> Besoek die volledige 2024-kalender op die webtuiste <

UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR

Goeiedag Ouers/Voogde

Die 2024 Welgemeend Maand van Kuns het aangebreek en word tot 31 Augustus deur Frank en Lizelle Kilbourn, die veilingshuis Strauss & Co en Delaire Graff Estate in samewerking met die Vriende van Welgemeend en die ondersteuning van Hoërskool Jan van Riebeeck aangebied. Ons is baie dankbaar vir die ongelooflike werk en ondersteuning van ons skool van Frank en Lizelle oor baie jare!

Welgemeend Maand van Kuns is 'n jaarlikse geleentheid wat die waardering van kuns en kultuur in die groter Kaapstadse gemeenskap bevorder. Die insameling van fondse vir die restourasie en onderhoud van Welgemeend vorm 'n integrale deel van die Maand van Kuns.
Die netto opbrengs van al die geleenthede sal aangewend word vir die voortgesette bewaring en restourasie van Welgemeend en die skilderye.

Vanjaar se uitstalling is getiteld "(On)bekend | (Un)known" en sal insluit werke van minder bekende en kunstenaars soos Cathy Abrahams, Norman Catherine, Willem Boshoff, Turiya Magadlela, Walter Meyer, Karel Nel, Berni Searle, Jarryd Ginsberg en Moses Tladi.

Die besige program vir 2024 Maand van Kuns begin met 'n galadinee en fondsinsamelingsveiling met ’n ete wat deur Jacques Erasmus, eienaar van die bekende Kaapstadse restaurant Hemelhuijs, voorberei word en heerlike wyne geborg deur Delaire Graff Estate.
Bespreek deur op die skakel te klik om vir die ete te bespreek: Fundraising Gala Dinner – Welgemeend (welgemeendart.co.za).

Besoek gerus www.welgemeendart.co.za vir meer inligting oor die Kunsuitstalling | Rondleiding | Gala-dinee en veiling |Kunspraatjies| Strauss & Co Kunswaardasies | Klassieke musiekuitvoering. Besprekings kan aanlyn op die webtuiste gemaak word.

Navrae kan gerig word aan info@welgemeendart.co.za of 079 227 4461.

Welgemeend is daagliks vanaf 9:00 tot 15:00 oop vir besigtiging van die kunswerke. U hoef nie vir besoeke te bespreek nie, maar kyk asseblief na program op watter dae Welgemeend vir die publiek gesluit is. Toegang is R60 per persoon.

Baie sterkte en dankie aan almal wat by hierdie wonderlike kunsmaand betrokke is. Van die skool se kant af, is Helena le Roux en Karin Koch deel van die dinamiese organiseringskomitee - ons waardeer jul moeite en harde werk baie!
Moenie hierdie besondere kunsgeleentheid misloop nie!

Mooi naweek!

Pieter Rademeyer
Skoolhoof

AKADEMIE

Graad 12: NSS-eksamenrooster

Graad 12: NSS-eksamenrooster
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die finale Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamenrooster bevestig. Hiermee die finale rooster met alle amptelike vakke asook ‘n opgesomde rooster met die vakke wat die skool aanbied. Let asseblief op die volgende:

    • Die NSS-eksamen sal op Maandag, 21 Oktober begin en op Donderdag, 28 November eindig.
    • Alhoewel die eksamen op Donderdag, 28 November eindig, moet kandidate tot die laaste dag van die skoolkwartaal (13 Desember) beskikbaar wees ingeval dit om enige rede nodig sou wees om ’n spesifieke vak/vraestel te herskeduleer.
    Alle ander inligting m.b.t. die NSS-eksamen sal mettertyd deur me. Steyn gekommunikeer word.

    Graad 12: Opgedateerde rekordeksamen

    Neem kennis dat daar twee finale veranderinge aangebring is aan die eksamenrooster:
    • IGO V2 en REK V2 word op Maandag, 2 Sep. (sessie 2) geskryf.
    • GEO V2 word op Dinsdag, 10 Sep. geskryf.

    Assesseringsprogram: Kwartaal 3

    Volg gerus die skakel vir Kwartaal 3 se assesseringsprogram.

    Kwartaal 3-intervensie

    Volg die skakel vir Kwartaal 3 se Intervensieprogram.

    Visuele kunste: Graad 12-NSS-praktiese eksamen

    Die NSS-Visuele kunste se praktiese eksamendatums, wat 'n 24 uur eksamen behels, sal op die volgende datums plaasvind:
    • Maandag 7 Oktober van 7:30 tot 14:00
    • Dinsdag 8 Oktober van 7:30 tot 14:00
    • Woensdag 9 Oktober van 7:30 tot 14:00
    • Donderdag 10 Oktober van 7:30 tot 14:00
    Hierdie praktiese eksamen sal 6 uur per dag duur met 'n 30-min.pouse. Die eksamen sal afsluit met 'n uitstalling van die graad 12-werk op 11 Oktober. Ons nooi ouers en leerlinge om die kuns te kom geniet!

    Graad 12: Akademie vir Kwartaal 3

    Daar vind vanaf volgende week weeklikse verpligte Maandagmiddagklasse vir graad 12-Rekeningkunde en Fisiese Wetenskappe plaas. Daar word nuwe werk tydens die lesse behandel.
    Die tye en datums is as volg:
    • Rekeningkunde: Maandagmiddag vanaf 14:30 tot 16:30
      • 5 Augustus
      • 19 Augustus

      Opwindende Afrikaansprojekte om aan deel te neem!

      Die ATKV bied vanjaar weer hul opwindende Digi-projektereeks aan. Hierdie inisiatief bied aan leerders die geleentheid om aan ’n wye verskeidenheid aanlyn kompetisies deel te neem en so hul vaardighede te slyp en talente uit te leef.

      DigiPRAAT
      Om jou sê met selfvertroue te kan sê, is ’n vaardigheid wat jy regdeur jou lewe kan gebruik. Met ATKV-DigiPraat skep hul vir leerders ’n platform waarop hul in Afrikaans kan wys hoe glad hul met die mond is.
      Om alles te kroon, hoef jy nêrens heen te ry nie, met sweterige hande op ’n klipharde saalstoel te sit nie, of bewerig te glimlag vir ’n streng beoordelaar nie. Met ATKV-DigiPraat kan jy in die gerief van jou eie huis, of op enige plek in die wêreld, jou toespraak opneem en vir ons stuur.
      Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (30 Augustus): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digipraat/

      DigiSPEL
      As jy ’n S-P-E-L-L-E-R is en in koue sweet uitslaan as jy ’n spelfout sien, is die ATKV se digitale spelkompetisie net vir jou.
      Met ATKV-DigiSpel word leerders aangespoor om baie meer aandag aan die gebruik van Afrikaans te gee, en nie net SMS-taal te gebruik nie. As jy dalk ’n T-E-L-L-E-R is en jou spelvermoë wil verbeter, moet jy beslis nie huiwer om in te skryf nie. Jy sal nie net jou spelvaardighede kan slyp nie, maar ook kan meeding met die beste spellers daarbuite.
      ATKV-DigiSpel gaan jou uitdaag, jou spelling opskerp en jy gaan boonop jouself gate uit geniet – als in die gemak van jou eie ruimte. Al wat jy nodig het, is toegang tot ’n rekenaar, tablet of slimfoon.
      Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (1 November): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digispel/

      DigiVOORDRAG
      Is jy passievol oor gedigte en wil jy nog altyd groot skares met jou helder voordragstem beïndruk? Wat is dan mooier as Afrikaanse gedigte? Die ATKV wil vir jou die geleentheid gee om hierdie deel van ons taalerfenis te vier deur ATKV-DigiVoordrag.
      ATKV-DigiVoordrag gee jou die platform en podium om van die prettigste en pragtigste Afrikaanse poësie met ’n waarderende gehoor te deel.
      Dit maak nie saak hoe jou stem klink nie en jy hoef ook nie pennetjieregop met stywe klere op ’n verhoog te staan nie. Kies net jou mooiste Afrikaanse gedig wat jy lekker met gemak en selfvertroue kan voordra. Laat die mense skaterlag met ’n prettige, komiese gedig of laat hulle ’n traan pink met iets roerend.
      Klim op ons digitale wêreldverhoog! Kry net jou slimfoon, rekenaar of tablet en skep jou eie ruimte met ’n goeie internetverbinding tuis of elders op die aardbol. Nou kan jy die mense wêreldwyd meevoer deur jou Afrikaanse gedig meesleurend voor te dra, op te neem en die video vir ons te stuur.
      Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (4 Oktober): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digivoordrag/

      DigiGEDIGTE
      Wag daar diep in jou binneste ’n gedig wat jy net in jou geliefde moedertaal kan uitdruk? Woordkinders, gee jou poësie-pennevrugte vlerke deur in te skryf vir hierdie digitale kompetisie, ATKV-DigiGedigte.
      Waar op die aardbol jy ook al jou gedigte skryf, iewers sal jou verse ’n Afrikaanse leser se hart warmer laat klop. Skryf maklik in deur jou gedig in PDF-formaat aan te stuur. As jy toegang het tot ’n internetverbinding en ’n slimfoon, rekenaar of tablet, kan jy inskryf.
      Of jy hou van paarrym, omarmde rym of eerder met die vrye vers woeker, ATKV-DigiGedigte en die hele wêreld wag op jou digterlike vernuf!
      Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (11 Oktober): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digigedigte/

      Ons moedig graag al ons Jan van Riebeeckers aan om hierdie kreatiewe verrykingsgeleenthede aan te gryp!
      Kontak gerus mnr. Rademeyer (pieter.rademeyer@janvanriebeeck.co.za) vir enige verdere navrae of hulp met hierdie projekte.

      Eye Brain Gym-leesprogram

      Kliek hier om toegang te kry tot 'n belangrikke kennisgewing rondom die skool se leesprogram. Klik hier vir die EBG-pamflet.

      KULTUUR

      The Yeoman of The Gaurd, my opera

      The Yeoman of The Gaurd, my opera
      "Die Gilbert & Sullivan Society van Kaapstad bied aan The Yeomen of the Guard, ’n komiese opera deur die Britse skrywer-en-komponispaar, Gilbert en Sullivan, in die Kunstekaap-operahuis hierdie maand, en ons eie juffrou Regina Malan is die prima donna in die opera!
      Juffrou Malan speel die hoofrol van Elsie Maynard in die produksie van The Yeoman of the Guard, wat op die planke is by die Kunstekaap-operahuis vanaf 10 tot 17 Augustus 2024. Die opera word begelei deur die bekwame Kaapstadse Filharmoniese Orkes.
      Die verhaal speel af in die beroemde (berugte!) “Tower of London” in die 16de eeu. Dit is ’n uitstekende voorbeeld van Engelse Romantiese Opera en is Gilbert en Sullivan se mees dramatiese opera. Die verhaal sluit verraad, komedie en die tragiese einde van ’n tipiese ernstige opera in en bevat ook Sullivan se roerendste musiek. Die libretto (teks) is in Engels, wat dit maklik maak vir Suid-Afrikaanse gehore om die storielyn te verstaan en hulself in te leef in die drama.
      Ons nooi graag alle Jan van Riebeeckers uit om die produksie te ondersteun. Die kaartjieprys is R295 per persoon en kan op Quicket bespreek word.

      Skakel: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1547064829

      SPORT

      ALGEMEEN

      JvR-rosette

      JvR-rosette
      Ons maak spesiale JvR-rosette vir interskole! Dit lyk presies soos die foto, maar met 'Interskole 2024' op die lint gedruk.

      Bestel nou vir die hele gesin teen R70 per roset - ouers is ook welkom om hierdie mooi lintroos tydens ons interskole-week te dra. Leerders mag dit saam met hul skool- en sportdrag vir die hele week dra.

      Slegs 300 beskikbaar!
      Alumni kan bestellings e-pos na skoolwinkel@janvanriebeeck.co.za.

      40 Days: Donderdag, 8 Augustus 2024

      'n Mens kan nie glo dat die skooljaar so verby vlieg nie.

      Matrieks trek aan volgends die letter-O en kom vanaf 7:00 - 7:30 bymekaar op Welgemeendstoep. Die leerders gaan 'n heerlik ontbyt saam geniet en ons het 'n gasspreker wat met die leerders gaan gesels.
      Betalings kan op Karri betaal word teen R100 per leerder. Daar sal ook 'n opsie wees waar u 'n donasie kan maak.

      Ons doen 'n dringende beroep dat u sal verseker dat u kind nie Woensdag/Donderdag in 'n groot groep saam kuier nie.

      Gewone skoolreëls geld en onregmatige gedrag sal nie toegelaat word op die dag nie.

      Matriekmodeparade 2024

      Ons sien uit na nog ’n mooi modeparade Maandagaand, 12 Augustus, in die skoolsaal. Die graad 12's sal met hul matriekdansuitrustings op die planke spog. Kaartjies sal binnekort op Karri beskikbaar wees.

      Tyd: 18:00 - 18:30
      Kostes: Volle tafel - R1250 vir 10 gaste met aandete
      Enkelkaartjie by tafel - R150 p.p. met aandete
      Algemene sitplek - R85 p.p. (geen ete ingesluit)
      Leerder sitplek - R50 p.p. op galery
      Etekaartjie - R75 p.p. (slegs as ete nie by kaartjie ingesluit nie.)

      Ons nooi ook graag ouers as gasvrouens/here by 'n tafel.
      Gasvroue is verantwoordelik vir blomme, slaai & knoffelrolletjie - alles anders word voorsien. Volg gerus die skakel indien jy bereid is om 'n gasvrou / gasheer te wees:
      https://docs.google.com/spreadsheets/d/1Bj3g0IsABzgdMZXGrrrxmyAAHGrA8pv47QVF-jxuaUM/edit?gid=634347005#gid=634347005

      Winterdans/Interskole-dans: Woensdag, 14 Augustus 2024

      Ons tradisionele winterdans in die 3de kwartaal word spesiaal gehou vir alle leerders graad 8 tot 12. Hierdie fondsinsameling word aangebied deur die matriekraad, matriekkomitee en VRL. Die fondse wat gein word, is ten bate van die Klas van 2024 se unieke matriekgeskenk aan ons leerders en skool.

      Ons het geluister na al ons leerders en ouers se insette en hierdie warm kuiergeleentheid sal beslis weer 'n heerlike, prettige hoogtepunt vir ons leerders wees. Ons sien almal uit na hierdie partytjie! Baie dankie vir al ons ouers se moeite, omgee en hulp hiermee.

      Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck skoolsaal
      Datum: 14 Augustus 2024 - as deel van Geesweek vir Interskole
      Drag: Deftig-informeel
      Tema: Wintersprokie
      Kostes: R 80 per persoon op Karri
      R 100 Buite leerders (skakel na toestemmingsbrief vir buite leerders)
      Tyd: 18:00 tot 21:30
      Café Jan sal oop wees vir eet- en drinkgoed.

      Maak seker jy loop nie hierdie "Wintersprokie"-partytjie mis nie! Dit is ook die laaste kuier en samesyn van ons matriekklas van 2024.

      Enige navrae kan aan me Steyn gerig word: huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za

      Vrydag: 6 September is weer LOSLITDAG!

      Jy kan jou Loslitdag-plakker op Karri een R20 'n plakker koop en dan op Vrydag, 6 September in gewone klere skool toe kom. Alle fondse wat ingesamel word, is vir persone met gestremdhede en 20% van die fondse word aan ons skool geskenk.

      Vanjaar is die tema: EK SIEN JOU!
      Steek jou hand in die sak en ondersteun asseblief hierdie belangrike inisiatief om 'n verskil in die lewe van mense met siggestremdhede te maak.

      Noodhulpkursus: 6 tot 8 September 2024

      Die volgende drie opsies sal eersdaags beskikbaar word vir betaling op Karri. Betaling moet asseblief so gou as moontlik gedoen word, maar voor 16 Augustus 2024.
      • Slegs Basiese Noodhulp (2 dae): R550
        • 6 en 7 Sept 2024 (By die skool)
      • Slegs Gevorderde Noodhulp (Basiese Noodhulpsertifikaat moet nog geldig wees - 3 jr): R650 
        • Aanlyn, op jou eie tyd
      • Basiese en Gevorderde Noodhulp Gekombineer (3 dae): R 1000
        • 6 tot 8 Sept 2024 (By die skool)
      Kaartjies is op Quicket beskikbaar: https://qkt.io/jW0l4F
      Die Plezier Markt gaan oor die viering van ons gemeenskap, kwaliteit produkte, kreatiewe handelsware en kuns. Kom geniet 'n wye verskeidenheid van stalletjies en kosse op ons pragtige kampus. Daar is aktiwiteite vir oud en jonk.

      Na afloop van die mark sal Elvis Blue en sy orkes ons vanaf 19:00 met 'n vertoning op die JvR-amfiteater betower. Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.

      Ons beoog om die PlezierMarkt te vestig as 'n jaarlikse geleentheid wat gedagboek sal word as 'n hoogtepunt vir verkopers en die gemeenskap.

      *Toegang tot die mark vir kinders 12 jaar en jonger is gratis.
      Kaartjies is beskikbaar op Quicket.
      https://www.quicket.co.za/events/263741-pleziermarkt-12-oktober-2024/#/

      BORGE

      ADVERTENSIES

      Selfverdedigingswerkswinkel: 9 Augustus 2024

      Selfverdedigingswerkswinkel: 9 Augustus 2024
      Luca Zulch verteenwoordig JvR op die Kaapstadse Juniorstadsraad (@Capetown_JCC op Instagram) en moet 'n gemeenskapsprojek aanbied. Sy reël 'n selfverdedigingswerkswinkel, vanaf 09:00-12:00, op Vrouedag, vir 14 - 24 jarige vroue.
      Dit word aangebied in die skoolsaal van haar eie skool, Hoërskool Jan van Riebeeck.
      Daar is plek vir 100 vroue teen R100 'n vrou.

      As iemand belangstel om hul dogters te laat deelneem OF "borg-'n-meisie" donasies wil maak, kontak haar asb.
      Sterkte met die projek, Luca!

      Wynskou by Welgemeend op 31 Augustus!

      Kom geniet 'n baie spesiale wynervaring saam met vriende by die statige Welgemeend Herehuis in die hartjie van Kaapstad. Wyne is reeds sedert 1693 op Welgemeend verbou om aan die skepe wat om die Kaap geseil het, wyn te verskaf. Hoe spesiaal is dit om meer as drie dekades later wyne uit verskillende streke by Welgemeend te ruik, bekyk, te proe en te bespreek en dat die wyne wat jul gaan proe op landgoedere produseer word waar oudleerders en ouers van Jan van Riebeeck by betrokke is, maak dit nog meer spesiaal. Wyne van die volgende landgoedere is beskikbaar vir proe en bestel: Jakob’s Vineyard, Paul Clüver Family Wines, Saronsberg-Landgoed, Allesverloren-Landgoed, De Queekvalleij Olijven Boerderij en nog meer.

      Bespreek nou op Quicket - https://qkt.io/GiXOU1

      Maths4Africa

      Maths4Africa
      Ons is baie opgewonde om ‘n pad saam met Maths4Africa te kan begin stap rondom ons Wiskunde-aanbieding. Maths4Africa bied ‘n verskeie reeks van hulpbronne aan leerders wat gebruik kan word om Wiskunde baas te raak. Besoek gerus https://www.maths4africa.co.za/ om meer inligting oor die handelsmerk te kry. Bestellings vir enige Maths4Africa- boeke kan op Karri geplaas word. Hierdie hulpbronne is nie verpligtend nie en word slegs voorgestel as addisionele hulpbronne.
      Wen jou wetenskap en wiskunde is 'n produk van jare lange ervaring en kundigheid waarin Helena Verwey haar eie materiaal skryf om elke leerling te bekragtig om tyd te spaar en te fokus op die belangrikste punte van Wiskunde en Wetenskap. Die menigte suksesverhale spreek vanself dat dit wat sy aanbied vir die kinders werk!! Op haar webblad https://wenwetenskap.co.za/ is daar ‘n Winkel geskep waar ouers die Afrikaanse en Engelse Boeke vir Wiskunde en Wetenskap kan besigtig en aankoop, van Graad 10 tot Graad 12.

      MySchool-program gaan papierloos

      MySchool program gaan papierloos.
      Die MySchool-program gee om vir die omgewing en het besluit om vanaf 1 Julie 2024, nie meer enige papieraansoeke te aanvaar nie. In samewerking met die skool wil ons die gemeenskap aanmoedig om op enige van die volgende manier by die program aan te sluit en ook so die skool te ondersteun:
      1. Besoek hul webtuiste: www.myschool.co.za
      2. Laai die MySchool- toep af.
      3. Indien daar ouer is wat steeds die papieropsie verkies kan hulle die fisiese kaart by hul naaste Woolworths kry en die verkose begunstige (ons - Hoërskool Jan van Riebeeck) se naam SMS na 31231. Een van hul vriendelike konsultante sal u dan skakel om die aktiveringsproses vir die kaart te voltooi.
      4. Ondersteuners wat die digitale roete wil volg, kan die skakel volg. Hoërskool Jan van Riebeeck is dan reeds gelaai as die verkose begunstigde.

      NETwerf!

      Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!

      Volg die spesiale skakel om aan te sluit: https://www.netwerk24.com/intekening/promosie/jvr100
      facebook instagram 
      Email Marketing Powered by MailPoet