te gebruik nie. As jy dalk ’n T-E-L-L-E-R is en jou spelvermoë wil verbeter, moet jy beslis nie huiwer om in te skryf nie. Jy sal nie net jou spelvaardighede kan slyp nie, maar ook kan meeding met die beste spellers daarbuite. ATKV-DigiSpel gaan jou uitdaag, jou spelling opskerp en jy gaan boonop jouself gate uit geniet – als in die gemak van jou eie ruimte. Al wat jy nodig het, is toegang tot ’n rekenaar, tablet of slimfoon. Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (1 November): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digispel/ DigiVOORDRAG Is jy passievol oor gedigte en wil jy nog altyd groot skares met jou helder voordragstem beïndruk? Wat is dan mooier as Afrikaanse gedigte? Die ATKV wil vir jou die geleentheid gee om hierdie deel van ons taalerfenis te vier deur ATKV-DigiVoordrag. ATKV-DigiVoordrag gee jou die platform en podium om van die prettigste en pragtigste Afrikaanse poësie met ’n waarderende gehoor te deel. Dit maak nie saak hoe jou stem klink nie en jy hoef ook nie pennetjieregop met stywe klere op ’n verhoog te staan nie. Kies net jou mooiste Afrikaanse gedig wat jy lekker met gemak en selfvertroue kan voordra. Laat die mense skaterlag met ’n prettige, komiese gedig of laat hulle ’n traan pink met iets roerend. Klim op ons digitale wêreldverhoog! Kry net jou slimfoon, rekenaar of tablet en skep jou eie ruimte met ’n goeie internetverbinding tuis of elders op die aardbol. Nou kan jy die mense wêreldwyd meevoer deur jou Afrikaanse gedig meesleurend voor te dra, op te neem en die video vir ons te stuur. Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (4 Oktober): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digivoordrag/ DigiGEDIGTE Wag daar diep in jou binneste ’n gedig wat jy net in jou geliefde moedertaal kan uitdruk? Woordkinders, gee jou poësie-pennevrugte vlerke deur in te skryf vir hierdie digitale kompetisie, ATKV-DigiGedigte. Waar op die aardbol jy ook al jou gedigte skryf, iewers sal jou verse ’n Afrikaanse leser se hart warmer laat klop. Skryf maklik in deur jou gedig in PDF-formaat aan te stuur. As jy toegang het tot ’n internetverbinding en ’n slimfoon, rekenaar of tablet, kan jy inskryf. Of jy hou van paarrym, omarmde rym of eerder met die vrye vers woeker, ATKV-DigiGedigte en die hele wêreld wag op jou digterlike vernuf! Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (11 Oktober): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digigedigte/
|
Ons moedig graag al ons Jan van Riebeeckers aan om hierdie kreatiewe verrykingsgeleenthede aan te gryp! Kontak gerus mnr. Rademeyer (pieter.rademeyer@janvanriebeeck.co.za) vir enige verdere navrae of hulp met hierdie projekte.
|
|
|
|
|
Eye Brain Gym-leesprogram
|
Kliek hier om toegang te kry tot 'n belangrikke kennisgewing rondom die skool se leesprogram. Klik hier vir die EBG-pamflet.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
SPORT
|
|
|
|
|
|
|
|
|
40 Days: Donderdag, 8 Augustus 2024
|
'n Mens kan nie glo dat die skooljaar so verby vlieg nie.
|
Matrieks trek aan volgends die letter-O en kom vanaf 7:00 - 7:30 bymekaar op Welgemeendstoep. Die leerders gaan 'n heerlik ontbyt saam geniet en ons het 'n gasspreker wat met die leerders gaan gesels. Betalings kan op Karri betaal word teen R100 per leerder. Daar sal ook 'n opsie wees waar u 'n donasie kan maak.
|
Ons doen 'n dringende beroep dat u sal verseker dat u kind nie Woensdag/Donderdag in 'n groot groep saam kuier nie.
|
Gewone skoolreëls geld en onregmatige gedrag sal nie toegelaat word op die dag nie.
|
|
|
|
|
Matriekmodeparade 2024
|
Ons sien uit na nog ’n mooi modeparade Maandagaand, 12 Augustus, in die skoolsaal. Die graad 12's sal met hul matriekdansuitrustings op die planke spog. Kaartjies sal binnekort op Karri beskikbaar wees.
|
Tyd: 18:00 - 18:30 Kostes: Volle tafel - R1250 vir 10 gaste met aandete Enkelkaartjie by tafel - R150 p.p. met aandete Algemene sitplek - R85 p.p. (geen ete ingesluit) Leerder sitplek - R50 p.p. op galery Etekaartjie - R75 p.p. (slegs as ete nie by kaartjie ingesluit nie.)
|
|
|
|
|
Winterdans/Interskole-dans: Woensdag, 14 Augustus 2024
|
Ons tradisionele winterdans in die 3de kwartaal word spesiaal gehou vir alle leerders graad 8 tot 12. Hierdie fondsinsameling word aangebied deur die matriekraad, matriekkomitee en VRL. Die fondse wat gein word, is ten bate van die Klas van 2024 se unieke matriekgeskenk aan ons leerders en skool.
|
Ons het geluister na al ons leerders en ouers se insette en hierdie warm kuiergeleentheid sal beslis weer 'n heerlike, prettige hoogtepunt vir ons leerders wees. Ons sien almal uit na hierdie partytjie! Baie dankie vir al ons ouers se moeite, omgee en hulp hiermee.
|
Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck skoolsaal Datum: 14 Augustus 2024 - as deel van Geesweek vir Interskole Drag: Deftig-informeel Tema: Wintersprokie Kostes: R 80 per persoon op Karri R 100 Buite leerders (skakel na toestemmingsbrief vir buite leerders) Tyd: 18:00 tot 21:30 Café Jan sal oop wees vir eet- en drinkgoed.
|
Maak seker jy loop nie hierdie "Wintersprokie"-partytjie mis nie! Dit is ook die laaste kuier en samesyn van ons matriekklas van 2024.
|
Enige navrae kan aan me Steyn gerig word: huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za
|
|
|
|
|
Doringrivier-avontuur 2024!
|
Die skool wil in samewerking met Gravity Adventures die naweek van 9 Augustus 2024 die Doringrivier aanpak. Dit is 'n gesinsavontuur en elke leerder moet een volwassene saambring.
|
Die plan is om reeds Donderdag, 8 Augustus, na die Gifberg-omgewing te vertrek, Vrydag by Doringbos op die rivier te klim en Vrydag- en Saterdagaand sal ons langs die rivier kamp. Sondag sal ons avontuur eindig net voor die Doring in die Olifantsrivier in loop.
|
Die koste beloop ongeveer R3000 per persoon. Dis sluit kos op die rivier, toegang tot die rivier en die basiese benodigdhede soos 'n bootjie, helm, lewensreddingsbaadjie en spane in. Gravity Adventures verskaf die riviergidse wat verantwoordelik is vir die veiligheid op die rivier.
|
Avontuurluste is verantwoordelik vir: eie vervoer Gifberg toe en terug,"wetsuit" (verpligtend), kos vir Donderdag 8 Augustus, ontbyt 9 Augustus en kamptoerusting. Vir meer foto's en inligting volg die skakel foto's en inligting of gaan loer na die video.
|
Kontak gerus vir mnr. Henning by jan.henning@janvanriebeeck.co.za indien u belangstel.
|
*Fynskrif: Die hele avontuur hang van watervlakke in die Doringrivier af, so indien die watervlak laag is sal dit nie kan gebeur nie; ons sal slegs in die week van 5 Augustus bevestiging ontvang.
|
|
|
Vrydag: 6 September is weer LOSLITDAG!
|
|
|
Jy kan jou Loslitdag-plakker op Karri een R20 'n plakker koop en dan op Vrydag, 6 September in gewone klere skool toe kom. Alle fondse wat ingesamel word, is vir persone met gestremdhede en 20% van die fondse word aan ons skool geskenk.
|
Vanjaar is die tema: EK SIEN JOU! Steek jou hand in die sak en ondersteun asseblief hierdie belangrike inisiatief om 'n verskil in die lewe van mense met siggestremdhede te maak.
|
|
|
|
|
Noodhulpkursus: 6 tot 8 September 2024
|
Die volgende drie opsies sal eersdaags beskikbaar word vir betaling op Karri. Betaling moet asseblief so gou as moontlik gedoen word, maar voor 16 Augustus 2024.
|
- Slegs Basiese Noodhulp (2 dae): R550
- 6 en 7 Sept 2024 (By die skool)
- Slegs Gevorderde Noodhulp (Basiese Noodhulpsertifikaat moet nog geldig wees - 3 jr): R650
- Basiese en Gevorderde Noodhulp Gekombineer (3 dae): R 1000
- 6 tot 8 Sept 2024 (By die skool)
|
|
|
|
|
|
Die Plezier Markt gaan oor die viering van ons gemeenskap, kwaliteit produkte, kreatiewe handelsware en kuns. Kom geniet 'n wye verskeidenheid van stalletjies en kosse op ons pragtige kampus. Daar is aktiwiteite vir oud en jonk.
|
Na afloop van die mark sal Elvis Blue en sy orkes ons vanaf 19:00 met 'n vertoning op die JvR-amfiteater betower. Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.
|
Ons beoog om die PlezierMarkt te vestig as 'n jaarlikse geleentheid wat gedagboek sal word as 'n hoogtepunt vir verkopers en die gemeenskap.
|
*Toegang tot die mark vir kinders 12 jaar en jonger is gratis.
|
Kaartjies is beskikbaar op Quicket.
|
|
|
|
|
|
BORGE
|
|
|
|
|
|
|
|
Wynskou by Welgemeend op 31 Augustus!
|
Kom geniet 'n baie spesiale wynervaring saam met vriende by die statige Welgemeend Herehuis in die hartjie van Kaapstad. Wyne is reeds sedert 1693 op Welgemeend verbou om aan die skepe wat om die Kaap geseil het, wyn te verskaf. Hoe spesiaal is dit om meer as drie dekades later wyne uit verskillende streke by Welgemeend te ruik, bekyk, te proe en te bespreek en dat die wyne wat jul gaan proe op landgoedere produseer word waar oudleerders en ouers van Jan van Riebeeck by betrokke is, maak dit nog meer spesiaal. Wyne van die volgende landgoedere is beskikbaar vir proe en bestel: Jakob’s Vineyard, Paul Clüver Family Wines, Saronsberg-Landgoed, Allesverloren-Landgoed, De Queekvalleij Olijven Boerderij en nog meer.
|
|
|
|
|
Maths4Africa
|
|
Ons is baie opgewonde om ‘n pad saam met Maths4Africa te kan begin stap rondom ons Wiskunde-aanbieding. Maths4Africa bied ‘n verskeie reeks van hulpbronne aan leerders wat gebruik kan word om Wiskunde baas te raak. Besoek gerus https://www.maths4africa.co.za/ om meer inligting oor die handelsmerk te kry. Bestellings vir enige Maths4Africa- boeke kan op Karri geplaas word. Hierdie hulpbronne is nie verpligtend nie en word slegs voorgestel as addisionele hulpbronne.
|
|
|
|
|
Wen jou wetenskap en wiskunde is 'n produk van jare lange ervaring en kundigheid waarin Helena Verwey haar eie materiaal skryf om elke leerling te bekragtig om tyd te spaar en te fokus op die belangrikste punte van Wiskunde en Wetenskap. Die menigte suksesverhale spreek vanself dat dit wat sy aanbied vir die kinders werk!! Op haar webblad https://wenwetenskap.co.za/ is daar ‘n Winkel geskep waar ouers die Afrikaanse en Engelse Boeke vir Wiskunde en Wetenskap kan besigtig en aankoop, van Graad 10 tot Graad 12.
|
|
|
|
|
MySchool-program gaan papierloos
|
|
|
Die MySchool-program gee om vir die omgewing en het besluit om vanaf 1 Julie 2024, nie meer enige papieraansoeke te aanvaar nie. In samewerking met die skool wil ons die gemeenskap aanmoedig om op enige van die volgende manier by die program aan te sluit en ook so die skool te ondersteun:
|
- Besoek hul webtuiste: www.myschool.co.za
|
|
|
2. Laai die MySchool- toep af.
|
3. Indien daar ouer is wat steeds die papieropsie verkies kan hulle die fisiese kaart by hul naaste Woolworths kry en die verkose begunstige (ons - Hoërskool Jan van Riebeeck) se naam SMS na 31231. Een van hul vriendelike konsultante sal u dan skakel om die aktiveringsproses vir die kaart te voltooi.
|
4. Ondersteuners wat die digitale roete wil volg, kan die skakel volg. Hoërskool Jan van Riebeeck is dan reeds gelaai as die verkose begunstigde.
|
|
|
|
|
|
|
NETwerf!
|
|
Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!
|
|
|
|
|
|