> Besoek die volledige 2024-kalender op die webtuiste <

UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR

Goeiedag Ouers/Voogde

Die toetsreeks het vandeesweek vlot verloop en ek glo ons Jan van Riebeeckers sien uit na ’n kort skoolvakansie. Die meerderheid matrieks sluit ook vandag hul rekordeksamen af en ’n paar leerders skryf nog tot Dinsdag. Ons weet jul het hard gewerk; daarom sien ons uit na mooi uitslae!

Dit is baie belangrik dat al ons graad 8 tot 11-leerders tot Donderdag skool getrou bywoon, want hul lê nog hul belangrike skryfvraestelle af wat ’n groot persentasie van hul November-eksamenpunt tel. Slegs mediese sertifikate sal aanvaar word indien ’n leerder afwesig is; anders sal hy/sy ongelukkig geen punte vir hierdie belangrike assessering ontvang nie.

Ons vier vandeesweek drie puik prestasies gelewer!

Ons o.15-netbalspan 3de is beste in die Wes-Kaap! Nadat ons verlede naweek tweede geëindig het in die Kaapstadse ronde van die Fast Five-netbalkampioenskappe, dring ons deur na die Wes-Kaapse Kampioenskappe wat verlede naweek aangebied is.Ons netbalspeelsters het hul staal behoorlik teen al die groot netbalskole in die provinsie gewys en na afloop van die uitspeelrondes, moes ons vir die top 3-posisies speel:
vs. Paarl Gimnasium 20-25
vs. Hoërskool Durbanville 14-27

Dit is merkwaardig dat ons teen al die super liga-skole wat op die dag teenwoordig was, hierdie besondere uitslae kon behaal. Ons is baie trots op die groei in ons netbalprogram - en sien nou reeds uit na 'n kookwater 2025-seisoen wat op Jan van Riebeeck wag!
Geluk ook aan netbalhoof, Marlene Williams, en organiseerder, Razelle Hanekom, wat die span tot hoë hoogtes gelei het! Hierdie is 'n prestasie waarop ons besonder trots is!

Ons Callback-tienertoneelproduksie bou voort op hul suksesse en eindig tweede in die Wes-Kaap by vanjaar se Aardklop Pronk Podium-kompetisie!

Ons behaal ook die volgende individuele toekennings:
Michelle Schoeman - silwer
Ayden Jacobs - brons
Stella Bojé - brons
Lenique Isaacs - brons
Owen van der Linde - brons
Tegnies - nominasie
Beste aktrise - nominasie: Michelle Schoeman
Beste byspeler - wenner: Toby de Ruiter
Beste akteur - wenner: Darren Cloete
Beste regie - wenner: Alma Nel

Hoërskool Jan Van Riebeeck was verlede naweek die gasheer vir WPMCA se jaarlikse WP-proewe. Hartlik geluk aan die volgende Jan van Riebeeckers wat hul WP-Individuele kleure verwerf het!
CHEERLEADING: Clarize Strydom, Mia van den Berg, Mia Boshoff, Inge Mong, Jan-Willem Silvis en Amuran Bester
PERFORMANCE CHEER: Shemuella Mars, Ayden Jacobs, Mary Williams, Simonay Jacobs
Hierdie leerders verteenwoordig beide Hoërskool Jan Van Riebeeck en die Westelike Provinsiale-span by die komende SAMCA-nasionale kompetisie.

Baie dankie aan al ons leerders wat met groot geesdrif deelneem en hul passies hier by die skool uitleef!

Geniet die naweek!

Pieter Rademeyer
Skoolhoof

AKADEMIE

2025 Graad 10-12 Fisiese Wetenskappe-handboeke

Vanaf 1 Oktober 2024 gaan die handboeke se pryse geweldig op en ons wil vir ouers die geleentheid gee om dit nog teen goeie pryse te kry. Die handboeke se voorraadgetalle is baie beperk en ons wil voorkom dat leerders sonder die handboeke sit.
Graad 11-leerders begin reeds in kwartaal 4 hierdie jaar uit die graad 12-handboeke werk.
Ons herinner ouers om voor Maandag, 16 September, hulle handboeke op Karri-toep te betaal.

Graad 12-intervensie

Intervensie vir graad 12-leerders word vir die volgende vakke op Donderdag, 19 September, aangebied:
  • 08:00 - 10:00: Rekeningkunde en Fisiese Wetenskappe
  • 10:30 - 12:30: Wiskunde

Graad 8 tot 11-Toetsreeks - September 2024

Graad 12-Rekordeksamenrooster

Die dapertement het aanbeveel dat ons die Geografie vraestel 2 skuif na Woensdag, 4 September 2024. Dit is reeds met die betrokke leerders kommunikeer.
Graad 12 Veranderde Rekordeksamen

Graad 12: NSS-eksamenrooster

Graad 12: NSS-eksamenrooster
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die finale Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamenrooster bevestig. Hiermee die finale rooster met alle amptelike vakke asook ‘n opgesomde rooster met die vakke wat die skool aanbied. Let asseblief op die volgende:

    • Die NSS-eksamen sal op Maandag, 21 Oktober begin en op Donderdag, 28 November eindig.
    • Alhoewel die eksamen op Donderdag, 28 November eindig, moet kandidate tot die laaste dag van die skoolkwartaal (13 Desember) beskikbaar wees ingeval dit om enige rede nodig sou wees om ’n spesifieke vak/vraestel te herskeduleer.
    Alle ander inligting m.b.t. die NSS-eksamen sal mettertyd deur me. Steyn gekommunikeer word.

    Visuele kunste: Graad 12-NSS-praktiese eksamen

    Die NSS-Visuele kunste se praktiese eksamendatums, wat 'n 24 uur eksamen behels, sal op die volgende datums plaasvind:
    • Maandag 7 Oktober van 7:30 tot 14:00
    • Dinsdag 8 Oktober van 7:30 tot 14:00
    • Woensdag 9 Oktober van 7:30 tot 14:00
    • Donderdag 10 Oktober van 7:30 tot 14:00
    Hierdie praktiese eksamen sal 6 uur per dag duur met 'n 30-min.pouse. Die eksamen sal afsluit met 'n uitstalling van die graad 12-werk op 11 Oktober. Ons nooi ouers en leerlinge om die kuns te kom geniet!

    Eye Brain Gym-leesprogram

    Kliek hier om toegang te kry tot 'n belangrikke kennisgewing rondom die skool se leesprogram. Klik hier vir die EBG-pamflet.

    KULTUUR

    Kunsuitstalling: PC Janse van Rensburg en Anni Snyman

    Kunsuitstalling: PC Janse van Rensburg en Anni Snyman
    BOETIE SON EN SUSTER MAAN

    ‘n Broer-en-susterkunsuitstalling van skilderye, sketse, drukke en ’n kunsboek.

    Dié Welgemeend-kunsuitstalling word deur Nannette van Rooyen geopen en vind Donderdagaand, 26 September, om 18:00 plaas.
    Die kunstenaars het die twee landskap-olieverfskilderye (grootte: 600x600mm) geskenk wat tydens die Welgemeend-uitstalling by wyse van ’n stil-bodproses, ten bate van die twee Jan van Riebeeck-skole in die stadskom, opgeveil gaan word.

    Ons nooi graag alle belangstellende ouers na die openingsaand. Ouers wat nie Donderdagaand se opening kan bywoon nie, is welkom om die uitstalling enige van die ander dae te besigtig (Vrydag, 27 September tot Sondag, 29ste September).

    JanKUNS-WhatsApp

    Ons nooi graag ouers uit om deel te word van die #JanKUNS-gemeenskap op WhatsApp. Kry die nuutste kunsuitstallinginligting en word deel van die verryking en pret. Volg die skakel om aan te sluit: https://chat.whatsapp.com/J4swiFBZ7Es5uMU9pDWn6x

    Leerders kan die QR-kode (buite die kunsklas) volg om deel te word van die JanKUNS-leerlinggemeenskap op WhatsApp om self meer inligiting te ontvang van aktiwiteite by die skool en die groter kunsgemeenskap in Kaapstad.

    SPORT

    Binnenshuise hokkie

    Binnehuise-hokkie
    Ons wil graag die uitstekende geleentheid van binnenshuise hokkie onder u aandag bring.

    Vir meer inligting en registrasie kan u die volgende skakel volg: https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSe9WSdKH_Nyai1XeR77Wj2uul-rk7Dacn5os-EYVnwM-Wijhg/viewform
    Kontak gerus vir mnr. Theron (theon.theron@janvanriebeeck.co.za) vir enige verdere navrae.

    ALGEMEEN

    Verandering in skoolwinkel tye

    Vanaf Maandag, 9 September, sal die skoolwinkel se besigheidsure verander na slegs Woensdae 07:00 - 07:30. Indien u enige ander tyd aankope wil doen, moet u asb. 'n afspraak met me. Sanette van Loggerenberg maak: sannette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za.
    Kaartjies is op Quicket beskikbaar: https://qkt.io/jW0l4F

    PlezierMarkt: 12 Oktober 2024

    Die Plezier Markt gaan oor die viering van ons gemeenskap, kwaliteit produkte, kreatiewe handelsware en kuns. Kom geniet 'n wye verskeidenheid van stalletjies en kosse op ons pragtige kampus. Daar is aktiwiteite vir oud en jonk.

    Na afloop van die mark sal Elvis Blue en sy orkes ons vanaf 19:00 met 'n vertoning op die JvR-amfiteater betower. Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.
    Ons beoog om die PlezierMarkt te vestig as 'n jaarlikse geleentheid wat gedagboek sal word as 'n hoogtepunt vir verkopers en die gemeenskap.

    *Toegang tot die mark vir kinders 12 jaar en jonger is gratis.
    Kaartjies is beskikbaar op Quicket.
    https://www.quicket.co.za/events/263741-pleziermarkt-12-oktober-2024/#/

    BORGE

    ADVERTENSIES

    Snapplify

    Met Snapplify het leerders toegang tot hul voorgeskrewe digitale handboeke. Dié digitale leeroplossings kan die opvoedkundige ervaring vir die leerder verbeter. Hul Engage-platform bied waardevolle gereedskap, soos hul digitale biblioteek wat studentebetrokkenheid aansienlik kan verbeter.

    Snapplify is nou in vennootskap met YourSchoolBox, wat hulle Engage-platform sal verbeter om die aankoop van skryfbehoeftes en handboeke vir ouers in die toekoms te vergemaklik. As 'n gewaardeerde Snapplify-kliënt/ouer, kan jy nou moeiteloos voordeel trek uit hierdie samewerking deur skryfbehoeftes teen kosprys aan te koop, wat reg deur die jaar tot 30% bespaar wat later die jaar beskikbaar sal wees op hul platform.

    Sluit aan by jou instelling se unieke Engage-platform met behulp van 'n aanmeldskakel.
    Joining your institution's unique Engage platform using a sign-up link,

    Stappe:
    1. Maak die kennisartikelskakel oop.
    2. Volg asb. die stappe noukeurig.
    3. Belangrike herinnering: Wanneer "Stap 3" in die artikel bereik word, moet die ouers op "TEKEN AAN MET GOOGLE" klik en niks anders nie. Hul hoërskoolprofiel moet dan verskyn, met hul e-posadres wat deur die skool uitgereik is. As dit nie die geval is nie, moet hulle 'gebruik 'n ander rekening' kies en dan hul e-posadres en ooreenstemmende wagwoord wat deur die hoërskool uitgereik is. Dit behoort hulle suksesvol te laat aanmeld.
    Wen jou wetenskap en wiskunde is 'n produk van jare lange ervaring en kundigheid waarin Helena Verwey haar eie materiaal skryf om elke leerling te bemagtig om tyd te spaar en te fokus op die belangrikste punte van Wiskunde en Wetenskap. Die menigte suksesverhale spreek vanself dat dit wat sy aanbied vir die kinders werk!! Op haar webblad https://wenwetenskap.co.za/ is daar ’ winkel geskep waar ouers die Afrikaanse en Engelse boeke vir Wiskunde en Wetenskap kan besigtig en aankoop - van graad 10 tot graad 12.

    MySchool-program gaan papierloos

    MySchool program gaan papierloos.
    Die MySchool-program gee om vir die omgewing en het besluit om vanaf 1 Julie 2024, nie meer enige papieraansoeke te aanvaar nie. In samewerking met die skool wil ons die gemeenskap aanmoedig om op enige van die volgende manier by die program aan te sluit en ook so die skool te ondersteun:
    1. Besoek hul webtuiste: www.myschool.co.za
    2. Laai die MySchool- toep af.
    3. Indien daar ouer is wat steeds die papieropsie verkies kan hulle die fisiese kaart by hul naaste Woolworths kry en die verkose begunstige (ons - Hoërskool Jan van Riebeeck) se naam SMS na 31231. Een van hul vriendelike konsultante sal u dan skakel om die aktiveringsproses vir die kaart te voltooi.
    4. Ondersteuners wat die digitale roete wil volg, kan die skakel volg. Hoërskool Jan van Riebeeck is dan reeds gelaai as die verkose begunstigde.

    NETwerf!

    Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!

    Volg die spesiale skakel om aan te sluit: https://www.netwerk24.com/intekening/promosie/jvr100
    facebook instagram 
    Email Marketing Powered by MailPoet