|
|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
Dit is moeilik om te glo dat die skole vandag weer oor twee weke sluit. Ons kyk terug op soveel suksesse en opwindende geleenthede die afgelope (besige!) kwartaal en bly dankbaar vir ons leerders en ouers/voogde se entoesiastiese deelname en lojale ondersteuning.
|
Die graad 12's se rekordeksamen verloop vlot onder die bekwame leiding van me. Steyn en haar span en dan het die graad 8 tot 11-Jan van Riebeeckers ook vandag met hul belangrike toetsreeks begin. Baie sterkte aan elkeen - ons sien uit na mooi uitslae!
|
Baie geluk aan ons Callback-toneelgroep wat die afgelope week aan die Wes-Kaapse ronde van die Pronk Podium-toneelkometisie by Hoërskool Durbanville deelgeneem het. Ons hou duimvas vir jul verdere deelname; die beste presteerders kry eindelik die geleentheid om by Aardlop in Potchefstroom hul buiging te maak.
|
Die Burger publiseer jaarliks die toppresterende Wiskundeskole in die Wes-Kaap, gebaseer op die matriekuitslae van die vorige jaar. Hul gebruik 'n interessante formule (wat die veronderstelde inkomstekerf van die skool se voederarea en ander faktore insluit) wat beslis nie akkuraat is as 'n mens die ware samestelling van ons skoolgemeenskap in ag neem nie. Maar dit daar gelaat...
|
Ons is baie trots dat ons vanjaar 14de op hul lys (uit die 196 Afrikaanse skole in die provinsie) is - in 2023 was ons 20ste. Mooi so, Jan van Riebeeckers! Ons sien nou reeds uit na die 2025-statistiek, want die 2024-matriekklas toon groot belofte vir uitstekende uitslae in die eindeksamen.
|
Ons verwelkom die week graag mnr. Reiner Mönnig wat vanaf 1 September as ons nuwe Bibliotekaris aangestel is.
|
Mnr. Mönnig matrikuleer in 2011 aan Camps Bay High School en studeer daarna in Kommunikasie, Joernalistiek, Kreatiewe Skryfwerk en Engels by Varsity College en Unisa.
|
Hy is tans besig met sy nagraadse kwalifikasie in Biblioteekstudies en het wye ervaring in die veld as voormalige bibliotekaris en vrywilliger by die EPWP-biblioteke in Vredehoek, Kloofstraat en die Kaapse Sentrale-biblioteek.
|
Welkom by ons wenspan, mnr. Mönnig - ons sien uit na u unieke bydraes in ons JvR-biblioteek!
|
Die nuwe matriekraad is vanoggend tydens ’n spesiale ontbytfunksie by Welgemeend amptelik as die nuwe leerderleiers in die skool ingehuldig. Elke leier het in die teenwoordigheid van hul ouers en die skoolbestuurspan die matriekraad-erekode onderteken en hul so verbind tot die belangrike verantwoordelikheid wat, saam met die reusevoorreg van leierwees vanjaar, op hul skouers rus. Dié groep leiers het onmiddellik weggespring om hul invloed in die skool te laat geld - ons ondersteun hul graag!
|
Baie sterkte aan ons o.15-netbalspan wat môre aan die Wes-Kaapse Kampioenskappe van die Fast Five-toernooi deelneem nadat hul verlede naweek as een van die twee beste skole in die Kaapstadse ronde aangewys is. Hul klop Hoërskool Bellville 24-23 in die laaste ronde - ons is baie trots op jul en wens jul baie sterkte toe!
|
Ons is môre ook die gasheer vir die Rugga Roots-rugbyfees wat op die Boshoff-velde plaasvind. Sowat 220 laerskoolspelers sal hul staal kom wys en almal is welkom om ’n draai hier te kom maak. Ons rasieleiers neem ook deel aan die volgende WP-kompetisie en ons weet hul optrede gaan weer uitstekend wees. Ons is baie trots op die puik vordering op dié gebied en is baie dank verskuldig aan me. Sonja Strydom wat die dryfkrag agter hierdie program is.
|
Dan bied ons ook môreaand in Welgemeend die finale ronde van die jaarlikse Pieter Kooij-musiekkompetisie aan. Die 'bestes van die bestes' op die hoërskoolmusiekfront is finaliste in dié kompetisie. Ons is ook baie trots op ons eie Andrée van Zyl wat ’n finalis in vanjaar se kompetisie is - dit is merkwaardig! Sterkte aan Andrée en ook aan mnr. Dippenaar wat hierdie besondere projek met sy keurige en professionele aanslag bestuur.
|
Ons sien uit na die rugby-kuiergeleentheid in die skoolsaal môre! Kom sluit by ons aan vanaf 16:30 - ons weet die Bokke gaan ons weer baie trots maak.
|
|
|
|
AKADEMIE
|
|
Graad 8 tot 11-Toetsreeks - September 2024
|
|
|
|
|
Graad 12-Rekordeksamenrooster
|
|
|
Die dapertement het aanbeveel dat ons die Geografie vraestel 2 skuif na Woensdag, 4 September 2024. Dit is reeds met die betrokke leerders kommunikeer.
|
|
|
|
|
Graad 12: NSS-eksamenrooster
|
|
|
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die finale Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamenrooster bevestig. Hiermee die finale rooster met alle amptelike vakke asook ‘n opgesomde rooster met die vakke wat die skool aanbied. Let asseblief op die volgende:
|
|
|
|
- Die NSS-eksamen sal op Maandag, 21 Oktober begin en op Donderdag, 28 November eindig.
- Alhoewel die eksamen op Donderdag, 28 November eindig, moet kandidate tot die laaste dag van die skoolkwartaal (13 Desember) beskikbaar wees ingeval dit om enige rede nodig sou wees om ’n spesifieke vak/vraestel te herskeduleer.
Alle ander inligting m.b.t. die NSS-eksamen sal mettertyd deur me. Steyn gekommunikeer word.
|
|
|
|
|
|
|
Visuele kunste: Graad 12-NSS-praktiese eksamen
|
Die NSS-Visuele kunste se praktiese eksamendatums, wat 'n 24 uur eksamen behels, sal op die volgende datums plaasvind:
|
- Maandag 7 Oktober van 7:30 tot 14:00
- Dinsdag 8 Oktober van 7:30 tot 14:00
- Woensdag 9 Oktober van 7:30 tot 14:00
- Donderdag 10 Oktober van 7:30 tot 14:00
Hierdie praktiese eksamen sal 6 uur per dag duur met 'n 30-min.pouse. Die eksamen sal afsluit met 'n uitstalling van die graad 12-werk op 11 Oktober. Ons nooi ouers en leerlinge om die kuns te kom geniet!
|
|
|
|
|
Opwindende Afrikaansprojekte om aan deel te neem!
|
|
|
Die ATKV bied vanjaar weer hul opwindende Digi-projektereeks aan. Hierdie inisiatief bied aan leerders die geleentheid om aan ’n wye verskeidenheid aanlyn kompetisies deel te neem en so hul vaardighede te slyp en talente uit te leef.
|
DigiSPEL As jy ’n S-P-E-L-L-E-R is en in koue sweet uitslaan as jy ’n spelfout sien, is die ATKV se digitale spelkompetisie net vir jou. Met ATKV-DigiSpel word leerders aangespoor om baie meer aandag aan die gebruik van Afrikaans te gee, en nie net SMS-taal te gebruik nie. As jy dalk ’n T-E-L-L-E-R is en jou spelvermoë wil verbeter, moet jy beslis nie huiwer om in te skryf nie. Jy sal nie net jou spelvaardighede kan slyp nie, maar ook kan meeding met die beste spellers daarbuite. ATKV-DigiSpel gaan jou uitdaag, jou spelling opskerp en jy gaan boonop jouself gate uit geniet – als in die gemak van jou eie ruimte. Al wat jy nodig het, is toegang tot ’n rekenaar, tablet of slimfoon. Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (1 November): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digispel/ DigiVOORDRAG Is jy passievol oor gedigte en wil jy nog altyd groot skares met jou helder voordragstem beïndruk? Wat is dan mooier as Afrikaanse gedigte? Die ATKV wil vir jou die geleentheid gee om hierdie deel van ons taalerfenis te vier deur ATKV-DigiVoordrag. ATKV-DigiVoordrag gee jou die platform en podium om van die prettigste en pragtigste Afrikaanse poësie met ’n waarderende gehoor te deel. Dit maak nie saak hoe jou stem klink nie en jy hoef ook nie pennetjieregop met stywe klere op ’n verhoog te staan nie. Kies net jou mooiste Afrikaanse gedig wat jy lekker met gemak en selfvertroue kan voordra. Laat die mense skaterlag met ’n prettige, komiese gedig of laat hulle ’n traan pink met iets roerend. Klim op ons digitale wêreldverhoog! Kry net jou slimfoon, rekenaar of tablet en skep jou eie ruimte met ’n goeie internetverbinding tuis of elders op die aardbol. Nou kan jy die mense wêreldwyd meevoer deur jou Afrikaanse gedig meesleurend voor te dra, op te neem en die video vir ons te stuur. Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (4 Oktober): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digivoordrag/ DigiGEDIGTE Wag daar diep in jou binneste ’n gedig wat jy net in jou geliefde moedertaal kan uitdruk? Woordkinders, gee jou poësie-pennevrugte vlerke deur in te skryf vir hierdie digitale kompetisie, ATKV-DigiGedigte. Waar op die aardbol jy ook al jou gedigte skryf, iewers sal jou verse ’n Afrikaanse leser se hart warmer laat klop. Skryf maklik in deur jou gedig in PDF-formaat aan te stuur. As jy toegang het tot ’n internetverbinding en ’n slimfoon, rekenaar of tablet, kan jy inskryf. Of jy hou van paarrym, omarmde rym of eerder met die vrye vers woeker, ATKV-DigiGedigte en die hele wêreld wag op jou digterlike vernuf! Loer hier vir al die inligting en sluitingsdatum (11 Oktober): https://atkv.org.za/neem-deel/digiprojekte/digigedigte/
|
Ons moedig graag al ons Jan van Riebeeckers aan om hierdie kreatiewe verrykingsgeleenthede aan te gryp! Kontak gerus mnr. Rademeyer (pieter.rademeyer@janvanriebeeck.co.za) vir enige verdere navrae of hulp met hierdie projekte.
|
|
Eye Brain Gym-leesprogram
|
|
Kliek hier om toegang te kry tot 'n belangrikke kennisgewing rondom die skool se leesprogram. Klik hier vir die EBG-pamflet.
|
|
|
|
|
|
JanKUNS-WhatsApp
|
Ons nooi graag ouers uit om deel te word van die #JanKUNS-gemeenskap op WhatsApp. Kry die nuutste kunsuitstallinginligting en word deel van die verryking en pret. Volg die skakel om aan te sluit: https://chat.whatsapp.com/J4swiFBZ7Es5uMU9pDWn6x
|
Leerders kan die QR-kode (buite die kunsklas) volg om deel te word van die JanKUNS-leerlinggemeenskap op WhatsApp om self meer inligiting te ontvang van aktiwiteite by die skool en die groter kunsgemeenskap in Kaapstad.
|
|
|
|
|
Kunsklas
|
Vreeslik dankie aan die ouers wat tydskrifte vir die kunsklas skenk. Ons waardeer dit opreg. Ons doen 'n beroep op ouers om ou tydskrifte, koerante, glasbottels en ou skoon handdoeke vir die kunsklas te skenk. U kan dit aflewer by die kantoor. Ons sal dit baie waardeer!
|
|
|
|
|
Sportprogram vanaf 26 Augustus 2024
|
Goeiedag Ouers en Jan van Riebeeckers
|
Na 'n fantastiese winterseisoen wil ons graag elke Jan van Riebeecker en ouer bedank vir jul tyd en waardevolle bydraes. Om ses uit die sewe interskolebekers huis toe te bring, was 'n ongelooflike prestasie en ons is opreg dankbaar vir elkeen van jul!
|
Ons wil ook sterkte toewens aan ons leerders wat nou begin met Fast 5-netbal en 7's-rugby. Ons WP o.15-rugbyspelers is steeds hard besig met oefeninge en voorbereiding vir hul toernooi in Johannesburg.
|
Volgende week begin ons met somersportoefeninge. Ons besef die swembadwater is nog koud en dat daar nog reënerige dae voorlê, maar ons wil graag almal uitnooi om by ons atletiekoefeninge betrokke te raak. Atletiek skop hierdie kwartaal al af met vier byeenkomste teen Stellenberg sowel as UWK se byeenkoms, waarna ons baie uitsien.
|
Merk asseblief op julle kalenders ons deelname aan die Somerfees (Summer Festival) in Desember, ná die eksamens. Beide ons somer- en wintersportspanne sal daar in aksie wees, en ons sal nader aan die tyd meer inligting deel oor hierdie opwindende geleentheid.
|
Hier is die oefentye vir atletiek hierdie kwartaal:
|
- Maandae: Rekke-gim
- Dinsdae: Alle items van 14:30 tot 16:00
- Woensdae: Rekke-gim (Langafstand, Naellopers en Hekkiesatlete oefen op die velde) van 14:30 - 16:00
- Donderdae: Alle items van 14:30 - 16:00
'n Nuwe toevoeging tot ons atletiekprogram is paalspring. Indien enige atleet belangstel om betrokke te raak, vra ons dat julle so vinnig as moontlik vir mnr. Vermeulen kontak om oefeninge te bevestig.
|
Ons sien daarna uit om julle almal volgende week op die velde te sien!
|
|
|
|
|
Ons wil graag die uitstekende geleentheid van binnenshuise hokkie onder u aandag bring.
|
|
|
|
|
JvR-Handdoekkappietrui nou te koop!
|
|
|
Ons nuwe handdoekkappietruie (hooded towels) is vir slegs R550 by die skoolwinkel te koop.
|
|
|
|
|
Verandering in skoolwinkel tye
|
Vanaf Maandag, 9 September, sal die skoolwinkel se besigheidsure verander na slegs Woensdae 07:00 - 07:30. Indien u enige ander tyd aankope wil doen, moet u asb. 'n afspraak met me. Sanette van Loggerenberg maak: sannette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za.
|
|
|
|
|
Meriete vir aktiwiteite buite skoolverband
|
|
|
Graad 8-12 Merieteaansoeke vir 2024 Alle leerders wat in 2024 vir merietetoekennings vir sport en kultuur, wat buite die skool aangebied word, in aanmerking wil kom, moet asseblief die onderstaande skakel teen Vrydag, 13 September 2024 voltooi:
|
|
|
|
|
|
|
Die Plezier Markt gaan oor die viering van ons gemeenskap, kwaliteit produkte, kreatiewe handelsware en kuns. Kom geniet 'n wye verskeidenheid van stalletjies en kosse op ons pragtige kampus. Daar is aktiwiteite vir oud en jonk.
|
Na afloop van die mark sal Elvis Blue en sy orkes ons vanaf 19:00 met 'n vertoning op die JvR-amfiteater betower. Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.
|
Ons beoog om die PlezierMarkt te vestig as 'n jaarlikse geleentheid wat gedagboek sal word as 'n hoogtepunt vir verkopers en die gemeenskap.
|
*Toegang tot die mark vir kinders 12 jaar en jonger is gratis.
|
Kaartjies is beskikbaar op Quicket.
|
|
|
OnzeJan-advertensiegeleentheid
|
Hoërskool Jan van Riebeeck beplan om vanjaar nog een uitgawe van die Onze Jan-skoolkoerant te publiseer.
|
Ons redaksie is hard aan die werk onder die bekwame leiding van ons redakteur, Mari Swanepoel in graad 12. Hulle gaan verseker dat hierdie uitgawes aktueel en vars bly en belangrike en positiewe insae het tot ons huidige omgewing. Ons benodig egter adverteerders om publikasiekoste vir die Onze Jan te dek en het die volgende advertensiegeleenthede om te bied:
|
Formaat: A4 gedruk in kleur & digitaal Verspreiding:
|
- Gedrukte kopie word aan minstens 390 families gestuur.
- Die verdere verspreiding sluit in besighede rondom die skoolgebou asook omliggende- en voeder laerskole.
- Digitale weergawe word aan meer as 800 eposse gestuur.
Advertensiekoste per uitgawe:
|
- Agter-buiteblad, volblad (A4), kleur: R 7000
- Voor-binneblad, volblad, kleur: R 5000
- Agter-binneblad, volblad, kleur: R 4000
- Volblad, kleur: R 2000
- Halfblad, kleur: R 1000
- Kwartblad, kleur: R 500
- Bladsyborg (besigheidsnaam/klasgroep onder aan die bladsy): R 250 per bladsy
Die uitgawe word net voor die vakansie gepubliseer en versprei. Advertensies vir die derde kwartaal moet ons teen 7 September 2024 bereik.
|
Dankie by voorbaat vir u ondersteuning.
|
|
|
|
|
|
BORGE
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Wen jou wetenskap en wiskunde is 'n produk van jare lange ervaring en kundigheid waarin Helena Verwey haar eie materiaal skryf om elke leerling te bemagtig om tyd te spaar en te fokus op die belangrikste punte van Wiskunde en Wetenskap. Die menigte suksesverhale spreek vanself dat dit wat sy aanbied vir die kinders werk!! Op haar webblad https://wenwetenskap.co.za/ is daar ’ winkel geskep waar ouers die Afrikaanse en Engelse boeke vir Wiskunde en Wetenskap kan besigtig en aankoop - van graad 10 tot graad 12.
|
|
|
|
|
|
|
MySchool-program gaan papierloos
|
|
|
Die MySchool-program gee om vir die omgewing en het besluit om vanaf 1 Julie 2024, nie meer enige papieraansoeke te aanvaar nie. In samewerking met die skool wil ons die gemeenskap aanmoedig om op enige van die volgende manier by die program aan te sluit en ook so die skool te ondersteun:
|
- Besoek hul webtuiste: www.myschool.co.za
|
|
|
2. Laai die MySchool- toep af.
|
3. Indien daar ouer is wat steeds die papieropsie verkies kan hulle die fisiese kaart by hul naaste Woolworths kry en die verkose begunstige (ons - Hoërskool Jan van Riebeeck) se naam SMS na 31231. Een van hul vriendelike konsultante sal u dan skakel om die aktiveringsproses vir die kaart te voltooi.
|
4. Ondersteuners wat die digitale roete wil volg, kan die skakel volg. Hoërskool Jan van Riebeeck is dan reeds gelaai as die verkose begunstigde.
|
|
|
|
|
|
|
NETwerf!
|
|
Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!
|
|
|
|
|
|