|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
Dit was ’n baie emosionele dag hier by Jan van Riebeeck toe ons die baie spesiale matriekklas van 2024 tydens hul besondere Witrokdag-seremonie moes groet.
|
Hierdie jongmense het diep in die harte van al die onderwysers en die hele skoolgemeenskap gekruip en ons sal hul toekoms met groot verwagting dophou. Die matrieks se eindeksamen skop om 21 Oktober af en ons sien nou reeds uit na die puik prestasies wat gelewer gaan word.
|
Matrieks, jul het jul merk gemaak. Ons sal jul altyd onthou as ’n groep wat met groot entoesiasme en baie liefde die res van die skool tot hoër hoogtes en standaarde geïnspireer het. Jul voorbeeld en leiding was merkwaardig! Mooi loop!
|
Belangrike inligting omtrent Maandag, 7 Oktober 2024:
|
Neem asb. kennis dat die skool eerskomende Maandag reeds om 13:00 sluit. Al die personeel is by ’n departementele opleiding vir die NSS-eksamen betrokke en daarom val die saalperiode weg. Ons volg steeds alle periodes van Dag 7.
|
Sport sal voortgaan en om 13:15 begin. Die busse vertrek ook om 13:15 vir leerders wat nie sportverpligtinge het nie en ons busdiens sal die vetrektye vir die sportleerders op die groepe bevestig.
|
Ons is bevoorreg om vir Carla de Beer op Dinsdagaand, 22 Oktober, om 19:00 by Laerskool Jan van Riebeeck te verwelkom. Sy het drie jaar gelede 'n inligtingsessie hier by ons aangebied waartydens sy belangrike inligting betreffende sosiale media se gebruik en gevare uitgelig het.
|
Ons twee JvR-skole het dit goedgedink om haar weer te nooi aangesien sosiale media so vinnig ontwikkel. Ons ervaar dat ons kinders nie die belangrikheid van korrekte gebruik asook die gevare agter die skerm van sosiale media verstaan nie. Vir ons as ouers is dit nog meer belangrik om ingelig te bly.
|
Kom woon asseblief hierdie ouerinligtingsessie by. Kaartjies sal volgende week teen R70 op Karri beskikbaar wees. Carla sal ook 'n inligtingsessie vir al ons graad 8 tot 11-leerders gedurende daardie dag tydens skoolure aanbied, wat geen kostes vereis nie.
|
Kontak my (skoolhoof@janvanriebeeck.co.za) of Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) gerus vir enige navrae.
|
Baie sterkte aan ons atlete wat die naweek aan die Fairmont en UWK-atletiekkompetisie deelneem - ons hou duimvas vir goeie uitslae!
|
|
|
AKADEMIE
|
|
|
|
Graad 9-sistemiese toetse
|
|
|
HOZA-JuniorGeskiedenis-olimpiade
|
|
|
Alle Juniors (graad 8-9) word hartlik uitgenooi om deel te neem aan die HOZA Geskiedenis-olimpiade. Dit is 'n aanlyn olimpiade wat op 15 Oktober by die skool sal plaasvind. Die koste beloop R55 per inskrywing en moet voor of teen Maandag, 7 Oktober op Karri betaal word. Die olimpiade toets kennis en vaardighede in Geskiedenis en is groot pret.
|
|
|
|
|
Graad 12: NSS-eksamenrooster
|
|
|
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die finale Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamenrooster bevestig. Hiermee die finale rooster met alle amptelike vakke asook ‘n opgesomde rooster met die vakke wat die skool aanbied. Let asseblief op die volgende:
|
|
|
|
- Die NSS-eksamen sal op Maandag, 21 Oktober begin en op Donderdag, 28 November eindig.
- Alhoewel die eksamen op Donderdag, 28 November eindig, moet kandidate tot die laaste dag van die skoolkwartaal (13 Desember) beskikbaar wees ingeval dit om enige rede nodig sou wees om ’n spesifieke vak/vraestel te herskeduleer.
Alle ander inligting m.b.t. die NSS-eksamen sal mettertyd deur me. Steyn gekommunikeer word.
|
|
|
Visuele kunste: Graad 12-NSS-praktiese eksamen
|
|
|
Die NSS-Visuele kunste se praktiese eksamendatums, wat 'n 24uur-eksamen behels, sal op die volgende datums plaasvind:
|
- Maandag, 7 Oktober van 7:30 tot 14:00
- Dinsdag, 8 Oktober van 7:30 tot 14:00
- Woensdag, 9 Oktober van 7:30 tot 14:00
- Donderdag, 10 Oktober van 7:30 tot 14:00
|
|
|
Hierdie praktiese eksamen sal 6 uur per dag duur met 'n 30 minute pouse. Die eksamen sal met 'n uitstalling van die graad 12-werke op 11 Oktober afgesluit word. Ons nooi ouers en leerlinge om die kuns op 12 & 14 Oktober te kom geniet!
|
|
|
|
|
Eye Brain Gym-leesprogram
|
Kliek hier om toegang te kry tot 'n belangrikke kennisgewing rondom die skool se leesprogram. Klik hier vir die EBG-pamflet.
|
|
|
|
|
JanKUNS-WhatsApp
|
Ons nooi graag ouers uit om deel te word van die #JanKUNS-gemeenskap op WhatsApp. Kry die nuutste kunsuitstallinginligting en word deel van die verryking en pret. Volg die skakel om aan te sluit: https://chat.whatsapp.com/J4swiFBZ7Es5uMU9pDWn6x
|
Leerders kan die QR-kode (buite die kunsklas) volg om deel te word van die JanKUNS-leerlinggemeenskap op WhatsApp om self meer inligiting te ontvang van aktiwiteite by die skool en die groter kunsgemeenskap in Kaapstad.
|
|
|
|
|
SPORT
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Verandering in skoolwinkel tye
|
Die skoolwinkel se besigheidsure het verander na slegs Woensdae 07:00 - 07:30. Indien u enige ander tyd aankope wil doen, moet u asb. 'n afspraak met me. Sanette van Loggerenberg maak: sannette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za.
|
|
|
|
|
|
|
|
PlezierMarkt: 12 Oktober 2024
|
|
|
Die Plezier Markt gaan oor die viering van ons gemeenskap, kwaliteit produkte, kreatiewe handelsware en kuns. Kom geniet 'n wye verskeidenheid van stalletjies en kosse op ons pragtige kampus. Daar is aktiwiteite vir oud en jonk.
|
Na afloop van die mark sal Elvis Blue en sy orkes ons vanaf 19:00 met 'n vertoning op die JvR-amfiteater betower. Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.
|
|
|
|
Ons beoog om die PlezierMarkt te vestig as 'n jaarlikse geleentheid wat gedagboek sal word as 'n hoogtepunt vir verkopers en die gemeenskap.
|
*Toegang tot die mark vir kinders 12 jaar en jonger is gratis.
|
Kaartjies is beskikbaar op Quicket.
|
|
|
|
|
BORGE
|
|
|
|
|
|
|
|
Snapplify
|
Met Snapplify het leerders toegang tot hul voorgeskrewe digitale handboeke. Dié digitale leeroplossings kan die opvoedkundige ervaring vir die leerder verbeter. Hul Engage-platform bied waardevolle gereedskap, soos hul digitale biblioteek wat studentebetrokkenheid aansienlik kan verbeter.
|
Snapplify is nou in vennootskap met YourSchoolBox, wat hulle Engage-platform sal verbeter om die aankoop van skryfbehoeftes en handboeke vir ouers in die toekoms te vergemaklik. As 'n gewaardeerde Snapplify-kliënt/ouer, kan jy nou moeiteloos voordeel trek uit hierdie samewerking deur skryfbehoeftes teen kosprys aan te koop, wat reg deur die jaar tot 30% bespaar wat later die jaar beskikbaar sal wees op hul platform.
|
- Maak die kennisartikelskakel oop.
- Volg asb. die stappe noukeurig.
- Belangrike herinnering: Wanneer "Stap 3" in die artikel bereik word, moet die ouers op "TEKEN AAN MET GOOGLE" klik en niks anders nie. Hul hoërskoolprofiel moet dan verskyn, met hul e-posadres wat deur die skool uitgereik is. As dit nie die geval is nie, moet hulle 'gebruik 'n ander rekening' kies en dan hul e-posadres en ooreenstemmende wagwoord wat deur die hoërskool uitgereik is. Dit behoort hulle suksesvol te laat aanmeld.
|
|
|
|
MySchool-program gaan papierloos
|
|
|
Die MySchool-program gee om vir die omgewing en het besluit om vanaf 1 Julie 2024, nie meer enige papieraansoeke te aanvaar nie. In samewerking met die skool wil ons die gemeenskap aanmoedig om op enige van die volgende manier by die program aan te sluit en ook so die skool te ondersteun:
|
- Besoek hul webtuiste: www.myschool.co.za
|
|
|
2. Laai die MySchool- toep af.
|
3. Indien daar ouer is wat steeds die papieropsie verkies kan hulle die fisiese kaart by hul naaste Woolworths kry en die verkose begunstige (ons - Hoërskool Jan van Riebeeck) se naam SMS na 31231. Een van hul vriendelike konsultante sal u dan skakel om die aktiveringsproses vir die kaart te voltooi.
|
4. Ondersteuners wat die digitale roete wil volg, kan die skakel volg. Hoërskool Jan van Riebeeck is dan reeds gelaai as die verkose begunstigde.
|
|
|
|
|
|
|
NETwerf!
|
|
Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!
|
|
|
|
|
|