|
|
|
|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
Die JvR-PlezierMarkt het uiteindelik aangebreek!
|
Ons sien baie daarna uit om al ons ouers en die hele gemeenskap môre vanaf 11:00 tot 18:00 hier by ons kampus te verwelkom.
|
Kaartjies sal ook by die ingang beskikbaar wees. Ons sluit die dag met Elvis Blue af wat om 19:00 op ons amfiteater-verhoog optree. Kaartjies hiervoor is op Quicket of voor die vertoning beskikbaar.
|
Baie dankie aan Jana Rademeyer, Karin Koch en Razelle Hanekom - saam met hul span ouers en verskaffers - wat ’n trefferdag beplan het.
|
By voorbaat dankie vir almal se entoesiastiese betrokkenheid en bywoning!
|
Dit is lekker om te sien dat ons Jan van Riebeeckers die somersportseisoen reeds begin geniet het. Ons skop die seisoen met uitstekende tennisuitslae teen Westerford (seuns) en Fish Hoek (dogters) af en ons swemmers het ook hul eerste gala gister by Milnerton geniet. Ons atlete is die naweek by die Kwagga-atletiekbyeenkoms by Hoërskool Outeniqua en ons weet hul sal ons ook trots maak. Die bergfietsryers oefen hard en sal hul staal eerskomende Dinsdag by Wynberg wys.
|
Ek gee graag terugvoer aan die hele skoolgemeenskap na afloop van die spesiale graad 12-prysuitdeling waar ons ons toppresteerders vir hul harde werk beloon en gevier het.
|
Hier is die name van leerders wat vanjaar die gesogte spesiale toekennings ontvang het:
|
JvR-Trots 2024 vir skoollewe-betrokkenheid
|
Steven Motaung, Mia Nortjé, Leila Lonte, Neena Lonte, Peet Karsten, Amber Roberts
|
Lisa Best, Zazzie Henderson, Darren Cloete, Liezel Snijders, Daniel Loots
|
Lukas Wasserman, Mari Swanepoel, Andrée van Zyl, Toby de Ruiter, Layla Erasmus
|
Michelle Schoeman, Markus Smit
|
JvR-Trots 2024 vir hoogste deelnamepunt vir skoollewe-betrokkenheid in gr. 12
|
Veelsydigste leerder in graad 12 - seun: Toby de Ruiter
|
Veelsydigste leerder in graad 12 - dogter: Mari Swanepoel
|
MR (Hoofdogter) Jamneck-wisseltrofee
|
MR (Hoofseun) Old Mutual-wisseltrofee
|
JvR-Hoofleier & VRL Voorsitter: Pieter Rademeyer-wisseltrofee
|
Kultuurnuusmaker van die jaar
|
Veelsydigste kultuurpresteerder
|
Kultuurpersoon van die jaar
|
Grethe Ehlers (deursettingsvermoë)
|
JvR-Toekenning vir leierskap, karaktersterkte, integriteit en dienslewering
|
Liezel Snijders en Mari Swanepoel
|
Jan van Riebeecker(s) van die jaar
|
Mari Swanepoel en Liezel Snijders
|
Silwer-medalje (2de klasposisie)
|
Brons-medalje (3de klasposisie)
|
Ons is baie trots op ons matriekklas van 2024. Hulle is ook tans hard aan die voorberei vir die eindeksamen wat op 21 Oktober afskop.
|
Die graad 11's het vandeesweek amptelik die JvR-fakkel ontvang as simbool dat hul nou die nuwe seniors in die skool is. Hul het ook hul intrek op Welgemeend se grasperk geneem - die tuiste van ons matriekklas elke jaar. Hoofleier, Lara-Lisa Senekal, en haar matrek 2025-groep kan besonder trots wees op die groot impak wat hul reeds maak.
|
Ons sien werklik uit na ’n mooi 2025 saam met hierdie besondere groep leerders.
|
|
|
AKADEMIE
|
|
|
|
|
|
Afrikaans & Engels vraestel 3 – tweede geleentheid
|
Alle leerders wat die VRAESTEL 3 (skryfwerk) die laaste week van verlede kwartaal misgeloop het, het nog ’n geleentheid om hierdie eksamen af te lê.
|
Engels HL & FAL: Woensdag, 16 Oktober – 14:30 (Me. Parker-ouditorium) Afrikaans HT: Woensdag, 23 Oktober – 14:30 (Mnr. Rademeyer-klaskamer)
|
Slegs mediese sertifikate sal aanvaar word vir enige afwesighede. Die betrokke leerders moet hul asb. verskoon van enige ander buitemuurse verpligtinge op dié dae.
|
|
|
|
|
Ekstra Wiskundeklas vir graad 8's!
|
Die graad 8's benodig nog tyd om hul sillabus te voltooi. Die wiskunde-vakspan het goedwilliglik ingestem om Vrydag, 25 Oktober van 14.30 tot 15.30 'n ekstra les aan te bied. Dit sal verseker dat die belangrikste konsepte voor die eksamen gedek en ingeoefen kan word. Die busvervoer sal hierby aangepas word. Slegs briewe van ouers sal as geldige verskoning vir 'n kind se afwesigheid beskou word. Baie dankie vir u samewerking en begrip in hierdie verband.
|
|
|
|
|
2025-Rekeningkunde-werkboeke: Graad 9, 10, 11,12
|
Die Rekeningkunde-werkboeke se voorraadgetalle is baie beperk en ons wil voorkom dat leerders nie werkboeke het nie. Ons wil graag vir ouers die geleentheid gee om dit reeds hierdie jaar op die Karri-toep te betaal sodat 'n bestelling geplaas kan word in November en die boeke dus in 2024 hier afgelewer kan word. Ons herinner ouers om voor 4 November die handboeke op die Karri-toep te betaal. Die Karri-lys word Maandag gepubliseer met die uitsondering van die graad 9-leerders wie se vakkeuses nog gefinaliseer word.
|
|
|
|
|
HOZA-JuniorGeskiedenis-olimpiade
|
|
|
Alle Juniors (graad 8-9) word hartlik uitgenooi om deel te neem aan die HOZA Geskiedenis-olimpiade. Dit is 'n aanlyn olimpiade wat op 15 Oktober by die skool sal plaasvind. Die koste beloop R55 per inskrywing en moet voor of teen Maandag, 7 Oktober op Karri betaal word. Die olimpiade toets kennis en vaardighede in Geskiedenis en is groot pret.
|
|
|
|
|
Graad 12: NSS-eksamenrooster
|
|
|
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die finale Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamenrooster bevestig. Hiermee die finale rooster met alle amptelike vakke asook ‘n opgesomde rooster met die vakke wat die skool aanbied. Let asseblief op die volgende op:
|
|
|
|
- Die NSS-eksamen sal op Maandag, 21 Oktober begin en op Donderdag, 28 November eindig.
- Alhoewel die eksamen op Donderdag, 28 November eindig moet kandidate tot die laaste dag van die skoolkwartaal (13 Desember) beskikbaar wees ingeval dit om enige rede nodig sou wees om ‘n spesifieke vak/vraestel te herskeduleer.
Alle ander inligting m.b.t. die NSS-eksamen sal mettertyd deur me. Steyn gekommunikeer word.
|
|
|
Eye Brain Gym-leesprogram
|
Kliek hier om toegang te kry tot 'n belangrikke kennisgewing rondom die skool se leesprogram. Klik hier vir die EBG-pamflet.
|
|
|
|
|
Graad 12-Kunsuitstalling
|
Kom geniet die JVR Graad 12-Kunsuitstalling tydens die PlezierMarkt hierdie Saterdag,12 Oktober, vanaf 10:00 tot 13:00. Die uitstalling word gehou in die JVR Personeelkamer.
|
|
|
|
|
SPORT
|
|
|
|
|
|
|
|
|
ALGEMEEN
|
|
|
|
|
Ons bied op 26 Oktober ’n heerlike langtafel-kuierervaring in ons nuwe GAT-binnehof aan om ook hierdie nuwe ruimte amptelik te open en almal te bedank wat by die 2023-veiling bygedra het tot hierdie projek.
|
Ons gaan heerlik kuier met sielvolle musiek, later kan die dansskoene uitgehaal word en Sanette van Loggerenberg berei vir ons heerlike steak en slaaie voor.
|
Die koste per persoon vir die aand dek slegs die ete en beloop daarom R150 per persoon. 'n Spesiale kuierarea waar koffie en nagereg later te koop aangebied word, sal ook beskikbaar wees. Ons sal ook ’n kontantkroeg beskikbaar hê.
|
Deur die loop van die aand hou ons ook ’n veiling met sowat 30 baie besondere lotte. Ons fokus op ervarings vanjaar, met natuurlike heerlike wynpakette tussenin. Ons sal vroeg in die nuwe kwartaal die besondere items met almal deel.
|
Die veiling gaan vanjaar deur WhatsApp gebeur en die gaste wat kom saamkuier kan dit op die grootskerm volg, maar diegene wat nie die kuieraand kan bywoon nie, kan dit vanuit die gemak van u huis ook volg, deelneem en ons skool so ondersteun.
|
Dit is egter baie belangrik dat u by die veilinggroep aansluit. Stuur die skakel gerus vir vriende en kenisse wat ook sal belangstel in dié besondere ervaring.
|
Ons sien werklik uit na nog ’n gesellige kuieraand - die laaste een vir 2024 as skoolfamilie saam - en natuurlik die veilingfondsinsamelinggedeelte daarvan.
|
Kaartjies is op Karri beskikbaar!
|
|
|
|
|
|
|
Verandering in skoolwinkel tye
|
Die skoolwinkel se besigheidsure het verander na slegs Woensdae 07:00 - 07:30. Indien u enige ander tyd aankope wil doen, moet u asb. 'n afspraak met me. Sanette van Loggerenberg maak: sannette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za.
|
|
|
|
|
PlezierMarkt: 12 Oktober 2024
|
|
|
Die Plezier Markt gaan oor die viering van ons gemeenskap, kwaliteit produkte, kreatiewe handelsware en kuns. Kom geniet 'n wye verskeidenheid van stalletjies en kosse op ons pragtige kampus. Daar is aktiwiteite vir oud en jonk.
|
Na afloop van die mark sal Elvis Blue en sy orkes ons vanaf 19:00 met 'n vertoning op die JvR-amfiteater betower. Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.
|
|
|
|
Ons beoog om die PlezierMarkt te vestig as 'n jaarlikse geleentheid wat gedagboek sal word as 'n hoogtepunt vir verkopers en die gemeenskap.
|
*Toegang tot die mark vir kinders 12 jaar en jonger is gratis.
|
Kaartjies is beskikbaar op Quicket.
|
|
|
BORGE
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Snapplify
|
Met Snapplify het leerders toegang tot hul voorgeskrewe digitale handboeke. Dié digitale leeroplossings kan die opvoedkundige ervaring vir die leerder verbeter. Hul Engage-platform bied waardevolle gereedskap, soos hul digitale biblioteek wat studentebetrokkenheid aansienlik kan verbeter.
|
Snapplify is nou in vennootskap met YourSchoolBox, wat hulle Engage-platform sal verbeter om die aankoop van skryfbehoeftes en handboeke vir ouers in die toekoms te vergemaklik. As 'n gewaardeerde Snapplify-kliënt/ouer, kan jy nou moeiteloos voordeel trek uit hierdie samewerking deur skryfbehoeftes teen kosprys aan te koop, wat reg deur die jaar tot 30% bespaar wat later die jaar beskikbaar sal wees op hul platform.
|
- Maak die kennisartikelskakel oop.
- Volg asb. die stappe noukeurig.
- Belangrike herinnering: Wanneer "Stap 3" in die artikel bereik word, moet die ouers op "TEKEN AAN MET GOOGLE" klik en niks anders nie. Hul hoërskoolprofiel moet dan verskyn, met hul e-posadres wat deur die skool uitgereik is. As dit nie die geval is nie, moet hulle 'gebruik 'n ander rekening' kies en dan hul e-posadres en ooreenstemmende wagwoord wat deur die hoërskool uitgereik is. Dit behoort hulle suksesvol te laat aanmeld.
|
|
|
|
MySchool-program gaan papierloos
|
|
|
Die MySchool-program gee om vir die omgewing en het besluit om vanaf 1 Julie 2024, nie meer enige papieraansoeke te aanvaar nie. In samewerking met die skool wil ons die gemeenskap aanmoedig om op enige van die volgende manier by die program aan te sluit en ook so die skool te ondersteun:
|
- Besoek hul webtuiste: www.myschool.co.za
|
|
|
2. Laai die MySchool- toep af.
|
3. Indien daar ouer is wat steeds die papieropsie verkies kan hulle die fisiese kaart by hul naaste Woolworths kry en die verkose begunstige (ons - Hoërskool Jan van Riebeeck) se naam SMS na 31231. Een van hul vriendelike konsultante sal u dan skakel om die aktiveringsproses vir die kaart te voltooi.
|
4. Ondersteuners wat die digitale roete wil volg, kan die skakel volg. Hoërskool Jan van Riebeeck is dan reeds gelaai as die verkose begunstigde.
|
|
|
|
|
|
|
NETwerf!
|
|
Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!
|
|
|
|
|
|