|
|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
Ons nuwe leerderleiers vir 2024/2025 is vandeesweek aangekondig. Baie geluk aan al hierdie leerders wat ’n baie belangrike rol in die skoollewe gaan vervul. Ons is ook saam met die ouers/voogde van hierdie Jan van Riebeeckers baie trots en opgewonde.
|
JvR-HOOFLEIER: LARA-LISA SENEKAL Onderhoofdogter: Emma Bartel Onderhoofseun: Jean le Roux Hoofdogter: Lara-Lisa Senekal
|
MATRIEKRAAD Memorie Ajuluchukwa Emma Bartel Amuran Bester Jean le Roux Kianna-Gro Liversage Stella Malan Zaheer Marney Lara-Lisa Senekal Liela Simpson Timothy Slabbert Johan Theunissen Carla van den Berg Roelf van der Merwe Christian Viljoen
|
HUISKOMITEE: HUIS VAN DER MERWE Primarius: Gavio Carstens Amuran Bester Jean le Roux Zaheer Marney Timothy Slabbert Johan Theunissen
|
HUISKOMITEE: HUIS JORDAAN Primaria: Memorie Ajuluchukwa Stacey-Lee Hurling Shemuella Mars Onela Mnyengezu Onela Roxo Lebu Salimani
|
VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS (VRL) GRAAD 12 Emma Bartel Amuran Bester Lara-Lisa Senekal
|
GRAAD 11 Fredrich Erasmus Daniel Wasserman Luca Zulch
|
GRAAD 10 Helene Greeff Albert Griesel Cara Swanepoel
|
GRAAD 9 Carmen Barnard Stella Lamprecht Jan-Willem Silvis Johan Symington Katia van Wyk
|
Baie sterkte met die groot taak wat op jul wag. Ons ondersteun jul baie graag!
|
|
|
AKADEMIE
|
|
Graad 8 tot 11-Toetsreeks - September 2024
|
|
|
|
|
Graad 12 Veranderde Rekordeksamen
|
|
|
Die dapertement het aanbeveel dat ons die Geografie vraestel 2 skuif na Woensdag, 4 September 2024. Dit is reeds met die betrokke leerders kommunikeer.
|
|
|
|
|
Afrikaans-olimpiade: Juniors
|
Ons Jan van Riebeeckers in graad 8-9 skryf eerskomende Donderdag, 5 September die junior Afrikaansolimpiade. Leerders moet om 14:15 in die saal aanmeld. Die olimpiade begin om 14:30 en eindig om 16:30. Baie sterkte aan al ons leerders – ons sien uit na mooi uitslae!
|
|
|
|
|
Graad 12: NSS-eksamenrooster
|
|
|
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die finale Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamenrooster bevestig. Hiermee die finale rooster met alle amptelike vakke asook ‘n opgesomde rooster met die vakke wat die skool aanbied. Let asseblief op die volgende:
|
|
|
|
- Die NSS-eksamen sal op Maandag, 21 Oktober begin en op Donderdag, 28 November eindig.
- Alhoewel die eksamen op Donderdag, 28 November eindig, moet kandidate tot die laaste dag van die skoolkwartaal (13 Desember) beskikbaar wees ingeval dit om enige rede nodig sou wees om ’n spesifieke vak/vraestel te herskeduleer.
Alle ander inligting m.b.t. die NSS-eksamen sal mettertyd deur me. Steyn gekommunikeer word.
|
|
|
|
|
Assesseringsprogram: Kwartaal 3
|
Volg gerus die skakel vir Kwartaal 3 se assesseringsprogram.
|
|
|
|
|
|
|
Visuele kunste: Graad 12-NSS-praktiese eksamen
|
Die NSS-Visuele kunste se praktiese eksamendatums, wat 'n 24 uur eksamen behels, sal op die volgende datums plaasvind:
|
- Maandag 7 Oktober van 7:30 tot 14:00
- Dinsdag 8 Oktober van 7:30 tot 14:00
- Woensdag 9 Oktober van 7:30 tot 14:00
- Donderdag 10 Oktober van 7:30 tot 14:00
Hierdie praktiese eksamen sal 6 uur per dag duur met 'n 30-min.pouse. Die eksamen sal afsluit met 'n uitstalling van die graad 12-werk op 11 Oktober. Ons nooi ouers en leerlinge om die kuns te kom geniet!
|
|
|
|
|
GEOGRAFIE OLIMPIADE: SANGO Junior Geografie- olimpiade
|
Ons Jan van Riebeeckers word hiermee uitgedaag om deel te neem aan ‘n aanlyn Geografie-olimpiade.
|
Hierdie olimpiade is ondersteun deur verskeie organisasies, insluitend die Royal Geographic Society en die Suid-Afrikaanse Departement van Basiese Onderwys. Die olimpiade is vir ons graad 8- en 9-leerders, en hierdie uitnodiging behels registrasie deur middel van betaling op Karri (of by die finansies-toonbank) teen 31 Augustus. Deelname is moontlik vir alle leerders in Suid-Afrikaanse skole, en die toets word aanlyn by die skool afgeneem.
|
- Inskrywingsfooi: R55 per leerder - inbetaal deur skole.
- Formaat van olimpiade: Aanlyn meerkeusevasvrae, en leerders het twee uur om die vasvra te voltooi.
- Datum: 17 September 2024
- Sertifikate en resultate: Sertifikate met Brons-, Silwer-, Goud- en Platinum-toekennings vir die toppresteerders word toegeken.
Hoe berei elkeen hiervoor voor: Gereelde vrae word beskikbaar gestel op die betrokke olimpiade-webwerf wat aan leerders wat registreer verskaf word.
|
|
|
|
|
Opwindende Afrikaansprojekte om aan deel te neem!
|
|
|
Eye Brain Gym-leesprogram
|
|
Kliek hier om toegang te kry tot 'n belangrikke kennisgewing rondom die skool se leesprogram. Klik hier vir die EBG-pamflet.
|
|
|
|
|
|
|
Die ATKV bied vanjaar weer hul opwindende Digi-projektereeks aan. Hierdie inisiatief bied aan leerders die geleentheid om aan ’n wye verskeidenheid aanlyn kompetisies deel te neem en so hul vaardighede te slyp en talente uit te leef.
|
DigiSPEL As jy ’n S-P-E-L-L-E-R is en in koue sweet uitslaan as jy ’n spelfout sien, is die ATKV se digitale spelkompetisie net vir jou. Met ATKV-DigiSpel word leerders aangespoor om baie meer aandag aan die gebruik van Afrikaans te gee, en nie net SMS-taal te gebruik nie. As jy dalk ’n T-E-L-L-E-R is en jou spelvermoë wil verbeter, moet jy beslis nie huiwer om in te skryf nie. Jy sal nie net jou spelvaardighede kan slyp nie, maar ook kan meeding met die beste spellers daarbuite. ATKV-DigiSpel gaan jou uitdaag, jou spelling opskerp en jy gaan boonop jouself gate uit geniet – als in die gemak van jou eie ruimte. Al wat jy nodig het, is toegang tot ’n rekenaar, tablet of slimfoon. Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (1 November): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digispel/ DigiVOORDRAG Is jy passievol oor gedigte en wil jy nog altyd groot skares met jou helder voordragstem beïndruk? Wat is dan mooier as Afrikaanse gedigte? Die ATKV wil vir jou die geleentheid gee om hierdie deel van ons taalerfenis te vier deur ATKV-DigiVoordrag. ATKV-DigiVoordrag gee jou die platform en podium om van die prettigste en pragtigste Afrikaanse poësie met ’n waarderende gehoor te deel. Dit maak nie saak hoe jou stem klink nie en jy hoef ook nie pennetjieregop met stywe klere op ’n verhoog te staan nie. Kies net jou mooiste Afrikaanse gedig wat jy lekker met gemak en selfvertroue kan voordra. Laat die mense skaterlag met ’n prettige, komiese gedig of laat hulle ’n traan pink met iets roerend. Klim op ons digitale wêreldverhoog! Kry net jou slimfoon, rekenaar of tablet en skep jou eie ruimte met ’n goeie internetverbinding tuis of elders op die aardbol. Nou kan jy die mense wêreldwyd meevoer deur jou Afrikaanse gedig meesleurend voor te dra, op te neem en die video vir ons te stuur. Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (4 Oktober): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digivoordrag/ DigiGEDIGTE Wag daar diep in jou binneste ’n gedig wat jy net in jou geliefde moedertaal kan uitdruk? Woordkinders, gee jou poësie-pennevrugte vlerke deur in te skryf vir hierdie digitale kompetisie, ATKV-DigiGedigte. Waar op die aardbol jy ook al jou gedigte skryf, iewers sal jou verse ’n Afrikaanse leser se hart warmer laat klop. Skryf maklik in deur jou gedig in PDF-formaat aan te stuur. As jy toegang het tot ’n internetverbinding en ’n slimfoon, rekenaar of tablet, kan jy inskryf. Of jy hou van paarrym, omarmde rym of eerder met die vrye vers woeker, ATKV-DigiGedigte en die hele wêreld wag op jou digterlike vernuf! Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (11 Oktober): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digigedigte/
|
Ons moedig graag al ons Jan van Riebeeckers aan om hierdie kreatiewe verrykingsgeleenthede aan te gryp! Kontak gerus mnr. Rademeyer (pieter.rademeyer@janvanriebeeck.co.za) vir enige verdere navrae of hulp met hierdie projekte.
|
|
|
JanKUNS-WhatsApp
|
Ons nooi graag ouers uit om deel te word van die #JanKUNS-gemeenskap op WhatsApp. Kry die nuutste kunsuitstallinginligting en word deel van die verryking en pret. Volg die skakel om aan te sluit: https://chat.whatsapp.com/J4swiFBZ7Es5uMU9pDWn6x
|
Leerders kan die QR-kode (buite die kunsklas) volg om deel te word van die JanKUNS-leerlinggemeenskap op WhatsApp om self meer inligiting te ontvang van aktiwiteite by die skool en die groter kunsgemeenskap in Kaapstad.
|
|
|
|
|
Kunsklas
|
Vreeslik dankie aan die ouers wat tydskrifte vir die kunsklas skenk. Ons waardeer dit opreg. Ons doen 'n beroep op ouers om ou tydskrifte, koerante, glasbottels en ou skoon handdoeke vir die kunsklas te skenk. U kan dit aflewer by die kantoor. Ons sal dit baie waardeer!
|
|
|
|
|
Sportprogram vanaf 26 Augustus 2024
|
|
|
|
Ons wil graag die uitstekende geleentheid van binnehuis-hokkie onder u aandag bring.
|
|
|
|
|
|
OnzeJan-advertensiegeleentheid
|
Meriete vir aktiwiteite buite skoolverband
|
|
|
Vrydag: 6 September is weer LOSLITDAG!
|
|
|
|
Jy kan jou Loslitdag-plakker op Karri een R20 'n plakker koop en dan op Vrydag, 6 September in gewone klere skool toe kom. Alle fondse wat ingesamel word, is vir persone met gestremdhede en 20% van die fondse word aan ons skool geskenk.
|
Vanjaar is die tema: EK SIEN JOU! Steek jou hand in die sak en ondersteun asseblief hierdie belangrike inisiatief om 'n verskil in die lewe van mense met siggestremdhede te maak.
|
|
Graad 8-12 Merieteaansoeke vir 2024 Alle leerders wat in 2024 vir merietetoekennings vir sport en kultuur, wat buite die skool aangebied word, in aanmerking wil kom, moet asseblief die onderstaande skakel voor Vrydag, 13 September 2024 voltooi:
|
|
Goeiedag Ouers en Jan van Riebeeckers
|
Na 'n fantastiese winterseisoen wil ons graag elke Jan van Riebeecker en ouer bedank vir jul tyd en waardevolle bydraes. Om ses uit die sewe interskolebekers huis toe te bring, was 'n ongelooflike prestasie en ons is opreg dankbaar vir elkeen van jul!
|
Ons wil ook sterkte toewens aan ons leerders wat nou begin met Fast 5-netbal en 7's-rugby. Ons WP o.15-rugbyspelers is steeds hard besig met oefeninge en voorbereiding vir hul toernooi in Johannesburg.
|
Volgende week begin ons met somersportoefeninge. Ons besef die swembadwater is nog koud en dat daar nog reënerige dae voorlê, maar ons wil graag almal uitnooi om by ons atletiekoefeninge betrokke te raak. Atletiek skop hierdie kwartaal al af met vier byeenkomste teen Stellenberg sowel as UWK se byeenkoms, waarna ons baie uitsien.
|
Merk asseblief op julle kalenders ons deelname aan die Somerfees (Summer Festival) in Desember, ná die eksamens. Beide ons somer- en wintersportspanne sal daar in aksie wees, en ons sal nader aan die tyd meer inligting deel oor hierdie opwindende geleentheid.
|
Hier is die oefentye vir atletiek hierdie kwartaal:
|
- Maandae: Rekke-gim
- Dinsdae: Alle items van 14:30 tot 16:00
- Woensdae: Rekke-gim (Langafstand, Naellopers en Hekkiesatlete oefen op die velde) van 14:30 - 16:00
- Donderdae: Alle items van 14:30 - 16:00
'n Nuwe toevoeging tot ons atletiekprogram is paalspring. Indien enige atleet belangstel om betrokke te raak, vra ons dat julle so vinnig as moontlik vir mnr. Vermeulen kontak om oefeninge te bevestig.
|
Ons sien daarna uit om julle almal volgende week op die velde te sien!
|
|
|
|
|
|
Noodhulpkursus: 6 tot 8 September 2024
|
Ons herinner almal aan die noodhulpkursus wat op 6 en 7 September gaan plaasvind. Betaling op Karri het ongelukkig nou reeds gesluit.
|
- Vrydag, 6 September
- Saterdag, 7 September
|
|
|
|
|
|
Die Plezier Markt gaan oor die viering van ons gemeenskap, kwaliteit produkte, kreatiewe handelsware en kuns. Kom geniet 'n wye verskeidenheid van stalletjies en kosse op ons pragtige kampus. Daar is aktiwiteite vir oud en jonk.
|
Na afloop van die mark sal Elvis Blue en sy orkes ons vanaf 19:00 met 'n vertoning op die JvR-amfiteater betower. Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.
|
Ons beoog om die PlezierMarkt te vestig as 'n jaarlikse geleentheid wat gedagboek sal word as 'n hoogtepunt vir verkopers en die gemeenskap.
|
*Toegang tot die mark vir kinders 12 jaar en jonger is gratis.
|
Kaartjies is beskikbaar op Quicket.
|
|
Hoërskool Jan van Riebeeck beplan om vanjaar nog 1 uitgawes van die Onze Jan-skoolkoerant te publiseer.
|
Ons redaksie is hard aan die werk onder die bekwame leiding van ons redakteur, Mari Swanepoel in graad 12. Hulle gaan verseker dat hierdie uitgawes aktueel en vars bly en belangrike en positiewe insae het tot ons huidige omgewing. Ons benodig egter adverteerders om publikasiekoste vir die Onze Jan te dek en het die volgende advertensiegeleenthede om te bied:
|
Formaat: A4 gedruk in kleur & digitaal Verspreiding:
|
- Gedrukte kopie word aan minstens 390 families gestuur.
- Die verdere verspreiding sluit in besighede rondom die skoolgebou asook omliggende- en voeder laerskole.
- Digitale weergawe word aan meer as 800 eposse gestuur.
Advertensiekoste per uitgawe:
|
- Agter buiteblad, volblad (A4), kleur: R 7000
- Voor binneblad, volblad, kleur: R 5000
- Agter binneblad, volblad, kleur: R 4000
- Volblad, kleur: R 2000
- Halfblad, kleur: R 1000
- Kwartblad, kleur: R 500
- Bladsyborg (besigheidsnaam/klasgroep onder aan die bladsy): R 250 per bladsy
Die uitgawe word net voor die vakansie gepubliseer en versprei. Advertensies vir die derde kwartaal moet ons teen 7 September 2024 bereik.
|
Dankie by voorbaat vir u ondersteuning.
|
|
|
|
|
|
BORGE
|
|
|
|
|
|
|
|
Wynskou by Welgemeend op 31 Augustus!
|
Kom geniet 'n baie spesiale wynervaring saam met vriende by die statige Welgemeend Herehuis in die hartjie van Kaapstad. Wyne is reeds sedert 1693 op Welgemeend verbou om aan die skepe wat om die Kaap geseil het, wyn te verskaf. Hoe spesiaal is dit om meer as drie dekades later wyne uit verskillende streke by Welgemeend te ruik, bekyk, te proe en te bespreek en dat die wyne wat jul gaan proe op landgoedere produseer word waar oudleerders en ouers van Jan van Riebeeck by betrokke is, maak dit nog meer spesiaal. Wyne van die volgende landgoedere is beskikbaar vir proe en bestel: Jakob’s Vineyard, Paul Clüver Family Wines, Saronsberg-Landgoed, Allesverloren-Landgoed, De Queekvalleij Olijven Boerderij en nog meer.
|
|
|
|
|
|
Wen jou wetenskap en wiskunde is 'n produk van jare lange ervaring en kundigheid waarin Helena Verwey haar eie materiaal skryf om elke leerling te bekragtig om tyd te spaar en te fokus op die belangrikste punte van Wiskunde en Wetenskap. Die menigte suksesverhale spreek vanself dat dit wat sy aanbied vir die kinders werk!! Op haar webblad https://wenwetenskap.co.za/ is daar ‘n Winkel geskep waar ouers die Afrikaanse en Engelse Boeke vir Wiskunde en Wetenskap kan besigtig en aankoop, van Graad 10 tot Graad 12.
|
|
|
|
|
|
|
MySchool-program gaan papierloos
|
|
|
Die MySchool-program gee om vir die omgewing en het besluit om vanaf 1 Julie 2024, nie meer enige papieraansoeke te aanvaar nie. In samewerking met die skool wil ons die gemeenskap aanmoedig om op enige van die volgende manier by die program aan te sluit en ook so die skool te ondersteun:
|
- Besoek hul webtuiste: www.myschool.co.za
|
|
|
2. Laai die MySchool- toep af.
|
3. Indien daar ouer is wat steeds die papieropsie verkies kan hulle die fisiese kaart by hul naaste Woolworths kry en die verkose begunstige (ons - Hoërskool Jan van Riebeeck) se naam SMS na 31231. Een van hul vriendelike konsultante sal u dan skakel om die aktiveringsproses vir die kaart te voltooi.
|
4. Ondersteuners wat die digitale roete wil volg, kan die skakel volg. Hoërskool Jan van Riebeeck is dan reeds gelaai as die verkose begunstigde.
|
|
|
|
|
|
|
NETwerf!
|
|
Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!
|
|
|
|
|
|