> Besoek die volledige 2024-kalender op die webtuiste <

UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR

Goeiedag Ouers/Voogde

Dit was vir Hoërskool Jan van Riebeeck ’n voorreg om Hoër - en Laerskool Dirkie Uys by ons te verwelkom. Ons vertrou dat hierdie interskole sal voortbou op die tradisie van mooi sportmanskap, vriendskap en vertroue tussen die twee skole en dat dit in die toekoms so sal voortgaan.

Baie dankie aan die JvR-personeel vir u harde werk om hierdie week ’n sukses te kon maak. Sporthoof, mnr. Van Heerden en ons logistieke bestuurder, me. Razelle Hanekom verdien spesiale melding: dankie vir jul puik werk om ’n trefferweek vir ons skool te organiseer.

Ons hoop van harte dat u die naweek saam met ons geniet het - gesonde sportmangees het beslis geseëvier.

Pieter Rademeyer
Skoolhoof

AKADEMIE

Graad 8 - 11 Toetsreeks

Graad 12: Opgedateerde rekordeksamen

Neem kennis dat daar twee finale veranderinge aangebring is aan die eksamenrooster:
  • IGO V2 en REK V2 word op Maandag, 2 Sep. (sessie 2) geskryf.
  • GEO V2 word op Dinsdag, 10 Sep. geskryf.

Graad 12: NSS-eksamenrooster

Graad 12: NSS-eksamenrooster
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die finale Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamenrooster bevestig. Hiermee die finale rooster met alle amptelike vakke asook ‘n opgesomde rooster met die vakke wat die skool aanbied. Let asseblief op die volgende:

    • Die NSS-eksamen sal op Maandag, 21 Oktober begin en op Donderdag, 28 November eindig.
    • Alhoewel die eksamen op Donderdag, 28 November eindig, moet kandidate tot die laaste dag van die skoolkwartaal (13 Desember) beskikbaar wees ingeval dit om enige rede nodig sou wees om ’n spesifieke vak/vraestel te herskeduleer.
    Alle ander inligting m.b.t. die NSS-eksamen sal mettertyd deur me. Steyn gekommunikeer word.

    Assesseringsprogram: Kwartaal 3

    Volg gerus die skakel vir Kwartaal 3 se assesseringsprogram.

    Kwartaal 3-intervensie

    Volg die skakel vir Kwartaal 3 se Intervensieprogram.

    Visuele kunste: Graad 12-NSS-praktiese eksamen

    Die NSS-Visuele kunste se praktiese eksamendatums, wat 'n 24 uur eksamen behels, sal op die volgende datums plaasvind:
    • Maandag 7 Oktober van 7:30 tot 14:00
    • Dinsdag 8 Oktober van 7:30 tot 14:00
    • Woensdag 9 Oktober van 7:30 tot 14:00
    • Donderdag 10 Oktober van 7:30 tot 14:00
    Hierdie praktiese eksamen sal 6 uur per dag duur met 'n 30-min.pouse. Die eksamen sal afsluit met 'n uitstalling van die graad 12-werk op 11 Oktober. Ons nooi ouers en leerlinge om die kuns te kom geniet!

    GEOGRAFIE OLIMPIADE: SANGO Junior Geografie- olimpiade

    Ons Jan van Riebeeckers word hiermee uitgedaag om deel te neem aan ‘n aanlyn Geografie-olimpiade.

    Hierdie olimpiade is ondersteun deur verskeie organisasies, insluitend die Royal Geographic Society en die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys. Die olimpiade is vir ons graad 8- en 9-leerders, en hierdie uitnodiging behels registrasie deur middel van betaling op Karri (of by die finansies-toonbank) teen 31 Augustus. Deelname is moontlik vir alle leerders in Suid-Afrikaanse skole, en die toets word aanlyn by die skool afgeneem.

    Kostes:
    • Inskrywingsfooi: R55 per leerder - inbetaal deur skole.
    • Formaat van olimpiade: Aanlyn meerkeusevasvrae, en leerders het twee uur om die vasvra te voltooi.
    • Datum: 17 September 2024
    • Sertifikate en resultate: Sertifikate met Brons-, Silwer-, Goud- en Platinum-toekennings vir die toppresteerders word toegeken.
    Hoe berei elkeen hiervoor voor: Gereelde vrae word beskikbaar gestel op die betrokke olimpiade-webwerf wat aan leerders wat registreer verskaf word.

    Opwindende Afrikaansprojekte om aan deel te neem!

    Die ATKV bied vanjaar weer hul opwindende Digi-projektereeks aan. Hierdie inisiatief bied aan leerders die geleentheid om aan ’n wye verskeidenheid aanlyn kompetisies deel te neem en so hul vaardighede te slyp en talente uit te leef.

    DigiPRAAT
    Om jou sê met selfvertroue te kan sê, is ’n vaardigheid wat jy regdeur jou lewe kan gebruik. Met ATKV-DigiPraat skep hul vir leerders ’n platform waarop hul in Afrikaans kan wys hoe glad hul met die mond is.
    Om alles te kroon, hoef jy nêrens heen te ry nie, met sweterige hande op ’n klipharde saalstoel te sit nie, of bewerig te glimlag vir ’n streng beoordelaar nie. Met ATKV-DigiPraat kan jy in die gerief van jou eie huis, of op enige plek in die wêreld, jou toespraak opneem en vir ons stuur.
    Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (30 Augustus): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digipraat/

    DigiSPEL
    As jy ’n S-P-E-L-L-E-R is en in koue sweet uitslaan as jy ’n spelfout sien, is die ATKV se digitale spelkompetisie net vir jou.
    Met ATKV-DigiSpel word leerders aangespoor om baie meer aandag aan die gebruik van Afrikaans te gee, en nie net SMS-taal te gebruik nie. As jy dalk ’n T-E-L-L-E-R is en jou spelvermoë wil verbeter, moet jy beslis nie huiwer om in te skryf nie. Jy sal nie net jou spelvaardighede kan slyp nie, maar ook kan meeding met die beste spellers daarbuite.
    ATKV-DigiSpel gaan jou uitdaag, jou spelling opskerp en jy gaan boonop jouself gate uit geniet – als in die gemak van jou eie ruimte. Al wat jy nodig het, is toegang tot ’n rekenaar, tablet of slimfoon.
    Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (1 November): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digispel/

    DigiVOORDRAG
    Is jy passievol oor gedigte en wil jy nog altyd groot skares met jou helder voordragstem beïndruk? Wat is dan mooier as Afrikaanse gedigte? Die ATKV wil vir jou die geleentheid gee om hierdie deel van ons taalerfenis te vier deur ATKV-DigiVoordrag.
    ATKV-DigiVoordrag gee jou die platform en podium om van die prettigste en pragtigste Afrikaanse poësie met ’n waarderende gehoor te deel.
    Dit maak nie saak hoe jou stem klink nie en jy hoef ook nie pennetjieregop met stywe klere op ’n verhoog te staan nie. Kies net jou mooiste Afrikaanse gedig wat jy lekker met gemak en selfvertroue kan voordra. Laat die mense skaterlag met ’n prettige, komiese gedig of laat hulle ’n traan pink met iets roerend.
    Klim op ons digitale wêreldverhoog! Kry net jou slimfoon, rekenaar of tablet en skep jou eie ruimte met ’n goeie internetverbinding tuis of elders op die aardbol. Nou kan jy die mense wêreldwyd meevoer deur jou Afrikaanse gedig meesleurend voor te dra, op te neem en die video vir ons te stuur.
    Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (4 Oktober): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digivoordrag/

    DigiGEDIGTE
    Wag daar diep in jou binneste ’n gedig wat jy net in jou geliefde moedertaal kan uitdruk? Woordkinders, gee jou poësie-pennevrugte vlerke deur in te skryf vir hierdie digitale kompetisie, ATKV-DigiGedigte.
    Waar op die aardbol jy ook al jou gedigte skryf, iewers sal jou verse ’n Afrikaanse leser se hart warmer laat klop. Skryf maklik in deur jou gedig in PDF-formaat aan te stuur. As jy toegang het tot ’n internetverbinding en ’n slimfoon, rekenaar of tablet, kan jy inskryf.
    Of jy hou van paarrym, omarmde rym of eerder met die vrye vers woeker, ATKV-DigiGedigte en die hele wêreld wag op jou digterlike vernuf!
    Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (11 Oktober): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digigedigte/

    Ons moedig graag al ons Jan van Riebeeckers aan om hierdie kreatiewe verrykingsgeleenthede aan te gryp!
    Kontak gerus mnr. Rademeyer (pieter.rademeyer@janvanriebeeck.co.za) vir enige verdere navrae of hulp met hierdie projekte.

    Eye Brain Gym-leesprogram

    Kliek hier om toegang te kry tot 'n belangrikke kennisgewing rondom die skool se leesprogram. Klik hier vir die EBG-pamflet.

    KULTUUR

    Bybelvasvra

    Die Rapportryers se jaarlikse Bybelvasvra-kompetisie vir skole vind vanjaar weer plaas en ons het 'n span hiervoor ingeskryf.

    Die reëlings is as volg:
    Datum: Maandag 19 Augustus
    Plek: me. Nimmo se klas
    Tyd: 14:30-15:45
    Toesighouer: ds. H. Scott

    Baie dankie aan ons deelnemers en ds. Scott wat as toesighouer gaan optree.

    Tydskrifte vir kunsklas

    Ons doen 'n beroep op ouers en voogde om nuwe en ou tydkskrifte en koerante vir die kunsklas te skenk. Die tydskrifte en koerante kan afgelewer word by die Kantoor. Ons sal die donasies waardeer.

    JanKUNS-WhatsApp

    Ons nooi graag ouers uit om deel te word van die #JanKUNS-gemeenskap op WhatsApp. Kry die nuutste kunsuitstallinginligting en word deel van die verryking en pret. Volg die skakel om aan te sluit: https://chat.whatsapp.com/J4swiFBZ7Es5uMU9pDWn6x

    Leerders kan die QR-kode (buite die kunsklas) volg om deel te word van die JanKUNS-leerlinggemeenskap op WhatsApp om self meer inligiting te ontvang van aktiwiteite by die skool en die groter kunsgemeenskap in Kaapstad.

    SPORT

    ALGEMEEN

    Vrydag: 6 September is weer LOSLITDAG!

    Jy kan jou Loslitdag-plakker op Karri een R20 'n plakker koop en dan op Vrydag, 6 September in gewone klere skool toe kom. Alle fondse wat ingesamel word, is vir persone met gestremdhede en 20% van die fondse word aan ons skool geskenk.

    Vanjaar is die tema: EK SIEN JOU!
    Steek jou hand in die sak en ondersteun asseblief hierdie belangrike inisiatief om 'n verskil in die lewe van mense met siggestremdhede te maak.

    Noodhulpkursus: 6 tot 8 September 2024

    Die volgende drie opsies sal eersdaags beskikbaar word vir betaling op Karri. Betaling moet asseblief so gou as moontlik gedoen word, maar voor 16 Augustus 2024.
    • Slegs Basiese Noodhulp (2 dae): R550
      • 6 en 7 Sept 2024 (By die skool)
    • Slegs Gevorderde Noodhulp (Basiese Noodhulpsertifikaat moet nog geldig wees - 3 jr): R650 
      • Aanlyn, op jou eie tyd
    • Basiese en Gevorderde Noodhulp Gekombineer (3 dae): R 1000
      • 6 tot 8 Sept 2024 (By die skool)
    Kaartjies is op Quicket beskikbaar: https://qkt.io/jW0l4F
    Die Plezier Markt gaan oor die viering van ons gemeenskap, kwaliteit produkte, kreatiewe handelsware en kuns. Kom geniet 'n wye verskeidenheid van stalletjies en kosse op ons pragtige kampus. Daar is aktiwiteite vir oud en jonk.

    Na afloop van die mark sal Elvis Blue en sy orkes ons vanaf 19:00 met 'n vertoning op die JvR-amfiteater betower. Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.

    Ons beoog om die PlezierMarkt te vestig as 'n jaarlikse geleentheid wat gedagboek sal word as 'n hoogtepunt vir verkopers en die gemeenskap.

    *Toegang tot die mark vir kinders 12 jaar en jonger is gratis.
    Kaartjies is beskikbaar op Quicket.
    https://www.quicket.co.za/events/263741-pleziermarkt-12-oktober-2024/#/

    BORGE

    ADVERTENSIES

    Wynskou by Welgemeend op 31 Augustus!

    Kom geniet 'n baie spesiale wynervaring saam met vriende by die statige Welgemeend Herehuis in die hartjie van Kaapstad. Wyne is reeds sedert 1693 op Welgemeend verbou om aan die skepe wat om die Kaap geseil het, wyn te verskaf. Hoe spesiaal is dit om meer as drie dekades later wyne uit verskillende streke by Welgemeend te ruik, bekyk, te proe en te bespreek en dat die wyne wat jul gaan proe op landgoedere produseer word waar oudleerders en ouers van Jan van Riebeeck by betrokke is, maak dit nog meer spesiaal. Wyne van die volgende landgoedere is beskikbaar vir proe en bestel: Jakob’s Vineyard, Paul Clüver Family Wines, Saronsberg-Landgoed, Allesverloren-Landgoed, De Queekvalleij Olijven Boerderij en nog meer.

    Bespreek nou op Quicket - https://qkt.io/GiXOU1
    Wen jou wetenskap en wiskunde is 'n produk van jare lange ervaring en kundigheid waarin Helena Verwey haar eie materiaal skryf om elke leerling te bekragtig om tyd te spaar en te fokus op die belangrikste punte van Wiskunde en Wetenskap. Die menigte suksesverhale spreek vanself dat dit wat sy aanbied vir die kinders werk!! Op haar webblad https://wenwetenskap.co.za/ is daar ‘n Winkel geskep waar ouers die Afrikaanse en Engelse Boeke vir Wiskunde en Wetenskap kan besigtig en aankoop, van Graad 10 tot Graad 12.

    MySchool-program gaan papierloos

    MySchool program gaan papierloos.
    Die MySchool-program gee om vir die omgewing en het besluit om vanaf 1 Julie 2024, nie meer enige papieraansoeke te aanvaar nie. In samewerking met die skool wil ons die gemeenskap aanmoedig om op enige van die volgende manier by die program aan te sluit en ook so die skool te ondersteun:
    1. Besoek hul webtuiste: www.myschool.co.za
    2. Laai die MySchool- toep af.
    3. Indien daar ouer is wat steeds die papieropsie verkies kan hulle die fisiese kaart by hul naaste Woolworths kry en die verkose begunstige (ons - Hoërskool Jan van Riebeeck) se naam SMS na 31231. Een van hul vriendelike konsultante sal u dan skakel om die aktiveringsproses vir die kaart te voltooi.
    4. Ondersteuners wat die digitale roete wil volg, kan die skakel volg. Hoërskool Jan van Riebeeck is dan reeds gelaai as die verkose begunstigde.

    NETwerf!

    Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!

    Volg die spesiale skakel om aan te sluit: https://www.netwerk24.com/intekening/promosie/jvr100
    facebook instagram 
    Email Marketing Powered by MailPoet