> Besoek die volledige 2024-kalender op die webtuiste <

Kaartjies is op Karri en deur SnapScan (https://pos.snapscan.io/qr/XE6py_OL)

UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR

Goeiedag Ouers/Voogde


Ek wil graag vandag ’n paar belangrike onthou-punte onder al ons ouers/voogde se aandag bring en ek sal die ondersteuning vanuit die ouerhuise baie waardeer sodat ons die 2024-skooljaar met so min as moontlik frustrasie en eerder goeie samewerking van al ons leerders, kan afsluit.
Hierdie paar opskerpsake is ook vandeesweek met al ons leerders bespreek.

  1. Wanneer leerders ’n langbroek dra, moet die skoolbaadjie ook gedra word.
  2. Wanneer leerders ’n skoolbaadjie dra - met lang- of kortbroeke/rompies - word die skooldas ook gedra. Leerders mag dus slegs in die somer 'n oopkraaghemp saam met die kortbroeke of rompies dra.
  3. Geen oorfone word in die skoolgebou of op enige ander plek op ons skoolkampus toegelaat nie - ook nie voor of na skool nie.
  4. Selfone mag slegs vir akademiese doeleindes - en wanneer die onderwyser dit in die klaskamer hiervoor toelaat - gebruik word. Leerders mag tans nog pouses (10:15-10:35 en 13:05-13:25) toegang tot hul fone hê. Indien hul buite hierdie tye dus met u ook in kontak is, is hul besig om die skoolreëls te oortree. Moedig hul asb. aan om die reëls te alle tye getrou na te kom.
  5. Daar is daagliks heelwat leerders wat laat by die skool aankom. Die klok lui 07:35 en op Dinsdae, Woensdae en Donderdae tree ons by rye op die studentetrappe aan. Op Maandae tree leerders by hul registerklasse aan (tensy anders gekommunikeer) en op Vrydae by hul graadrye. Laatkommers moet asseblief by ontvangs aanmeld.
  6. Leerders moet asseblief tot die einde van die skooljaar die voorkomsreëls gehoorsaam. Geen juwele word saam met skool- of sportdrag toegelaat nie.
Baie dankie aan al ons Jan van Riebeeckers wat altyd die régte ding doen.
Dankie ook aan ons ouers/voogde wat u kinders in dié opvoedingstaak met u goeie voorbeeld, verwagting en ondersteuning lei.

Mooi naweek!

Pieter Rademeyer
Skoolhoof

AKADEMIE

Eindeksamenrooster 2024

Hiermee die eindeksamerooster vir gr. 8 tot 11 vir 2024. Alle navrae kan per e-pos aan ons akademiese hoof, me. H. Steyn, by huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za gerig word.

2025-IGO-werkboeke: Graad 10, 11,12

Die IGO-werkboeke se voorraadgetalle is baie beperk en ons wil voorkom dat leerders nie werkboeke het nie.
Ons wil graag vir ouers die geleentheid gee om dit reeds hierdie jaar op die Karri-toep te betaal sodat 'n bestelling geplaas kan word in November en die boeke dus in 2024 hier afgelewer kan word. Ons herinner ouers om voor Maandag, 4 November, die handboeke op die Karri-toep te betaal. Die Karri-lys word Maandag, 21 Oktober, gelaai.

Afrikaans-vraestel 3 – tweede geleentheid

Alle leerders wat die VRAESTEL 3 (skryfwerk) die laaste week van verlede kwartaal misgeloop het, het nog ’n geleentheid om hierdie eksamen af te lê.

Afrikaans HT: Woensdag, 23 Oktober – 14:30 (Mnr. Rademeyer-klaskamer)

Slegs mediese sertifikate sal aanvaar word vir enige afwesighede. Die betrokke leerders moet hul asb. verskoon van enige ander buitemuurse verpligtinge op dié dae.

Ekstra Wiskundeklas vir graad 8's!

Die graad 8's benodig nog tyd om hul sillabus te voltooi. Die wiskunde-vakspan het goedwilliglik ingestem om Vrydag, 25 Oktober van 14.30 tot 15.30 'n ekstra les aan te bied. Dit sal verseker dat die belangrikste konsepte voor die eksamen gedek en ingeoefen kan word. Die busvervoer sal hierby aangepas word.
Slegs briewe van ouers sal as geldige verskoning vir 'n kind se afwesigheid beskou word. Baie dankie vir u samewerking en begrip in hierdie verband.

2025-Rekeningkunde-werkboeke: Graad 9, 10, 11,12

Die Rekeningkunde-werkboeke se voorraadgetalle is baie beperk en ons wil voorkom dat leerders nie werkboeke het nie.
Ons wil graag vir ouers die geleentheid gee om dit reeds hierdie jaar op die Karri-toep te betaal sodat 'n bestelling geplaas kan word in November en die boeke dus in 2024 hier afgelewer kan word. Ons herinner ouers om voor 4 November die handboeke op die Karri-toep te betaal. Die Karri-lys word Maandag gelaai met die uitsondering van die graad 9-leerders wie se vakkeuses nog gefinaliseer word.

Graad 12: NSS-eksamenrooster

Graad 12: NSS-eksamenrooster
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die finale Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamenrooster bevestig. Hiermee die finale rooster met alle amptelike vakke asook ‘n opgesomde rooster met die vakke wat die skool aanbied. Let asseblief op die volgende op:

    • Die NSS-eksamen sal op Maandag, 21 Oktober begin en op Donderdag, 28 November eindig.
    • Alhoewel die eksamen op Donderdag, 28 November eindig moet kandidate tot die laaste dag van die skoolkwartaal (13 Desember) beskikbaar wees ingeval dit om enige rede nodig sou wees om ‘n spesifieke vak/vraestel te herskeduleer.
    Alle ander inligting m.b.t. die NSS-eksamen sal mettertyd deur me. Steyn gekommunikeer word.

    Eye Brain Gym-leesprogram

    Kliek hier om toegang te kry tot 'n belangrikke kennisgewing rondom die skool se leesprogram. Klik hier vir die EBG-pamflet.

    KULTUUR

    Redenaars 2025

    Beste RaakpratersDie temas vir die 2025 ATKV-Redenaars is bekend! Kom neem jou standpunt in deur NOU al te begin dink, bronne bymekaar te maak en aan jou oorredende toespraak te skryf! Volg gerus die skakel na 2024 se deelnemersgids om te sien hoe só 'n toespraak moet lyk. Die datums vir die interne-redenaars, die ATKV-uitdunne en die opgedateerde gids sal binnekort gedeel word.

    2025 TEMAS:
    Graad 8 en 9
    • Klatergoud
    • Vergelyk
    • Mengelmoes
    Graad 10-12
    • Debakel
    • Agenda
    • Wentelbaan
    Voorspoed met die skryf!

    ATKV Redenaars Deelnemersgids 2024 (adobe.com)

    SPORT

    ALGEMEEN

    Langtafel & Veiling 2024

    Ons bied op 26 Oktober ’n heerlike langtafel-kuierervaring in ons nuwe GAT-binnehof aan om ook hierdie nuwe ruimte amptelik te open en almal te bedank wat by die 2023-veiling bygedra het tot hierdie projek.

    Ons gaan heerlik kuier met sielvolle musiek, later kan die dansskoene uitgehaal word en Sanette van Loggerenberg berei vir ons heerlike steak en slaaie voor.

    Die koste per persoon vir die aand dek slegs die ete en beloop daarom R150 per persoon. 'n Spesiale kuierarea waar koffie en nagereg later te koop aangebied word, sal ook beskikbaar wees. Ons sal ook ’n kontantkroeg beskikbaar hê.

    Deur die loop van die aand hou ons ook ’n veiling met sowat 30 baie besondere lotte. Ons fokus op ervarings vanjaar, met natuurlike heerlike wynpakette tussenin. Ons sal vroeg in die nuwe kwartaal die besondere items met almal deel.

    Die veiling gaan vanjaar deur WhatsApp gebeur en die gaste wat kom saamkuier kan dit op die grootskerm volg, maar diegene wat nie die kuieraand kan bywoon nie, kan dit vanuit die gemak van u huis ook volg, deelneem en ons skool so ondersteun.

    Dit is egter baie belangrik dat u by die veilinggroep aansluit. Stuur die skakel gerus vir vriende en kenisse wat ook sal belangstel in dié besondere ervaring.

    Kliek hier om by die JvR-Veiling 2024-groep aan te sluit: https://chat.whatsapp.com/CKUwGXBEt0x70uJXw4pzpM

    Ons sien werklik uit na nog ’n gesellige kuieraand - die laaste een vir 2024 as skoolfamilie saam - en natuurlik die veilingfondsinsamelinggedeelte daarvan.

    Kaartjies is op Karri en deur SnapScan(https://pos.snapscan.io/qr/XE6py_OL) beskikbaar!

    Foto's: Groep en Sport

    Foto's: Groep en Sport
    Ons skoolfoto's is gereed om aanlyn bestel te word.

    Volg die skakel om jou bestelling te plaas: https://lunchboxphotography.co.za/schools/jan-van-riebeeck-hoerskool/

    Bestellings sluit Dinsdag, 5 November. Kyk gerus na die aangehegte foto vir 'n stap-vir-stap verduideliking hoe om bestellings te plaas.

    Ons wagwoord is JVR1912.

    Verandering in skoolwinkel tye

    Die skoolwinkel se besigheidsure het verander na slegs Woensdae 07:00 - 07:30. Indien u enige ander tyd aankope wil doen, moet u asb. 'n afspraak met me. Sanette van Loggerenberg maak: sannette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za.

    BORGE

    ADVERTENSIES

    Snapplify

    Met Snapplify het leerders toegang tot hul voorgeskrewe digitale handboeke. Dié digitale leeroplossings kan die opvoedkundige ervaring vir die leerder verbeter. Hul Engage-platform bied waardevolle gereedskap, soos hul digitale biblioteek wat studentebetrokkenheid aansienlik kan verbeter.

    Snapplify is nou in vennootskap met YourSchoolBox, wat hulle Engage-platform sal verbeter om die aankoop van skryfbehoeftes en handboeke vir ouers in die toekoms te vergemaklik. As 'n gewaardeerde Snapplify-kliënt/ouer, kan jy nou moeiteloos voordeel trek uit hierdie samewerking deur skryfbehoeftes teen kosprys aan te koop, wat reg deur die jaar tot 30% bespaar wat later die jaar beskikbaar sal wees op hul platform.

    Sluit aan by jou instelling se unieke Engage-platform met behulp van 'n aanmeldskakel.
    Joining your institution's unique Engage platform using a sign-up link,

    Stappe:
    1. Maak die kennisartikelskakel oop.
    2. Volg asb. die stappe noukeurig.
    3. Belangrike herinnering: Wanneer "Stap 3" in die artikel bereik word, moet die ouers op "TEKEN AAN MET GOOGLE" klik en niks anders nie. Hul hoërskoolprofiel moet dan verskyn, met hul e-posadres wat deur die skool uitgereik is. As dit nie die geval is nie, moet hulle 'gebruik 'n ander rekening' kies en dan hul e-posadres en ooreenstemmende wagwoord wat deur die hoërskool uitgereik is. Dit behoort hulle suksesvol te laat aanmeld.

    MySchool-program gaan papierloos

    MySchool program gaan papierloos.
    Die MySchool-program gee om vir die omgewing en het besluit om vanaf 1 Julie 2024, nie meer enige papieraansoeke te aanvaar nie. In samewerking met die skool wil ons die gemeenskap aanmoedig om op enige van die volgende manier by die program aan te sluit en ook so die skool te ondersteun:
    1. Besoek hul webtuiste: www.myschool.co.za
    2. Laai die MySchool- toep af.
    3. Indien daar ouer is wat steeds die papieropsie verkies kan hulle die fisiese kaart by hul naaste Woolworths kry en die verkose begunstige (ons - Hoërskool Jan van Riebeeck) se naam SMS na 31231. Een van hul vriendelike konsultante sal u dan skakel om die aktiveringsproses vir die kaart te voltooi.
    4. Ondersteuners wat die digitale roete wil volg, kan die skakel volg. Hoërskool Jan van Riebeeck is dan reeds gelaai as die verkose begunstigde.

    NETwerf!

    Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!

    Volg die spesiale skakel om aan te sluit: https://www.netwerk24.com/intekening/promosie/jvr100
    facebook instagram 
    Email Marketing Powered by MailPoet