> Besoek die volledige 2024-kalender op die webtuiste <

Kaartjies is deur SnapScan beskikbaar (https://pos.snapscan.io/qr/XE6py_OL)

UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR

Goeiedag Ouers/Voogde


Sien asseblief ’n belangrike skrywe vanaf ons beheerliggaamvoorsitter, mnr. Kees Snijders, in verband met die goedkeuring van ons 2025-skoolbegroting hieronder.

NEEM ASSEBLIEF KENNIS VAN ’N ALGEMENE VERGADERING VAN OUERS
BELÊ VIR MAANDAG, 25 NOVEMBER 2024 OM 18:0 IN DIE SKOOLSAAL VIR
GOEDKEURING VAN DIE SKOOLBEGROTING VIR 2025.

AGENDA vir die vergadering:
1. Opening
2. Notule van vorige ouerbegrotingsvergadering, gehou op 23 November 2023
3. Voorlegging van die begroting vir 2025 deur die tesourier
4. Bespreking en vrae
5. Stemming ten opsigte van die volgende punte:
5.1 bedrag van die skoolgeld wat gehef staan te word;
5.2 maatstawwe en prosedures vir die algehele, gedeeltelike of voorwaardelike
vrystelling van ouers wat nie in staat is om skoolgelde te betaal nie;
5.3 die begroting as geheel

’n Mosie sal voorgestel word vir die goedkeuring van elk van die genoemde sake individueel. Vir goedkeuring word vereis dat ’n meerderheid van die stemgeregtigde ouers teenwoordig, wat stem, ten gunste van elke voorstel stem.

Die besluit by die ouervergadering geneem, sal op alle ouers bindend wees.

• Huidige skoolgeld, tans in 2024 betaalbaar: R 45,700.00
• Voorgestelde skoolgeld vir 2025: R 49,350.00
• Koshuisgelde tans in 2024 betaalbaar: R 50,500.00
• Voorgestelde koshuisgelde vir 2025: R 54,500.00

Die begroting vir 2025, wat reeds deur die beheerliggaam goedgekeur is, sal vir 14 dae voor die vergadering, m.a.w. vanaf 11 November 2024, by die skool ter insae wees.
Die kriteria en prosedures wat gevolg moet word om vrystelling van skoolgeld – hetsy algeheel, gedeeltelik of voorwaardelik – te kry, is by die skool verkrygbaar.

K. SNIJDERS
VOORSITTER: BEHEERLIGGAAM

AKADEMIE

Graad 12-Prysuitdelingwenners

Alle graad 12 leerders wat kleure, erekleure of spesiale erekleure by die graad 12 prysuitdeling ontvang het en hul dasse en baadjies by die klerewinkel wil bestel, kan vanaf Maandag, 28 Oktober 'n brief by mev. Nimmo kom afhaal. Hierdie brief word as bewys by die klerewinkel ingehandig om die baadjie of das te bestel.

Eindeksamenrooster 2024

Hiermee die eindeksamerooster vir gr. 8 tot 11 vir 2024. Alle navrae kan per e-pos aan ons akademiese hoof, me. H. Steyn, by huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za gerig word.

2025-IGO-werkboeke: Graad 10, 11,12

Die IGO-werkboeke se voorraadgetalle is baie beperk en ons wil voorkom dat leerders nie werkboeke het nie.
Ons wil graag vir ouers die geleentheid gee om dit reeds hierdie jaar op die Karri-toep te betaal sodat 'n bestelling geplaas kan word in November en die boeke dus in 2024 hier afgelewer kan word. Ons herinner ouers om voor Maandag, 4 November, die handboeke op die Karri-toep te betaal. Die Karri-lys word Maandag, 21 Oktober, gelaai.

2025-Rekeningkunde-werkboeke: Graad 9, 10, 11,12

Die Rekeningkunde-werkboeke se voorraadgetalle is baie beperk en ons wil voorkom dat leerders nie werkboeke het nie.
Ons wil graag vir ouers die geleentheid gee om dit reeds hierdie jaar op die Karri-toep te betaal sodat 'n bestelling geplaas kan word in November en die boeke dus in 2024 hier afgelewer kan word. Ons herinner ouers om voor 4 November die handboeke op die Karri-toep te betaal. Die Karri-lys word Maandag gelaai met die uitsondering van die graad 9-leerders wie se vakkeuses nog gefinaliseer word.

Graad 12: NSS-eksamenrooster

Graad 12: NSS-eksamenrooster
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die finale Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamenrooster bevestig. Hiermee die finale rooster met alle amptelike vakke asook ‘n opgesomde rooster met die vakke wat die skool aanbied. Let asseblief op die volgende op:

    • Die NSS-eksamen sal op Maandag, 21 Oktober begin en op Donderdag, 28 November eindig.
    • Alhoewel die eksamen op Donderdag, 28 November eindig moet kandidate tot die laaste dag van die skoolkwartaal (13 Desember) beskikbaar wees ingeval dit om enige rede nodig sou wees om ‘n spesifieke vak/vraestel te herskeduleer.
    Alle ander inligting m.b.t. die NSS-eksamen sal mettertyd deur me. Steyn gekommunikeer word.

    KULTUUR

    Redenaars 2025

    Beste RaakpratersDie temas vir die 2025 ATKV-Redenaars is bekend! Kom neem jou standpunt in deur NOU al te begin dink, bronne bymekaar te maak en aan jou oorredende toespraak te skryf! Volg gerus die skakel na 2024 se deelnemersgids om te sien hoe só 'n toespraak moet lyk. Die datums vir die interne-redenaars, die ATKV-uitdunne en die opgedateerde gids sal binnekort gedeel word.

    2025 TEMAS:
    Graad 8 en 9
    • Klatergoud
    • Vergelyk
    • Mengelmoes
    Graad 10-12
    • Debakel
    • Agenda
    • Wentelbaan
    Voorspoed met die skryf!

    ATKV Redenaars Deelnemersgids 2024 (adobe.com)

    SPORT

    ALGEMEEN

    Foto's: Groep en Sport

    Foto's: Groep en Sport
    Ons skoolfoto's is gereed om aanlyn bestel te word.

    Volg die skakel om jou bestelling te plaas: https://lunchboxphotography.co.za/schools/jan-van-riebeeck-hoerskool/

    Bestellings sluit Dinsdag, 5 November. Kyk gerus na die aangehegte foto vir 'n stap-vir-stap verduideliking hoe om bestellings te plaas.

    Ons wagwoord is JVR1912.

    Verandering in skoolwinkel tye

    Die skoolwinkel se besigheidsure het verander na slegs Woensdae 07:00 - 07:30. Indien u enige ander tyd aankope wil doen, moet u asb. 'n afspraak met me. Sanette van Loggerenberg maak: sannette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za.

    BORGE

    ADVERTENSIES

    Snapplify

    Met Snapplify het leerders toegang tot hul voorgeskrewe digitale handboeke. Dié digitale leeroplossings kan die opvoedkundige ervaring vir die leerder verbeter. Hul Engage-platform bied waardevolle gereedskap, soos hul digitale biblioteek wat studentebetrokkenheid aansienlik kan verbeter.

    Snapplify is nou in vennootskap met YourSchoolBox, wat hulle Engage-platform sal verbeter om die aankoop van skryfbehoeftes en handboeke vir ouers in die toekoms te vergemaklik. As 'n gewaardeerde Snapplify-kliënt/ouer, kan jy nou moeiteloos voordeel trek uit hierdie samewerking deur skryfbehoeftes teen kosprys aan te koop, wat reg deur die jaar tot 30% bespaar wat later die jaar beskikbaar sal wees op hul platform.

    Sluit aan by jou instelling se unieke Engage-platform met behulp van 'n aanmeldskakel.
    Joining your institution's unique Engage platform using a sign-up link,

    Stappe:
    1. Maak die kennisartikelskakel oop.
    2. Volg asb. die stappe noukeurig.
    3. Belangrike herinnering: Wanneer "Stap 3" in die artikel bereik word, moet die ouers op "TEKEN AAN MET GOOGLE" klik en niks anders nie. Hul hoërskoolprofiel moet dan verskyn, met hul e-posadres wat deur die skool uitgereik is. As dit nie die geval is nie, moet hulle 'gebruik 'n ander rekening' kies en dan hul e-posadres en ooreenstemmende wagwoord wat deur die hoërskool uitgereik is. Dit behoort hulle suksesvol te laat aanmeld.

    MySchool-program gaan papierloos

    MySchool program gaan papierloos.
    Die MySchool-program gee om vir die omgewing en het besluit om vanaf 1 Julie 2024, nie meer enige papieraansoeke te aanvaar nie. In samewerking met die skool wil ons die gemeenskap aanmoedig om op enige van die volgende manier by die program aan te sluit en ook so die skool te ondersteun:
    1. Besoek hul webtuiste: www.myschool.co.za
    2. Laai die MySchool- toep af.
    3. Indien daar ouer is wat steeds die papieropsie verkies kan hulle die fisiese kaart by hul naaste Woolworths kry en die verkose begunstige (ons - Hoërskool Jan van Riebeeck) se naam SMS na 31231. Een van hul vriendelike konsultante sal u dan skakel om die aktiveringsproses vir die kaart te voltooi.
    4. Ondersteuners wat die digitale roete wil volg, kan die skakel volg. Hoërskool Jan van Riebeeck is dan reeds gelaai as die verkose begunstigde.

    NETwerf!

    Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!

    Volg die spesiale skakel om aan te sluit: https://www.netwerk24.com/intekening/promosie/jvr100
    facebook instagram 
    Email Marketing Powered by MailPoet